Gereformeerde Kerk Krokodilrivier

Die Gereformeerde kerk Krokodilrivier is die oudste van die sewe gemeentes in die gelyknamige Klassis van die GKSA.

Vandat die Gereformeerde kerk Beestekraal in 2002 deel van Krokodilrivier geword het, hou die gemeente eredienste op sowel sy eie kerksentrum, Soutpansdrift (sowat 10 km noordwes van die dorp Brits), as Beestekraal, albei in die distrik Brits.

Gereformeerde Kerk
Krokodilrivier
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Sluit in  Assen, Beestekraal
Geluk, Kareespruit
Kleinfontein, Klipkop
Leeupoort, Rooikoppies
Sanddrift, Wolwekraal
Klassis  Krokodilrivier
Huidige predikant(e)  Regardt Venter
Belydende lidmate  362
Dooplidmate  80
Adres 1. Soutpansdrift, dist. Brits
2. Beestekraal, dist. Brits
Geskiedenis
Stigtingsdatum  20 Oktober 1911
Afgestig van  Rustenburg en Pretoria
Eerste predikant  E.J.J. Venter (1918–'20)
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Die kerk op Soutpansdrift.
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Die Gereformeerde kerk Krokodilrivier se kerkgebou op Soutpansdrift.
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Ds. E.L.J. Venter, van 1918 tot 1920 die eerste leraar.
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Ds. L.P. Vorster lê die hoeksteen van die kerk in 1927 in die tyd toe hy predikant van Krugersdorp was, sy laaste gemeente.
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Ds. P.G.W. Snyman, leraar van 1931 tot 1944, toe hy in 1929 'n Potchefstroomse student was.
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Die kerkraad neem afskeid van ds. Pieter Snyman, 1944. Hy sit derde van regs.
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Prof. W.J. Snyman, leraar van 1944 tot 1946.
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Dr. Stephanus Johannes van der Walt, leraar van 1952 tot 1961.
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Ds. P.C. Snyman, leraar van 1960 tot 1967.
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Ds. P.G.W. du Plessis, die leraar van 1961 tot 1975.
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Ds. G.H. Buys, leraar van 1975 tot 1993, sy laaste gemeente.
Gereformeerde Kerk Krokodilrivier
Oudl. sen. J.A. (Rooijan) du Plessis het die hoeksteen met die kerk se ingebruikneming op Saterdag 14 Januarie 1928 onthul.

Stigting

’n Vergadering van die kommissie van afgevaardigdes van die kerkrade van Rustenburg en Pretoria is op 20 Oktober 1911 gehou met die doel om die Gereformeerde kerk Krokodilrivier te stig. Al die lidmate van die wyke Zoutpansdrift en Beestekraal, behorende tot Rustenburg, en Roodekopjes, behorende tot Pretoria, is as lidmate van die nuwe gemeente ingeskryf.

Kerkbou

Op die eerste kerkraadsvergadering gehou op 28 Oktober daardie jaar is ’n boukommissie aangewys met opdrag om ’n netjies gebou op te rig. Hierdie sinkgebou ten weste van die huidige kerk het dan ook spoedig verrys. Die kerkraad het besluit die ouderlinge moes elke Sondag ’n leesdiens in dié kerkgebou hou. Op 20 Julie 1923 het Jan Adriaan en Jacobus Christoffel du Plessis 10 morg grond aan Krokodilrivier geskenk en op 9 Januarie 1926 het die boukommissie opdrag gekry om die bouplan vir ’n nuwe kerkgebou gereed te hê.

Eers het die kerkraad die broeders Hangelbroek se plan aanvaar, maar op die volgende vergadering het sommige lede swaar daarteen gemaak. Die kommissie het toe opdrag gekry om ’n ander plan te bekom. Die notules vermeld nie wie die argitek was nie, maar in 1944 het die boukommissie opdrag gekry om Gerard Moerdyk te nader oor beter ventilering vir die kerkgebou. Dit kan moontlik aansprake bevestig dat Moerdyk die kerk ontwerp het. Ook toon die ontwerp ’n sterk ooreenkoms met van sy ander kerke, byvoorbeeld dié van die NG gemeente Dundee, wat Moerdyk omstreeks 1920 saam met Wynand Louw ontwerp het.

