Rugbywêreldbeker 1987

Die Rugbywêreldbeker 1987 (Engels: 1987 Rugby World Cup; Maori: Ipu o te Ao Whutupōro 1987) is van 22 Mei tot 20 Junie 1987 in Australië en Nieu-Seeland beslis.

Dit was die eerste rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangebied word.

Rugbywêreldbeker 1987
Rugbywêreldbeker 1987
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Vlag van Australië Australië
Datums 22 Mei – 20 Junie
Aantal nasies 16
Finale posisies
Kampioen Rugbywêreldbeker 1987 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Naaswenner Rugbywêreldbeker 1987 Vlag van Frankryk Frankryk
Derde plek Rugbywêreldbeker 1987 Vlag van Wallis Wallis
Toernooistatistiek
Wedstryde 32
Bywoning 604 500 (gem. 18 891 per wedstryd)
Drieë 224 (gemiddeld 7 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Grant Fox (126)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Craig Green
Vlag van Nieu-Seeland John Kirwan (6 drieë elk)
← Geen
1991
Rugbywêreldbeker 1987
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1987 deelgeneem: Die destydse sewe lede van die IRVR (Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis), saam met die voorste nielede wat deur die IRVR genooi is (Argentinië, Fidji, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Tonga, die Verenigde State en Zimbabwe). Vir Wes-Samoa is ondanks ’n beter speelkwaliteit in vergelyking met sommige van die genooide nasionale rugbyspanne nie ’n uitnodiging gestuur nie. Die Sowjetunie is wel genooi om aan die toernooi deel te neem, maar hulle het weens Suid-Afrika se lidmaatskap by die IRVR dié aanbod verwerp. Suid-Afrika kon nie aan die rugbywêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.

Tydens die Rugbywêreldbeker 1987 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1991 in die destydse Vyfnasies gekwalifiseer.

Nieu-Seeland het die eindstryd op Edenpark in Auckland teen Frankryk met 29–9 gewen en sodoende die eerste rugbywêreldkampioen geword. Wallis het in die derde en Australië in die vierde plek geëindig; interessant genoeg het die vier groepwenners as die vier beste spanne van die toernooi geëindig. Die kwarteindstryd wat Frankryk teen Australië met 30–24 gewen het, word as een van die beste wedstryde in die rugbywêreldbekergeskiedenis beskou.

Toewysing

Aan die begin van die 1980’s het die idee van ’n rugbywêreldbekertoernooi opgedaag, maar tydens ’n vergadering van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR) is dié voorstel verwerp. Die Australiese en Nieu-Seelandse beheerliggame het vervolgens – onafhanklik van mekaar – ’n brief vir die IRVR geskryf, waarin hulle op die aanbieding van ’n rugbywêreldbekertoernooi aangedring het. 1985 is die voorstel, ten spyte van veral Britse en Ierse weerstand, goedgekeur. Vervolgens is aan Australië en Nieu-Seeland die Rugbywêreldbeker 1987 toegewys. Die beslissende stem was van Suid-Afrika wat die projek ten spyte van die voortgesette boikot teen die land weens apartheid ondersteun het.

Deelnemers

Die sewe lede van die IRVR het regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1987 gekwalifiseer: Die twee gashere Australië en Nieu-Seeland, die vier tuisnasies Engeland, Ierland, Skotland en Wallis asook Frankryk. Die IRVR-lid Suid-Afrika is in 1984 weens sy apartheidsbeleid van die beplande toernooi geskors; nasionale rugbyspanne van ander deelnemende lande het egter ook ná die Rugbywêreldbeker 1987 wedstryde teen die Springbokke gespeel. Vir die oorblywende nege plekke is nie ’n kwalifisering gehou nie. Die nasionale rugbyspanne van Argentinië, Fidji, Italië, Japan, Kanada, Tonga, die Verenigde State en Zimbabwe is deur die IRVR genooi om deel te neem. Wes-Samoa is egter nie genooi nie, ten spyte van sy beter plasing op die destydse nieamptelike wêreldranglys bo Tonga. Die Sowjetse nasionale rugbyspan is ook vir die toernooi genooi, maar hulle het die aanbod uit protes teen die Suid-Afrikaanse IRVR-lidmaatskap verwerp. Vervolgens het Roemenië die Sowjetunie vervang.

