Suikerbekkies

Nectariniidae is 'n familie van voëls wat aan die orde van sangvoëls behoort.

Die meeste spesies kom in Afrika, Suid- en Suidoos-Asië voor, hoewel enkele spesies ook in die noorde van Australië voorkom. In Suid-Afrika word hulle suikerbekkies genoem.

Suikerbekkies en spinnekopjagters
Suikerbekkies
'n Geelpenssuikerbekkie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Suborde:
Passeri
Familie:
Nectariniidae

Vigors, 1825
Genera

15, sien teks

Suikerbekkies (familie Nectariniidae) is klein voëls soortgelyk aan die kolibries van Amerika, maar hulle kom in Afrika, Asië en Australië en op omliggende eilande voor. Kenmerkend is die lang, geboë snawels en buisvormige tonge waarmee nektar uit blomme gesuig word.

Suikerbekkies bestuif plante soos die bontkouterie en drink hoofsaaklik die nektar van blomme, maar sal ook insekte en spinnekoppe vreet, veral as hulle hul kleintjies voer. Blomkelke wat nie maklik toeganklik is nie word eenvoudig aan die agterkant naby die nektar oopgepik. 'n Paar spesies eet ook vrugte. Die meeste spesies kan nektar in vlug neem, maar hulle sit gewoonlik terwyl hulle voed. Hulle kan vinnig en direk met hul kort vlerke vlieg.

Die snawelpunt is baie skerp en as 'n kelk baie diep is, boor die voëls 'n gaatjie langs die kant daarvan. Deur hul gereelde blombesoeke dra suikerbekkies net soos die Amerikaanse kolibries by tot die bestuiwingsproses.

Die mannetjies van die meeste spesies het 'n blink, veelkleurige veredrag, terwyl die wyfies gewoonlik vaal en onopvallend is. Die voëls word meestal in pare aangetref en hulle bou hul nes gesamentlik. Die wyfie broei haar 2 eiers alleen uit, maar die mannetjie help met die versorging van die kleintjies.

In Suider-Afrika word sowat 20 spesies aangetref. Baie bekende verteenwoordigers in Suid-Afrika is onder meer die jangroentjie (Nectarinia famosa), 'n blinkgroen voël wat ook dikwels in voorstedelike tuine aangetref word, die baie kleurryke en blink maricosuikerbekkie (Cinnyris mariquensis) en die rooiborssuikerbekkie (Chalcomitra senegalensis), wat 'n opvallende, helderrooi bors het.

Een van die mooiste spesies is die oranjeborssuikerbekkie (Anthobaphes violacea), wat langs die Kaapse suidkus voorkom. Die mannetjie het 'n blinkgroen kop en nek, olyfgroen rug en vlerke, 'n pers bors en 'n oranje en geel pens. Die wyfie is olyfkleurig.

Genera

Suikerbekkies 
'n Grootrooibandsuikerbekkie.
Suikerbekkies 
'n Olyfsuikerbekkie.
Suikerbekkies 
'n Purperbandsuikerbekkie.
Suikerbekkies 
'n Witpenssuikerbekkie.

Lys van genera wat onder die familie ressorteer:

  • Aethopyga (18 spesies)
  • Anabathmis (3 spesies)
  • Anthobaphes (een spesies)
  • Anthreptes (14 spesies)
  • Arachnothera (spinnekopjagers, tien spesies)
  • Chalcomitra (7 spesies)
  • Chalcoparia (een spesie)
  • Cinnyris (meer as 50 spesies)
  • Cyanomitra (sewe spesies)
  • Deleornis (twee spesies)
  • Drepanorhynchus (een spesie)
  • Dreptes (een spesie)
  • Hedydipna (vier spesies wat in Afrika en Arabië voorkom)
  • Hypogramma (een spesie)
  • Leptocoma (vier spesies)
  • Nectarinia (ses spesies)

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van AfrikaansBorskankerAfrikaansAkademiaAgtervoegselVarkgriepWoordeboek van die Afrikaanse TaalKankerGeskiedenis van die BoererepubliekeALys van musiekinstrumentePerdIdioomLys van lande volgens bevolkingCSSArmoedeTweede Nuwe JaarVerdampingFopnuusLys van bekende Suid-AfrikanersHibernasieSuiwelprodukNasionale PartyBestaansboerderyAfrikaanse woordelys en spelreëlsSaldanhabaaiKlimaatsverandering in AfrikaKaliumProsaCarike KeuzenkampPsigopatieWieg van die MensdomFinansiële staatTweede VryheidsoorlogTelwoordSelfmoordAnette EngelbrechtPerdebyeDanie du ToitKaren MeiringKrieketAndré JacobsSirkelSiya KolisiKoos KombuisWindVerenigde State van AmerikaOnomatopeeSwartbewussynsbewegingSwaweldioksiedGlobaliseringSteentydperkAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeVerstedelikingPikkewynMynbouJavaScriptWikipediaGreen PornoSwangerskapSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieMetaalJan de WetTrevor ManuelKernkragSpysverteringstelselJudaïsmeHerpes simplexBesoedelingHamilton WesselsJoseph LynchGriekse mitologieWalt DisneyWilna SnymanMonopolieRivier🡆 More