Rugbywêreldbeker 1991

Die Rugbywêreldbeker 1991 (Engels: 1991 Rugby World Cup; Frans: Coupe du monde de rugby à XV 1991; Iers-Gaelies: Corn Rugbaí an Domhain 1991; Skots-Gaelies: Cupa Rugbaidh an t-Saoghail 1991; Wallies: Cwpan Rygbi'r Byd 1991) is van 3 Oktober tot 2 November 1991 in Engeland (nominale gasheer), Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis, die destydse Vyfnasies, beslis.

Dit was die tweede rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die eerste in die Noordelike Halfrond. Agt jaar later het dieselfde vyf lande ook die Rugbywêreldbeker 1999 saam gehuisves.

Rugbywêreldbeker 1991
Rugbywêreldbeker 1991
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Engeland Engeland (nominaal)
Vlag van Frankryk Frankryk
Flag of Ireland Ierland
Vlag van Skotland Skotland
Vlag van Wallis Wallis
Datums 3 Oktober – 2 November
Aantal nasies 16 (33 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen Rugbywêreldbeker 1991 Vlag van Australië Australië
Naaswenner Rugbywêreldbeker 1991 Vlag van Engeland Engeland
Derde plek Rugbywêreldbeker 1991 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
Toernooistatistiek
Wedstryde 32
Bywoning 1 007 760 (gem. 31 493 per wedstryd)
Drieë 148 (gemiddeld 4.63 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Ierland Ralph Keyes (68)
Meeste drieë Vlag van Frankryk Jean-Baptiste Lafond
Vlag van Australië David Campese (6 drieë elk)
1987
1995
Rugbywêreldbeker 1991
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

Die toernooi se formaat van 1987 het onveranderd gebly en 16 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 1991 deelgeneem: die agt regstreekse kwalifiseerders van die 1987-toernooi (Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Italië, Japan, Kanada, Roemenië, Wes-Samoa, die Verenigde State en Zimbabwe). Tydens die Rugbywêreldbeker 1991 is 32 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer.

Australië het die eindstryd op Twickenham in Londen teen Engeland met 12–6 gewen en sodoende sy eerste rugbywêreldbekertitel ingepalm. Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het in die derde en Skotland in die vierde plek geëindig. Suid-Afrika kon nie aan die rugbywêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid. Die Wes-Samoaanse span het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n tweede keer verskyn het. Die Namibiese nasionale rugbyspan is in Maart 1990 gestig, te laat om hoegenaamd aan die Rugbywêreldbeker 1991-kwalifisering deel te neem. Vir Zimbabwe sou dit die laaste deelname aan ’n rugbywêreldbekertoernooi wees, omdat hulle sedertdien nie meer vir ’n toernooi kon kwalifiseer nie.

Toewysing

Nadat die Rugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland aangebied is, is die Rugbywêreldbeker 1991 aan die vyf rugbylande toegewys, wat destyds jaarliks om die Vyfnasies-beker meegeding het. Die Engelse Rugbyvoetbalunie het met die ander Vyfnasies-beheerliggame ooreengekom om van die wedstryde ook in Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis aan te bied.

Deelnemers

Die volgende 16 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1991 gekwalifiseer: Die nominale gasheer Engeland en die ander sewe spanne wat tydens die Rugbywêreldbeker 1987 tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks gekwalifiseer. Hulle was Australië, Fidji, Frankryk, Ierland, Nieu-Seeland, Skotland en Wallis. Om die oorblywende agt plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 33 nasionale rugbyspanne meegeding. Wes-Samoa, wat Tonga vervang het, is die enigste verandering in die 16-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1987.

Rugbywêreldbeker 1991 
Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 33 spanne het deelgeneem.

