Rugbywêreldbeker 1995

Die Rugbywêreldbeker 1995 is van 25 Mei tot 24 Junie 1995 in Suid-Afrika beslis.

Dit was die derde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die eerste in Afrika. Dit was die eerste wêreldbekertoernooi in een van Suid-Afrika se gewildste sportsoorte; later het dié land ook die Krieketwêreldbeker 2003 en die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aangebied. Dit was ook die eerste keer wat ’n Suid-Afrikaanse rugbyspan weer aan ’n internasionale byeenkoms kon deelneem ná die lang stryd teen apartheid en as ’t ware die eerste groot toernooi vir en in Suid-Afrika ná die einde van dié politieke stelsel. Saam met die Afrikanasiesbeker 1996 was die Rugbywêreldbeker 1995 een van twee groot sportkompetisies in Suid-Afrika binne een jaar.

Rugbywêreldbeker 1995
Rugbywêreldbeker 1995
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Datums 25 Mei – 24 Junie
Aantal nasies 16 (52 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen Rugbywêreldbeker 1995 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Naaswenner Rugbywêreldbeker 1995 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Derde plek Rugbywêreldbeker 1995 Vlag van Frankryk Frankryk
Toernooistatistiek
Wedstryde 32
Bywoning 1 100 000 (gem. 34 375 per wedstryd)
Drieë 189 (gemiddeld 5.91 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Frankryk Thierry Lacroix (112)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Jonah Lomu
Vlag van Nieu-Seeland Marc Ellis (7 drieë elk)
1991
1999
Rugbywêreldbeker 1995
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

Die toernooi se formaat van 1987 en 1991 het onveranderd gebly en 16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1995 deelgeneem: die gasheer Suid-Afrika, die agt regstreekse kwalifiseerders van die 1991-toernooi (Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland), asook die sewe beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Italië, die Ivoorkus, Japan, Roemenië, Tonga en Wallis). Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die nominale gasheer Wallis, die verdedigende kampioen Suid-Afrika, die naaswenner Nieu-Seeland en die derde-plek-span Frankryk het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1999 in die destydse Vyfnasies gekwalifiseer. Net soos Suid-Afrika het die Ivoorkus vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem. Namibië het vir die eerste keer aan ’n kwalifisering deelgeneem en vyf wedstryde gewen, maar hulle kon egter nie vir die Rugbywêreldbeker 1995 kwalifiseer nie nadat die beslissende wedstryd teen Marokko in ’n gelykop geëindig het.

Suid-Afrika het die eindstryd op Ellispark in Johannesburg teen Nieu-Seeland met 15–12 gewen, nadat ’n bykomende tien minute ekstra tyd toegestaan is toe die telling 9–9 was. Suid-Afrika het daarmee ná Nieu-Seeland in 1987 die tweede gasheer geword wat die rugbywêreldbekertoernooi tuis gewen het en die derde agtereenvolgende kampioen van die Suidelike Halfrond geword, ná Nieu-Seeland in 1987 en Australië in 1991. Daarbenewens was dit die eerste eindwedstryd in dié toernooi se geskiedenis wat twee spanne van die Suidelike Halfrond gesien het. Frankryk het in die derde en Engeland in die vierde plek geëindig; interessant genoeg het die vier groepwenners as die vier beste spanne van die toernooi geëindig.

Die Rugbywêreldbeker 1995 het om verskeie redes geskiedenis gemaak: Dit was die eerste groot sporttoernooi op die Afrikavasteland, die eerste rugbywêreldbekertoernooi wat heeltemal in een land aangebied is en die laaste groot toernooi van rugby se amateurera; twee maande later het die IRVR met die professionalisering van dié sport begin. Die Rugbywêreldbeker 1995 word ook wyd onthou vir die samewerking van alle Suid-Afrikaners onder die bewind van Nelson Mandela se regering van nasionale eenheid. Die oorhandiging van die Webb Ellis-beker deur ’n in die Springboktrui geklede Nelson Mandela aan die Springbokkaptein Francois Pienaar is waarskynlik die bekendste gebeurtenis van die Rugbywêreldbeker 1995 en versinnebeeld die versoening tussen “swart” en “wit Suid-Afrikaners”. Die oomblik is glo een van die beroemdste finale van enige sportsoort. Dit was ook die laaste toernooi met die aantal van 16 nasionale rugbyspanne; vir die volgende Rugbywêreldbeker 1999 is die aantal na 20 verhoog. Vir die eerste keer in ’n rugbywêreldbekertoernooi was ’n drie gelyk aan vyf punte; voorheen was dit vier. Daarbenewens het die Rugbywêreldbeker 1995 die opkoms van die Nieu-Seelander Jonah Lomu as ’n rugbyster gesien.

