Stephanus Du Toit

Prof.

dr. Stephanus du Toit (noemnaam Fanus, Potchefstroom, Transvaal, 20 Julie 19052 Februarie 1982) was van 1930 tot 1935 predikant in die Gereformeerde Kerk en daarna tot sy aftrede in 1970 hoogleraar aan dieselfde kerkverband se Teologiese Skool op Potchefstroom.

Stephanus du Toit
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Naam Stephanus du Toit
Geboorte 20 Julie 1905
Potchefstroom
Sterfte 2 Februarie 1982 (op 76)
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Bethal
Standerton
Volkrust
Kweekskool Potchefstroom

Herkoms

Stephanus Du Toit 
Vierdejaarstudente van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1929. Die studente op die foto stem nie ooreen met inligting in die GKSA se argief nie, maar Du Toit is tweede van links en Petra de Klerk in die middel.

Du Toit was die oudste seun van prof. dr. J.D. du Toit, wat as Totius onsterflike roem verwerf het as Bybelvertaler, psalmberymer, digter en volksman, en Maria Postma. Sy oupa aan vaderskant was ds. S.J. du Toit (1847–1911), een van die belangrikste figure in die vroeë stryd om die erkenning van Afrikaans en konsulent van die Gereformeerde Kerke onder die Kruis. Aan moederskant was hy die kleinseun van ds. Dirk Postma (1818–1890), die grondlegger van die GKSA en eerste hoogleraar aan die GKSA se Teologiese Skool op Burgersdorp, waaraan sowel Du Toit as sy vader ná die Skool se verplasing na Potchefstroom hoogleraar sou wees.

Opleiding

Stephanus Du Toit 
Die bestuur van die Gereformeerde Studentekorps Veritas Vincet, Potchefstroom, 1927. Voor: Jacs van Rooy, S. Spoelstra en J.P. Jooste. Agter: S. du Toit en A. Postma.
Stephanus Du Toit 
Studente Teologiese Vereniging, Teologiese Skool Potchefstroom, 1926. Eerste ry: H.J. Vermeulen, F. Coetzee, P.W. van der Walt, Kuifie van der Walt, S.P. van der Walt, J.H. van Zyl. Tweede ry: J.P. van der Walt, B.J. de Klerk, H.C.J. Flemming, W.J. Postma, L.S. van der Walt, I.J. van der Walt, P.G.W. Snyman. Derde ry: J.J.H. Booysen, W.J. van der Merwe, J.L. van der Merwe, C.E.G. Malan, M. Postma, P.J. de Klerk, S.J. van der Walt, H.F.V. Kruger, J.L. de Bruin, A.L. Aucamp. Vyfde ry: Hugo du Plessis, P.J. Liebenberg, Fanus du Toit, B.B.B. Olivier, J.F. du Plooy, J.M. de Wet, J.B. du Plessis, S.C. Venter, A. Postma.
Stephanus Du Toit 
Studente, dosente en besoekende predikante neem in April 1949 tydens die Sinode van die GKSA afskeid van Totius by die Teologiese Skool Potchefstroom. Eerste ry: D.F. Malan, G.P. Scheepers, C. Hatting, L.J. Botha, P.W. Buys, S.C.W. Duvenage, P.W. van der Walt, W.J. Postma, G.P.L. van der Linde, J.J.S. Venter, G.C.P. van der Vyver, M.J. Booyens, S.J. du Plessis, K.S. van Wyk de Vries. Tweede ry: J.V. Coetzee, P.J. Venter, P.J. Coetzee, J.W.J. van Ruyssen, D.J. van der Walt, H.G. Stoker, J.C. van der Walt, J.H. Boneschans, prof. J.D. du Toit, B.J. de Klerk, D.G Venter, A.S.E. Yssel, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.N. Kotzé, N.T. Snyman. Derde ry: D.C.S. van der Merwe, B.R. Krüger, J. Postma, R.S.J. van Wyk, M. Postma, J.L. de Bruin, C.E.G. Malan, J.J.H. Booysen, B.J. de Klerk, A.L. Aucamp, J.A. Schutte, I.J. van der Walt, L.S. Van der Walt, S. du Toit, A. Duvenage, W.J. Snyman, P.J.S. de Klerk, T.T. Spoelstra.Vierde ry: D.J. Delport, J.L. Vorster, J.P. Jooste, A.A. Venter, J.F. du Plooy, H.F.V. Kruger, Jacs van Rooy, I.J. Lessing, J.M. de Wet, S.P. van der Walt, P.J. de Klerk.