   Afrika

   Amerikas

   Asië

   Europa

   Oseanië

   Nie deelgeneem nie

Rugbywêreldbeker 1991 
Uitslag van die kwalifisering:

   Nominale gasheer

   Agt beste spanne van die 1987-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
Rugbywêreldbeker 1991  Engeland Nominale gasheer Tweede 1987 Kwarteindrondte (1987) 1
Rugbywêreldbeker 1991  Australië Regstreeks 1987 Vierde plek (1987) 3
Rugbywêreldbeker 1991  Fidji 1987 Kwarteindrondte (1987) 4
Rugbywêreldbeker 1991  Frankryk 1987 Naaswenner (1987) 4
Rugbywêreldbeker 1991   Ierland 1987 Kwarteindrondte (1987) 2
Rugbywêreldbeker 1991  Nieu-Seeland 1987 Kampioen (1987) 1
Rugbywêreldbeker 1991  Skotland 1987 Kwarteindrondte (1987) 2
Rugbywêreldbeker 1991  Wallis 1987 Derde plek (1987) 3
Rugbywêreldbeker 1991  Argentinië Kwalifiseringsrondte Tweede 1987 Groepfase (1987) 3
Rugbywêreldbeker 1991  Italië Tweede 1987 Groepfase (1987) 1
Rugbywêreldbeker 1991  Japan Tweede 1987 Groepfase (1987) 2
Rugbywêreldbeker 1991  Kanada Tweede 1987 Groepfase (1987) 4
Rugbywêreldbeker 1991  Roemenië Tweede 1987 Groepfase (1987) 4
Rugbywêreldbeker 1991  Samoa Eerste Debuut 3
Rugbywêreldbeker 1991  Verenigde State Tweede 1987 Groepfase (1987) 1
Rugbywêreldbeker 1991  Zimbabwe Tweede 1987 Groepfase (1987) 2

Stadions

Die Rugbywêreldbeker 1991 is deur Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis saam aangebied, en wedstryde is regoor dié vyf lande gehou. Van Groep A, waarin Engeland meegeding het, se wedstryde is die helfte in Londen gehuisves, maar wedstryde het ook in Leicester, Gloucester en Otley plaasgevind. Groep B, met die Europese spanne Ierland en Skotland, wat hul wedstryde tuis in óf Dublin óf Edinburg gespeel het; een wedstryd is in Belfast gehou. Groep C met Wallis, wat al sy wedstryde in Cardiff gespeel het, en die ander wedstryde in Pontypool, Pontypridd en Llanelli. Groep D, waarin Frankryk gespeel het, met wedstryde in Agen, Bayonne, Béziers Brive, Grenoble en Toulouse. Geen van die kwart- of halfeindwedstryde is in Engeland gespeel nie, maar wel in Frankryk, Ierland en Skotland. Die bronseindstryd is op Cardiff se Nasionale Stadion aangebied en die eindstryd op die Londense Twickenham.

