Dirkie Van Der Walt

Ds.

Dirk Jacobus van der Walt (noemnaam Dirkie, Middelburg, Kaap, 30 Januarie 1914 – 3 September 2005) was tussen 1939 en 1979 predikant in vyf gemeentes of kombinasies van die Gereformeerde Kerke, waarna hy veldprediker en eindelik adjunk-kapelaan-generaal van die Suid-Afrikaanse Weermag geword het.

Dirkie van der Walt
 Dirkie van der Walt
Dirkie van der Walt

Naam Dirk Jacobus van der Walt
Geboorte 30 Januarie 1914
Middelburg, Kaapland
Sterfte 3 September 2005 (op 91)
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Piet Retief-kombinasie (1939–'42)
Lydenburg/Belfast/Dullstroom (1942–'44)
Koster (1944–'47)
Rustenburg (1947–'51)
Johannesburg-Wes (1951–'55)
Pretoria-Suid veldprediker (1955–'59)
Voortrekkerhoogte kapelaan (1957–'79)
Jare aktief 1939–1979
Kweekskool Potchefstroom

Herkoms en opleiding

Dirkie van der Walt was die seun van Louis Stephanus en Maria van der Walt. Nadat hy sy skoolloopbaan voltooi het, waarskynlik aan die hoërskool op sy geboortedorp, het hy die grade B.A. en B.D. aan die PUK vir CHO en die Teologiese Skool Potchefstroom verwerf.

Gewone gemeentebediening

Van der Walt is in 1939 in sy eerste werkkring, Piet Retief-kombinasie, bevestig en sou daar bly tot 1942. Sy volgende arbeidsveld was steeds in Oos-Transvaal in die kombinasie Lydenburg/Belfast/Dullstroom, waarvoor hy op 9 Mei 1942 op Lydenburg bevestig is, tot 1944, waarna hy ’n beroep aangeneem het na Koster in Wes-Transvaal. Ná nog ’n kort bediening van sowat drie jaar, het hy in 1947 ’n beroep aanvaar na Rustenburg en daar gebly tot 1951. Sy laaste gewone leraarsamp in ’n gemeente was tot 1955 in Johannesburg-Wes.

Veldprediker en kapelaan

Dirkie Van Der Walt 
Dirkie en mev. Rika van der Walt, die eerste predikantspaar van die Gereformeerde kerk Voortrekkerhoogte.
Dirkie Van Der Walt 
Die kerkraad in 1965. In die middel dit ds. Dirkie van der Walt en regs van hom dr. Wimpie de Klerk.
Dirkie Van Der Walt 
Mev. en ds. Van der Walt by die ingebruikneming van die kerk in Februarie 1965.
Dirkie Van Der Walt 
Studente, dosente en besoekende predikante neem in April 1949 tydens die Sinode van die GKSA afskeid van Totius by die Teologiese Skool Potchefstroom. 1ste ry: D.F. Malan, G.P. Scheepers, C. Hatting, L.J. Botha, P.W. Buys, S.C.W. Duvenage, P.W. van der Walt, W.J. Postma, G.P.L. van der Linde, J.J.S. Venter, G.C.P. van der Vyver, M.J. Booyens, S.J. du Plessis, K.S. van Wyk de Vries. 2de ry: J.V. Coetzee, P.J. Venter, P.J. Coetzee, J.W.J. van Ryssen, Dirkie van der Walt, H.G. Stoker, J.C. van der Walt, J.H. Boneschans, prof. J.D. du Toit, B.J. de Klerk, D.G Venter, A.S.E. Yssel, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.N.G. Kotzé, N.T. Snyman. 3de ry: D.C.S. van der Merwe, B.R. Krüger, J. Postma, R.S.J. van Wyk, M. Postma, J.L. de Bruin, C.E.G. Malan, J.J.H. Booysen, B.J. de Klerk, A.L. Aucamp, J.A. Schutte, I.J. van der Walt, L.S. Van der Walt, S. du Toit, A. Duvenage, W.J. Snyman, P.J.S. de Klerk, T.T. Spoelstra. 4de ry: D.J. Delport, J.L. Vorster, J.P. Jooste, A.A. Venter, J.F. du Plooy, H.F.V. Kruger, Jacs van Rooy, I.J. Lessing, J.M. de Wet, S.P. van der Walt, P.J. de Klerk.

