Beiere

Beiere (Beiers en Duits: Bayern, , luister (hulp·inligting)), amptelik die Vrystaat Beiere (Beiers en Duits: Freistaat Bayern, , luister (hulp·inligting)), is die grootste deelstaat van Duitsland wat die hele suidooste van die land beslaan, met 'n oppervlakte van 70 541 vierkante kilometer en 'n bevolking van meer as 13 miljoen.

Dit word in die noorde begrens deur die deelstate Thüringen en Sakse, in die ooste deur die Tsjeggiese Republiek, in die suide en suidooste deur Oostenryk (van wes na oos: Vorarlberg, Tirol, Salzburg en Opper-Oostenryk) en in die weste deur die deelstate Hesse en Baden-Württemberg.

Freistaat Bayern
Vrystaat Beiere
Landsvlae Landswapens
Streifenflagge des Freistaates Bayern
Streifenflagge
Rautenflagge des Freistaates Bayern
Rautenflagge
Großes Staatswappen des Freistaates Bayern
Großes Staatswappen
Kleines Staatswappen
Kleines Staatswappen

Kleines Staatswappen
(Besonderhede) (Besonderhede)
Basiese gegewens
Hoofstad: München
Stigting: 1949
Oppervlak: 70 541,57 km²
1ste in Duitsland
Bevolking: 13 369 393 (31 Desember 2022)
2de in Duitsland
Bevolkingsdigtheid: 190 inwoners per km² 11de in Duitsland
Volkslied (Landeshymne): Gott mit dir, du Land der Bayern
BIP
 - Totaal
 - Aandeel aan Duitse BIP
2021
661,5 miljard €

18,5%
Skuldlas per inwoner: 987 € (31 Desember 2019)
Totale skuldlas: 12,926 miljard € (31 Desember 2019)
Werkloosheid: 3,3% (Oktober 2023)
ISO 3166-2: DE-BY
Amptelike webwerf: www.bayern.de
Politiek
Eerste minister: Markus Söder (CSU)
President van die Landtag: Ilse Aigner (CSU)
Regerende partye: CSU en Freie Wähler (FW)
Setels in die parlement (Landtag)
(203 setels) (2018: 205 setels):
CSU 85 (2018: 85)
Bündnis 90/Die Grünen 32 (38)
Freie Wähler 37 (27)
AfD 32 (22)
SPD 17 (22)
Laaste verkiesing: 8 Oktober 2023
Volgende verkiesing: Laat in 2028
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 6 (van 69)
Kaart
Beiere
Beiere
Die Benediktyne-klooster Banz noord van Bamberg. Beiere was oorspronklik 'n oorwegend Rooms-Katolieke staat wat 'n godsdienstige en politieke teengewig teen die merendeels Protestantse Pruise gevorm het. As gevolg van toenemende sekularisering het die aandeel Katolieke inwoners tussen 1970 en 2011 van 70 tot 54 persent gedaal, twintig persent is lidmate van Protestantse kerke

München aan die Isarrivier is die deelstaatparlements- en regeringsetel asook die grootste stad van Beiere met 'n bevolking van meer as 1,4 miljoen.

Die huidige Vrystaat Beiere – met die term Freistaat is geen besondere regtelike status binne Duitsland se federale struktuur met sestien deelstate verbonde nie aangesien alle deelstate gelyke regte geniet – het sy historiese wortels in 'n verskeidenheid histories selfstandige politieke entiteite waarvan elkeen deur die eeue heen sy eie tradisies en kenmerke ontwikkel het.

Geskiedenis

Drie groot historiese volkstamme en hul gebiede is in die huidige deelstaat verenig: die naamgewende Beiere, die Franke en die Swabe. Al drie het oor die eeue heen onafhanklik van mekaar ontwikkel, hoewel daar ook strukture oor stamgrense heen gevorm is soos byvoorbeeld ten opsigte van kerkorganisasie.

Die moderne Beierse staat, soms ook Staatsbayern of Staatsbeiere genoem, is eers in die tyd van die Franse Rewolusie gevorm, waarby Napoleon Bonaparte en die invloedryke Beierse minister Maximilian Joseph Graf Montgelas (1759–1838) 'n beslissende rol gespeel het. Met die stigting van die Vrystaat Beiere in 1946 en sy toetreding tot die Bondsrepubliek Duitsland drie jaar later het die enigste Duitse deelstaat (behalwe vir die twee Hanse-stadstate in Noord-Duitsland, Bremen en Hamburg) ontstaan wat as politieke entiteit aanspraak kan maak op historiese kontinuïteit.

