Walliese Rugbyunie

Die Walliese Rugbyunie (Engels: Welsh Rugby Union, afgekort “WRU”; Wallies: Undeb Rygbi Cymru) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Wallis beheer.

Die beheerliggaam is in 1881 gestig en by die Millennium-stadion]] in Cardiff gesetel. Sedert 1987 verteenwoordig dit Wallis by Wêreldrugby en ook by Rugby Europa (“RE”).

Walliese Rugbyunie
Kenteken van die Walliese Rugbyunie
Kenteken van die Walliese Rugbyunie
Engelse naam Welsh Rugby Union
Afkorting WRU
Walliese naam Undeb Rygbi Cymru
Land Vlag van Wallis Wallis
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Gestig op 12 Maart 1881
Gestig in Neath, Wallis
Lid van Wêreldrugby
Aangesluit in 1886 (Stigtingslid)
Vastelandse beheerliggaam Rugby Europa
Patroon William, Prins van Wallis
Voorsitter Richard Collier-Keywood
President Terry Cobner
Setel Millennium-stadion, Cardiff, Wallis
Amptelike tale Engels en Wallies
Amptelike webwerf wru.wales

Geskiedenis

Walliese Rugbyunie 
Die Walliese Rugbyunie is in 1881 in die Castle Hotel in Neath gestig

Die Walliese Rugbyunie is in 1881 gestig. In 1886 het die WRU saam met die Ierse Rugbyvoetbalunie (IRFU) en die Skotse Rugbyunie (SRU) die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR, nou Wêreldrugby) gestig. Met die aansluiting van die Fédération Internationale de Rugby Amateur (FIRA; nou Rugby Europa) by die IRR in 1999 het Wallis ook ’n lid van dié kontinentale beheerliggaam geword.

Taak

Walliese Rugbyunie 
Walliese rugbystreke

Die Walliese Rugbyunie organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Wallis se nasionale seniormansrugbyspan, vroue en jeug. Die WRU hou ook toesig oor sewesrugby in Wallis en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Britse Nasionale Olimpiese Komitee saam. Naas die amptelike nasionale span roep die WRU ook ander keurspanne byeen. Die Wales A is die tweede nasionale span van Wallis, hulle het egter sedert 2000 in geen wedstryd meer te staan gekom nie. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Wallis. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Wallis beskik oor ’n nasionale span vir studente, die Schoolboys, wat as ’n voorbereiding op die Walliese nasionale rugbyspan dien. Net soos ander rugbylande beskik Wallis oor ’n o/20-nasionale span wat aan die o/20-Sesnasies-toernooi en die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.

Die WRU hou toesig oor die vier professionelle rugbyspanne Cardiff Blues, Scarlets, Dragons en Ospreys wat aan die professionelle Liga Verenigde Rugbykampioenskap deelneem, saam met spanne uit Ierland, Italië, Skotland en Suid-Afrika. Bo die nasionale kampioenskap word jaarliks saam met klubs uit Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Suid-Afrika die Europese Rugbykampioenskapbeker en die Europese Rugbyuitdagingsbeker uitgespeel. Benede die Verenigde Rugbykampioenskap word die Walliese Premierafdeling uitgespeel, waaraan twaalf Walliese spanne deelneem.

Die Walliese Rugbyunie organiseer ook gereeld internasionale toernooie. Hulle het al opgetree as gasheer van die rugbywêreldbekertoernooie in 1991 en 1999 (albei saam met die ander destydse Vyfnasies), asook die Rugbywêreldbeker 2007 (saam met Frankryk en Skotland) en die Rugbywêreldbeker 2015 (saam met Engeland). Saam met die Engelse Rugbyvoetbalunie, die Franse Rugbyfederasie, die Ierse Rugbyvoetbalunie, die Italiaanse Rugbyfederasie en die Skotse Rugbyunie organiseer hulle die jaarlikse Sesnasies-toernooi, die vernaamste rugbytoernooi in die Noordelike Halfrond.

Dit word as ’n groot prestasie beskou om saam met die Britse en Ierse Leeus na die Suidelike Halfrond te toer, waar hulle sowat al om die vier jaar teen die Nieu-Seelandse All Blacks, die Suid-Afrikaanse Springbokke of die Australiese Wallabies speel.

Kenteken

Die Walliese truie is met die Prins van Wallis se vere geborduur, dié volstruisvere is in die 19de eeu deur die WRU bo ’n ander Walliese simbool, die prei, verkies om die land se lojaliteit aan die Verenigde Koninkryk te beklemtoon. In 1991 is die oorspronklike generiese motief met ’n meer gestileerde weergawe vervang om van die kenteken ’n handelsmerk te maak. Die oorspronklike leuse onder die vere was Ich dien (Duits vir: “Ek dien”), maar dit is in die nuwe ontwerp deur die hoofletters “WRU” vervang.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Walliese Rugbyunie GeskiedenisWalliese Rugbyunie TaakWalliese Rugbyunie KentekenWalliese Rugbyunie VerwysingsWalliese Rugbyunie Eksterne skakelsWalliese RugbyunieCardiffEngelsRugbyRugby EuropaSewesrugbyWalliesWallisWêreldrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeweldLys van landeAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeKwaZulu-NatalMetaalKlavierVitamienNic de JagerVlinderBevolkingsafnameHindoeïsmeLika BerningTuberkuloseOseaanbesoedelingFanie OlivierPseudowetenskapSharpeville-slagtingTuisbladBreinvliesontstekingWatersuiweringAnilingusGeelslangHoenderKlimaatOmgewingsgesondheidFinale OplossingPaarl GimnasiumGasLetterkundeCovid-19-pandemieWikiquoteWerkersdagBoelieryRonelda KamferPlaattektoniekAgtervoegselLys van Afrikaanse skrywersDroomKunsmatige algemene intelligensieHarry Herbert CrosbySwart nasionalismeMenslike seksuele gedragLongSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureSteenkoolSonenergieVulkaanGrondwaterLeestekenBiodiversiteitKraaiMeervoudKunsmatige intelligensieHormoonsiekteOrtopediePaddaEllipstekenJacobus Hendrik PierneefBritse en Amerikaanse maateenhedeAngolese BurgeroorlogDurbanWolkNedersettingAuschwitz-konsentrasiekampHipoteseMadison IvySeksismeKontrasTafelbergSeksuele penetrasieSnaarinstrumentAartappelWitbloedselKitaar🡆 More