Toewysing

Rugbywêreldbeker 1995 
Speelstede in Suid-Afrika

Nadat die Rugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland en die Rugbywêreldbeker 1991 in al die destydse Vyfnasies aangebied is, was Suid-Afrika die enigste rugbynasie, wat tot dusver nog nie ’n rugbywêreldbekertoernooi aangebied het nie. Weens sy apartheidsbeleid was die land egter uit alle vorme van internasionale rugby geskors, hoewel enkele nasionale rugbyspanne nog steeds toere na Suid-Afrika onderneem het.

Ná die einde van apartheid en Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale sporttoernooie het dié land in 1992 weer ’n volle lid van die IRVR geword. Vervolgens is die Rugbywêreldbeker 1995 aan Suid-Afrika toegewys.

Tydens die Rugbywêreldbeker 1995 is onderhandelinge tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika se beheerliggame gevoer en SANZAR, die voorganger van die hedendaagse SANZAAR, gestig. Een jaar later, in 1996, is die eerste Drienasiesreeks tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika beslis. Sedert Argentinië se aansluiting in 2012 staan dié toernooi as Die Rugbykampioenskap bekend.

Deelnemers

Die volgende 16 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1995 gekwalifiseer: Die agt spanne wat tydens die Rugbywêreldbeker 1991 tot die kwarteindrondte gevorder het, het saam met die gasheer Suid-Afrika regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1995 gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland. Om die oorblywende sewe plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 35 nasionale rugbyspanne meegeding.

Rugbywêreldbeker 1995 
Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 52 spanne het deelgeneem.

   Afrika

   Amerikas

   Asië

   Europa

   Oseanië

   Nie deelgeneem nie

Rugbywêreldbeker 1995 
Uitslag van die kwalifisering:

   Gasheer

   Agt beste spanne van die 1991-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
Rugbywêreldbeker 1995  Suid-Afrika Gasheer Eerste Debuut A
Rugbywêreldbeker 1995  Australië Regstreeks Derde 1991 Kampioen (1991) A
Rugbywêreldbeker 1995  Engeland 1991 Naaswenner (1991) B
Rugbywêreldbeker 1995  Frankryk 1991 Naaswenner (1987) D
Rugbywêreldbeker 1995   Ierland 1991 Kwarteindrondte (1987, 1991) C
Rugbywêreldbeker 1995  Kanada 1991 Kwarteindrondte (1991) A
Rugbywêreldbeker 1995  Nieu-Seeland 1991 Kampioen (1987) C
Rugbywêreldbeker 1995  Skotland 1991 Vierde plek (1991) D
Rugbywêreldbeker 1995  Samoa Tweede 1991 Kwarteindrondte (1991) D
Rugbywêreldbeker 1995  Argentinië Kwalifiseringsrondte Derde 1991 Groepfase (1987, 1991) B
Rugbywêreldbeker 1995  Italië Derde 1991 Groepfase (1987, 1991) B
Rugbywêreldbeker 1995  Ivoorkus Eerste Debuut D
Rugbywêreldbeker 1995  Japan Derde 1991 Groepfase (1987, 1991) C
Rugbywêreldbeker 1995  Roemenië Derde 1991 Groepfase (1987, 1991) A
Rugbywêreldbeker 1995  Tonga Tweede 1987 Groepfase (1987) B
Rugbywêreldbeker 1995  Wallis Derde 1991 Derde plek (1987) C

Stadions

Altesaam is nege stadions in nege stede dwarsdeur Suid-Afrika vir die Rugbywêreldbeker 1995 gebruik. Van die stadions is met die oog op die toernooi opgeknap. Ses van die nege stadions is Suid-Afrikaanse toetsgronde. In die vier grootste stadions is die uitklopfase en die eindstryd is op die Johannesburgse Ellispark beslis.