Rugbywêreldbeker 1987 
Spanne wat genooi is; altesaam 16 spanne het deelgeneem.

   Afrika

   Amerikas

   Asië

   Europa

   Oseanië

   Nie deelgeneem nie

Rugbywêreldbeker 1987 
Uitslag van die kwalifisering:

   Gashere

   Lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR)

   Uitgenooi deur die IRVR

   Plaasvervanger ná die Sowjetunie se weiering

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Vorige beste prestasie Groep
Rugbywêreldbeker 1987  Australië Gashere Debuut 1
Rugbywêreldbeker 1987  Nieu-Seeland 3
Rugbywêreldbeker 1987  Engeland Volle lede 1
Rugbywêreldbeker 1987  Frankryk 4
Rugbywêreldbeker 1987   Ierland 2
Rugbywêreldbeker 1987  Skotland 4
Rugbywêreldbeker 1987  Wallis 2
Rugbywêreldbeker 1987  Argentinië Uitgenooi 3
Rugbywêreldbeker 1987  Kanada 2
Rugbywêreldbeker 1987  Fidji 3
Rugbywêreldbeker 1987  Italië 3
Rugbywêreldbeker 1987  Japan 1
Rugbywêreldbeker 1987  Roemenië 4
Rugbywêreldbeker 1987  Tonga 2
Rugbywêreldbeker 1987  Verenigde State 1
Rugbywêreldbeker 1987  Zimbabwe 4

Stadions

Australië het elf wedstryde op twee verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 21 wedstryde op nege plekke aangebied het.

Auckland, Noordeiland Wellington, Noordeiland Christchurch, Suideiland Dunedin, Suideiland
Edenpark Athletic Park Lancasterpark Carisbrook
36°52′30″S 174°44′41″O / 36.87500°S 174.74472°O / -36.87500; 174.74472 (Edenpark) 41°19′2″S 174°46′37″O / 41.31722°S 174.77694°O / -41.31722; 174.77694 (Athletic Park) 43°32′31″S 172°39′15″O / 43.54194°S 172.65417°O / -43.54194; 172.65417 (Lancasterpark) 45°53′37″S 170°29′26″O / 45.89361°S 170.49056°O / -45.89361; 170.49056 (Carisbrook)
Kapasiteit: 48 000 Kapasiteit: 39 000 Kapasiteit: 36 500 Kapasiteit: 35 000
Rugbywêreldbeker 1987  Rugbywêreldbeker 1987  Rugbywêreldbeker 1987  Rugbywêreldbeker 1987 
Rotorua, Noordeiland
Rugbywêreldbeker 1987 (Australië)
Napier, Noordeiland
Rotorua Int’l Stadion McLeanpark
38°9′21″S 176°13′27″O / 38.15583°S 176.22417°O / -38.15583; 176.22417 (Rotorua Internasionale Stadion) 39°30′7″S 176°54′46″O / 39.50194°S 176.91278°O / -39.50194; 176.91278 (McLeanpark)
Kapasiteit: 35 000 Kapasiteit: 30 000
Rugbywêreldbeker 1987 
Hamilton, Noordeiland Brisbane, Queensland
Waikato Ballymore
37°46′52″S 175°16′6″O / 37.78111°S 175.26833°O / -37.78111; 175.26833 (Waikatostadion) 27°26′31″S 153°1′4″O / 27.44194°S 153.01778°O / -27.44194; 153.01778 (Ballymorestadion)
Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 24 000
Rugbywêreldbeker 1987 
Sydney, Nieu-Suid-Wallis Invercargill, Suideiland Palmerston North, Noordeiland
Concord-ovaal Rugby Park Showgrounds-ovaal
33°52′6″S 151°6′34″O / 33.86833°S 151.10944°O / -33.86833; 151.10944 (Concord-ovaal) 46°25′1″S 168°21′46″O / 46.41694°S 168.36278°O / -46.41694; 168.36278 (Rugby Park-stadion) 40°21′24″S 175°36′4″O / 40.35667°S 175.60111°O / -40.35667; 175.60111 (Showgrounds-ovaal)
Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 20 000
Rugbywêreldbeker 1987  Rugbywêreldbeker 1987  Rugbywêreldbeker 1987 

