Gereformeerde Kerk Elandskraal

Die Gereformeerde kerk Elandskraal is ’n gemeente in die GKSA se Klassis Krokodilrivier met sy middelpunt op die dorpie Mooinooi.

Marikana, Buffelspoort, Barnardsvlei en Groenkloof val ook binne die gemeente grense. Einde 2015 was hier 217 belydende en 67 dooplidmate vergeleke met onderskeidelik 278 en 86 einde 2011.

Gereformeerde Kerk
Elandskraal
Gereformeerde Kerk Elandskraal
Sluit in  Barnardsvlei, Buffelspoort, Elandskraal, Groenkloof, Marikana, Mooinooi
Klassis  Krokodilrivier
Huidige predikant(e)  Nelius van Rooy
Belydende lidmate  186
Dooplidmate  66
Adres Lonrholaan 2
Mooinooi
Geskiedenis
Stigtingsdatum  16 Oktober 1948
Afgestig van  Rustenburg
Eerste predikant  M.W. van der Walt (1950–'53)
Gereformeerde Kerk Elandskraal
Die Gereformeerde kerk Elandskraal op Mooinooi.
Gereformeerde Kerk Elandskraal
Ds. M.W. van der Walt, leraar van 1950 tot 1953.
Gereformeerde Kerk Elandskraal
Ds. Hennie en mev. Arina Briel, leraarspaar van 1995 tot 2003.

Die Gereformeerde kerk Elandskraal het op 16 Oktober 1948 afgestig van die Gereformeerde kerk Rustenburg, die oudste in die Gereformeerde kerkverband. Aan die begin is die plaaslike skoolsaal op Mooinooi, tussen Rustenburg en Pretoria, vir eredienste gebruik. Kort ná afstigting het die gemeente begin beplan vir ’n eie kerkgebou. ’n Lidmaat, Roelie van Wyk, het 4 morge grond geskenk en J.M. van der Westhuizen is as argitek aangestel. Die bouaannemers was Nel en Moller.

Ds. D.N. Kotzé het die kerk se hoeksteen op 2 September 1950 gelê. In 1972 is die kerkgebou opgeknap en ’n nuwe preekstoel, orrel en banke ingesit.

Predikante

  1. Van der Walt, Marthinus Wessel, 1950 – 1953
  2. Helberg, dr. Jacob Lewis, 1954 – 1958
  3. Kruger, Tjaart Jan Jacobus, 1959 – 1963
  4. Van der Merwe, Wynand Jacobus, 1964 – 1966
  5. Du Plessis, Roelof Jacobus Petrus, 1968 – 1970
  6. Van Jaarsveld, Andries Sarel Marthinus, 1971 – 1975
  7. Prinsloo, Barend Daniël Cornelius, 1975 – 1994 (aanvaar sy emeritaat)
  8. Briel, Hendrik Johannes, 1995 – 2003
  9. Nel, Lourens Andries Stephanus, 2008 – 2011. Christian Reformed Church of Langwarren in Melbourne, Australië.
  10. Van Rooy, Petrus Cornelius, 2012 – hede

Bronne

Sien ook

  • NG gemeente Marikana

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMarikanaMooinooi

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LetterkundeVolhoubaarheidSuiwelprodukVryheidsdagPopulierBorskankerAnglo-BoereoorlogDikdermRuteniumVerenigde KoninkrykKlein-KarooO.J. SimpsonSuid-Afrikaanse GrensoorlogMaterieGrondbesoedelingPiet ByleveldBergen-Belsen-konsentrasiekampGordelroosVoornaamwoordArmoedeOu Apostoliese KerkInsekDuifEjakulasieDistrik SesPlantBipolêre gemoedsteuringJan-Willem BreureJohannes KerkorrelLys van Afrikaanse skrywersJohannesburgKoorsYsterNagUnie van Suid-AfrikaMiddelburg, Oos-KaapCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyHector PietersonPad na jou hartRassismeCarike KeuzenkampMetaalRuhan du ToitJak de PriesterIndo-Europese taleBuck AngelLangste woordSuikersiekteSpelerposisies in rugbyBurgerregteKriekSwartbewussynsbewegingSonsverduisteringKunsWiskundeKinderregteMaria MagdalenaSuurstofVisJaco JacobsAboriginesAnale kankerLandbouBevolkingJeuksiekteAborsieAardverwarmingCleopatra VIIRenosterToestand van materieKolibrieKarwatsLeonardo da VinciKlem-in-die-kaak🡆 More