Oorspronklik is ook wedstryde in Brakpan, Germiston, Pietermaritzburg, Potchefstroom en Witbank beplan, maar dié wedstryde is na ander plekke verskuif. Hierdeur is die aantal plekke van 14 tot nege verminder. Die redenasie vir hierdie stap was die geriewe vir beide die pers en die toeskouers, maar ook veiligheid. Die stap is in Januarie 1994 gedoen. Verdere veranderinge is in April onderneem, só is aandwedstryde na stadions met goeie spreiligte verskuif.

Johannesburg, Gauteng Pretoria, Gauteng Kaapstad, Wes-Kaap Durban, KwaZulu-Natal
Ellispark Loftus Versfeld Nuweland Kings Park
26°11′51″S 28°3′39″O / 26.19750°S 28.06083°O / -26.19750; 28.06083 (Ellispark) 25°45′12″S 28°13′22″O / 25.75333°S 28.22278°O / -25.75333; 28.22278 (Loftus Versfeld) 33°58′14″S 18°28′6″O / 33.97056°S 18.46833°O / -33.97056; 18.46833 (Nuweland) 29°49′30″S 31°1′47″O / 29.82500°S 31.02972°O / -29.82500; 31.02972 (Kings Park)
Kapasiteit: 60 000 Kapasiteit: 50 000 Kapasiteit: 50 000 Kapasiteit: 50 000
Rugbywêreldbeker 1995  Rugbywêreldbeker 1995  Rugbywêreldbeker 1995  Rugbywêreldbeker 1995 
Bloemfontein, Vrystaat
Vrystaatstadion
29°7′2″S 26°12′32″O / 29.11722°S 26.20889°O / -29.11722; 26.20889 (Vrystaatstadion)
Kapasiteit: 40 000
Rugbywêreldbeker 1995 
Port Elizabeth, Oos-Kaap Rustenburg, Noordwes Oos-Londen, Oos-Kaap Stellenbosch, Wes-Kaap
Boet Erasmus-stadion Olympia-park Basil Kenyon-stadion Danie Craven-stadion
33°58′55″S 25°38′22″O / 33.98194°S 25.63944°O / -33.98194; 25.63944 (Boet Erasmus) 25°39′45″S 27°13′19″O / 25.66250°S 27.22194°O / -25.66250; 27.22194 (Olympia-park) 33°0′24″S 27°54′19″O / 33.00667°S 27.90528°O / -33.00667; 27.90528 (Buffalo City) 33°56′24″S 18°52′25″O / 33.94000°S 18.87361°O / -33.94000; 18.87361 (Danie Craven)
Kapasiteit: 38 950 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 22 000 Kapasiteit: 16 000
Rugbywêreldbeker 1995 

Formaat

Die Rugbywêreldbeker 1995 is oor 30 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 25 Mei 1995 op Nuweland in Kaapstad met die openingswedstryd tussen die gasheer Suid-Afrika en die verdedigende kampioen Australië afgeskop. Die toernooi het geëindig op Ellispark in Johannesburg op 24 Junie met die eindstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, waartydens die Springbokke die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1995 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Mei/Junie
Do
25
Vr
26
Sa
27
So
28
Ma
29
Di
30
Wo
31
Do
1
Vr
2
Sa
3
So
4
Ma
5
Di
6
Wo
7
Do
8
Vr
9
Seremonies OS
Groep A 1 1 1 1 2
Groep B 2 1 1 2
Groep C 2 2 2
Groep D 2 2 2
Uitklopfase
Junie
Sa
10
So
11
Ma
12
Di
13
Wo
14
Do
15
Vr
16
Sa
17
So
18
Ma
19
Di
20
Wo
21
Do
22
Vr
23
Sa
24
Seremonies SS
Uitklopfase 2 2 1 1 1 1
Verklaring

