Canon Eos 70D

Die Canon EOS 70D is 'n digitale enkellensreflekskamera wat op 2 Julie 2013 deur Canon vrygestel is teen 'n voorgestelde kleinhandelprys van VS$1 199.

As deel van die Canon EOS tweesyferlyn, is dit die opvolger van die EOS 60D en die voorganger van die EOS 80D.

Canon EOS 70D
Canon Eos 70D
Model Canon EOS 70D
Tipe Digitale Enkellensreflekskamera
Sensorsoort CMOS
Sensorgrootte 22.5 × 15.0 mm
(APS-C-formaat)
Stoormedium SD/SDHC/SDXC
(ondersteun UHS-I bus)
Beeldverwerker DIGIC 5+
Resolusie 5472 × 3648 pieksels (20.2 effektiewe megapieksels)
Lens Omruilbare (EF en EF-S)
Flits E-TTL II outo-opwip ingebou / ekstern
Sluiter Elektroniese fokusvlak
Sluiterspektrum 1/8000 s – 30 s en gloeilamp; X-sync teen 1/250 s.
Meting TTL vollensopening, 63 sone iFCL SPC
Beligtingsmodusse Volouto, Portret, Landskap, Naby, Sport, Nagportret, Geen flits, Kreatiewe outo, Program AE, Sluiterprioriteit, Lensopeningprioriteit, Hand, Gloeilamp-geaktiveer, Rolprent (movie)
Metermodusse Evaluerende 35-sone, gedeeltelik, senter-geweegde gemiddeld
Fokusareas 19 oorkruis-AF-fokuspunte
Fokusmodusse Enkelskoot, AI-fokus, AI Servo, Lewendige sig (FlexiZone - Multi, FlexiZone - Single, Face detection, AF Quick, Movie Servo), hand
Deurlopende skiet 7.0 rame/s vir 40 JPEG-rame of vir 15 RAW-rame
Beeldsoeker Ooghoogte pentaprisma met 98% dekking en 0.95x vergroting / LCD (lewendige voorskou)
Spoedspektrum 100 – 12800 in 1/3 stop inkremente (rekbaar tot H: 25600)
Flitsgroepering N/A
Witbalans Outo, Daglig, Skadu, Bewolk, Tungsten, Wit Fluoressent, Flits, °Kelvin (2500 – 10000°K in 100°K stappe)
Witbalans-
groepering
Ja
LCD-skerm 3.0" (7.7 cm) Clear View II TFT-kleur veelhoek LCD raakskerm met 1.040.000 kolletjies
Battery Litiumioon LP-E6 herlaaibaar (1800 mAh)
Opsionele batterypakke BG-E14 batterygreep laat die gebruik van 6 AA selle, een LP-E6 battery of twee LP-E6 batterye toe
Massa 675 g (bak alleen)
Prys VS$1199/€1099/£1080 (bak alleen)

Die EOS 70D is die bekendstellingsplatform vir Canon se "Dual Pixel CMOS Autofocus", wat 'n groot verbetering in fokusspoed bied in lewendige sig ("Live View"), beide vir foto's en video. By groot openinge soos f/1.8, bied die 70D se Dual Pixel CMOS Autofocus 'n beduidende verbetering in fokusakkuraatheid en konsekwentheid oor konvensionele outofokus.

Die 70D kan aangekoop word as 'n liggaam alleen, of in 'n stel met 'n EF-S 18-55mm f/3.5-5.6 IS STM lens, EF-S 18-135mm f/3.5-5.6 IS STM lens, en/of die EF-S 18-200mm f/3.5-5.6 IS lens.

