Mpumalanga Krokodilrivier

Die Krokodilrivier is 'n groot rivier wat deur Mpumalanga, Suid-Afrika vloei.

Krokodilrivier
(en) Crocodile River
Krokodilrivier stroomop van die Kwenadam
Krokodilrivier stroomop van die Kwenadam
Krokodilrivier stroomop van die Kwenadam
Stroomgebied Suid-Afrika
Hoofrivier Komatirivier
Oorsprong Steenkampsberg, noord van Dullstroom
Sytak -links Mbiyamitirivier, Witrivier
Sytak -regs Elandsrivier, Kaaprivier
Monding Komatirivier
Ligging van Krokodilrivier op 'n kaart (Suid-Afrika)
Krokodilrivier
Krokodilrivier
Krokodilrivier se samevloei met die Komatirivier op die Mosambiekgrens.
Koördinate: 25°26′18″S 31°58′35″O / 25.43833°S 31.97639°O / -25.43833; 31.97639 31°58′35″O / 25.43833°S 31.97639°O / -25.43833; 31.97639

Oorsprong en roete

Die Krokodilrivier ontspring in die Steenkampsberge noord van Dullstroom, Mpumalanga, en is 'n takrivier van die Komatirivier. Dit staan ook bekend as die Krokodilrivier (Oos) om verwarring te voorkom met die Krokodilrivier in die weste van die ou Transvaal.

Mpumalanga Krokodilrivier 
Krokodilrivier vanuit Marlothpark gesien.

Die Krokodilrivier in Mpumalanga het 'n opvanggebied van 10 446 km2. Stroomop is die gewilde forelhengelplekke rondom Dullstroom. Na die Kwenadam vloei die rivier deur Schoemanskloof, oor die Montrose-waterval na die Laeveldse landbougebied. Die stelselmatige afname in die rivier se volume is waarskynlik a.g.v. wateronttrekking vir landboubesproeiing en natlei van vrugteboorde. Daarna vloei dit deur Nelspruit se nywerheidsgebied, dan langs die suidelike Krugerwildtuingrens en groot suikerrietplantasies, en naby Komatipoort vloei die rivier in die Komatirivier in.

Toerisme-aantreklikhede langs die Krokodil

Mpumalanga Krokodilrivier 
Krokodilrivier vanuit Ngwenya Lodge gesien
Mpumalanga Krokodilrivier 
Krokodilrivier vanaf Malalane gesien
Mpumalanga Krokodilrivier 
'n Nylkrokodil lê en bak in die son op die oewer van die Krokodilrivier naby Malalane

Die rivier vorm die volle suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die oewer verskaf uitstekende wildkykgeleenthede, aangesien diere vrylik tussen die Krugerwildtuin en privaat reservate ten suide rondbeweeg.

Gewilde plekke sluit in:

  1. Leopard Creek Gholfbaan, deur Gary Player ontwerp.
  2. Malelaneruskamp in die Krugerwildtuin
  3. Marlothpark (Landgoed en wildbewaringsgebied)
  4. Ngwenya Lodge ('n tyddeeloord)
  5. Krokodilbrugruskamp in die Krugerwildtuin

Sytakke

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Mpumalanga Krokodilrivier Oorsprong en roeteMpumalanga Krokodilrivier Toerisme-aantreklikhede langs die KrokodilMpumalanga Krokodilrivier SytakkeMpumalanga Krokodilrivier VerwysingsMpumalanga Krokodilrivier Eksterne skakelsMpumalanga KrokodilrivierMpumalangaRivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SwartkwasmuishondEllipstekenLys van myne in Suid-AfrikaMeervoudSkisofrenieJeugdagLys van Afrikaanse rolprenteElon MuskMenseregtedagSwawelRooibokCheslin KolbeSlawernyWater (molekuul)Weer (meteorologie)Seksuele opwekkingBreinkaartPseudowetenskapReënspinnekopOos-KaapJeanette FerreiraSeekoeiSprokieNapoleon BonaparteMensKindersiektesEnkelvoudige sinGrondKlimaatsverandering in AfrikaMisdaadromanHerpes simplexEkonomie van Suid-AfrikaAngssteuringProstaatkankerVerkleurmannetjieAngina pectorisKrugerwildtuinVakbondMonoloogFisiese oefeningVaginaSnaarinstrumentWikimedia-stigtingDistillasieBesoedelingVryheidsdagCounter-Strike 2Lys van Nederlandse skildersFiela se kind (rolprent)Gewone breukePerdebyeErektiele disfunksiePubiese hareAfvalbestuurRamsar-vleilande in Suid-AfrikaTydDesimale breukeErosietipesGoudkus (streek)Vlekvrye staalAnti-inflammatoriese middelMIVPornografiese akteurGalblaasBywoordBek-en-klouseerAnale seksBosluisbytkoorsKlimaatPinksterAborsie in Suid-AfrikaMalariaHondeklipbaai🡆 More