   Seremonies

   Groepfase

   Uitklopfase

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe

Groep A Groep B Groep C Groep D

Rugbywêreldbeker 1995  Suid-Afrika
Rugbywêreldbeker 1995  Australië
Rugbywêreldbeker 1995  Roemenië
Rugbywêreldbeker 1995  Kanada

Rugbywêreldbeker 1995  Engeland
Rugbywêreldbeker 1995  Samoa
Rugbywêreldbeker 1995  Italië
Rugbywêreldbeker 1995  Argentinië

Rugbywêreldbeker 1995  Nieu-Seeland
Rugbywêreldbeker 1995   Ierland
Rugbywêreldbeker 1995  Wallis
Rugbywêreldbeker 1995  Japan

Rugbywêreldbeker 1995  Frankryk
Rugbywêreldbeker 1995  Skotland
Rugbywêreldbeker 1995  Tonga
Rugbywêreldbeker 1995  Ivoorkus

Die groepwedstryde is op die volgende stede verdeel:

  • Groep A: Kaapstad, Port Elizabeth en Stellenbosch
  • Groep B: Durban en Oos-Londen
  • Groep C: Johannesburg en Bloemfontein
  • Groep D: Pretoria en Rustenburg

Groepfase

Soos in die rugbywêreldbekertoernooie van 1987 en 1991 is die 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Twee vir ’n gelykop;
  • Een vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep A het teen die naaswenner van Groep B en die wenner van Groep B teen die naaswenner van Groep A gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

1995-effek op 1999-kwalifisering

Die nominale 1999-gasheer (Wallis), die verdedigende kampioen (Suid-Afrika), die naaswenner (Nieu-Seeland) en die derde plek-span (Frankryk) het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1999 gekwalifiseer.

Wedstrydbeamptes

’n Paneel van 22 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte
Uit die toernooi geskakel.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1995  Suid-Afrika 3 3 0 0 68 26 +42 6 9
Rugbywêreldbeker 1995  Australië 3 2 0 1 87 41 +46 11 7
Rugbywêreldbeker 1995  Kanada 3 1 0 2 45 50 –5 4 5
Rugbywêreldbeker 1995  Roemenië 3 0 0 3 14 97 –83 1 3

Groep B

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1995  Engeland 3 3 0 0 95 60 +35 12 9
Rugbywêreldbeker 1995  Samoa 3 2 0 1 96 88 +8 13 7
Rugbywêreldbeker 1995  Italië 3 1 0 2 69 94 –25 7 5
Rugbywêreldbeker 1995  Argentinië 3 0 0 3 69 87 –18 8 3

Groep C

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1995  Nieu-Seeland 3 3 0 0 222 45 +177 29 9
Rugbywêreldbeker 1995   Ierland 3 2 0 1 93 94 –1 13 7
Rugbywêreldbeker 1995  Wallis 3 1 0 2 89 68 +21 9 5
Rugbywêreldbeker 1995  Japan 3 0 0 3 55 252 –197 8 3

Groep D

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1995  Frankryk 3 3 0 0 114 47 +67 13 9
Rugbywêreldbeker 1995  Skotland 3 2 0 1 149 27 +122 17 7
Rugbywêreldbeker 1995  Tonga 3 1 0 2 44 90 –46 6 5
Rugbywêreldbeker 1995  Ivoorkus 3 0 0 3 29 172 –143 3 3

Uitklopfase

Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
10 Junie – Johannesburg        
 Rugbywêreldbeker 1995  Suid-Afrika  42
17 Junie – Durban
 Rugbywêreldbeker 1995  Samoa  14  
 Rugbywêreldbeker 1995  Suid-Afrika  19
10 Junie – Durban
   Rugbywêreldbeker 1995  Frankryk  15  
 Rugbywêreldbeker 1995  Frankryk  36
24 Junie – Johannesburg
 Rugbywêreldbeker 1995   Ierland  12  
 Rugbywêreldbeker 1995  Suid-Afrika  15
11 Junie – Kaapstad
   Rugbywêreldbeker 1995  Nieu-Seeland  12
 Rugbywêreldbeker 1995  Engeland  25
18 Junie – Kaapstad
 Rugbywêreldbeker 1995  Australië  22  
 Rugbywêreldbeker 1995  Engeland  29 Uitspeel om derde plek
11 Junie – Pretoria
   Rugbywêreldbeker 1995  Nieu-Seeland  45   22 Junie – Pretoria
 Rugbywêreldbeker 1995  Nieu-Seeland  48
   Rugbywêreldbeker 1995  Frankryk  19
 Rugbywêreldbeker 1995  Skotland  30  
 Rugbywêreldbeker 1995  Engeland  9

