Kaapmuiden is 'n dorp in die ooste van Mpumalanga, Suid-Afrika.
Die dorp is tussen die dorpe Malelane en Nelspruit geleë. Die dorp kry sy naam van die samevloeiing van die Kaaprivier by die Krokodilrivier, waarby die woord muiden mond beteken.
Kaapmuiden | |
---|---|
Koördinate: 25°31′55″S 31°20′0″O / 25.53194°S 31.33333°O 31°20′0″O / 25.53194°S 31.33333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Ehlanzeni |
Munisipaliteit | Nkomazi |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,18 km2 (0,07 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 270 |
• Digtheid | 1 500/km2 (4 000/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.7% |
• Bruin mense | 0.7% |
• Swart mense | 98.5% |
Taal (2011) | |
• Swazi | 88.5% |
• Ander | 11.5% |
Poskode (strate) | 1295 |
Skakelkode | 013 |
Die dorp lê op die hoofspoorlyn tussen Pretoria en Maputo. Hier tak twee spoorlyne af: 'n taklyn suidwes na Barberton en 'n taklyn noord na Soekmekaar. Die Barbertonlyn is in 1896 ingewy.
Die belangrikste gewasse is suikerriet, subtropiese vrugte en groente.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kaapmuiden, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.