Gereformeerde Kerk Hofmeyr

Die Gereformeerde kerk Hofmeyr was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika in dié kerkverband se hartland van die Noordoos-Kaap wat in 1995 ontbind het toe dit reeds 81 jaar oud was.

Gereformeerde kerk
Hofmeyr
Gereformeerde Kerk Hofmeyr
Sluit in  Hofmeyr, Oos-Kaap
Klassis  Burgersdorp
Adres Piet Retiefstraat
Hofmeyr
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1914
Afgestig van  Steynsburg
Eerste predikant  Dr. S.J. van der Walt
(1930–1941, in kombinasie
met Molteno)
Datum ingelyf  1995
Ingelyf by  Steynsburg
Gereformeerde Kerk Hofmeyr
Die destydse Gereformeerde kerk Hofmeyr.
Gereformeerde Kerk Hofmeyr
Ds. Stephanus Johannes van der Walt het ook Hofmeyr bedien terwyl hy van 1930 tot 1941 leraar van Molteno was.
Gereformeerde Kerk Hofmeyr
Ds. I.J. Lessing, was van 1942 tot 1948 leraar van die kombinasie Molteno-Hofmeyr.
Gereformeerde Kerk Hofmeyr
Ds. Dirk Wijnbeek, leraar van Steynsburg van 1983 tot 2012 was van 1983 tot 1995 ook vir Hofmeyr verantwoordelik.

In dieselfde streek het hierdie lot ook die gemeentes Elliot (1899–1979, saamgesmelt met Maclear), Indwe (1926–1990), Sterkstroom (1882-2002), Noupoort (1950–2002) en Jamestown getref, terwyl die oorblywende gemeentes almal ’n skerp afname in hul lidmaattal ervaar het: Middelburg (296 belydende lidmate einde 1958 tot 121 einde 2014), Burgersdorp (481 tot 131), Aliwal-Noord (347 tot 157), Dordrecht (156 tot 36), Barkly-Oos (131 tot 27), Steynsburg (375 tot 42), Venterstad (182 tot 62), Maclear/Elliot (131 tot 58) en Molteno (108 tot 31).

Die Gereformeerde kerk Hofmeyr het in 1914 van Steynsburg afgestig en vyf jaar later was hier 125 lidmate. ’n Beskeie kerkie is gebou en in stand gehou. Nadat die gemeente se lidmaattal tot net agt gedaal het weens die ontvolking (in werklikheid ontblanking) van die Noordoos-Kaap, het die kerkraad in 1995 besluit om te ontbind en weer ’n wyk van Steynsburg te word. Die kerkgebou in Piet Retiefstraat is verkoop, maar die geskiedkundige meublement het behoue gebly, want dis hergebruik in die kerkgebou op Bredasdorp, waar die Gereformeerde kerk Agulhas in 2006 tot stand gekom het.

Predikante

Omdat die gemeente altyd klein was, kon hy in sy meer as 80 jaar lange bestaan nooit ’n eie predikant beroep nie. Die volgende predikante het verantwoordelikheid vir Hofmeyr aanvaar naas hul pligte in hul eie gemeente (tussen hakies aangedui):

  1. Van der Walt, dr. Stephanus Johannes, 1930–1941 (Molteno)
  2. Lessing, Izak Jacobus, 1942–1948 (Molteno)
  3. Du Plessis, Alwyn Johannes, 1958–1960 (Steynsburg, 1958–1961)
  4. Van der Walt, Hendrik Jacob, 1960–1962 (Oudtshoorn)
  5. Van der Walt, Josef Cornelis, 1965–1967 (Molteno)
  6. Wijnbeek, Dirk Hendrik Petrus, 1983–1995 (Steynsburg)

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Aministratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Tags:

Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GrondbesoedelingNatuurlike hulpbronSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994TelwoordLeierKommunikasieNiemetaalDieregeluideByvoeglike naamwoordEkonomie van Suid-AfrikaVars waterSpringbokMorfeemDemokratiese Republiek die KongoEmosieGenadedoodRymDierTierJan van RiebeeckTweede WêreldoorlogSelfmoordSeisoenMiltGewone breukeVerlede tydLys van Afrikaanse rolprenteSeekoeiDuitse maselsPad na jou hartRenteLetterkundeKleurVormVakbondToekoms van die AardeRekenaarBeurtkragGautengInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandGesonde dieetVoëlMisdaadWorcesterKaapstadBevolkingNelson MandelaHorlosieNierversakingAfro-AmerikanersDroomMateriaalRooikatArmoedeEnsiklopedieGeweldPankreasImpakte van toerismeSoutsuurHolocaustRob HersovSimboolLys van politieke partye in Suid-AfrikaDeelwoordGrondwetKlinkerAppel (sanger)NatuurbewaringAngina pectorisDriehoekRumatiekPenisOligopolieVlekvrye staal🡆 More