Rugbywêreldbeker 1999

Die Rugbywêreldbeker 1999 (Engels: 1999 Rugby World Cup; Frans: Coupe du monde de rugby à XV 1999; Iers-Gaelies: Corn Rugbaí an Domhain 1999; Skots-Gaelies: Cupa Rugbaidh an t-Saoghail 1999; Wallies: Cwpan Rygbi'r Byd 1999) is van 1 Oktober tot 6 November 1999 in Wallis (nominale gasheer), Engeland, Skotland, Frankryk en Ierland, die destydse Vyfnasies, beslis.

Dit was die vierde rugbywêreldbeker van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR; nou Wêreldrugby) aangebied word en die tweede in Europa. Al die gashere het ook die Rugbywêreldbeker 1991 gemeenskaplik gehuisves. Dit was die eerste rugbywêreldbekertoernooi in dié sport se professionele era, nadat die IRR ná die Rugbywêreldbeker 1995 met die professionalisering van dié sport begin het.

Rugbywêreldbeker 1999
Rugbywêreldbeker 1999
Toernooibesonderhede
Gasheer Vlag van Wallis Wallis (nominaal)
Vlag van Engeland Engeland
Vlag van Frankryk Frankryk
Flag of Ireland Ierland
Vlag van Skotland Skotland
Datums 1 Oktober – 6 November
Aantal nasies 20 (65 kwalifiseer)
Finale posisies
Kampioen Rugbywêreldbeker 1999 Vlag van Australië Australië
Naaswenner Rugbywêreldbeker 1999 Vlag van Frankryk Frankryk
Derde plek Rugbywêreldbeker 1999 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Toernooistatistiek
Wedstryde 41
Bywoning 1 750 000 (gem. 42 683 per wedstryd)
Drieë 242 (gemiddeld 5.9 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Argentinië Gonzalo Quesada (102)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Jonah Lomu (8)
1995
2003
Rugbywêreldbeker 1999
Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is

Die Rugbywêreldbeker 1999 was die eerste toernooi met 20 deelnemende nasionale rugbyspanne, teenoor die 16 van die eerste drie rugbywêreldbekertoernooie. Die nominale gasheer Wallis, die verdedigende kampioen Suid-Afrika, die naaswenner Nieu-Seeland en die derde-plek-span Frankryk het regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer, saam met die 16 beste spanne van die kwalifisering (Argentinië, Australië, Engeland, Fidji, Ierland, Italië, Japan, Kanada, Namibië, Roemenië, Samoa, Skotland, Spanje, Tonga, Uruguay en die Verenigde State). Tydens die 1999-toernooi is 41 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase, drie tydens die uitspeelrondte en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vyf groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer, terwyl die naaswenners en die voorste derde-plek-span tydens die uitspeelrondte om die oorblywende drie plekke van die kwarteindrondte meegeding het. Die spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2003 in Australië gekwalifiseer.

Australië het die eindstryd op Millennium-stadion in Cardiff teen Frankryk met 35–12 gewen en sodoende sy tweede rugbywêreldbekertitel ingepalm, die eerste span wat daarin geslaag het. Hulle het ook die eerste span geword wat dié titel ingepalm het nadat hulle vir die toernooi moes kwalifiseer. Die verdedigende kampioen Suid-Afrika het in die derde en Nieu-Seeland in die vierde plek geëindig. Die halfeindwedstryd wat Frankryk teen Nieu-Seeland met 43–31 gewen het, word as een van die beste wedstryde in die rugbywêreldbekergeskiedenis beskou. Interessant genoeg is die Krieketwêreldbeker 1999 op ’n soortgelyke manier deur vyf Europese lande aangebied (met Nederland pleks van Frankryk) en ook deur Australië gewen, die eerste land wat dit tot dusver kon vermaak om albei wêreldbekertoernooie in dieselfde jaar te wen. Vir Frankryk was dit saam met die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 een van twee groot sportkompetisies binne twee jaar en interessant genoeg het die onderskeidelike nasionale spanne die wêreldbekereindstryde in twee van Frankryk se gewildste sportsoorte gehaal; albei behoort tot die mees gesiene sportgeleenthede ter wêreld.