Nogtans het Beiere ná die Tweede Wêreldoorlog in 'n spanningsveld tussen tradisies en modernisering gestaan. Die uitdaging was om 'n staat met 'n sterk agrariese karakter en min nywerhede, 'n hoë werkloosheidsyfer en lae belastinginkomste te moderniseer. Hierdie proses het gepaard gegaan (en is bevorder) deur 'n ongekende bevolkingsgeroei. Tussen 1950 en 2018 het die Beierse bevolking toegeneem van nege tot dertien miljoen. Twee miljoen vlugtelinge uit vroëere Ryksgebiede en aangrensende streke – van wie die helfte uit die Sudetengau afkomstig was – het hulle kort ná die oorlog in die deelstaat gevestig. In die volgende dekades het ook binnemigrasie uit ander deelstate en migrasie oor grense heen bygedra tot die bevolkingsaanwas. Tans is sowat 1,8 miljoen buitelanders in Beiere woonagtig.

Ekonomie

Toerisme

Die Beierse toerismebedryf, wat werk aan sowat 600 000 mense verskaf, het in 2017 rekordsyfers behaal met meer as 37,2 miljoen besoekers. Die deelstaat is die gewildste bestemming vir buitelandse toeriste in Duitsland – met 19,1 miljoen geregistreerde oornagtings in 2017. Die aandeel van buitelandse besoekers aan alle oornagtings het van 14,1 persent in 2004 gestyg tot 20,3 persent in 2017.

Susterstreke

Susterstreke van Beiere
Beiere  Shandong Beiere  Volksrepubliek China 1987
Beiere  Quebec Beiere  Kanada 1989
Beiere  Wes-Kaap Beiere  Suid-Afrika 1995
Beiere  Gauteng Beiere  Suid-Afrika 1995
Beiere  São Paulo Beiere  Brasilië 1997
Beiere  Kalifornië Beiere  Verenigde State 1998
Beiere  Guangdong Beiere  Volksrepubliek China 2004
Beiere  Karnataka Beiere  Indië 2007

Verwysings

Eksterne skakels

Deelstate van Duitsland Beiere 

Beiere  Baden-Württemberg | Beiere  Beiere | Beiere  Berlyn | Beiere  Brandenburg | Beiere  Bremen | Beiere  Hamburg | Beiere  Hesse | Beiere  Mecklenburg-Voorpommere | Beiere  Nedersakse | Beiere  Noordryn-Wesfale | Beiere  Rynland-Palts | Beiere  Saarland | Beiere  Sakse | Beiere  Sakse-Anhalt | Beiere  Sleeswyk-Holstein | Beiere  Thüringen

Voormalige deelstate
Beiere  Baden | Beiere  Wes-Berlyn (de facto) | Beiere  Württemberg-Baden | Beiere  Württemberg-Hohenzollern

Tags:

Beiere GeskiedenisBeiere EkonomieBeiere SusterstrekeBeiere VerwysingsBeiere Eksterne skakelsBeiereBaden-WürttembergBeiersDe-Bayern.oggDuitsDuitslandFreistaat Bayern.oggHesseLêer:De-Bayern.oggLêer:Freistaat Bayern.oggOostenrykOpper-OostenrykSakseSalzburg (deelstaat)ThüringenTirolTsjeggiëVorarlbergWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MiddeloorontstekingStaatstoelaeJohannesburg20ste eeuSkildklierVlinderCradock-4BeesvleisJaco JacobsNag van die lang messeXhosasDigtheidGasThys die BosveldklongIngenieursweseNasiebouSuid-Afrikaanse InkomstediensHaaieSkaapInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandDataverwerkingLieweheersbesieBelastingGesonde dieetAntoniemVisPropagandaCovid-19-pandemieEkostelselSiya KolisiAppelLys van kinderspeletjiesVerenigde KoninkrykPotchefstroomLeierskapWaterstofHoenderRookgewoontePornografieReënWeervoorspellingKompasDrinkwatervoorsieningWikiSeksposisieRuan PienaarBloemfonteinPriemgetalHannes van WykGroepsgebiedewetJagluiperdToerismeDiskriminasieTemperatuurThomas EdisonVratRenosterAnilingusKaartLys van Afrikaanse rolprenteBruto binnelandse produkKoolhidraatVoorsetselSwangerskapBateHibernasieDeelwoordWet op NaturellengrondKlein gekolde katInleiding tot die genetikaTuberkuloseRobbeneilandPerdNatriumtiosulfaatKomplementêre kleurePiesangUitwerking van klimaatsveranderingRuimte🡆 More