Stephanus du Toit matrikuleer in 1922 aan die Potchefstroom Gimnasium, in die eerste klas. In 1925 behaal hy die B.A.-graad aan die PUK met onderskeiding in albei hoofvakke, metafisika en etiek. Vanaf 1926 studeer hy aan die Teologiese Skool en behaal die graad B.D. in 1928 en slaag die kandidaatseksamen in 1929. Gedurende 1929 woon hy kolleges by in Semitiese tale aan die Transvaalse Universiteitskollege (TUK, voorloper van die Universiteit van Pretoria) onder leiding van prof. B. Gemser, 'n geleerde van internasionale faam. In 1930 is hy voltyds student aan die TUK en behaal die M.A.-graad in Semitiese Tale met 'n verhandeling oor "Die betroubaarheid van die boek Daniël". Die graad M.Div. behaal hy in 1936 met 'n verhandeling oor "'n Nuwe fase in die stryd om die Ou Testament". In 1939 behaal hy die doktorsgraad in die teologie onder promotorskap van prof. B. Gemser met 'n dissertasie oor "Bybelse en Babilonies-Assiriese spreuke".

In 1939 vertrek hy na Nederland vir verdere studie in die Semitiese tale onder leiding van prof. F.M.T. Böhl van Leiden. Weens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog moes die verblyf verkort word.

Loopbaan

Einde 1930 is hy bevestig as predikant van die kombinasie Bethal, Standerton, Volksrust. In 1935, ná die afsterwe van prof. J.A. du Plessis, is hy benoem as tydelike lektor aan die Teologiese Skool en in 1936 as professor, ook aan die PUK vir CHO, vir hoofsaaklik die Ou-Testamentiese wetenskap. Hy was meermale rektor van die Teologiese Skool en dekaan van die fakulteit teologie aan die PU vir CHO.

Breë betrokkenheid

Stephanus Du Toit 
Professore van die Teologiese Skool Potchefstroom tydens die aftrede van prof. J.D. du Toit (Totius). Eerste ry: W.J. Snyman, J.D. du Toit, J.P. Jooste. Tweede ry: S. du Toit en P.J.S. de Klerk.
Stephanus Du Toit 
Proff. S. du Toit, J.P. Jooste, P.J.S. de Klerk, W.J. Snyman en Zeller van der Walt van die Teologiese Skool Potchefstroom.
Stephanus Du Toit 
Kuratore en professore van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1968. Voorste ry. Ds. I.J. Lessing, prof. S.P. van der Walt, ds. A.A. Venter, prof. G.C.P. van der Vyver, ds. J. Postma. Tweede ry: J.P. Jooste, ds. T. Steyn, dr. B. Spoelstra, ds. M. Postma, proff. H. du Plessis, S.J. van der Walt, prof. W.J. Snyman. Derde ry: di. L.J. Buys, B.J. Lombard, J.F. du Plooy, dr. K.S. van Wyk de Vries, prof. S. du Toit.

In 1946 is hy afgevaardig na die eerste Gereformeerde Ekumeniese Sinode in Grand Rapids, VSA. In 1962 het hy met 'n senior beurs van die Nasionale Raad vir Sosiale Navorsing navorsing gedoen in die Bybellande asook aan verskillende Europese universiteite en die Britse Museum in Londen. Offisieus het hy sy vader, prof. J.D. du Toit, hulp verleen met die Bybelvertaling en was 'n redaksielid en medewerker aan die verklarende aantekeninge by die Afrikaanse Bybel.

Du Toit het as mens en wetenskaplike hoë agting binne en buite die Gereformeerde Kerk geniet. Met die eeufees te Rustenburg in 1959 is hy aangewys om die feesrede te lewer. Hy het in verskeie belangrike sinodale deputate-groepe gedien. Du Toit was 'n vurige vaderlander en het steeds steun verleen aan die nasionale beweging. Hy het intieme kontakte gehad met wyle adv. J.G. Strijdom en dr. H.F. Verwoerd. By talle volksfeeste het hy as feesredenaar opgetree. By geleentheid van die feesviering by Monumentkoppie, ná verkryging van die Republiek in 1961, het hy 'n Afrikaanse Bybel aan dr. Verwoerd oorhandig. Hy was jare lank voorsitter van die direksie van Pro Rege-Pers, wat duisende Christelike boeke versprei het. In 1965-'67 was hy lid van die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Gesinlewe

Stephanus Du Toit 
Du Toit se dogter, Hanlie, haar man, ds. W.J. Maritz, en hul vier kinders, moontlik in die tyd toe hulle in Salisbury gestaan het (1958–'61).

