Barend De Klerk

Prof.

dr. Barend Jacobus de Klerk (Burgersdorp, Kaapkolonie, 22 Augustus 1904 – Potchefstroom, Suid-Afrika, 21 April 1953) was predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en hoogleraar aan dieselfde kerkgenootskap se Teologiese Skool op Potchefstroom.

Barend de Klerk
 Barend de Klerk
Barend de Klerk

Naam Barend Jacobus de Klerk
Geboorte 22 Augustus 1904
Burgersdorp
Sterfte 21 April 1953 (op 48)
Potchefstroom
Kerkverband Gereformeerde Kerk
Gemeente(s) Dordrecht-kombinasie (1931–1939)
Middelburg, KP (1939–1944)
Kroonstad-kombinasie (1944–1945)
Jare aktief 1931–1945
Kweekskool Potchefstroom

Herkoms en opleiding

Barend De Klerk 
Studente Teologiese Vereniging, Teologiese Skool Potchefstroom, 1926. Eerste ry: H.J. Vermeulen, F. Coetzee, P.W. van der Walt, Kuifie van der Walt, S.P. van der Walt, J.H. van Zyl. Tweede ry: J.P. van der Walt, B.J. de Klerk, H.C.J. Flemming, W.J. Postma, L.S. van der Walt, I.J. van der Walt, P.G.W. Snyman. Derde ry: J.J.H. Booysen, W.J. van der Merwe, J.L. van der Merwe, C.E.G. Malan, M. Postma, P.J. de Klerk, S.J. van der Walt, H.F.V. Kruger, J.L. de Bruin, A.L. Aucamp. Vyfde ry: Hugo du Plessis, P.J. Liebenberg, Fanus du Toit, B.B.B. Olivier, J.F. du Plooy, J.M. de Wet, J.B. du Plessis, S.C. Venter, A. Postma.
Barend De Klerk 
Die Algemene Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op Rustenburg, 4 April 1924, onder die seringboom waaronder die Kerk in 1859 gestig is en met prof. H.H. Kuyper as deputaat van die Geref. Kerke in Nederland. Eerste ry: A.S.E. Yssel, C.W.M. du Toit, J.V. Coetzee, J.G.H. van der Walt, J.H. Boneschans, J.C. van der Walt. Tweede ry: D.P. du Plessis, D. Rumpff, T. Hamersma, D. Postma, M. Postma, prof. H.H. Kuyper, L.P Vorster, proff. J.D. du Toit, J.A. du Plessis, I.D. Kruger. Derde ry: D.N. Kotzé, N.H. van der Walt, A. Duvenage, J.A. van Rooy, C.J.H. de Wet, B.J. de Klerk, W.J. de Klerk, G.H.J. Kruger, D.G. Venter, H.P.J. Pasch. Vierde ry: F.P.J. Snyman, H.J. Venter, P.J.S. de Klerk, H.S. van Jaarsveld, H.J.R. du Plessis, J.H. Kruger.
Barend De Klerk 
Studente, dosente en besoekende predikante neem in April 1949 tydens die Sinode van die GKSA afskeid van Totius by die Teologiese Skool Potchefstroom. Eerste ry: D.F. Malan, G.P. Scheepers, C. Hatting, L.J. Botha, P.W. Buys, S.C.W. Duvenage, P.W. van der Walt, W.J. Postma, G.P.L. van der Linde, J.J.S. Venter, G.C.P. van der Vyver, M.J. Booyens, S.J. du Plessis, K.S. van Wyk de Vries. Tweede ry: J.V. Coetzee, P.J. Venter, P.J. Coetzee, J.W.J. van Ruyssen, D.J. van der Walt, H.G. Stoker, J.C. van der Walt, J.H. Boneschans, prof. J.D. du Toit, B.J. de Klerk, D.G Venter, A.S.E. Yssel, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.N. Kotzé, N.T. Snyman. Derde ry: D.C.S. van der Merwe, B.R. Krüger, J. Postma, R.S.J. van Wyk, M. Postma, J.L. de Bruin, C.E.G. Malan, J.J.H. Booysen, B.J. de Klerk, A.L. Aucamp, J.A. Schutte, I.J. van der Walt, L.S. Van der Walt, S. du Toit, A. Duvenage, W.J. Snyman, P.J.S. de Klerk, T.T. Spoelstra.Vierde ry: D.J. Delport, J.L. Vorster, J.P. Jooste, A.A. Venter, J.F. du Plooy, H.F.V. Kruger, Jacs van Rooy, I.J. Lessing, J.M. de Wet, S.P. van der Walt, P.J. de Klerk.