Die nuwe kerkgebou is op Saterdag 14 Januarie 1928 in gebruik geneem en die hoeksteen deur oudl. sen. J.A. (Rooijan) du Plessis onthul. Die kerk is in ’n kruisvorm ontwerp met ’n moederskamer en konsistorie agter die preekstoel wat die bopunt van die kruis vorm. In 1956 is ’n afsonderlike moederskamer en ablusiegeriewe aangebou en eers op 19 Oktober 1977 is die pyporrel in gebruik geneem. In 1981 is die kerksaal voltooi en in 1990 die kantoor. In 2000 is katkisasielokale voltooi. In 2011 is ’n kloktoring opgerig ter viering van die gemeente se 100-jarige bestaan.

Beestekraal ingelyf

Die Gereformeerde kerk Beestekraal, wat 7 September 1957 van Krokodilrivier afgestig het, het in 2002 weer deel daarvan geword. Solank Krokodilrivier se lidmaattal dit toegelaat het, het die gemeente meerdere bediening gehad sodat elke predikant op ’n Sondag kans gekry het om ’n erediens in die een van die kerke te lei. Vanaf 2018 het die gemeente weer twee leraars gehad wat om 08:00 op Beestekraal preek en om 10:00 op Soutpansdrift.

Predikante

  1. Venter, dr. Ernst Lodewyk Johannes, 1918 – 1920
  2. Snyman, Pieter Gert Wessel, 1931 – 1944
  3. Snyman, dr. Willem Jacobus, 1944 – 1946
  4. Van Rooy, Jacobus, 1946 – 1950
  5. Van der Walt, dr. Stephanus Johannes, 1952 – 1961
  6. Snyman, Philippus Christoffel, 1960 – 1967
  7. Du Plessis, Pieter Gert Wessel, 1961 – 1975
  8. Buys, Gert Hendrikus, 1975 – 1993 (aanvaar sy emeritaat)
  9. Du Plessis, Hendrik Johannes Marthinus, 1990 – 1998 (sendeling)
  10. Aucamp, Jan Christoffel, 1994 – 2005
  11. Grové, Petrus Johannes, 2004 – 2010
  12. De Kock, dr. Daniël Jacobus, 2005 – 2019
  13. Venter, G.A. (Regardt), 2018 – hede

Bronne

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier StigtingGereformeerde Kerk Krokodilrivier KerkbouGereformeerde Kerk Krokodilrivier Beestekraal ingelyfGereformeerde Kerk Krokodilrivier PredikanteGereformeerde Kerk Krokodilrivier BronneGereformeerde Kerk Krokodilrivier Sien ookGereformeerde Kerk Krokodilrivier Eksterne skakelsGereformeerde Kerk KrokodilrivierBritsGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk Beestekraal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bruin huisslangWaterkringloopPersentasieMiddelmisbruikRassisme in AfrikaLien se lankstaanskoeneOsoonlaagSpelerposisies in rugbyDroogteAB de VilliersBTWLenteTikTokVars waterLys van bekende Suid-AfrikanersGemeenskapKunsRegverdige handelWieg van die MensdomTrevor NasserKewerFrankrykBetonDigtheidApartheidVaste stofChromatografieNoord-KaapSleutel (musiek)SportPesachDolfynKindersiektes7de LaanGeskiedenis van AfrikaansJaco JacobsOrtopedieCoca-ColaHaaieRosa ParksAkuutPornhubGeskiedenis van Suid-AfrikaWêreld- Ekonomiese ForumLionel MessiKalenderTemperatuurKapitalismeAfrikaanse woordelys en spelreëlsDagboekNaaldekokerBraaiKontinentTweede VryheidsoorlogWaterDemi Lee MooreLys van NG gemeentesGeldVoorvoegselYsterThomas EdisonSinoniemMonopolieMantisWikiSaartjie BaartmanGriepRobbeneilandOligopoliePersoonlike voornaamwoordLongontstekingHamburgerBeurtkragKoors🡆 More