Rugbywêreldbeker 2031

Die Rugbywêreldbeker 2031 (Engels: 2031 Rugby World Cup) word van September tot Oktober 2031 in die Verenigde State beslis.

Rugbywêreldbeker 2031 Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport

Dit is die twaalfde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die sewende in die Noordelike Halfrond. Verder is dit die eerste rugbywêreldbekertoernooi wat in die Amerikas aangebied word.

Rugbywêreldbeker 2031
Rugbywêreldbeker 2031
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Datums September – Oktober
Aantal nasies 24
Finale posisies
Toernooistatistiek
2027
2035 →
Rugbywêreldbeker 2031
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding word

Soos tydens die 2027-toernooi sal 24 nasionale rugbyspanne vanuit verskeie lande aan die Rugbywêreldbeker 2031 kan deelneem.

Die Rugbywêreldbeker word gewoonlik tussen September en Oktober beslis. In die Verenigde State sal dit met die 2031-seisoene van die National Football League (NFL) en die Major League Soccer (MLS) oorvleuel. Aangesien baie van die voorgestelde plekke NFL- en MLS-stadions is, bestaan die moontlikheid dat die toernooi gedurende die somermaande (Junie–September) aangebied sal word om botsings met die twee ligaseisoene te voorkom. ’n Bepaling oor skedulering sal egter nog geneem moet word.

Toewysing

Wêreldrugby het die gasheerlande van beide die 2027- en 2031-manstoernooie op 12 Mei 2022 aangekondig. Die proses om met voornemende lande te onderhandel het in Februarie 2021 begin en die formele kandidaatproses drie maande later. Die oorblywende gasheerlande is in Februarie 2022 aangekondig.

Wêreldrugby se voorsitter Bill Beaumont het in laat 2018 voorgestel dat die gasheer van die Rugbywêreldbeker ná die 2023-toernooi in Frankryk ’n opkomende nasie behoort te wees. Wêreldrugby se hoof- uitvoerende beampte Brett Gosper het in 2019 ook voorgestel dat Wêreldrugby beide die 2027- en 2031-toernooie saam sal toewys (soos hulle met Engeland 2015 en Japan 2019 gedoen het), waardeur hulle “’n dapper besluit en ’n tradisionele besluit” sal kan maak. Gosper het verder voorgestel dat “2031 tyd sal gun vir ’n Amerikaanse bod om baie geloofwaardig en sterk te wees.” Die gashere vir die 2027- en 2031-toernooie is in Mei 2022 bekend gemaak.

Vermoede het bestaan dat beide die Verenigde State en Suid-Afrika beplan het om die toernooi te huisves, maar die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) het bekend gemaak dat hulle nie beplan om vir nóg die 2027- nóg die 2031-toernooi aansoek te doen nie. Op 10 Junie 2021 is VSA Rugby amptelik aanvaar as ’n kandidaatland vir beide die 2027- en 2031-toernooie, asook die Vrouerugbywêreldbeker 2029. Die Verenigde State het op 20 Oktober 2021 hul amptelike bod ingedien met sekere belangstellende stede met groot Amerikaanse voetbal-stadions, terwyl in Februarie dieselfde jaar Engeland, Ierland, Skotland en Wallis ’n gesamentlike bod vir die 2031-toernooi oorweeg het. Destyds was die Verenigde State die enigste kandidaat vir die Rugbywêreldbeker 2031 en die volgende maand (November 2021) was hulle in ’n “eksklusiewe doelgerigte dialoog” met Wêreldrugby oor die aanbieding van die 2031-toernooi.

Teen Mei 2022 was die Verenigde State op pad om amptelik as gasheer vir beide die Rugbywêreldbeker 2031 en die Vrouerugbywêreldbeker 2033 aangewys te word. In April 2022 het die President van die Verenigde State, Joe Biden, ’n brief aan Wêreldrugby geskryf om sy ondersteuning vir die Amerikaanse bod te wys. Tydens ’n spesiale vergadering van Wêreldrugby wat op 12 Mei 2022 in Dublin gehou is, is die Rugbywêreldbeker 2027 aan Australië toegeken, terwyl die Rugbywêreldbeker 2031 aan die Verenigde State toegewys is.

Deelnemers

24 spanne mag aan die Rugbywêreldbeker 2027 deelneem. Die gasheer Verenigde State is regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer.

Stadions

Altesaam 24 Amerikaanse stede is op die kortlys vir die Rugbywêreldbeker 2031 geplaas. Van die stede op die kortlys sluit in Atlanta, Austin, Baltimore, Birmingham, Boston, Charlotte, Chicago, Dallas, Denver, Houston, Kansas City, Los Angeles, Miami, Minneapolis, Nashville, New York, Orlando, Philadelphia, Pittsburgh, Phoenix, San Diego, San Francisco, Seattle en Washington, D.C. Die meeste van die stede beskik oor NFL-stadions, terwyl ander oor MLS-stadions beskik. Van die 24 stede wat vir die 2031-toernooi beoog word, is elf as gasheerstede vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 aangewys.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Rugbywêreldbeker Rugbywêreldbeker 2031 

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023Australië 2027Verenigde State 2031

Tags:

Rugbywêreldbeker 2031 ToewysingRugbywêreldbeker 2031 DeelnemersRugbywêreldbeker 2031 StadionsRugbywêreldbeker 2031 Sien ookRugbywêreldbeker 2031 VerwysingsRugbywêreldbeker 2031 Eksterne skakelsRugbywêreldbeker 2031AmerikasEngelsNoordelike HalfrondRugbywêreldbekerVerenigde State van AmerikaWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

BesoedelingKaapstadse waterkrisis 2015-2018Trappe van vergelykingHipoteseKommunikasieKonflik (proses)PersoonlikheidKweekhuiseffekNederlandsPersoonlike voornaamwoordCoca-ColaSuid-AfrikaPersentasieOopbroninhoudOlimpiese SomerspeleBreedtegraadAarverkalkingStaalViëtnamMiddeloorontstekingKopieregVersamelnaamKokerboomKaliumKomplementêre kleureBalletVormEjakulasieMieliestronkSlangPubliekKrugerwildtuinJosef StalinOrgasmeMeningsverskil oor aardverwarmingBernice WestUniondalePrimêre sektor van die ekonomieVaalrivierAfrikaanse naguilHibernasieSeksuele penetrasieLetsiteleWaterkringloopVryheidsmanifesSeksBloedsomloopstelselDistrik SesVlieënde HollanderVigsVoortrekkersKasteel die Goeie HoopKlein-KarooOrale seksKamoefleringLys van Suider-Afrikaanse soogdiereAluminiumHartXHTMLSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Slag van Cuito CuanavaleLetterkundeAardeYslandLeierKoolstofResensieBaljuDesmond TutuCovid-19-pandemiePornografiese akteurTaalLys van Afrikaanse skrywers🡆 More