Die Canon EOS 600D is 'n 18.0 megapieksel digitale enkellensreflekskamera, wat op 7 Februarie 2011 deur Canon vrygestel is.
Dit is bekend as die EOS Kiss X5 in Japan en die EOS Rebel T3i in Noord-Amerika. Die 600D is die tweede Canon EOS kamera met 'n artikulerende LCD-skerm en vervang die 550D, hoewel die vorige model nie gestaak is tot Junie 2012, toe die opvolger van die 600D, die 650D, bekend gestel is nie.
Model | Canon EOS 600D/EOS Rebel T3i/EOS Kiss X5 |
---|---|
Tipe | Digitale enkellensreflekskamera |
Beeldsensor | CMOS APS-C 22.3 × 14.9 mm (1.6× omrekenfaktor) |
Stoormedium | SD-kaart, SDHC, SDXC |
Resolusie | 5,184×3,456 (18.0 effektiewe megapieksels) |
Lens | Canon EF-lenspassing, Canon EF-S lenspassing |
Flits | E-TTL II ingeboude outomatiese opwip |
Sluiter | fokusvlak |
Sluiterspektrum | 1/4000 tot 30 sek en gloeilamp, 1/200 s X-sync |
Meting | Volle lensopening TTL, 63-sone SPC |
Beligtingsmodusse | Volouto, Portret, Landskap (Daglig, Skadu, Bewolk, Sonsondergang, Bestek), Naby, Sport, Nagportret, Geen flits, Program AE, Sluiterprioriteit Lensopeningprioriteit, Hand, Outo-velddiepte, Movie |
Metermodusse | Evaluerend, Spot, Gedeeltelik (9% teen senter) en senter-geweegde gemiddeld |
Fokusareas | 9 AF-fokuspunte, (f/5.6 kruistipe op middelpunt, ekstra sensitiwiteit by f/2.8) |
Fokusmodusse | Enkelskoot, AI Servo, Lewendige voorskou, Outo en Hand |
Deurlopende skiet | 3.7 raampies/s, vir 34 JPEG of 6 rou raampies |
Beeldsoeker | Optiese pentaspieël 95% dekking, 0.85x vergroting, en elektroniese lewendige voorskou |
Spoedspektrum | ISO 100 tot 6400 |
Flitsgroepering | Ja |
Witbalans | Outo, Daglig, Skadu, Bewolk, Tungstenlig, Wit Fluoreseerlig, Flits, & handvoorkies |
Witbalans- groepering | ± 3 stoppe vir 3 raampies |
LCD-skerm | 3" 3:2 kleur TFT LCD, 1,040,000 kolletjies, geartikuleerd |
Battery | LP-E8 litiumioon herlaaibattery |
Opsionele batterypakke | BG-E8 batterygreep |
Massa | 560 g (insl. battery en kaart) |
Oorsprong | Taiwan/Japan |
Die opvolger van Canon EOS 600D is die Canon EOS 650D, toegerus met 'n nuut-ontwikkelde hibriede CMOS sensor wat voltydse outofokus in staat gestel het tydens video. Die DIGIC V beeldverwerker bied 'n deurlopende skietspoed van 5 rame/sek en is in staat om HDR foto's met net een kliek van die sluiterknoppie te neem.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Canon EOS 600D, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.