De Klerk was die seun van Jacobus Johannes de Klerk en Anna Susanna Labuscagne. In 1930 voltooi hy sy studie aan die Teologiese Skool en PUK, waar hy agtereenvolgens die grade B.A., M.A. en B.D. behaal het en in sy kandidaatseksamen geslaag het. In 1935 vertrek hy met sy gesin na Nederland, waar hy aan die Vrije Universiteit onder prof. V. Hepp studeer en in 1937 die doktorsgraad behaal met ’n proefskrif oor “Vorme en karakter van die Biblisisme”.

Gemeentebediening

As predikant het hy agtereenvolgens die volgende gemeentes bedien: Dordrecht, Indwe en Maclear (1931–1939), Middelburg, Kaap, (1939–1944), Kroonstad, Theunissen en Odendaalsrust (1944–1945) en Bloemfontein (1945–1952).

Hoogleraar

Vanaf April 1952 het hy gedien as professor aan die Teologiese Skool in apologetiek en Christelike etiek tot by sy oorlyde op 21 April 1953. Hy het in verskillende deputategroepe gedien en was etlike jare raadslid van die PUK vir CHO. Die belange van land en volk het hom na aan die hart gelê. Hy het onder meer gedien in die sentrale komitee vir die reëling van die Van Riebeeck-fees. Hy het ook lewendig belanggestel in die onderwys, en onder andere was hy voorsitter van die Bloemfonteinse Skoolraad.

Huwelikslewe

Barend De Klerk 
Ds. en mev. B.J. de Klerk en vermoedelik hul dogter op haar troudag op Middelburg, Kaap. Hy was die plaaslike Gereformeerde leraar van 1939 tot 1944.

In 1931 is hy getroud met Irene Bouman. Uit die huwelik is twee seuns en ’n dogter gebore. Ná haar oorlyde tree hy in 1944 in die huwelik met Maria (Marietjie) van der Walt van Middelburg, Kaap. Uit die huwelik is ook twee seuns en ’n dogter, Mathilda (getroude van Van der Schyff) gebore. Drie van die seuns het ook predikant geword:

Uit prof. dr. De Klerk se pen het verskyn: Meetsnoere van die jeug, Die Roomse gevaar en Vorme en karakter van die Biblisisme.

Bron

Tags:

Barend De Klerk Herkoms en opleidingBarend De Klerk GemeentebedieningBarend De Klerk HoogleraarBarend De Klerk HuweliksleweBarend De Klerk BronBarend De Klerk1904195321 April22 AugustusBurgersdorpGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKaapkoloniePotchefstroomPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Afrikaanse taalleerApartheidSkrywerPornografiese subgenresIndustriële RevolusieProteïenWerkwoordWater (molekuul)InternetJode in Suid-AfrikaMark (ekonomie)NierKasterolieGroepsdrukSeevlakstygingSirkelAborsieLongontstekingHector PietersonHeupMenslike skeletSwaelNatuurlike hulpbronNasionale PartyLeestekenRamsar-vleilande in Suid-AfrikaElandréOrtopedieReënKunsmatige algemene intelligensieVerlede tydPretoriaKartografieKlankLandbouSkaapOopbroninhoudVakbondPornografiese akteurGedigWeerfrontWaterpokkiesEerste WêreldoorlogVigsMeeueEllipstekenTegnologieVoegwoordRenteHolocaustHoenderOogproblemeIngenieursweseMierMisdaadromanSoweto-opstandAtmosfeerSwartkwasmuishondPuberteitMondNamakwalandSeksposisieBevolkingEugenetikaHartseerGewone breukeHemelvaartsdagVars waterAnneli van RooyenLewerMenseregteGroot GatLys van myne in Suid-AfrikaRumatiekVaginaPriemfaktorAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeSeks🡆 More