Rugbywêreldbeker 1991  Londen Rugbywêreldbeker 1991  Edinburg Rugbywêreldbeker 1991  Cardiff Rugbywêreldbeker 1991  Dublin Rugbywêreldbeker 1991  Parys
Twickenham Murrayfield Nasionale Stadion
(Cardiff Arms Park)
Lansdowne Road Parc des Princes
51°27′22″N 0°20′30″W / 51.45611°N 0.34167°W / 51.45611; -0.34167 (Twickenham) 55°56′32″N 3°14′27″W / 55.94222°N 3.24083°W / 55.94222; -3.24083 (Murrayfield) 51°28′47″N 3°11′1″W / 51.47972°N 3.18361°W / 51.47972; -3.18361 (Cardiff Arms Park) 53°20′6.02″N 6°13′45.13″W / 53.3350056°N 6.2292028°W / 53.3350056; -6.2292028 (Lansdowne Road) 48°50′29″N 2°15′11″O / 48.84139°N 2.25306°O / 48.84139; 2.25306 (Parc des Princes)
Kapasiteit: 75 000 Kapasiteit: 67 800 Kapasiteit: 53 000 Kapasiteit: 49 250 Kapasiteit: 48 712
Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991 
Rugbywêreldbeker 1991  Toulouse Rugbywêreldbeker 1991  Grenoble Rugbywêreldbeker 1991  Villeneuve-d'Ascq Rugbywêreldbeker 1991  Béziers Rugbywêreldbeker 1991  Leicester
Stade Ernest-Wallon Stade Lesdiguières Stadium Lille-Metropole Stade de la Méditerranée Welford Road
43°37′19″N 1°24′56″O / 43.62194°N 1.41556°O / 43.62194; 1.41556 (Stade Ernest-Wallon) 45°9′58″N 5°42′34″O / 45.16611°N 5.70944°O / 45.16611; 5.70944 (Stade Lesdiguières) 50°37′52″N 3°08′15″O / 50.63111°N 3.13750°O / 50.63111; 3.13750 (Stadium Lille-Metropole) 43°20′5″N 3°15′58″O / 43.33472°N 3.26611°O / 43.33472; 3.26611 (Stade de la Méditerranée) 52°37′27″N 1°07′59″W / 52.62417°N 1.13306°W / 52.62417; -1.13306 (Welford Road)
Kapasiteit: 19 000 Kapasiteit: 18 548 Kapasiteit: 18 185 Kapasiteit: 18 000 Kapasiteit: 16 815
Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991 
Rugbywêreldbeker 1991  Brive Rugbywêreldbeker 1991  Agen Rugbywêreldbeker 1991  Bayonne Rugbywêreldbeker 1991  Gloucester Rugbywêreldbeker 1991  Belfast
Parc Municipal des Sports Stade Armandie Stade Jean Dauger Kingsholm Ravenhill
45°9′42″N 1°32′55″O / 45.16167°N 1.54861°O / 45.16167; 1.54861 (Parc Municipal des Sports) 44°11′33″N 0°37′14″O / 44.19250°N 0.62056°O / 44.19250; 0.62056 (Stade Armandie) 43°29′8″N 1°28′45″O / 43.48556°N 1.47917°O / 43.48556; 1.47917 (Stade Jean Dauger) 51°52′18″N 2°14′34″O / 51.87167°N 2.24278°O / 51.87167; 2.24278 (Kingsholm) 54°34′35″N 5°54′16″W / 54.57639°N 5.90444°W / 54.57639; -5.90444 (Ravenhill)
Kapasiteit: 16 000 Kapasiteit: 14 000 Kapasiteit: 13 500 Kapasiteit: 12 500 Kapasiteit: 12 300
Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991 
Rugbywêreldbeker 1991  Llanelli Rugbywêreldbeker 1991  Pontypool Rugbywêreldbeker 1991  Pontypridd Rugbywêreldbeker 1991  Otley
Stradeypark Pontypoolpark Sardis Road Cross Green
51°41′13″N 4°10′31″W / 51.68694°N 4.17528°W / 51.68694; -4.17528 (Stradeypark) 51°42′5″N 3°2′4″W / 51.70139°N 3.03444°W / 51.70139; -3.03444 (Pontypoolpark) 51°36′5″N 3°20′53″O / 51.60139°N 3.34806°O / 51.60139; 3.34806 (Sardis Road) 53°54′29″N 1°41′14″O / 53.90806°N 1.68722°O / 53.90806; 1.68722 (Cross Green)
Kapasiteit: 10 800 Kapasiteit: 14 000 Kapasiteit: 7 200 Kapasiteit: 5 000
Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991  Rugbywêreldbeker 1991 
Rugbywêreldbeker 1991 
Rugbywêreldbeker 1991 
Llanelli
Rugbywêreldbeker 1991 
Pontypool
Rugbywêreldbeker 1991 
Pontypridd
Rugbywêreldbeker 1991 
Otley
Plekke in Engeland en Wallis
Plekke in Skotland en Ierland
Rugbywêreldbeker 1991 
Rugbywêreldbeker 1991 
Béziers
Rugbywêreldbeker 1991 
Brive-la-Gaillarde
Plekke in Frankryk