In 1931 is hy getroud met Sara Aletta Petronella Scheepers. Uit die huwelik is een dogter gebore, later mev. (ds.) W.J. Maritz (tussen 1958 en sy aftrede in 1967 leraar van die Gereformeerde kerke Salisbury, Parys en Florida; oorlede op 12 Augustus 1983)

Skryfwerk

Stephanus Du Toit 
1933: Die Algemene Sinode van die GKSA in sitting Pretoria, afgeneem op die trap van die Uniegebou. Eerste ry: A. Postma, P.G.W. Snyman, Derk Rumpff, J.G.H. van der Walt, I.D. Krüger, prof. J.C. Coetzee, T.T. Spoelstra, A.S.E. Yssel, D.N. Kotzé, W.J. Postma, J.P. van den Berg, I.J. van der Walt. Tweede ry: H.F.V. Kruger, J.H. Boneschans, J.M. de Wet. Tweede ry: W.J. de Klerk, P.J.S. de Klerk, B.J. de Klerk, B. de Klerk, S.J. van der Walt, L.S. van der Walt, J. Schutte, N.H. van der Walt, E.I.J. Venter, H.S. van Jaarsveld, H.J. Venter, D.G Venter, J.V. Coetzee. Vierde ry: J. van Rooy, A. Aucamp, H.P.J. Pasch. Vyfde ry: J.A. van Rooy, J.H. Kruger, G.H.J. Kruger, W.F. Venter, I.J. Lessing, J.B. du Plessis, S.P. van der Walt, J.P. Jooste, J.L. de Bruin, S. du Toit, D.P. du Plessis, F.P.J. Snyman.

Uit prof. dr. Du Toit se pen het onder meer verskyn: Bybelse en Babilonies-Assiriese spreuke; Handleiding vir die kerkgeskiedenis; Die Ou Testament 'n wonder; Bybel, Skepping, Evolusie; Ou Testament en opgrawinge; Openbaringsgeskiedenis van die Ou Testament; Progressive Creation. Hierbenewens het nie minder as ongeveer 150 artikels verskyn op teologiese, maatskaplik-staatkundige en opvoedkundige gebied.

Bronne

  • (af) Van der Vyver, dr. G.C.P. 1969. My erfenis is vir my mooi. Potchefstroom: Calvyn Jubileumboekfonds.
  • (af) Vogel, Willem (voorsitter van redaksiekommissie). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

Stephanus Du Toit HerkomsStephanus Du Toit OpleidingStephanus Du Toit LoopbaanStephanus Du Toit Breë betrokkenheidStephanus Du Toit GesinleweStephanus Du Toit SkryfwerkStephanus Du Toit BronneStephanus Du Toit190519822 Februarie20 JulieAftredeGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPotchefstroomTransvaal

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

StilleweBosluisVarkgriepWater (molekuul)TermietWitrenosterFanie ViljoenToekoms van die AardeWêreld- Ekonomiese ForumVerkleurmannetjieGesonde dieetSkilpadAppel (sanger)AlliterasieKatoenJeuksiekteMandalaDistrik SesChemiese elementStaalDigvormGeskiedenis van erotiese afbeeldingsEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaMeervoudIronieAkroniemSwawelAarde se atmosfeerBloukraanvoëlKlinkerTaalfossielDonderstormGetalHulpwerkwoordDesimale breukeStadAardverwarmingDansAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeOnderwerp (taalkunde)BewussynJode in Suid-AfrikaKoorsAfkappingstekenBesoedelingPersMuskeljaatkatOnderwysJodeWolkSomerEmo AdamsItaliëVerdampingAnrich HerbstGrondbesoedelingDuitse maselsPeriodieke tabelEnkelvoudige sinSoutsuurTaalBrandmondsindroomChristendomSeksposisieKolitisAardbewingWeskusErfenisSeptimius AwardsTelevisieNasionale VrouedagKartografieMark (ekonomie)VoorvoegselSuurstofXenofobie in Suid-AfrikaCovid-19-pandemie🡆 More