As gevolg van die uitgebreide aantal spanne wat aan die Rugbywêreldbeker 1999 kon deelneem, het dié toernooi met drie nuwelinge die meeste debutante sedert die eerste 1987-toernooi gesien. Die nasionale rugbyspanne van Namibië, Spanje en Uruguay het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem, maar al drie spanne is reeds in die groepfase uitgeskakel. Tydens hierdie toernooi het die Suid-Afrikaanse losskakel Jannie de Beer tydens die kwarteindwedstryd teen Engeland vyf skepskoppe oorgeskop – ’n Suid-Afrikaanse toetsrekord. Die Rugbywêreldbeker 1999 het ook die opkoms van Namibië, wat sedertdien vir elke rugbywêreldbekertoernooi kon kwalifiseer, gesien.

Toewysing

Rugbywêreldbeker 1999 
’n Britse twee-pond-munt ter geleentheid van die Rugbywêreldbeker 1999

Die Rugbywêreldbeker 1999 is deur die IRR aan die vyf rugbylande toegewys, wat destyds jaarliks om die Vyfnasies-beker meegeding het. Die Walliese Rugbyunie het met die ander Vyfnasies-beheerliggame ooreengekom om van die wedstryde in Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland aan te bied. Die nuwe Millennium-stadion in Cardiff was die kern van die Walliese bod, met boukoste van sowat £126 miljoen wat deur ’n lotto-insameling en private beleggings gedek is.

Deelnemers

Die volgende 20 spanne het vir die Rugbywêreldbeker 1999 gekwalifiseer: Die nominale gasheer Wallis, die verdedigende kampioen Suid-Afrika, die naaswenner Nieu-Seeland en die derde plek Frankryk het regstreeks gekwalifiseer. Om die oorblywende 16 plekke het tydens die kwalifiseringsrondte 65 nasionale rugbyspanne meegeding, ’n nuwe rekord. Die nasionale rugbyspanne van Namibië, Spanje en Uruguay het vir die eerste keer vir ’n rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer en saam met Fidji, wat die vorige 1995-toernooi in Suid-Afrika misgeloop het, by die 16-span-lys van die Rugbywêreldbeker 1995 aangesluit om sodoende die 20-span-lys vir die Rugbywêreldbeker 1999 te vorm.

Rugbywêreldbeker 1999 
Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 65 spanne het deelgeneem.

   Afrika

   Amerikas

   Asië

   Europa

   Oseanië

   Nie deelgeneem nie

Rugbywêreldbeker 1999 
Uitslag van die kwalifisering:

   Nominale gasheer

   Drie beste spanne van die 1991-toernooi

   Wenner van die plaaslike kwalifisering

   Versuim om te kwalifiseer

   Nie deelgeneem nie

Span Kwalifiseringmetode Verskynings by eindstryde Laaste verskyning Vorige beste prestasie Groep
Rugbywêreldbeker 1999  Wallis Nominale gasheer Vierde 1995 Derde plek (1987) D
Rugbywêreldbeker 1999  Suid-Afrika Regstreeks Tweede 1995 Kampioen (1995) A
Rugbywêreldbeker 1999  Nieu-Seeland Vierde 1995 Kampioen (1987) B
Rugbywêreldbeker 1999  Frankryk Vierde 1995 Naaswenner (1987) C
Rugbywêreldbeker 1999  Argentinië Kwalifiseringsrondte Vierde 1995 Groepfase (1987, 1991, 1995) D
Rugbywêreldbeker 1999  Australië Vierde 1995 Kampioen (1991) E
Rugbywêreldbeker 1999  Engeland Vierde 1995 Naaswenner (1991) B
Rugbywêreldbeker 1999  Fidji Derde 1991 Kwarteindrondte (1987) C
Rugbywêreldbeker 1999   Ierland Vierde 1995 Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995) E
Rugbywêreldbeker 1999  Italië Vierde 1995 Groepfase (1987, 1991, 1995) B
Rugbywêreldbeker 1999  Japan Vierde 1995 Groepfase (1987, 1991, 1995) D
Rugbywêreldbeker 1999  Kanada Vierde 1995 Kwarteindrondte (1991) C
Rugbywêreldbeker 1999  Namibië Eerste Debuut C
Rugbywêreldbeker 1999  Roemenië Vierde 1995 Groepfase (1987, 1991, 1995) E
Rugbywêreldbeker 1999  Samoa Derde 1995 Kwarteindrondte (1991, 1995) D
Rugbywêreldbeker 1999  Skotland Vierde 1995 Vierde plek (1991) A
Rugbywêreldbeker 1999  Spanje Eerste Debuut A
Rugbywêreldbeker 1999  Tonga Derde 1995 Groepfase (1987, 1995) B
Rugbywêreldbeker 1999  Uruguay Eerste Debuut A
Rugbywêreldbeker 1999  Verenigde State Derde 1995 Groepfase (1987, 1991) E