Formaat

Die Rugbywêreldbeker 1991 is oor 30 dae tussen 16 verskillende spanne oor 32 wedstryde beslis. Dit het op 3 Oktober 1991 op Twickenham in Londen met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Nieu-Seeland afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 2 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens die Wallabies die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1991 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Oktober
Do
3
Vr
4
Sa
5
So
6
Ma
7
Di
8
Wo
9
Do
10
Vr
11
Sa
12
So
13
Ma
14
Di
15
Wo
16
Do
17
Vr
18
Seremonies OS
Groep 1 1 1 2 1 1
Groep 2 1 1 2 1 1
Groep 3 1 1 2 1 1
Groep 4 1 1 1 1 1 1
Uitklopfase
Oktober/November
Sa
19
So
20
Ma
21
Di
22
Wo
23
Do
24
Vr
25
Sa
26
So
27
Ma
28
Di
29
Wo
30
Do
31
Vr
1
Sa
2
Seremonies SS
Uitklopfase 2 2 1 1 1 1
Verklaring

   Seremonies

   Groepwedstryde

   Uitklopfase

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe

Groep 1 Groep 2 Groep 3 Groep 4

Rugbywêreldbeker 1991  Nieu-Seeland
Rugbywêreldbeker 1991  Engeland
Rugbywêreldbeker 1991  Italië
Rugbywêreldbeker 1991  Verenigde State

Rugbywêreldbeker 1991  Skotland
Rugbywêreldbeker 1991   Ierland
Rugbywêreldbeker 1991  Japan
Rugbywêreldbeker 1991  Zimbabwe

Rugbywêreldbeker 1991  Australië
Rugbywêreldbeker 1991  Wallis
Rugbywêreldbeker 1991  Samoa
Rugbywêreldbeker 1991  Argentinië

Rugbywêreldbeker 1991  Frankryk
Rugbywêreldbeker 1991  Fidji
Rugbywêreldbeker 1991  Kanada
Rugbywêreldbeker 1991  Roemenië

Die groepwedstryde is onder die vyf gashere soos volg verdeel:

  • Groep 1 is in Engeland aangebied
  • Groep 2 is beide in Ierland en Skotland aangebied
  • Groep 3 is in Wallis aangebied
  • Groep 4 is in Frankryk aangebied

Groepfase

Soos in die Rugbywêreldbeker 1987 is die 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in vier groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Twee vir ’n gelykop;
  • Een vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Groepwenners het teen naaswenners in ander groepe in die kwarteindstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Groep 1 het teen die naaswenner van Groep 4 en die wenner van Groep 4 teen die naaswenner van Groep 1 gespeel. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

1991-effek op 1995-kwalifisering

Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika gekwalifiseer. Hulle was Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Kanada, Nieu-Seeland, Samoa en Skotland.

Wedstrydbeamptes

’n Paneel van 17 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 1995.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 1995 mis.

Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepwedstryde

16 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep 1

Rugbywêreldbeker 1991 
Die Verenigde State se nasionale rugbyspan voor hul wedstryd teen die Nieu-Seelandse All Blacks tydens die Rugbywêreldbeker 1991
Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1991  Nieu-Seeland 3 3 0 0 95 39 +56 13 9
Rugbywêreldbeker 1991  Engeland 3 2 0 1 85 33 +52 9 7
Rugbywêreldbeker 1991  Italië 3 1 0 2 57 76 –19 7 5
Rugbywêreldbeker 1991  Verenigde State 3 0 0 3 24 113 –89 2 3

Groep 2

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1991  Skotland 3 3 0 0 122 36 +86 17 9
Rugbywêreldbeker 1991   Ierland 3 2 0 1 102 51 +51 16 7
Rugbywêreldbeker 1991  Japan 3 1 0 2 77 87 –10 13 5
Rugbywêreldbeker 1991  Zimbabwe 3 0 0 3 31 158 –127 6 3

Groep 3

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1991  Australië 3 3 0 0 79 25 +54 11 9
Rugbywêreldbeker 1991  Samoa 3 2 0 1 54 34 +20 8 7
Rugbywêreldbeker 1991  Wallis 3 1 0 2 32 61 –29 3 5
Rugbywêreldbeker 1991  Argentinië 3 0 0 3 38 83 –45 4 3

Groep 4

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1991  Frankryk 3 3 0 0 82 25 +57 12 9
Rugbywêreldbeker 1991  Kanada 3 2 0 1 45 33 +12 4 7
Rugbywêreldbeker 1991  Roemenië 3 1 0 2 31 64 –33 5 5
Rugbywêreldbeker 1991  Fidji 3 0 0 3 27 63 36 1 3