Formaat

Die Rugbywêreldbeker 1987 is oor 29 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 22 Mei 1987 op Edenpark in Auckland met die openingswedstrydwedstryd tussen die medegasheer Nieu-Seeland en Italië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 20 Junie met die eindstryd tussen Nieu-Seeland en Frankryk, waartydens die All Blacks die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1987 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Mei/Junie
Vr
22
Sa
23
So
24
Ma
25
Di
26
Wo
27
Do
28
Vr
29
Sa
30
So
31
Ma
1
Di
2
Wo
3
Do
4
Vr
5
Seremonies OS
Groep 1 1 1 1 1 2
Groep 2 1 1 1 1 2
Groep 3 1 1 1 1 1 1
Groep 4 2 1 1 2
Uitklopfase
Junie
Sa
6
So
7
Ma
8
Di
9
Wo
10
Do
11
Vr
12
Sa
13
So
14
Ma
15
Di
16
Wo
17
Do
18
Vr
19
Sa
20
Seremonies SS
Uitklopfase 1 2 1 1 1 1 1
Verklaring

   Seremonies

   Groepfase

   Uitklopfase

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe

Groep 1 Groep 2 Groep 3 Groep 4

Rugbywêreldbeker 1987  Australië
Rugbywêreldbeker 1987  Engeland
Rugbywêreldbeker 1987  Japan
Rugbywêreldbeker 1987  Verenigde State

Rugbywêreldbeker 1987  Kanada
Rugbywêreldbeker 1987   Ierland
Rugbywêreldbeker 1987  Tonga
Rugbywêreldbeker 1987  Wallis

Rugbywêreldbeker 1987  Argentinië
Rugbywêreldbeker 1987  Fidji
Rugbywêreldbeker 1987  Italië
Rugbywêreldbeker 1987  Nieu-Seeland

Rugbywêreldbeker 1987  Frankryk
Rugbywêreldbeker 1987  Roemenië
Rugbywêreldbeker 1987  Skotland
Rugbywêreldbeker 1987  Zimbabwe

Die groepwedstryde is onder die twee gashere soos volg verdeel:

  • Groep 1 is in Australië aangebied
  • Van Groep 2 is vyf wedstryde in Nieu-Seeland en een wedstryd in Australië aangebied
  • Groep 3 is in Nieu-Seeland aangebied
  • Groep 4 is in Nieu-Seeland aangebied

Groepfase

Die eerste Rugbywêreldbekertoernooi is deur 16 nasionale rugbyspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad genooi. Vir die groepfase is die 16 deelnemende spanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens gedrukte drieë gerangskik, in plaas van die punte wat total aangeteken is (sou dit anders gewees het, sou Argentinië in Groep C tweede geëindig het, bo Fidji; Frankryk sou steeds Groep D eerste afgesluit het).

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Twee wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Een vir ’n gelykop;
  • geen vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal gedrukte drieë bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 2 en die wenner van Groep 2 teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

1987-effek op 1991-kwalifisering

Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1991 in Engeland gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis.

Wedstrydbeamptes

’n Paneel van 14 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1991.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1991 mis.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1987  Australië 3 3 0 0 108 41 +67 18 6
Rugbywêreldbeker 1987  Engeland 3 2 0 1 100 32 +68 15 4
Rugbywêreldbeker 1987  Verenigde State 3 1 0 2 39 99 –60 5 2
Rugbywêreldbeker 1987  Japan 3 0 0 3 48 123 –75 7 0

Groep 2

Rugbywêreldbeker 1987 
Die Kanadese nasionale rugbyspan tydens die Rugbywêreldbeker 1987
Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1987  Wallis 3 3 0 0 82 31 +51 13 6
Rugbywêreldbeker 1987   Ierland 3 2 0 1 84 41 +43 11 4
Rugbywêreldbeker 1987  Kanada 3 1 0 2 65 90 –25 7 2
Rugbywêreldbeker 1987  Tonga 3 0 0 3 29 98 –69 3 0

Groep 3

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1987  Nieu-Seeland 3 3 0 0 190 34 +156 30 6
Rugbywêreldbeker 1987  Fidji 3 1 0 2 56 101 –45 6 2
Rugbywêreldbeker 1987  Italië 3 1 0 2 40 110 –70 4 2
Rugbywêreldbeker 1987  Argentinië 3 1 0 2 49 90 –41 5 2
  • Fidji het gekwalifiseer op grond van die meeste drieë (Fidji 6, Italië 5, Argentinië 4)

Groep 4

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1987  Frankryk 3 2 1 0 145 44 +101 25 5
Rugbywêreldbeker 1987  Skotland 3 2 1 0 135 69 +66 22 5
Rugbywêreldbeker 1987  Roemenië 3 1 0 2 61 130 –69 5 2
Rugbywêreldbeker 1987  Zimbabwe 3 0 0 3 53 151 –98 5 0
  • Frankryk het gekwalifiseer as groepwenner nadat hulle drie drieë en Skotland twee drie tydens die gelykop met 20 elk gedruk het.

