Gereformeerde Kerk Brakpan

Die Gereformeerde kerk Brakpan was van 1926 tot 1979 en weer vanaf 2013 die enigste gemeente van die Gereformeerde Kerk op die Oos-Randse dorp Brakpan.

In die tussentyd was daar ook ’n gemeente Brakpan-Suid, wat van die eerste gemeente afgestig het en eindelik weer by haar ingelyf is.

Gereformeerde Kerk Brakpan
Die destydse Gereformeerde kerk Brakpan, nou die Grace Bible Church.
Gereformeerde Kerk Brakpan
Die gemeente Brakpan gebruik Brakpan-Suid se kerk en saal.
Gereformeerde Kerk Brakpan
Dr. P.J.S. de Klerk, eerste leraar, in kombinasie met Germiston 1924–1927 en Johannesburg-Oos 1927–1930.
Gereformeerde Kerk Brakpan
Dr. J.A. Schutte, leraar van 1932 tot 1941.
Gereformeerde Kerk Brakpan
Ds. Louis van der Walt, leraar van 1941 tot 1946.
Gereformeerde Kerk Brakpan
Dr. Stephanus Johannes van der Walt, die leraar van 1946 tot 1952.
Gereformeerde Kerk Brakpan
Ds. S.J. van der Walt, leraar van 1946 tot 1952, was in 1926 lid van die eerste span van die PU vir CHO wat 'n enkele punt kon aanteken op 'n Dalrymple-byeenkoms. Staande: S.J. van der Walt, Sampie de Kock, J.J. van der Walt en J. Meyer. Sittende: D.G. Steenkamp, J. Vorster, J.F. du Plooy en W.F. Venter.
Gereformeerde Kerk Brakpan
Ds. M.J. Booyens, leraar van 1953 tot 1958.
Gereformeerde Kerk Brakpan
Ds. J.M. Opperman, leraar van 1959 tot 1968.

Die gemeente Brakpan is in 1926 op ’n gemeentevergadering van Germiston afgestig. Op Saterdag 10 Julie 1926, op die eerste kerkraadsvergadering bestaande uit vier ouderlinge en drie diakens, is ’n kerkboufonds gestig. Intussen is eredienste in die saal van die NG gemeente Brakpan gehou. Kort daarna, op 26 Augustus daardie jaar, het die kerkraad besluit om twee erwe teen £80 elk van die Kompanjie Brakpandorp te koop. Presies ’n dag en 'n jaar later (27 Augustus 1927) het die gemeente besluit om tot kerkbou oor te gaan. P. Vorster, ’n lidmaat van die gemeente, se tender vir £1 055 is aanvaar en elke lidmaat moes binne ses maande £10 vir die boufonds bymekaarmaak.

Ds. P.J.S. de Klerk, die gemeente se eerste leraar (in kombinasie met die moedergemeente), het die hoeksteen op Sondag 16 Oktober 1927 gelê. Sowat 20 jaar lank het die ou kerk die gemeente gehuisves, maar mettertyd het dit te klein geword. Omstreeks die eeufees van die Gereformeerde Kerk in 1959 het dit byvoorbeeld uit sowat 600 belydende en 430 dooplidmate bestaan. In die nadraai van die Tweede Wêreldoorlog, toe boubeperkings gegeld het, het die kerkraad op 14 November 1946 om ’n boupermit aansoek gedoen. Dr. S.J. van der Walt het daarna op 1 Mei 1948 die hoeksteen van die nuwe kerk gelê. Die argitek was weer ’n Gereformeerde lidmaat, J.J. Vorster, siviele ingenieur van Brakpan se stadsraad. Die bouaannemer, eweneens ’n plaaslike lidmaat, was A. Boot.

Op 7 Mei 1949 het die gemeente van die ou na die nuwe kerkgebou gestap om dit amptelik in gebruik te neem. ’n Statebybel en ’n Afrikaanse Bybel is die vier straatblokke saamgedra na die nuwe gebou op die hoek van Bekker- en Schuttestraat, genoem na ds. J.A. Schutte, die gemeente se eerste voltydse leraar. Hy het ook in die stadsraad gedien en is daarom vernoem.

Die kerkgebou word vandag nog gebruik tesame met Brakpan-Suid se kerk by Magnoliastraat 19. Dit bied sitplek aan sowat 400 kerkgangers en het ’n pragtige pyporrel.

Leraars

  1. De Klerk, Philippus Jacobus Stephanus, in kombinasie met Germiston 1924–1927 en Johannesburg-Oos 1927–1930
  2. Schutte, dr. Jan Albert, 1932–1941 (sy eerste gemeente en die gemeente se eerste eie leraar)
  3. Van der Walt, Louis Stefanus, 1941–1946
  4. Van der Walt, dr. Stephanus Johannes, 1946–1952
  5. Booyens, Matthys Jacobus, 1953–1958
  6. Opperman, Johannes Marthinus, 1959–1968
  7. Venter, Jacob, 1969–2001 (aanvaar sy emeritaat)
  8. Vakant, 2001–2013
  9. Van Jaarsveld, Leon Petrus, 2013 – hede (oorgekom vanaf Brakpan-Suid)

Bronne

  • (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Venter, ds. A.A. 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Tags:

BrakpanGereformeerde Kerke van Suid-AfrikaGereformeerde kerk Brakpan-SuidOos-Rand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SeksualiteitApokriewe boekeVoedselkettingVloeistofSteenkoolFilistyneBesoedelingGordelroosTreinJaco JacobsNeerslagGoogleKaapstadse waterkrisis 2015-2018Wet op NaturellengrondWatersuiweringHoenderSelfvertrouePenisDoelwitMIVAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidDrie-eenheidNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyProteïenOranjerivierRugbyMenslike seksuele gedragRekenaarKunsmatige algemene intelligensieNarsismeSuurstofBysteekNasionale VrouedagAtletiekKoolhidraatDrakensbergePersoonlikheidSuid-Afrika-WetNatuurbewaringBloedsomloopstelselSonkragGemeenskapsorganisasiePaddaNiersteenGewasboerdery in Suid-AfrikaDriehoekRenteWaterpokkiesAborsie in Suid-AfrikaProteaDomineeVlagterminologieSelfoonGoudkus (streek)MielieChristendomOu Apostoliese KerkSamestellende afleidingPersoonlike voornaamwoordElon MuskJan van RiebeeckAbsolute monargieSatellietfotoEnsiklopedieJeugdagBlaar7de LaanVersamelnaamDroogteMartin Luther King jr.VrymesselaryInvloed van vigs op die ekonomieKunselemente🡆 More