Uitklopwedstryde

Rugbywêreldbeker 1991 
David Campese (Wallabies) se trui, versier met handtekeninge, word in ’n Hongkongse kroeg ten toon gestel
Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
19 Oktober – Edinburg        
 Rugbywêreldbeker 1991  Skotland  28
26 Oktober – Edinburg
 Rugbywêreldbeker 1991  Samoa  6  
 Rugbywêreldbeker 1991  Skotland  6
19 Oktober – Parys
   Rugbywêreldbeker 1991  Engeland  9  
 Rugbywêreldbeker 1991  Frankryk  10
2 November – Londen
 Rugbywêreldbeker 1991  Engeland  19  
 Rugbywêreldbeker 1991  Engeland  6
20 Oktober – Villeneuve-d'Ascq
   Rugbywêreldbeker 1991  Australië  12
 Rugbywêreldbeker 1991  Nieu-Seeland  29
27 Oktober – Dublin
 Rugbywêreldbeker 1991  Kanada  13  
 Rugbywêreldbeker 1991  Nieu-Seeland  6 Uitspeel om derde plek
20 Oktober – Dublin
   Rugbywêreldbeker 1991  Australië  16   30 Oktober – Cardiff
 Rugbywêreldbeker 1991  Australië  19
   Rugbywêreldbeker 1991  Skotland  6
 Rugbywêreldbeker 1991   Ierland  18  
 Rugbywêreldbeker 1991  Nieu-Seeland  13

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 1991
Rugbywêreldbeker 1991  Australië

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al 16 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 1991.

Rugbywêreldbeker 1991 
Uitslag van die Rugbywêreldbeker 1991:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Groepfase

   Nie deelgeneem nie

Rang Span Groep S W G V P Drieë Doelskoppe Strafdoele Skepdoele
1 Rugbywêreldbeker 1991  Australië 3 6 6 0 0 126 17 11 12 0
2 Rugbywêreldbeker 1991  Engeland 1 6 4 0 2 119 11 9 17 2
3 Rugbywêreldbeker 1991  Nieu-Seeland 1 6 5 0 1 143 19 11 15 0
4 Rugbywêreldbeker 1991  Skotland 2 6 4 0 2 162 20 14 16 2
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5 Rugbywêreldbeker 1991  Frankryk 4 4 3 0 1 92 13 5 10 0
6 Rugbywêreldbeker 1991   Ierland 2 4 2 0 2 120 13 7 16 2
7 Rugbywêreldbeker 1991  Samoa 3 4 2 0 2 60 8 5 5 1
8 Rugbywêreldbeker 1991  Kanada 4 4 2 0 2 58 6 2 8 2
In die groepfase uitgeskakel
9 Rugbywêreldbeker 1991  Japan 2 3 1 0 2 77 13 8 2 1
10 Rugbywêreldbeker 1991  Italië 1 3 1 0 2 57 7 7 5 0
11 Rugbywêreldbeker 1991  Wallis 3 3 1 0 2 32 3 1 6 0
12 Rugbywêreldbeker 1991  Roemenië 4 3 1 0 2 31 5 1 3 0
13 Rugbywêreldbeker 1991  Argentinië 3 3 0 0 3 38 4 2 4 2
14 Rugbywêreldbeker 1991  Zimbabwe 2 3 0 0 3 31 6 2 1 0
15 Rugbywêreldbeker 1991  Fidji 4 3 0 0 3 27 1 1 3 4
16 Rugbywêreldbeker 1991  Verenigde State 1 3 0 0 3 24 2 2 4 0
Algeheel 32 1197 148 88 131 16