In 1955, toe ds. Van der Walt aan die gemeente Pretoria-Suid verbonde was, het hy as veldprediker opgetree. Mettertyd sou hy baanbrekerswerk in die kapelaansdiens doen en eindelik vorder tot adjunk-kapelaangeneraal. Pretoria-Suid was met sy bevestiging net sowat twee jaar oud, waarvan Voortrekkerhoogte ’n wyk was, maar in Mei 1957 het die Gereformeerde kerk Voortrekkerhoogte van Pretoria-Suid afgestig, reeds 17 jaar ná die gelyknamige NG gemeente. Tydens ds. Van der Walt se bediening van 1957 tot 1979 het die Suid-Afrikaanse Weermag sterk in die omgewing uitgebrei en het voorstede soos Valhalla en Eldoraigne ook tot hul reg gekom sodat die gemeente uit militêre sowel as burgerlike lidmate bestaan het.

Van der Walt sou later met groot geesdrif vertel van die voorreg wat hy gehad het om die weermagmanne geestelik en sosiaal te akkommodeer, maar ook van die verrykende ervaring om in die omgang met ander kerkgenootskappe ooreenkomste te probeer vind, pleks van oor verskille te struikel. Die gemeente het in 1959 grond aangebou vir ’n pastorie en ’n kerkgebou. Sewe jaar later het die owerheid self die kerkgebou op die hoek van Stephanus- en Schoemanstraat op staatsgrond opgerig.

Oudste Dopperpredikant

In Die Kerkblad van April 2004 is spesiale aandag aan ds. Dirk van der Walt gegee onder die opskrif "Ons oudste predikant word 90". Oor die 90ste verjaardag is ook in die dagblaaie en oor die radio berig. Tydens sy verjaardagviering het prof. Ben de Klerk, ’n susterskind van ds. Van der Walt, genoem dat sy spesiale plek in die Gereformeerde Kerk ook erken is toe ’n eksemplaar van die nuwe Psalmboek aan hom oorhandig is by geleenthede van die ontvangsname daarvan.

Die tekskeuse vir sy begrafnis was Ps. 116:15.

Huwelikslewe

In 1942 is ds. Van der Walt, toe pas drie jaar in die bediening, deur Totius met Rika Kruger in die huwelik bevestig. Drie kinders, Louis, Elna en Kruger, is uit die huwelik gebeore. Mechiel en Leona Venter, wat sy lewensberig in die Almanak vir 2007 geskryf het, beskryf hom as "’n toegewyde pa en in krisistye ’n wyse raadgewer". Hulle skryf die egpaar was bekend vir hul gasvryheid en spanwerk. Hulle het hulle naderhand in die gemeente Pretoria-Brooklyn gevestig en ná sy emeritaat in 1979 opbouend tot die gemeente se aktiwtiteite bygedra. Vir die Bybelstudiegroep waarby hulle ingeskakel het, was hulle ’n bron van insig en wysheid.

Die Venters skryf ds. en mev. Van der Walt was met hul geesdrif en lewenslus ’n toonbeeld van Jesaja 40:31, van dié wat so op die Here vertrou dat hulle hardloop sonder dat hulle moeg word en loop sonder om afgemat te raak.

Bronne

  • Venter, Mechiel en Leona in Vogel, ds. W. 2006. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2007. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

Dirkie Van Der Walt Herkoms en opleidingDirkie Van Der Walt Gewone gemeentebedieningDirkie Van Der Walt Veldprediker en kapelaanDirkie Van Der Walt Oudste DopperpredikantDirkie Van Der Walt HuweliksleweDirkie Van Der Walt BronneDirkie Van Der Walt191420053 September30 JanuarieGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMiddelburg, Oos-KaapSuid-Afrikaanse Weermag

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SprokieGeweldGeelslangDulcie van den BerghLys van nedersettings in Suid-AfrikaVisKlankgreepVenusAfrikanersLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaRoosKlierWoordeboek van die Afrikaanse TaalTweede WêreldoorlogGeelhoutHormoonLeeuAfrikaanse woordelys en spelreëlsVoedselverwerkingKoue OorlogKolorektale kankerMenseregteAntoniemGeskiedenis van AfrikaKorrupsieLiefdeWoordvormingIndustriële RevolusieGesonde dieetIslamitiese kalenderBeweegbare brugGroot DepressieGodsdiens in Suid-AfrikaPlae van EgipteOrtopedieVanadiumSelibaatNarsismeLys van bekende Suid-AfrikanersDiarreeOudtshoornToerismeBoksburgJakkalsGeestesteuringInkomstebelastingMorfeemSelfstandige naamwoordGerrie PretoriusNasiebouWêrelderfenisgebiedStaalGeleedpotigesDagbreek (koshuis)StikstofErfenisdag (Suid-Afrika)AmfibieëBestaansboerderyNadine BlomWolfSebraBorsAkuutMuilBesproeiingPerdSpanbandbrugProvinsies van Suid-AfrikaBywoordMalmesbury, Wes-KaapSendelingMuishondGroot vyfReg tot ‘n gesonde omgewingPaarlReële getal🡆 More