Funksies

In vergelyking met die EOS 60D, is die volgende veranderinge aangebring:

  • Beter resolusie met 'n 20.2 MP CMOS Sensor (60D het 18.1 LP)
  • DIGIC 5+ beeldverwerker (DIGIC 4 op 60D)
  • 19-punt AF-stelsel, almal kruistipe teen f/5.6. Sentrumpunt is 'n hoë presisie, dubbelkruistipe teen f/2.8 of vinniger. (9 punte, almal kruistipe op 60D)
  • 98% soekdekking, 0.95× vergroting (96% dekking met dieselfde vergroting vir 60D)
  • Vinniger deurlopende skiet teen 7.0 fps (5.3 fps op die 60D)
  • Ingeboude Wi-Fi (nie op die 60D)
  • 3.0" vari-hoek Clear View II LCD-raakskerm (geen raakskerm op die 60D)
  • Maksimum sensorsensitiwiteit verhoog tot ISO 12800 maksimum (H: 25600 uitgebrei) – vergelyk met 6400 (H: 12800 uitgebrei) op die 60D
  • Nuwe "Dual Pixel CMOS AF" (slegs standaard kontras-opsporing in lewendige sig op 60D)
    • Laat die gebruik toe van hoë presisie fase-opsporing outofokus in lewendige sig, funksioneel oor 80% van die raam af na 0 EV en f/11
  • Volle HD Movies EOS
    • Digitale Zoem in die moewiemodus — bied 'n volle HD-krop uit die sentrum van die sensor vir 'n geskatte 3x zoem met geen verlies van kwaliteit van die prent, plus 'n digitaalgeïnterpoleerde 10x zoem (voorheen slegs beskikbaar op die 600D/Rebel T3i)
  • AF mikroverstelling (is ingestel op die 50D, maar nie teenwoordig by die 60D nie)
    • Die 70D kan mikroverstel by beide brandpuntuiterstes van die dieselfde zoemlens.
  • HDR (nie beskikbaar in-kamera op die 60D)
  • Multi-blootstellingsmodus (nie beskikbaar op die 60D)
  • Beligtingsgroepering van tot 7 rame (3 rame vir die 60D)
  • Een SD/SDHC/SDXC kaartgleuf, ondersteun die UHS-I bus (UHS-I ondersteun is 'n opgradering in vergelyking met die 60D)
  • Eksterne 3.5 mm stereo-mikrofoonsok.
  • Soekvlakaanwyser. Die aanduier bly steeds aktief in outofokus totdat die sluiter vrygestel word. (In vroeëre Canonliggame met hierdie funksie, het die aanwyser slegs ten volle aktief gebly in die handfokusmodus; in outofokus het die aanwyser uit sig verdwyn wanneer die sluiterknoppie halfpad ingedruk is vir outofokus.)

Verwysings


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

CanonCanon EOSCanon EOS 60DCanon EOS 80DDigitale kameraEnkellensreflekskamera

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cristiano RonaldoFrankrykAborsieRassismeTolla van der MerwePenetrasieVaginaDeon GrootGregoriaanse kalenderKaapstadse waterkrisis 2015-2018GriekelandSendelingposisieZVlermuisSiya KolisiJeugdagVoortrekkermonumentSuikerbekkiesSatellietAuschwitz-konsentrasiekampKoorsblaar2023 Azerbeidjanse Grand PrixXElzette MaarschalkAluminiumEreksieWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVlag van Suid-AfrikaGeskiedenis van AfrikaansKlimaatveranderingBaarmoederGoogleWikibooksKamphoerGordelroosDramaDoelwitGewone kwikkieDiarreeLewerKankerSwartbewussynsbewegingLeonardo da Vinci7de LaanWetenskaplike klassifikasieEugenetikaAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePlaasjapieMiljardOrgasmeLetterkundePiet-my-vrouGesonde dieetLiewe HeksieSlotmasjienBethalPornografiese akteurKlipwerfSiekteProstaatmasseringBetteridge se opskrifwetNarsistiese persoonlikheidsteuringProstaatkankerVolstruisVoyeurismeDeneysvilleEngelsOlifantLetterlike en figuurlike taalgebruikNommertekenTaalAkroniemDieregeluideMieliestronkAkkedisSaraiki🡆 More