Hendrikus Pasch

Ds.

Hendrikus Philippus Josef Pasch (ook gespel Hendricus Philippus Josephus, Amsterdam, Nederland, 2 Maart 1865 – Lindley, Oranje-Vrystaat, Suid-Afrika, 15 September 1936) was tussen 1908 en sy sterfjaar predikant in vier gemeentes van die Gereformeerde Kerk.

Hendrikus Pasch
Pasch en sy gesin. Agter: Anna. Voor: Lena, Gerrit, Johanna, Babie en Schutte.
Hendrikus Pasch
H.P.J. Pasch.

Jong lewe

Pasch is uit Katolieke ouers met name Gerardus Bartholomeus Pasch en Anna Martens gebore. Hy is gedoop in die Katolieke kerk van St. Nicolas in Amsterdam. Op 16 Mei 1878 word hy toegelaat tot die "Heilige Communie". Op ongeveer 19-jarige ouderdom emigreer hy, land op 6 Desember 1884 in Kaapstad, en begin as ingenieur werk in die republiek van OVS. Dit moes net ná hierdie tyd gewees het dat hy sterk onder invloed van die Gereformeerde Kerk gekom het en in dié Kerk belydenis van die geloof aflê. Hy gaan direk daarna na die Teologiese Skool Burgersdorp om opgelei te word as predikant, hoewel ds. N.H. van der Walt in sy lewensberig in die Almanak van 1938 skryf hy het hom ná die Driejarige Oorlog op Ladybrand gevestig en daar lidmaat van die Gereformeerde Kerk geword.

Op Burgersdorp is sy studie onderbreek deur die uitbreek van die Driejarige Oorlog. Hy het hom reeds so een gevoel met die Boerevolk dat hy dadelik vertrek na die noorde. Eers het hy belangrike werk verrig onder die Rooi Kruis, en later geveg as kaptein. Gedurende die oorlog veg hy onder genls. P. Viljoen en C. Spruyt en kmdt. C. Vercuiel van die Heidelbergse kommando. In die oorlog is sy regterarm en sy regterbeen afgeskiet. Hy is bevorder tot veldkornet en later tot kaptein van 'n verkenningskorps. Hy doen ook goeie dienste as leërdokter en veg later onder genl. Christiaan de Wet en kmdt. Ackerman van Edenburg. Pasch is aan end van 1901 by Kapokfontein in die Vrystaat gevang deur verraad. Hy word verban na Bermuda waar hy bly tot op 16 Julie 1902 toe hy op Darrelseiland die sertifikaat van getrouheid aan die Britse kroon onderteken en terugkeer na sy vaderland.

Gemeentelike bediening

Hy gaan dadelik met sy studie voort op Burgersdorp. Op 11 Julie 1904 trou hy op Steynsburg, Kaapkolonie, met 'n jong weduwee met twee kinders, byname Johanna Maria Magdalena Snyman (gebore Schutte). Hy gaan saam met die Teologiese Skool na Potchefstroom, en word daar op 4 Desember 1907 beroepbaar gestel in die Gereformeerde Kerk van SA. Op 17 Junie 1907 word hy beroep as herder en leraar van Humpata, Portugees-Wes-Afrika. Hy aanvaar die beroep. Daar het hy onder die Angola-Boere nuttige werk met groot opofferinge gedoen. Sy tweede gemeente was Ladybrand en dan arbei hy van 1920 tot 1927 in Pietersburg.

Aan die einde van 1927 is hy beroep na Lindley, OVS. Hy aanvaar dit. Middel 1928 ontval sy vrou hom op Lindley. In 1930 is hy weer getroud. Hy sterf in September 1936 op Lindley terwyl hy nog in diens gestaan het.

Waardering

N.H. van der Walt skryf in ds. Pasch se lewensberig in die Almanak van 1938: "'n Besondere yweraar het hy gewoeker met die talente wat die Here, sy Sender, aan hom toevertrou het, en baie getrou meegewerk aan die opbou van die Suid-Afrikaanse volk, met wie hy hom volkome vereenselwig het, en (wat) hy liefgehad het. Pasch was 'n man wat weet wat hy wil, en met 'n yster-wil het hy altyd voet by stuk gehou. Hy was beslis in sy oortuigings en het sy lewensbeskouings nie onder stoele en banke weggesteek nie. Pasch het groot dienste aan die kerk en land en volk bewys. Sy nagedagtenis sal in eer gehou word. Mag sy kinders in sy voetspore wandel."

Galery: Groepfoto's van studente en predikante

Bronne

  • (af) Venter, H.J. 1959. Eeufeesgedenkalbum van die Gereformeerde kerke in die Klassis Waterberg 1859–1959. Potgietersrus: Deputaatskap vir die Gedenkalbum.

Tags:

Hendrikus Pasch Jong leweHendrikus Pasch Gemeentelike bedieningHendrikus Pasch WaarderingHendrikus Pasch Galery: Groepfotos van studente en predikanteHendrikus Pasch BronneHendrikus Pasch15 September186519362 MaartAmsterdamGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLindleyNederlandOranje-VrystaatSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Afleiding (taalkunde)Rosa ParksKunsWaterbesparing in Suid-AfrikaKrugerwildtuinMaagJuraWet op BevolkingsregistrasieLys van Nederlandse skildersDoelwitGeweldBestuiwingSkisofrenieBynierNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaPeriodieke tabelBreinkaartVarkHipoteseVormHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalResensieSnaarinstrumentIntensiewe vormWerkloosheidWinterGeboorteLidwoordWolkWoordeboekDurbanProstaatkankerKappie (skryfteken)BaälLionel MessiAtmosfeerSprokieKinderregteGetalOmgewingsbeheerVaste stofKolorektale kankerSpeelkaartSosiale mediaHoofpynBeaufortskaalGevolge van aardverwarming op oseaneLimfvatstelselNazi-DuitslandMantisGeslagWoestynGeelhoutKongo-krisisLewerEreksieSportKommunikasieEerste WêreldoorlogSeisoenNeerslagKrampOnderwysKarakteriseringKaapse VlakteInvloed van vigs op die ekonomieChemiese verbindingMaatskappyNarsistiese persoonlikheidsteuringLoftus MaraisSiya KolisiRookgewoonteHibernasieMorfeemNoag se ark🡆 More