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Rugbywêreldbeker 1991  Ralph Keyes 68
2 Rugbywêreldbeker 1991  Michael Lynagh 66
3 Rugbywêreldbeker 1991  Gavin Hastings 61
4 Rugbywêreldbeker 1991  Jonathan Webb 56
5 Rugbywêreldbeker 1991  Grant Fox 44
6 Rugbywêreldbeker 1991  Didier Camberabero 32
7 Rugbywêreldbeker 1991  Diego Domínguez 29
Rugbywêreldbeker 1991  Takahiro Hosokawa
9 Rugbywêreldbeker 1991  Matthew Vaea 25
10 Rugbywêreldbeker 1991  Jean-Baptiste Lafond 24
Rugbywêreldbeker 1991  David Campese
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Rugbywêreldbeker 1991  Jean-Baptiste Lafond 6
Rugbywêreldbeker 1991  David Campese
3 Rugbywêreldbeker 1991  Brian Robinson 4
Rugbywêreldbeker 1991  Tim Horan
Rugbywêreldbeker 1991  Iwan Tukalo
Rugbywêreldbeker 1991  Rory Underwood
7 Rugbywêreldbeker 1991  Martín Terán 3
Rugbywêreldbeker 1991  Yoshihito Yoshida
Rugbywêreldbeker 1991  John Timu
Rugbywêreldbeker 1991  Terry Wright
Rugbywêreldbeker 1991  Tony Stanger

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Gerald Davies (2004). The History of the Rugby World Cup. Sanctuary Publishing Ltd. ISBN 1-86074-602-0.
  • (en) Nick Farr-Jones (2003). Story of the Rugby World Cup. Australian Post Corporation. ISBN 0-642-36811-2.
  • (en) Grant Harding; David Williams (2000). The Toughest of Them All: New Zealand and South Africa: The Struggle for Rugby Supremacy. Auckland, Nieu-Seeland: Penguin Books. ISBN 978-0-14-029577-1.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  • (en) Lance Peatey (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.

Eksterne skakels


Rugbywêreldbeker Rugbywêreldbeker 1991 

Australië / Nieu-Seeland 1987 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991 • Suid-Afrika 1995 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999 • Australië 2003 • Frankryk 2007 • Nieu-Seeland 2011 • Engeland / Wallis 2015 • Japan 2019 • Frankryk 2023 • Australië 2027Verenigde State 2031

Tags:

Rugbywêreldbeker 1991 ToewysingRugbywêreldbeker 1991 DeelnemersRugbywêreldbeker 1991 StadionsRugbywêreldbeker 1991 FormaatRugbywêreldbeker 1991 WedstrydbeamptesRugbywêreldbeker 1991 WedstrydeRugbywêreldbeker 1991 StatistiekRugbywêreldbeker 1991 Sien ookRugbywêreldbeker 1991 VerwysingsRugbywêreldbeker 1991 Verdere leesstofRugbywêreldbeker 1991 Eksterne skakelsRugbywêreldbeker 1991EngelandEngelsFrankrykFransIerlandIers-GaeliesNoordelike HalfrondRugbywêreldbekerRugbywêreldbeker 1999Sesnasies-toernooiSkotlandSkots-GaeliesWalliesWallisWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jan van TonderNatriumsuperoksiedTaalWeefselMenstruasieLeonardo da VinciPakistanSlag van Cuito CuanavaleChemiese elementNederlandsTermietHernubare energieEngelandToerismeSomerHemelvaartOmtrek, oppervlakte en volumeEllipstekenBruin menseAfvalbestuurLUitwerking van klimaatsveranderingRob HersovDiepaartromboseNarsismeVolhoubaarheidKoolhidraatMuskietSonnestelselSikloonKompasKoppeltekenVryheidsdagHondSkoenlapperLys van landeBayer 04 LeverkusenMaagsweerNasionalismeCorioliskragDansVakbondStikstofSpringbokkeVryheidsmanifesAfghanistanCalviniaSlangAfkortingLatynHipertensieAngolaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994E-posWerkersdagKarakteriseringVulvaPornografiese subgenresLys van bekende Suid-AfrikanersSebraRobbeneilandCleopatra VIIBevolkingsafnameMagneetMuskeljaatkatDiamantbedryfDesmond TutuDomkragNasiebouRamsar-vleilande in Suid-AfrikaVerlede tydHerfsSeksisme🡆 More