Gereformeerde Kerk Beestekraal

Die Gereformeerde kerk Beestekraal was ’n gemeente in die GKSA se Klassis Rustenburg.

In 2001, die jaar voor die gemeente deel van die Gereformeerde kerk Krokodilrivier geword het, was hier 136 belydende en 43 dooplidmate, die vierde kleinste van die 14 gemeentes wat destyds dié Klassis gevorm het.

Gereformeerde kerk Beestekraal
Gereformeerde Kerk Beestekraal
Klassis  Rustenburg
Belydende lidmate  136 (2001)
Dooplidmate  43 (2001)
Adres Beestekraal, distrik Brits
Geskiedenis
Stigtingsdatum  7 September 1957
Afgestig van  Gereformeerde kerk Krokodilrivier
Eerste predikant  G.B.C Bester, 1959–1962
Datum ingelyf  2002
Ingelyf by  Gereformeerde kerk Krokodilrivier
Gereformeerde Kerk Beestekraal
Die Gereformeerde kerk Beestekraal.
Gereformeerde Kerk Beestekraal
Ds. G.B.C. Bester, van 1959 tot 1962 die eerste leraar, en sy gesin: Anita, Alrina en Bone.
Gereformeerde Kerk Beestekraal
Dr. Jansen van Vuuren du Plessis, leraar van 1962 tot 1965.
Gereformeerde Kerk Beestekraal
Ds. M.W. van der Walt, die leraar van 1966 tot 1971.
Gereformeerde Kerk Beestekraal
Ds. N.J. Malan, leraar van 1976 tot 1985, sy laaste gemeente.

Die boukommissie van die Gereformeerde kerk Krokodilrivier het op 17 Mei 1947 opdrag ontvang om ’n saal vir Beestekraal te beplan en die nodige perseel vir dié doel te bekom. Ockert en Roelf van Wyk, lidmate, het toe 3 morg grond op Beestekraal aan die kerk geskenk. Op 14 Augustus het die kommissie berig dat die tender van F. du Plessis, eweneens ’n Gereformeerde lidmaat, vir die bou van die saal aanvaar is. Die boukoste het eindelik £885 beloop en die saal is plegtig in gebruik geneem op 30 April 1949.

Op 11 September 1956 is ’n kommissie aangewys om die wenslikheid van die afstigting van Beestekraal en die wyke noord daarvan te ondersoek. Op 2 Mei 1956 is berig die Klassis het afstigting goedgekeur. Op 7 September 1957 het die afstigting gevolglik plaasgevind en in 1958 is die saal vergroot en opgeknap. In die naweek van 14 en 15 Augustus 1976 is die vergrote kerkgebou in ontvangs geneem. Die bouaannemer was ’n Gereformeerde lidmaat, Frans Briel.

In 2002 het Beestekraal se kerkraad besluit hulle sien nie meer kans om as selfstandige gemeente voort te bestaan nie; daarom het hulle Krokodilrivier se kerkraad genader met die oog daarop om weer deel te word van die moedergemeente. Solank Krokodilrivier se lidmaattal dit toegelaat het, het die gemeente twee predikante gehad wat op Soutpansdrift, Krokodilrivier se kerkplek, en Beestekraal gepreek het. Tans (2016) is daar net een leraar, maar albei kerke word nog gebruik met ’n erediens op Soutpansdrift om 10:00 en om 08:00 op Beestekraal.

Predikante

  1. Bester, Gert Barend Cornelius, 1959 – 1962
  2. Du Plessis, dr. Jansen van Vuuren, 1962 – 1965
  3. Van der Walt, Marthinus Wessel, 1966 – 1971
  4. Van Niekerk, Krüger, 1972 – 1976
  5. Malan, Nicolas Johannes, 1976 – 1985 (aanvaar sy emeritaat)
  6. De Kock, Servaas Daniël, 1987 – 1991
  7. Venter, Sarel Petrus, 1991 – 1999
  8. Venter, Maarten Petrus Albertus, 1999 – 2003

Bronne

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk Krokodilrivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jaco du PlessisGewone luislangMieliestronkLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)2023Woordeboek van die Afrikaanse TaalLuiperdBelgiese gewesteVulkaanIngrid JonkerTropiese huisgeitjieEngelsTweede WêreldoorlogDinosourusRefentse MorakeSusan CoetzerJodeEmily HobhouseHeliosfeerGeskiedenis van AfrikaansBorsklierEoraptorBynierGeboorteMuskeljaatkatVigsKoorsSpookvoëlHottentot (vis)AppendiksMolotofbomHerpes simplexMarsEkonomie van Suid-AfrikaBelgiëJagluiperdBybelvertalingTrappe van vergelykingSixtynse kapelVlag van AfghanistanYstervarkMartin BesterSuurstofOntbinding van die SowjetunieVolksrepubliek ChinaDonker materieTropiese sikloonBatmanHekseryMagda van BiljonEpilepsieKlimaatVaginale kankerVlag van LibanonBosluisbytkoorsTegnologieKoppeltekenMasturbasieAllergieApartheidWes-AfrikaErnstige akute respiratoriese sindroom koronavirus 2Anale seksDesiré GardnerPolisieIntensiewe vormEikelToorberg🡆 More