Uitklopfase

Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
6 Junie – Christchurch        
 Rugbywêreldbeker 1987  Nieu-Seeland  30
14 Junie – Brisbane
 Rugbywêreldbeker 1987  Skotland  3  
 Rugbywêreldbeker 1987  Nieu-Seeland  49
8 Junie – Brisbane
   Rugbywêreldbeker 1987  Wallis  6  
 Rugbywêreldbeker 1987  Wallis  16
20 Junie – Auckland
 Rugbywêreldbeker 1987  Engeland  3  
 Rugbywêreldbeker 1987  Nieu-Seeland  29
7 Junie – Auckland
   Rugbywêreldbeker 1987  Frankryk  9
 Rugbywêreldbeker 1987  Frankryk  31
13 Junie – Sydney
 Rugbywêreldbeker 1987  Fidji  16  
 Rugbywêreldbeker 1987  Frankryk  30 Uitspeel om derde plek
7 Junie – Sydney
   Rugbywêreldbeker 1987  Australië  24   18 Junie – Rotorua
 Rugbywêreldbeker 1987  Australië  33
   Rugbywêreldbeker 1987  Wallis  22
 Rugbywêreldbeker 1987   Ierland  15  
 Rugbywêreldbeker 1987  Australië  21

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 1987
Rugbywêreldbeker 1987  Nieu-Seeland

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 1987.

Rugbywêreldbeker 1987 
Uitslag van die Rugbywêreldbeker 1987:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde Plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

Rang Span Groep S W G V P Drieë Doelskoppe Strafdoele Skepdoele
1 Rugbywêreldbeker 1987  Nieu-Seeland 3 6 6 0 0 298 43 30 21 1
2 Rugbywêreldbeker 1987  Frankryk 4 6 4 1 1 215 34 26 8 1
3 Rugbywêreldbeker 1987  Wallis 2 6 5 0 1 126 20 11 5 3
4 Rugbywêreldbeker 1987  Australië 1 6 4 0 2 186 26 20 12 2
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5 Rugbywêreldbeker 1987  Skotland 4 4 2 1 1 138 22 16 6 0
6 Rugbywêreldbeker 1987  Engeland 1 4 2 0 2 103 15 11 7 0
7 Rugbywêreldbeker 1987   Ierland 2 4 2 0 2 99 13 10 7 2
8 Rugbywêreldbeker 1987  Fidji 3 4 1 0 3 72 8 5 9 1
In die groepfase uitgeskakel
9 Rugbywêreldbeker 1987  Kanada 2 3 1 0 2 65 8 3 8 1
10 Rugbywêreldbeker 1987  Roemenië 4 3 1 0 2 61 6 2 11 0
11 Rugbywêreldbeker 1987  Argentinië 3 3 1 0 2 49 4 3 9 0
12 Rugbywêreldbeker 1987  Italië 3 3 1 0 2 40 5 1 4 2
13 Rugbywêreldbeker 1987  Verenigde State 1 3 1 0 2 39 5 5 2 1
14 Rugbywêreldbeker 1987  Zimbabwe 4 3 0 0 3 53 5 3 9 0
15 Rugbywêreldbeker 1987  Japan 1 3 0 0 3 48 7 1 5 1
16 Rugbywêreldbeker 1987  Tonga 2 3 0 0 3 29 3 1 5 0
Algeheel 32 1621 224 148 128 15