Stadions

Rugbywêreldbeker 1999 
Die Millennium-stadion in Cardiff, kern van die Walliese bod vir die Rugbywêreldbeker 1999

Kern van die Walliese bod vir die Rugbywêreldbeker 1999 was die nuwe Millennium-stadion in Cardiff, wie se boukoste 126 miljoen pond beloop het. Wallis het egter slegs nege van die 41 wedstryde gehuisves, nadat die Walliese Rugbyunie met sy eweknieë van Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland ooreengekom het om wedstryde in die vier ander lande aan te bied.

Die Rugbywêreldbeker 1999 is derhalwe deur Wallis, Engeland, Frankryk, Ierland en Skotland saam aangebied, en wedstryde is regoor dié vyf lande gehou. Al die Groep A-wedstryde is in Skotland aangebied, Groep B-wedstryde in Engeland, Groep C-wedstryde in Frankryk, Groep D-wedstryde in Wallis en Groep E-wedstryde in Ierland. Die uitspeelrondte vir die kwarteindrondte en die kwarteindrondte self is in drie verskeie stadions gehuisves, die halfeindrondte is op Twickenham in Londen aangebied. Beide die bronseindstryd en die eindstryd is op die nuut opgerigte Millennium-stadion in Cardiff aangebied, wat langs die Nasionale Stadion in Cardiff Arms Park opgerig is.

Van die Engelse stadions is Twickenham en Welford Road (albei rugbystadions), asook Ashton Gate in Bristol en Kirklees in Huddersfield, wat gewoonlik sokker aanbied, gebruik. Skotse stadions sluit in Murrayfield, tuiste van die Skotse Rugbyunie; Hampdenpark, tuiste van die Skotse Sokkerassosiasie; en die kleinste stadion van die Rugbywêreldbeker 1999: Netherdale in Galashiels, Scottish Borders. Stadions in Ierland is Lansdowne Road, die tradisionele setel van die Ierse Rugbyvoetbalunie, asook Ravenhill en Thomondpark. In Frankryk is vyf stadions gebruik, die meeste van die vyf gashere, insluitende die Franse nasionale stadion, Stade de France, wat die eindstryd van beide die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 en die Rugbywêreldbeker 2007 aangebied het. Die nominale gasheer Wallis het drie stadions vir die toernooi gebruik: Die Millennium-stadion in Cardiff, Racecourse Ground in Wrexham en Stradeypark in Llanelli.

