Stephanus Van Der Walt

Prof.

dr. Stephanus Johannes (Eppie) van der Walt (Middelburg, Kaapkolonie, 20 April 190618 April 1987) was van 1930 tot 1961 agtereenvolgens leraar in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk (GKSA) en daarna tot sy aftrede in 1970 hoogleraar aan die Teologiese Skool van dieselfde kerkverband op Potchefstroom.

Stephanus van der Walt
 Eppie van der Walt
Stephanus van der Walt

Naam Stephanus Johannes van der Walt
Geboorte 20 April 1906
Middelburg, Kaapkolonie
Sterfte 18 April 1987 (op 80)
Kerkverband Gereformeerde Kerk
Gemeente(s) Molteno (1930–1941)
Burgersdorp (1941–1946)
Brakpan (1946–1952)
Krokodilrivier (1951–1961)
Jare aktief 1930–1961
Kweekskool Potchefstroom

Herkoms en opleiding

Stephanus Van Der Walt 
Studente Teologiese Vereniging, Teologiese Skool Potchefstroom, 1926. Eerste ry: H.J. Vermeulen, F. Coetzee, P.W. van der Walt, Kuifie van der Walt, S.P. van der Walt, J.H. van Zyl. Tweede ry: J.P. van der Walt, B.J. de Klerk, H.C.J. Flemming, W.J. Postma, L.S. van der Walt, I.J. van der Walt, P.G.W. Snyman. Derde ry: J.J.H. Booysen, W.J. van der Merwe, J.L. van der Merwe, C.E.G. Malan, M. Postma, P.J. de Klerk, S.J. van der Walt, H.F.V. Kruger, J.L. de Bruin, A.L. Aucamp. Vierde ry: Hugo du Plessis, P.J. Liebenberg, Fanus du Toit, B.B.B. Olivier, J.F. du Plooy, J.M. de Wet, J.B. du Plessis, S.C. Venter, A. Postma.
Stephanus Van Der Walt 
Dr. Van der Walt was in 1926 lid van die eerste span van die PU vir CHO wat ’n enkele punt kon aanteken op ’n Dalrymple-byeenkoms. Staande: S.J. van der Walt, Sampie de Kock, J.J. van der Walt en J. Meyer. Sittende: D.G. Steenkamp, J. Vorster, J.F. du Plooy en W.F. Venter.

Eppie van der Walt was die oudste seun van Nicolaas Tjaart van der Walt (Middelburg, Kaap, omstreeks 1880 – Dewetsdorp, 21 Julie 1970) en Anna Maria Susanna van der Walt (Lemoenkraal, distrik Steynsburg, omstreeks 1885 – Steynsburg, 31 Maart 1939). Hy het hom ’n rasegte Van der Walt genoem aangesien al vier sy grootouers gebore Van der Walts was: aan vaderskant Hendrik Stephanus Johannes (Colesberg, 5 Maart 1855 – Middelburg, Kaap, 8 September 1931) en Alida Johanna Aletta (gebore 21 Februarie 1858); aan moederskant Hendrik Roelof (Kaapkolonie, 27 September 1862 – Lemoenkloof, distrik Steynsburg, 10 Maart 1927) en Anna Sophia (gebore 1865). Haar vader, Louis Stephanus (1825–1886) was ook 'n Van der Walt wat met 'n Van der Walt getroud is, naamlik Hester Hendrina Elizabeth (1830–1877). Onder sy grootouers se grootouers was daar twee gevalle van 'n Van der Walt met 'n Van der Walt getrou het sodat daar onder die vier geslagte voor hom in die eerste twee uit twee gebore Van der Walts was, in die tweede vier uit vier, in die derde vyf uit agt en in die vierde sewe uit 16.

In 1922 slaag hy in matriek op Middelburg, Kaap. Aan die PUK behaal hy sy B.A. in 1925, B.D. in 1928 en M.Div. in 1934 met ’n verhandeling oor “Die godsdiens van Israel”. In 1940 behaal hy aan die PUK vir CHO die D.D.-graad onder promotorskap van prof. C.J.H. de Wet op ’n dissertasie “Die godsopenbaring in die teologie van Karl Barth”.