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 1995
Rugbywêreldbeker 1995  Suid-Afrika

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 1995.

Rugbywêreldbeker 1995 
Uitslag van die Rugbywêreldbeker 1995:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

Rang Span Groep S W G V P Drieë Doelskoppe Strafdoele Skepdoele
1 Rugbywêreldbeker 1995  Suid-Afrika A 6 6 0 0 144 13 8 18 3
2 Rugbywêreldbeker 1995  Nieu-Seeland C 6 5 0 1 327 41 34 14 4
3 Rugbywêreldbeker 1995  Frankryk D 6 5 0 1 184 17 9 26 1
4 Rugbywêreldbeker 1995  Engeland B 6 4 0 2 158 11 8 25 4
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5 Rugbywêreldbeker 1995  Skotland D 4 2 0 2 179 20 14 17 0
6 Rugbywêreldbeker 1995  Samoa B 4 2 0 2 110 14 8 8 0
7 Rugbywêreldbeker 1995  Australië A 4 2 0 2 109 12 11 9 0
8 Rugbywêreldbeker 1995   Ierland C 4 2 0 2 105 13 11 6 0
In die groepfase uitgeskakel
9 Rugbywêreldbeker 1995  Wallis C 3 1 0 2 89 9 7 8 2
10 Rugbywêreldbeker 1995  Italië B 3 1 0 2 69 7 5 7 1
11 Rugbywêreldbeker 1995  Kanada A 3 1 0 2 45 4 2 6 1
12 Rugbywêreldbeker 1995  Tonga D 3 1 0 2 44 6 4 2 0
13 Rugbywêreldbeker 1995  Argentinië B 3 0 0 3 69 8 4 7 0
14 Rugbywêreldbeker 1995  Japan C 3 0 0 3 55 8 6 1 0
15 Rugbywêreldbeker 1995  Ivoorkus D 3 0 0 3 29 3 1 4 0
16 Rugbywêreldbeker 1995  Roemenië A 3 0 0 3 14 1 0 2 0
Algeheel 32 1730 189 130 158 16

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Rugbywêreldbeker 1995  Thierry Lacroix 112
2 Rugbywêreldbeker 1995  Gavin Hastings 104
3 Rugbywêreldbeker 1995  Andrew Mehrtens 84
4 Rugbywêreldbeker 1995  Rob Andrew 79
5 Rugbywêreldbeker 1995  Joel Stransky 61
6 Rugbywêreldbeker 1995  Michael Lynagh 47
7 Rugbywêreldbeker 1995  Simon Culhane 45
8 Rugbywêreldbeker 1995  Neil Jenkins 41
9 Rugbywêreldbeker 1995  Diego Domínguez 39
10 Rugbywêreldbeker 1995  Marc Ellis 35
Rugbywêreldbeker 1995  Jonah Lomu
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Rugbywêreldbeker 1995  Marc Ellis 7
Rugbywêreldbeker 1995  Jonah Lomu
3 Rugbywêreldbeker 1995  Gavin Hastings 5
Rugbywêreldbeker 1995  Rory Underwood
5 Rugbywêreldbeker 1995  Adriaan Richter 4
Rugbywêreldbeker 1995  Chester Williams
Rugbywêreldbeker 1995  Thierry Lacroix
8 Rugbywêreldbeker 1995  Joe Roff 3
Rugbywêreldbeker 1995  Eric Rush
Rugbywêreldbeker 1995  George Harder
Rugbywêreldbeker 1995  Gareth Thomas
Rugbywêreldbeker 1995  Paolo Vaccari
Rugbywêreldbeker 1995  Josh Kronfeld
Rugbywêreldbeker 1995  Walter Little
Rugbywêreldbeker 1995  Émile Ntamack
Rugbywêreldbeker 1995  Glen Osborne
Rugbywêreldbeker 1995  Jeff Wilson
Rugbywêreldbeker 1995  Philippe Saint-André