Rugbywêreldbeker 1999  Cardiff Rugbywêreldbeker 1999  Wrexham Rugbywêreldbeker 1999  Llanelli Rugbywêreldbeker 1999  Saint-Denis Rugbywêreldbeker 1999  Londen
Millennium Racecourse Ground Stradeypark Stade de France Twickenham
51°28′41″N 3°10′57″W / 51.47806°N 3.18250°W / 51.47806; -3.18250 (Millennium) 53°3′7″N 3°0′13″W / 53.05194°N 3.00361°W / 53.05194; -3.00361 (Racecourse Ground) 51°41′13″N 4°10′31″W / 51.68694°N 4.17528°W / 51.68694; -4.17528 (Stradeypark) 48°55′28″N 2°21′36″O / 48.92444°N 2.36000°O / 48.92444; 2.36000 (Stade de France) 51°27′22″N 0°20′30″W / 51.45611°N 0.34167°W / 51.45611; -0.34167 (Twickenham)
Kapasiteit: 74 500 Kapasiteit: 15 500 Kapasiteit: 10 800 Kapasiteit: 80 000 Kapasiteit: 75 000
Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999 
Rugbywêreldbeker 1999  Edinburg Rugbywêreldbeker 1999  Glasgow Rugbywêreldbeker 1999  Dublin Rugbywêreldbeker 1999  Lens Rugbywêreldbeker 1999  Bordeaux
Murrayfield Hampdenpark Lansdowne Road Stade Félix-Bollaert Stade Chaban-Delmas
55°56′32″N 3°14′27″W / 55.94222°N 3.24083°W / 55.94222; -3.24083 (Murrayfield) 55°49′33″N 4°15′7″W / 55.82583°N 4.25194°W / 55.82583; -4.25194 (Hampdenpark) 53°20′6.02″N 6°13′45″W / 53.3350056°N 6.22917°W / 53.3350056; -6.22917 (Lansdowne Road) 50°25′58″N 2°48′53″O / 50.43278°N 2.81472°O / 50.43278; 2.81472 (Stade Félix-Bollaert) 44°49′45″N 0°35′52″W / 44.82917°N 0.59778°W / 44.82917; -0.59778 (Stade Chaban-Delmas)
Kapasiteit: 67 500 Kapasiteit: 52 500 Kapasiteit: 49 250 Kapasiteit: 41 800 Kapasiteit: 38 327
Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999 
Rugbywêreldbeker 1999  Limerick Rugbywêreldbeker 1999  Belfast Rugbywêreldbeker 1999  Galashiels
Thomondpark Ravenhill Netherdale
52°40′27″N 8°38′33″W / 52.67417°N 8.64250°W / 52.67417; -8.64250 (Thomondpark) 54°34′35″N 5°54′16″W / 54.57639°N 5.90444°W / 54.57639; -5.90444 (Ravenhill) 55°36′22″N 2°47′0.6″W / 55.60611°N 2.783500°W / 55.60611; -2.783500 (Netherdale)
Kapasiteit: 13 500 Kapasiteit: 12 500 Kapasiteit: 6 000
Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999 
Rugbywêreldbeker 1999  Toulouse Rugbywêreldbeker 1999  Huddersfield Rugbywêreldbeker 1999  Bristol Rugbywêreldbeker 1999  Béziers Rugbywêreldbeker 1999  Leicester
Stadium Municipal Kirklees Ashton Gate Stade de la Méditerranée Welford Road
43°34′59″N 1°26′3″O / 43.58306°N 1.43417°O / 43.58306; 1.43417 (Stadium Municipal) 53°39′15″N 1°46′6″W / 53.65417°N 1.76833°W / 53.65417; -1.76833 (Kirklees) 51°26′24″N 2°37′13″W / 51.44000°N 2.62028°W / 51.44000; -2.62028 (Ashton Gate) 43°20′5″N 3°15′58″O / 43.33472°N 3.26611°O / 43.33472; 3.26611 (Stade de la Méditerranée) 52°37′27″N 1°07′59″W / 52.62417°N 1.13306°W / 52.62417; -1.13306 (Welford Road)
Kapasiteit: 37 000 Kapasiteit: 24 500 Kapasiteit: 21 500 Kapasiteit: 18 000 Kapasiteit: 16 500
Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999  Rugbywêreldbeker 1999 
Rugbywêreldbeker 1999 
Rugbywêreldbeker 1999 
Llanelli
Rugbywêreldbeker 1999 
Wrexham
Rugbywêreldbeker 1999 
Huddersfield
Plekke in Engeland en Wallis
Plekke in Skotland en Ierland
Plekke in Frankryk

Formaat

Die Rugbywêreldbeker 1999 is oor 35 dae tussen 20 verskillende spanne oor 41 wedstryde beslis. Dit het op 1 Oktober 1999 op Millenium in Cardiff met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Wallis en Argentinië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 6 November met die eindstryd tussen Australië en Frankryk, waartydens die Wallabies die Webb Ellis-beker ingepalm het.

Kalender

Die volgende tabel dui die Rugbywêreldbeker 1999 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die uitspeelrondte, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase, ’n blou blokkie op die bronseindstryd en ’n geel blokkie op die eindstryd.

Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooi
Groepfase
Oktober
Vr
1
Sa
2
So
3
Ma
4
Di
5
Wo
6
Do
7
Vr
8
Sa
9
So
10
Ma
11
Di
12
Wo
13
Do
14
Vr
15
Sa
16
So
17
Ma
18
Di
19
Seremonies OS
Groep A 1 1 1 1 1 1
Groep B 1 1 1 1 1 1
Groep C 1 1 1 1 1 1
Groep D 1 1 1 1 1 1
Groep E 1 1 1 1 1 1
Uitklopfase
Oktober/November
Wo
20
Do
21
Vr
22
Sa
23
So
24
Ma
25
Di
26
Wo
27
Do
28
Vr
29
Sa
30
So
31
Ma
1
Di
2
Wo
3
Do
4
Vr
5
Sa
6
Seremonies SS
Uitklopfase 3 1 3 1 1 1 1
Verklaring

   Seremonies

   Groepfase

   Uitspeelrondte

   Uitklopfase

   Bronseindstryd

   Eindstryd

Groepe

Groep A Groep B Groep C Groep D Groep E

Rugbywêreldbeker 1999  Suid-Afrika
Rugbywêreldbeker 1999  Skotland
Rugbywêreldbeker 1999  Spanje
Rugbywêreldbeker 1999  Uruguay

Rugbywêreldbeker 1999  Nieu-Seeland
Rugbywêreldbeker 1999  Engeland
Rugbywêreldbeker 1999  Italië
Rugbywêreldbeker 1999  Tonga

Rugbywêreldbeker 1999  Frankryk
Rugbywêreldbeker 1999  Fidji
Rugbywêreldbeker 1999  Kanada
Rugbywêreldbeker 1999  Namibië

Rugbywêreldbeker 1999  Wallis
Rugbywêreldbeker 1999  Argentinië
Rugbywêreldbeker 1999  Samoa
Rugbywêreldbeker 1999  Japan

Rugbywêreldbeker 1999  Australië
Rugbywêreldbeker 1999   Ierland
Rugbywêreldbeker 1999  Verenigde State
Rugbywêreldbeker 1999  Roemenië

Die groepwedstryde is onder die vyf gashere soos volg verdeel:

  • Groep A is in Skotland aangebied
  • Groep B is in Engeland aangebied
  • Groep C is in Frankryk aangebied
  • Groep D is in Wallis aangebied
  • Groep E is in Ierland aangebied

Groepfase

Vir die eerste keer het 20 nasionale rugbyspanne aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en hulle is in vyf groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop en een vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens die punte wat total aangeteken is gerangskik.

Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:

  • Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
  • Twee vir ’n gelykop;
  • Een vir ’n nederlaag.

Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die beste spanne wat na die kwarteindrondte deurgedring het. Die naaswenners en die voorste derde-plek-span van die groepfase het tydens die uitspeelrondte om die drie oorblywende plekke meegeding. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur die punte wat total aangeteken is bepaal.

Uitklopfase

Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.

Die wenner van elk van die groepe het saam met die wenners van die uitspeelrondte na die uitklopfase deurgedring. Hulle het saam met die wenner van die groepfase wat die minste punte behaal het, die wenners van ’n ander groep in die kwarteindrondte ontmoet. Spanne van dieselfde groep sou dus eers weer in óf die bronseindstryd óf die eindstryd kon ontmoet het.

Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, tien minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner was nie, is daar vir tien minute gespeel in ’n uitklopformaat, waar die eerste span wat daarin geslaag het om punte aan te teken, gewen het. As daar steeds nie ’n wenner was ná 110 minute nie is die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.

1999-effek op 2003-kwalifisering

Die agt spanne wat tot die kwarteindrondte gevorder het, het regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2003 in Australië gekwalifiseer. Hulle was Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis.

Wedstrydbeamptes

’n Paneel van 16 skeidsregters is vir die toernooi ingespan.

Wedstryde

Kwalifiseer vir die kwarteindrondte én regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2003.
Kwalifiseer vir die uitspeelrondte, maar loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2003 mis.
Uit die toernooi geskakel én loop regstreekse kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2003 mis.

Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groep-, die uitspeel- en die uitklopfase.

Groepfase

20 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die eerste spanne en beste naaswenners in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1999  Suid-Afrika 3 3 0 0 132 35 +97 18 9
Rugbywêreldbeker 1999  Skotland 3 2 0 1 120 58 +62 15 7
Rugbywêreldbeker 1999  Uruguay 3 1 0 2 42 97 –55 4 5
Rugbywêreldbeker 1999  Spanje 3 0 0 3 18 122 –104 0 3

Groep B

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1999  Nieu-Seeland 3 3 0 0 176 28 +148 22 9
Rugbywêreldbeker 1999  Engeland 3 2 0 1 184 47 +137 22 7
Rugbywêreldbeker 1999  Tonga 3 1 0 2 47 171 –124 4 5
Rugbywêreldbeker 1999  Italië 3 0 0 3 35 196 –161 2 3

Groep C

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1999  Frankryk 3 3 0 0 108 52 +56 13 9
Rugbywêreldbeker 1999  Fidji 3 2 0 1 124 +56 14 7
Rugbywêreldbeker 1999  Kanada 3 1 0 2 114 82 +32 12 5
Rugbywêreldbeker 1999  Namibië 3 0 0 3 42 186 –144 4 3

Groep D

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1999  Wallis 3 2 0 1 118 71 +42 14 7
Rugbywêreldbeker 1999  Samoa 3 2 0 1 97 72 +25 11 7
Rugbywêreldbeker 1999  Argentinië 3 2 0 1 83 +32 3 7
Rugbywêreldbeker 1999  Japan 3 0 0 3 36 140 –104 2 3
  • Finale posisie van Wallis, Samoa en Argentinië volgens punte wat totaal aangeteken is.

Groep E

Span S W G V P v P t +/− D v P
Rugbywêreldbeker 1999  Australië 3 3 0 0 135 31 +104 19 9
Rugbywêreldbeker 1999   Ierland 3 2 0 1 100 45 +55 14 7
Rugbywêreldbeker 1999  Roemenië 3 1 0 2 50 126 –76 5 5
Rugbywêreldbeker 1999  Verenigde State 3 0 0 3 52 135 –83 5 3

Posisie van derde plek spanne

Kwalifiseer vir die uitspeelrondte
Span S W G V P v P t +/− P
Rugbywêreldbeker 1999  Argentinië 2 0 1 3 83 51 +32 7
Rugbywêreldbeker 1999  Kanada 1 0 2 12 114 82 +32 5
Rugbywêreldbeker 1999  Uruguay 1 0 2 4 42 97 –55 5
Rugbywêreldbeker 1999  Roemenië 1 0 2 5 50 126 –76 5
Rugbywêreldbeker 1999  Tonga 1 0 2 4 47 171 –124 5

Uitspeelrondte

Uitklopfase

Kwarteindrondte Halfeindrondte Eindstryd
                   
24 Oktober – Saint-Denis        
 Rugbywêreldbeker 1999  Suid-Afrika  44
30 Oktober – Londen
 Rugbywêreldbeker 1999  Engeland  21  
 Rugbywêreldbeker 1999  Suid-Afrika  21
23 Oktober – Cardiff
   Rugbywêreldbeker 1999  Australië  27  
 Rugbywêreldbeker 1999  Australië  24
6 November – Cardiff
 Rugbywêreldbeker 1999  Wallis  9  
 Rugbywêreldbeker 1999  Australië  35
24 Oktober – Edinburg
   Rugbywêreldbeker 1999  Frankryk  12
 Rugbywêreldbeker 1999  Nieu-Seeland  30
31 Oktober – Londen
 Rugbywêreldbeker 1999  Skotland  18  
 Rugbywêreldbeker 1999  Nieu-Seeland  31 Uitspeel om derde plek
24 Oktober – Dublin
   Rugbywêreldbeker 1999  Frankryk  43   4 November – Cardiff
 Rugbywêreldbeker 1999  Frankryk  47
   Rugbywêreldbeker 1999  Suid-Afrika  22
 Rugbywêreldbeker 1999  Argentinië  26  
 Rugbywêreldbeker 1999  Nieu-Seeland  18

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Bronseindstryd

Eindstryd


Rugbywêreldkampioen 1999
Rugbywêreldbeker 1999  Australië

Statistiek

Finale puntestand

Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die 20 deelnemende nasionale rugbyspanne ná die Rugbywêreldbeker 1999.