Loopbaan

Stephanus Van Der Walt 
Dr. Van der Walt se vrou, die skrywer Ella Eloff-van der Walt.
Stephanus Van Der Walt 
Eppie van der Walt en Ella Eloff-van der Walt se grafsteen in die begraafplaas van die Gereformeerde kerk Krokodilrivier, Pansdrift.
Stephanus Van Der Walt 
1933: Die Algemene Sinode van die GKSA in sitting te Pretoria, afgeneem op die trap van die Uniegebou. Eerste ry: A. Postma, P.G.W. Snyman, Derk Rumpff, J.G.H. van der Walt, I.D. Krüger, prof. J.C. Coetzee, T.T. Spoelstra, A.S.E. Yssel, D.N. Kotzé, W.J. Postma, J.P. van den Berg, I.J. van der Walt. Tweede ry: H.F.V. Kruger, J.H. Boneschans, J.M. de Wet. Tweede ry: W.J. de Klerk, P.J.S. de Klerk, B.J. de Klerk, B. de Klerk, S.J. van der Walt, L.S. van der Walt, J. Schutte, N.H. van der Walt, E.I.J. Venter, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.G Venter, J.V. Coetzee. Vierde ry: J. van Rooy, A. Aucamp, H.P.J. Pasch. Vyfde ry: J.A. van Rooy, J.H. Kruger, G.H.J. Kruger, W.F. Venter, I.J. Lessing, J.B. du Plessis, S.P. van der Walt, J.P. Jooste, J.L. de Bruin, S. du Toit, D.P. du Plessis, F.P.J. Snyman.
Stephanus Van Der Walt 
Kuratore en professore van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1968. Voorste ry. Ds. I.J. Lessing, prof. S.P. van der Walt, ds. A.A. Venter, prof. G.C.P. van der Vyver, ds. J. Postma. Tweede ry: J.P. Jooste, ds. T. Steyn, dr. B. Spoelstra, ds. M. Postma, proff. H. du Plessis, S.J. van der Walt, prof. W.J. Snyman. Derde ry: di. L.J. Buys, B.J. Lombard, J.F. du Plooy, dr. K.S. van Wyk de Vries, prof. S. du Toit.

Hy het agtereenvolgens in die volgende gemeentes gedien: Molteno 1930–1941, Burgersdorp 1941–1946, Brakpan 1946–1952 en Krokodilrivier 1952–1961.

In 1961 is hy benoem om dogmatiek te doseer in die plek van prof. dr. P.J.S. de Klerk. In 1957 het hy as afgevaardigde die groete van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika oorgebring aan die Christian Reformed Church van Amerika, by geleentheid van dié kerk se eeufees. In 1958 het hy as afgevaardigde van die Gereformeerde Kerk die Ekumeniese Sinode te Potchefstroom bygewoon. In sy bedieningstyd het hy besondere aandag gegee aan Christelike onderwys en die sending. Etlike jare het hy as kurator van die Teologiese Skool gedien. Hy het in 1970 afgetree.

Gesinslewe

Van der Walt is in 1929 getroud met Elsje Magdalena Eloff, ’n agterkleindogter van pres. Paul Kruger en ’n bekende Afrikaanse skryfster onder die naam Ella Eloff-van der Walt. Die egpaar het twee dogters gehad.

Skryfwerk

Uit prof. Van der Walt se pen het onder meer verskyn: Die vaste fondament (dagboek oor die Heidelbergse Kategismus); Die mens of God; Die godsopenbaring in die teologie van Karl Barth; Die heilige huwelik (saamgestelde werk); Geloofsleer en sedeleer (’n handboek vir skole waarin prof. Van der Walt die deel oor die Belydenis geskryf het). Hierbenewens het hy heelparty artikels in tydskrifte geskryf.

Bron

Tags:

Stephanus Van Der Walt Herkoms en opleidingStephanus Van Der Walt LoopbaanStephanus Van Der Walt GesinsleweStephanus Van Der Walt SkryfwerkStephanus Van Der Walt BronStephanus Van Der Walt18 April1906198720 AprilAftredeGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKaapkolonieMiddelburg, Oos-KaapPotchefstroom

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kolorektale kankerPiesangSweedsRefentse MorakeLuiperdNeurenberg-verhoreOligopolieVratMiskruierSuikersiekteKoperMielieAkademiaJo BlackReg tot ‘n gesonde omgewingSprokieVergelykings (taalkunde)MensSpreeuKnieSharpeville-slagtingAfrikanersOnderwysBernice WestVerkoueKerrieKopieregVoortrekkersHartNarsistiese persoonlikheidsteuringBurgerregteMark (ekonomie)VaalrivierVulkaanTuberkuloseFabelSoweto-opstandCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaAfrikaanse taalleerNelson MandelaNetbalKarakteriseringDirekte en Indirekte redeInfeksieHokkieSportGoogle TranslateNierversakingSint JorisdagLys van Afrikaanse skrywersMierMagnesiumLoodLeestekenDierSkaakByung-Chul HanArabiesWet op NaturellengrondAkroniemKontinentPlantAarde se atmosfeerMieliestronkBynierSimmetrieAndrew DavisEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994SwartkwasmuishondTydWayde van NiekerkD.J. OppermanKoerantJansenville🡆 More