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Rugbywêreldbeker 1987  Grant Fox 126
2 Rugbywêreldbeker 1987  Michael Lynagh 82
3 Rugbywêreldbeker 1987  Gavin Hastings 62
4 Rugbywêreldbeker 1987  Didier Camberabero 53
5 Rugbywêreldbeker 1987  Jonathan Webb 43
6 Rugbywêreldbeker 1987  Guy Laporte 42
7 Rugbywêreldbeker 1987  Paul Thorburn 37
8 Rugbywêreldbeker 1987  Michael Kiernan 36
9 Rugbywêreldbeker 1987  Severo Koroduadua 35
10 Rugbywêreldbeker 1987  Hugo Porta 33
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Rugbywêreldbeker 1987  Craig Green 6
Rugbywêreldbeker 1987  John Kirwan
3 Rugbywêreldbeker 1987  Mike Harrison 5
Rugbywêreldbeker 1987  Matthew Burke
Rugbywêreldbeker 1987  John Gallagher
Rugbywêreldbeker 1987  David Kirk
Rugbywêreldbeker 1987  Alan Whetton
8 Rugbywêreldbeker 1987  John Jeffrey 4
Rugbywêreldbeker 1987  Matt Duncan
Rugbywêreldbeker 1987  Hugo MacNeill
Rugbywêreldbeker 1987  Alan Tait
Rugbywêreldbeker 1987  Didier Camberabero
Rugbywêreldbeker 1987  Ieuan Evans
Rugbywêreldbeker 1987  Patrice Lagisquet
Rugbywêreldbeker 1987  Laurent Rodriguez
Rugbywêreldbeker 1987  David Campese
Rugbywêreldbeker 1987  Denis Charvet

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Gerald Davies (2004). The History of the Rugby World Cup. Sanctuary Publishing Ltd. ISBN 1-86074-602-0.
  • (en) Nick Farr-Jones (2003). Story of the Rugby World Cup. Australian Post Corporation. ISBN 0-642-36811-2.
  • (en) Grant Harding; David Williams (2000). The Toughest of Them All: New Zealand and South Africa: The Struggle for Rugby Supremacy. Auckland, Nieu-Seeland: Penguin Books. ISBN 978-0-14-029577-1.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  • (en) Lance Peatey (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.

Eksterne skakels


Rugbywêreldbeker Rugbywêreldbeker 1987 

Australië / Nieu-Seeland 1987 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991 • Suid-Afrika 1995 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999 • Australië 2003 • Frankryk 2007 • Nieu-Seeland 2011 • Engeland / Wallis 2015 • Japan 2019 • Frankryk 2023 • Australië 2027Verenigde State 2031

Tags:

Rugbywêreldbeker 1987 ToewysingRugbywêreldbeker 1987 DeelnemersRugbywêreldbeker 1987 StadionsRugbywêreldbeker 1987 FormaatRugbywêreldbeker 1987 WedstrydbeamptesRugbywêreldbeker 1987 WedstrydeRugbywêreldbeker 1987 StatistiekRugbywêreldbeker 1987 Sien ookRugbywêreldbeker 1987 VerwysingsRugbywêreldbeker 1987 Verdere leesstofRugbywêreldbeker 1987 Eksterne skakelsRugbywêreldbeker 1987AustraliëEngelsMaori (taal)Nieu-SeelandRugbywêreldbekerWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HeuningbyAgtervoegselLongStres in hoërskoolGrootste rampe in Suid-AfrikaVigsAt BothaKommunikasieLionel PetersonMusieksimboleJan CombrinkPerdSeekoeiDepressie (gemoedstoestand)DroomJan van TonderHeidelberg, GautengLys van slangeVlekvrye staalSpysverteringstelselHidroëlektrisiteitByvoeglike naamwoordHoutPornografiese akteurViëtnamBeurtkragBywoordIndiese OseaanNasiebouVraag en aanbodMenslike seksuele gedragWes-KaapWaterstofTrevor NasserBreinvliesontstekingInflasieSuiwelprodukKlein-KarooStikstofJesus van NasaretSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Duitse maselsSuid-Afrikaanse WeermagAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeDiepaartromboseLys van Afrikaanse televisiereekseDigvormAGoogleBynierSteenkool in Suid-AfrikaGeskiedenis van Suid-AfrikaKunstenaarTegnologieSpringbokkeRobert SobukweRassismeMieliestronkHipoteseSon7de LaanSuikerbekkiesTaalSophie SchollGeboorteSkaapWortelReënvalbepalingAtoomMensTussenwerpselPeriodieke tabelRobbeneilandHennie MaasLys van nedersettings in Suid-AfrikaHartaanvalAardbewingTropiese sikloon🡆 More