Rugbywêreldbeker 1999 
Uitslag van die Rugbywêreldbeker 1999:

   Kampioen

   Naaswenner

   Derde plek

   Vierde plek

   Kwarteindrondte

   Nie deelgeneem nie

pers omfraiing: gekwalifiseer deur uitspeelwedstryde

   Verloorder van kwarteindrondte-uitspeelwedstryde

   Groepfase

Rang Span Groep S W G V P Drieë Doelskoppe Strafdoele Skepdoele
1 Rugbywêreldbeker 1999  Australië E 6 6 0 0 221 24 19 20 1
2 Rugbywêreldbeker 1999  Frankryk C 6 5 0 1 210 22 17 20 2
3 Rugbywêreldbeker 1999  Suid-Afrika A 6 5 0 1 219 21 18 18 8
4 Rugbywêreldbeker 1999  Nieu-Seeland B 6 4 0 2 255 29 22 22 0
In die kwarteindrondte uitgeskakel
5 Rugbywêreldbeker 1999  Engeland B 5 3 0 2 250 26 21 26 0
6 Rugbywêreldbeker 1999  Skotland A 5 3 0 2 173 20 14 12 3
7 Rugbywêreldbeker 1999  Argentinië D 5 3 0 2 137 6 4 32 1
8 Rugbywêreldbeker 1999  Wallis D 4 2 0 2 127 14 12 11 0
In die uitspeelrondte uitgeskakel
9 Rugbywêreldbeker 1999  Fidji C 4 2 0 2 148 17 15 10 1
10 Rugbywêreldbeker 1999   Ierland E 4 2 0 2 124 12 11 12 2
11 Rugbywêreldbeker 1999  Samoa D 4 2 0 2 117 13 11 10 0
In die groepfase uitgeskakel
12 Rugbywêreldbeker 1999  Kanada C 3 1 0 2 114 12 12 9 1
13 Rugbywêreldbeker 1999  Roemenië E 3 1 0 2 50 5 2 7 0
14 Rugbywêreldbeker 1999  Tonga B 3 1 0 2 47 4 3 6 1
15 Rugbywêreldbeker 1999  Uruguay A 3 1 0 2 42 4 2 6 0
16 Rugbywêreldbeker 1999  Verenigde State E 3 0 0 3 52 5 3 6 1
17 Rugbywêreldbeker 1999  Namibië C 3 0 0 3 42 4 2 6 0
18 Rugbywêreldbeker 1999  Japan D 3 0 0 3 36 2 1 8 0
19 Rugbywêreldbeker 1999  Italië B 3 0 0 3 35 2 2 7 0
20 Rugbywêreldbeker 1999  Spanje A 3 0 0 3 18 0 0 6 0
Algeheel 41 2417 242 191 258 21

Meeste punte en drieë

Meeste punte aangeteken:
Naam Punte
1 Rugbywêreldbeker 1999  Gonzalo Quesada 102
2 Rugbywêreldbeker 1999  Matt Burke 101
3 Rugbywêreldbeker 1999  Jannie de Beer 97
4 Rugbywêreldbeker 1999  Andrew Mehrtens 79
5 Rugbywêreldbeker 1999  Jonny Wilkinson 69
6 Rugbywêreldbeker 1999  Christophe Lamaison 65
7 Rugbywêreldbeker 1999  Silao Leaegailesolo 62
8 Rugbywêreldbeker 1999  Neil Jenkins 57
9 Rugbywêreldbeker 1999  Paul Grayson 54
10 Rugbywêreldbeker 1999  Kenny Logan 51
Meeste drieë gedruk:
Naam Drieë
1 Rugbywêreldbeker 1999  Jonah Lomu 8
2 Rugbywêreldbeker 1999  Jeff Wilson 6
3 Rugbywêreldbeker 1999  Viliame Satala 4
Rugbywêreldbeker 1999  Keith Wood
Rugbywêreldbeker 1999  Philippe Bernat-Salles
Rugbywêreldbeker 1999  Dan Luger
7 Rugbywêreldbeker 1999  Fero Lasagavibau 3
Rugbywêreldbeker 1999  Morgan Williams
Rugbywêreldbeker 1999  Toutai Kefu
Rugbywêreldbeker 1999  Martin Leslie
Rugbywêreldbeker 1999  Brian Lima
Rugbywêreldbeker 1999  Mark Taylor
Rugbywêreldbeker 1999  Phil Greening
Rugbywêreldbeker 1999  Cameron Murray
Rugbywêreldbeker 1999  Ben Tune
Rugbywêreldbeker 1999  Ugo Mola
Rugbywêreldbeker 1999  Émile Ntamack
Rugbywêreldbeker 1999  Joost van der Westhuizen

