Rugbywêreldbeker 2027

Die Rugbywêreldbeker 2027 (Engels: 2027 Rugby World Cup) word van 1 Oktober tot 13 November 2027 in Australië beslis.

Rugbywêreldbeker 2027 Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind.
Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak.
Sport

Dit is die elfde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die vyfde in die Suidelike Halfrond. Australië het saam met Nieu-Seeland die eerste Rugbywêreldbeker 1987 gehuisves, asook die Rugbywêreldbeker 2003 op sy eie.

Rugbywêreldbeker 2027
Rugbywêreldbeker 2027
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Australië Australië
Datums 1 Oktober – 13 November
Aantal nasies 24
Finale posisies
Toernooistatistiek
2023
2031
Rugbywêreldbeker 2027
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding word

Vir die eerste keer sal 24 nasionale rugbyspanne vanuit verskeie lande aan die Rugbywêreldbeker 2027 kan deelneem, nadat die aantal deelnemers ná die 2023-toernooi van 20 verhoog is. Die Suid-Afrikaanse Springbokke is die verdedigende kampioen nadat hulle in 2023 hul vierde titel ingepalm het.

Toewysing

Wêreldrugby het die gasheerlande van beide die 2027- en 2031-manstoernooie op 12 Mei 2022 aangekondig. Die proses om met voornemende lande te onderhandel het in Februarie 2021 begin en die formele kandidaatproses drie maande later. Die oorblywende gasheerlande is in Februarie 2022 aangekondig.

Wêreldrugby se voorsitter Bill Beaumont het in laat 2018 voorgestel dat die gasheer van die Rugbywêreldbeker ná die 2023-toernooi in Frankryk ’n opkomende nasie behoort te wees. Wêreldrugby se hoof- uitvoerende beampte Brett Gosper het in 2019 ook voorgestel dat Wêreldrugby beide die 2027- en 2031-toernooie saam sal toewys (soos hulle met Engeland 2015 en Japan 2019 gedoen het), waardeur hulle “’n dapper besluit en ’n tradisionele besluit” sal kan maak. Gosper het verder voorgestel dat “2031 tyd sal gun vir ’n Amerikaanse bod om baie geloofwaardig en sterk te wees.” Die gashere vir die 2027- en 2031-toernooie is in Mei 2022 bekend gemaak.

Die feit dat drie agtereenvolgende toernooie (Engeland 2015, Japan 2019 en Frankryk 2023) in die Noordelike Halfrond beslis is, het die lande in die Suidelike Halfrond se posisie versterk.

Tot in Junie 2019 het drie lande – Argentinië, Australië en Rusland – aangekondig dat hulle die Rugbywêreldbeker 2027 wil aanbied. Vermoede het bestaan dat beide die Verenigde State en Suid-Afrika beplan het om die toernooi te huisves, maar die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) het bekend gemaak dat hulle nie beplan om vir nóg die 2027- nóg die 2031-toernooi aansoek te doen nie. Argentinië het sy bod in April 2020 teruggetrek, waarvolgens daar twee kandidaatlande oor was. Op 10 Junie 2021 is VSA Rugby amptelik aanvaar as ’n kandidaatland vir beide die 2027- en 2031-toernooie, asook die Rugbywêreldbeker vir vroue 2029. Tydens ’n spesiale vergadering van Wêreldrugby op 12 Mei 2022 in Dublin is die Rugbywêreldbeker 2027 aan Australië toegewys en die Rugbywêreldbeker 2031 aan die Verenigde State.

Belangstelling aangekondig

Australië

Rugby Australia het op 13 Desember 2017 aangekondig dat Australië vir die Rugbywêreldbeker 2027 sal aansoek doen. Australië het voorheen saam met Nieu-Seeland die Rugbywêreldbeker 1987 en die Rugbywêreldbeker 2003 op sy eie aangebied.