Rolprent

Die Rugbywêreldbeker 1995 vorm die hoofonderwerp van die 2009-rolprent Invictus (Latyn; Afrikaans: “Die onoorwonne”). Dié rolprent is op die boek Playing the Enemy deur John Carlin gebaseer en beskryf hoe die destydse Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela tydens die toernooi met sy ondersteuning vir die Suid-Afrikaanse nasionale rugbyspan, die Springbokke, Suid-Afrika oor rassegrense heen verenig het. Die regie is behartig deur Clint Eastwood en die hoofkaraktere Nelson Mandela en Francois Pienaar word deur Morgan Freeman en Matt Damon onderskeidelik vertolk.

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Gerald Davies (2004). The History of the Rugby World Cup. Sanctuary Publishing Ltd. ISBN 1-86074-602-0.
  • (en) Nick Farr-Jones (2003). Story of the Rugby World Cup. Australian Post Corporation. ISBN 0-642-36811-2.
  • (en) Grant Harding; David Williams (2000). The Toughest of Them All: New Zealand and South Africa: The Struggle for Rugby Supremacy. Auckland, Nieu-Seeland: Penguin Books. ISBN 978-0-14-029577-1.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  • (en) Lance Peatey (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.

Eksterne skakels

Rugbywêreldbeker Rugbywêreldbeker 1995 

Australië / Nieu-Seeland 1987Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991Suid-Afrika 1995Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999Australië 2003Frankryk 2007Nieu-Seeland 2011Engeland / Wallis 2015Japan 2019Frankryk 2023Australië 2027Verenigde State 2031

Tags:

Rugbywêreldbeker 1995 ToewysingRugbywêreldbeker 1995 DeelnemersRugbywêreldbeker 1995 StadionsRugbywêreldbeker 1995 FormaatRugbywêreldbeker 1995 WedstrydbeamptesRugbywêreldbeker 1995 WedstrydeRugbywêreldbeker 1995 StatistiekRugbywêreldbeker 1995 RolprentRugbywêreldbeker 1995 Sien ookRugbywêreldbeker 1995 VerwysingsRugbywêreldbeker 1995 Verdere leesstofRugbywêreldbeker 1995 Eksterne skakelsRugbywêreldbeker 1995AfrikaAfrikanasiesbeker 1996ApartheidFIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010Krieketwêreldbeker 2003RugbywêreldbekerSpringbokkeSuid-AfrikaWêreldbekerWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Russiese inval in Oekraïne sedert 2022Bernice WestAnale kankerLabia (geslagsdele)Paarl GimnasiumViëtnamOraniaDramaJan van TonderSwangerskapArthur GrumiauxLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMierDistrik SesHartaanvalKolorektale kankerHeupTatoeëermerkSkooluniformRooibokFossielbrandstofWiki CommonsVlekvrye staalDiskriminasieNatuurwetenskapSelfstandige naamwoordTropiese sikloonDepressie (gemoedstoestand)WhatsAppDesimale breukeDermpoliepAfrikaanse woordelys en spelreëlsLys van Suid-Afrikaanse skrywersVerkleinwoordEkostelselTaalfossielSuurstofPornografiese akteurIntensiewe vormPapierWebwerfWes-KaapGeslagMantisRoofvoëlNatuurbewaringTennisVrystaatKolonisasieDonderstormFaf de KlerkGroot TrekGrondbesoedelingRymMaanMonopolieSteenkool in Suid-AfrikaSeksKlem-in-die-kaakAngina pectorisVloeistofOnderwysWitrenosterOogproblemeKoperFrederik Willem de KlerkSkaakVoegwoordEkologieSarel Jacob PretoriusSlangLuiperdAardedagGalileo GalileiEiffeltoringFiela se kind🡆 More