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) Gerald Davies (2004). The History of the Rugby World Cup. Sanctuary Publishing Ltd. ISBN 1-86074-602-0.
  • (en) Nick Farr-Jones (2003). Story of the Rugby World Cup. Australian Post Corporation. ISBN 0-642-36811-2.
  • (en) Grant Harding; David Williams (2000). The Toughest of Them All: New Zealand and South Africa: The Struggle for Rugby Supremacy. Auckland, Nieu-Seeland: Penguin Books. ISBN 978-0-14-029577-1.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  • (en) Lance Peatey (2011). In Pursuit of Bill: A Complete History of the Rugby World Cup. New Holland Publishers. ISBN 978-1-74257-191-1.

Eksterne skakels

Rugbywêreldbeker Rugbywêreldbeker 1999 

Australië / Nieu-Seeland 1987 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1991 • Suid-Afrika 1995 • Engeland / Frankryk / Ierland / Skotland / Wallis 1999 • Australië 2003 • Frankryk 2007 • Nieu-Seeland 2011 • Engeland / Wallis 2015 • Japan 2019 • Frankryk 2023 • Australië 2027Verenigde State 2031

Tags:

Rugbywêreldbeker 1999 ToewysingRugbywêreldbeker 1999 DeelnemersRugbywêreldbeker 1999 StadionsRugbywêreldbeker 1999 FormaatRugbywêreldbeker 1999 WedstrydbeamptesRugbywêreldbeker 1999 WedstrydeRugbywêreldbeker 1999 StatistiekRugbywêreldbeker 1999 Sien ookRugbywêreldbeker 1999 VerwysingsRugbywêreldbeker 1999 Verdere leesstofRugbywêreldbeker 1999 Eksterne skakelsRugbywêreldbeker 1999EngelandEngelsEuropaFrankrykFransIerlandIers-GaeliesRugbywêreldbekerRugbywêreldbeker 1991Rugbywêreldbeker 1995Sesnasies-toernooiSkotlandSkots-GaeliesWalliesWallisWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GrondwaterSuikersiekteOos-KaapVoorvoegselNatuurbewaringSiya KolisiDuitse maselsRivierBloemfonteinLLiewe HeksieJagluiperdGoudkus (streek)SirkelIdioomWaterbesoedelingEugenetikaKoolhidraatKoos BekkerHartseerKoorsblaarEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaVloeistofHeelgetalWeefselVingerseksLys van kinderspeletjiesSoogdierArmoedeverligtingSpysverteringstelselGewone breukeSlaginstrumentAfrikaanse taalleerSebraHipoteseBrongitisIndonesiëBaardskeerder-spinnekopMaroela MediaDermpoliepAkuutLeonardo da VinciVergelykings (taalkunde)BeesSpinnekopBTWLeestekenDuitslandAfrikaanse WikipediaDurbanPornografieMonumentWoordeboekHemelvaartsdagOseaanbesoedelingDepressie (gemoedstoestand)AssonansieSkoenlapperVolhoubare ontwikkelingDubbelpuntUnited Democratic FrontLys van medisinale kruieDemi Lee MooreToestand van materieGezina, PretoriaKaliumPeter SnydersDemokratiese Republiek die KongoVoortrekkermonumentLeierKatoenKunsmatige algemene intelligensieOu Apostoliese Kerk🡆 More