Aansoek teruggetrek

Argentinië

Argentinië het op 5 Oktober 2016 aangekondig dat dit vir die Rugbywêreldbeker 2027 sal aansoek doen, maar sy aansoek in April 2020 teruggetrek. Argentinië het dié toernooi nog nooit gehuisves nie en Wêreldrugby se voorsitter Bill Beaumont het aangekondig dat hy aansoeke van lande soos Argentinië sou ondersteun. Argentinië is die enigste land wat die halfeindstryd van ’n rugbywêreldbekertoernooi gehaal het, maar nog nooit wedstryde van dié toernooi aangebied het nie. In April 2020 het Argentinië sy aansoek teruggetrek om die Australiese aansoek ’n hupstoot te gee, waarvolgens Australië die gunstelinggasheer vir die Rugbywêreldbeker 2027 was.

Rusland

Stanislaf Droezhinin van die Russiese Rugbyunie het op 31 Mei 2019 aangekondig dat Rusland vir die Rugbywêreldbeker 2027 sal aansoek doen. Rusland wou van sy FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018-stadions vir dié toernooi gebruik. Die Russiese President Wladimir Poetin het Rusland se aansoek vir die Rugbywêreldbeker 2027 ondersteun.

Die Russiese Rugbyunie kon nie met sy aansoek voortgaan nie aangesien CAS op 17 Desember 2020 Rusland vir twee jaar verbied het om enige belangrike sporttoernooi aan te bied.

Deelnemers

24 spanne mag aan die Rugbywêreldbeker 2027 deelneem. Naas die gasheer Australië, wat ook deur sy derde plek in die groepfase van die Rugbywêreldbeker 2023 gekwalifiseer het, het ook die agt deelnemers aan die kwarteindrondte en ander drie derdeplek-spanne van die 2023-groepfase vir die Rugbywêreldbeker 2027 gekwalifiseer. Die volgende twaalf spanne het regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2027 gekwalifiseer: Suid-Afrika as verdedigende kampioen, Nieu-Seeland as naaswenner, Engeland as derde plek, Argentinië as halfeindrondtespan, die spanne van die kwarteindrondte Fidji, Frankryk, Ierland en Wallis, asook die derde plekke van die groepfase Australië, Italië, Japan en Skotland.

Rugbywêreldbeker 2027 
Uitslag van die kwalifisering:

   Gasheer

   Twaalf beste spanne van die 2019-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie
Rugbywêreldbeker 2027  Australië Gasheer Elfde 2023 Kampioen (1991, 1999)
Rugbywêreldbeker 2027  Argentinië Regstreeks Elfde 2023 Derde plek (2007)
Rugbywêreldbeker 2027  Engeland Elfde 2023 Kampioen (2003)
Rugbywêreldbeker 2027  Fidji Tiende 2023 Kwarteindrondte (1987, 2007, 2023)
Rugbywêreldbeker 2027  Frankryk Elfde 2023 Naaswenner (1987, 1999, 2011)
Rugbywêreldbeker 2027   Ierland Elfde 2023 Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003, 2011, 2015, 2019, 2023)
Rugbywêreldbeker 2027  Italië Elfde 2023 Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011, 2015, 2019, 2023)
Rugbywêreldbeker 2027  Japan Elfde 2023 Kwarteindrondte (2019)
Rugbywêreldbeker 2027  Nieu-Seeland Elfde 2023 Kampioen (1987, 2011, 2015)
Rugbywêreldbeker 2027  Skotland Elfde 2023 Vierde plek (1991)
Rugbywêreldbeker 2027  Suid-Afrika Negende 2023 Kampioen (1995, 2007, 2019, 2023)
Rugbywêreldbeker 2027  Wallis Elfde 2023 Derde plek (1987)

Stadions

Rugby Australia het twaalf Australiese stadions in nege stede op die kortlys vir die Rugbywêreldbeker 2027 geplaas.

