Die Gereformeerde kerk Komatipoort is die sesde jongste gemeente in die GKSA en was einde 2015, toe hier 177 belydende en 44 en dooplidmate was, die agtste grootste van die 16 gemeentes in dié Klassis.
Buiten die hoofdorp, Komatipoort waar die kerkgebou is, sluit die gemeentegrense ook Malelane, die noordelike deel van Swaziland, die suide van die Krugerwildtuin, suidelike deel van Mosambiek, Hectorspruit en Kaapmuiden in.
Gereformeerde Kerk Komatipoort | ||
Sluit in | Hectorspruit Kaapmuiden Komatipoort Malelane eSwatini (noorde) Krugerwildtuin (suide) Mosambiek (suide) | |
Klassis | Lydenburg | |
Huidige predikant(e) | Gerhard van Rhyn | |
Belydende lidmate | 144 | |
Dooplidmate | 33 | |
Adres | Rissikstraat 94 Komatipoort | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1961 | |
Afgestig van | Barberton | |
Eerste predikant | N.J. Grobler 1961–1962 |
Tot 1961 het Gereformeerde lidmate op en om Komatipoort en Malelane deel uitgemaak van die Gereformeerde kerk Barberton, maar die begeerte om selfstandig ’n gemeente te word, het ál dringender geword al het Barberton in 1960 uit net 87 belydende en 62 dooplidmate bestaan, skaars genoeg om met Komatipoort en Malelane as afsonderlike gemeente te bestaan. So het die Gereformeerde kerk Komatipoort met Malelane as wyk in daardie jaar afgestig van die Gereformeerde kerk Barberton. Die lidmaattal was aan die begin so klein dat eredienste waargeneem is in ’n klaskamer van die plaaslike skool.
Later is wel besluit om ’n kerkgebou op te rig en in 1966 is dié gebou voltooi en op 4 Junie daardie jaar in gebruik geneem. Ds. J.H. van der Walt het die hoeksteen onthul. G.T. de Villiers het die gebou ontwerp en oudl. S.J. Delport het die leiding geneem met die bouwerk. Dié gebou het bestaan uit die kerkie, ablusiegeriewe en ’n klein konsistorie.
In 1990 is ’n saal aangebou, die ou konsistorie uitgebreek en die kerk vergroot. Later is ook ’n moederskamer met twee toiletvertrekke aangebou.
In Oktober 1975 is die eerste, eenvoudige preekstoel vervang deur ’n grotere van kiaat. ’n Lidmaat, A.J.J. (oom At) Potgieter het dit geskenk. Skenkings en bydraes uit die gemeente die bou van die saal moontlik gemaak.
Eers het die gemeente ’n pastorie gehuur, maar later is besluit om ’n eie pastorie te bou. Oudl. S.J. Delport het die leiding geneem met die bou van die pastorie soos hy ook gemaak het met die kerkbou. Dit is in 1982 voltooi.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Komatipoort, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.