Gereformeerde Kerk Barberton

Die Gereformeerde kerk Barberton is ’n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die dorp Barberton in Mpumalanga, maar dit sluit ook omliggende nedersettings soos Kaapmuiden in asook die sentraal-westelike deel van eSwatini.

Gereformeerde Kerk
Barberton
Gereformeerde Kerk Barberton
Sluit in  Bulembu
De Kaapvallei
Diepgezet
Havelock
Jacobsdal
Kaapmuiden
Low's Creek
Nelshoogte
Sentraal-Wes-Eswatini
Klassis  Lydenburg
Huidige predikant(e)  Thys Lourens
Thys Erasmus
In kombinasie met  Nelspruit
Belydende lidmate  49
Dooplidmate  9
Adres Stanleystraat 1
Barberton
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1945
Afgestig van  Carolina
Eerste predikant  G.P. Scheepers 1948–1952
Gereformeerde Kerk Barberton
Die Gereformeerde kerk Barberton.
Gereformeerde Kerk Barberton
Ds. G.P. Scheepers, leraar van 1948 tot 1952 (in kombinasie met Ermelo en Carolina).
Gereformeerde Kerk Barberton
Ds. J.H. van der Walt, leraar van 1963 tot 1969.

Barberton het in 1945 met 17 belydende en 17 dooplidmate van die Gereformeerde kerk Carolina afgestig. Einde 2015 was hier 14 dooplidmate (drie minder as 'n jaar vantevore), maar die belydende lidmate het op 65 gestaan (drie meer as 'n jaar vantevore), nadat dit einde 1997 onderskeidelik 79 en 143 was.

Aan die begin het lidmate in ’n saal op die gevangenisterrein, in die hofsaal, in die landdros se woonhuis en in die NG gemeente se kerksaal vir eredienste bymekaargekom.

Net vier jaar ná afstigting kon die gemeente ’n kerkgebou oprig en in gebruik geneem. Omdat die lidmaattal destyds mooi toegeneem is, is dié gebou later vergroot. Danksy die tweede vergroting, in die jare 1970, bied dit nou sitplek aan 250 kerkgangers. Daar is ’n besonder mooi pyporrel in die kerk. Dié gebou se koste is deur die vrouelidmate gedra, wat geld ingesamel het met die bak en verkoop van koeksisters en melkterte.

Eredienste vind elke Sondag om 9 uur plaas in die kerkgebou te Stanleystraat 1.

Predikante

  1. Scheepers, Gideon Petrus, 1948 – 1952
  2. Van der Walt, Jan Hendrik, 1963 – 1969
  3. Van der Walt, Louis Jacobus, 1969 – 1975
  4. Denkema, Francois, 1975 – 1981 (in kombinasie met Komatipoort)
  5. Venter, Zacharias Christiaan, 1981 – 1989
  6. Krüger, dr. Abraham Jacobus, 1989 – 2002
  7. Kruger, Christiaan, 2002 – 2007 (bedieningsooreenkoms met Nelspruit)
  8. Smit, Erasmus Johannes, 2002 – 2007 (bedieningsooreenkoms met Nelspruit)
  9. Lessing, Francois Jacobus Du Toit, 2007 – 2012 (deeltyds, afgetrede bedienaar)
  10. Erasmus, Matthys Jacobus, 2013 – hede (in kombinasie met Nelspruit)
  11. Lourens, Thys, 2018 – hede (in kombinasie met Nelspruit)

Bronne

Sien ook

Tags:

BarbertonESwatiniGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaKaapmuidenMpumalanga

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Spelerposisies in rugbySelfkonsepVerlede tydOntbossingGenitale vratFranse RewolusieWeervoorspellingWhatsAppLeeudoringstad-spoorwegrampLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierDiamantGroepsdrukPresident van Suid-AfrikaOm-te-infinitiefkonstruksieEk is 'n Afrikaan (toespraak)GeslagVerkleinwoordHindoeïsmeImpakte van toerismeWieg van die MensdomYouTubeCholeraWerkloosheidSelBeaufortskaalGeelsugUnited Democratic FrontPeriodieke tabelTydsoneDroogteBernice WestSkoenlapperLongontstekingPretoriaNatuurbewaringNoag se arkLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsHemelvaartsdagBrandmondsindroomFinale OplossingDomkragKriekRacheltjie de BeerLabia (geslagsdele)GrondsoorteJohannesburgSkilpadWoordeboek van die Afrikaanse TaalNatuurlike hulpbronAfrikaanse taalleerAfrikaanse woordelys en spelreëlsMaselsMassaWoordWiki CommonsMenslike skeletVaginale kankerStilleweSpringbokAfrikaanse WikipediaLys van elemente volgens simboolSimboolAborsie in Suid-AfrikaGeografie van Suid-AfrikaAgtervoegselVeelvoudige sinVoedselkettingSwart menseNamibiëJan van RiebeeckWaarheid-en-versoeningskommissieTrein🡆 More