Sydney, Nieu-Suid-Wallis Brisbane, Queensland Perth, Wes-Australië Melbourne, Victoria
Stadium Australia Lang Park Perth-stadion Docklands-stadion
Kapasiteit: 83 500 Kapasiteit: 52 500 Kapasiteit: 65 000 Kapasiteit: 56 347
Rugbywêreldbeker 2027  Rugbywêreldbeker 2027  Rugbywêreldbeker 2027  Rugbywêreldbeker 2027 
Sydney, Nieu-Suid-Wallis Melbourne, Victoria
Sydney Voetbalstadion Melbourne Reghoekige Stadion
Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: 33 000
Rugbywêreldbeker 2027  Rugbywêreldbeker 2027 
Parramatta, Nieu-Suid-Wallis Adelaide, Suid-Australië
Wes-Sydney-stadion Adelaide-ovaal
Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 53 583
Rugbywêreldbeker 2027  Rugbywêreldbeker 2027 
Newcastle, Nieu-Suid-Wallis Goudkus, Queensland Canberra, Australiese Hoofstadgebied Townsville, Queensland
Newcastle Internasionale Sportsentrum Robina-stadion Canberrastadion Noord-Queensland-stadion
Kapasiteit: 30 500 Kapasiteit: 27 400 Kapasiteit: 25 011 Kapasiteit: 25 000
Rugbywêreldbeker 2027  Rugbywêreldbeker 2027  Rugbywêreldbeker 2027  Rugbywêreldbeker 2027 

Formaat

Die Rugbywêreldbeker 2027 is die eerste toernooi wat deur 24 pleks van 20 spanne oor ses weke beslis sal word. Die spanne word in ses groepe van vier elk verdeel. Vir die eerste keer sal ’n agtste eindrondte gespeel word, waarna die wêreldkampioen in die uitklopfase bepaal word.

Die loting vir die groepfase sal in Januarie 2026 plaasvind.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Rugbywêreldbeker Rugbywêreldbeker 2027 

Australië / Nieu-Seeland 1987 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991 • Suid-Afrika 1995 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999 • Australië 2003 • Frankryk 2007 • Nieu-Seeland 2011 • Engeland / Wallis 2015 • Japan 2019 • Frankryk 2023 • Australië 2027Verenigde State 2031

Tags:

Rugbywêreldbeker 2027 ToewysingRugbywêreldbeker 2027 DeelnemersRugbywêreldbeker 2027 StadionsRugbywêreldbeker 2027 FormaatRugbywêreldbeker 2027 Sien ookRugbywêreldbeker 2027 VerwysingsRugbywêreldbeker 2027 Eksterne skakelsRugbywêreldbeker 2027AustraliëEngelsNieu-SeelandRugbywêreldbekerRugbywêreldbeker 1987Rugbywêreldbeker 2003Suidelike HalfrondWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NylrivierDroomWynand StrydomElektriese geleierKlimaatJagluiperdLeeuPaddaMieliestronkGroot DepressieSaldanhaVersamelnaamJan van HunksProteïenReg tot ‘n gesonde omgewingKrimpvarkieVlagterminologieMauritiusVoortrekkermonumentVarkgriepCSSTsoenamiCovid-19-pandemieValentynsdagAppendiksOu Apostoliese KerkLys van Suid-Afrikaanse musikanteMunhwa Broadcasting CorporationDigtheidBreingewasHipoteseSpysverteringstelselOmtrek, oppervlakte en volumeStaatstoelaeOnomatopeeOlifantCarike KeuzenkampNaboomSirkelFosforAprilNamakwalandKlavierRonelda KamferTrevor NasserEnkelvoudige sinMielieWiskundige terminologieHeupvervangingSuid-Afrikaanse randJode in Suid-AfrikaMaanNasionalismeAlice MunroStaalGlobaliseringMartin Luther King jr.Appel (sanger)VratGriekse mitologieSuid-AfrikaLourensrivierSelfmoordLandbou in Suid-AfrikaDuitse maselsMalariaKlem-in-die-kaakKindermishandelingABlaarPlantVleilandMolekuulEkonomieMikro-ekonomieKindersiektes🡆 More