Vorarlberg

Vorarlberg is die mees westelike en, ten opsigte van sy oppervlakte en bevolking, op een na ook die kleinste deelstaat van die Republiek Oostenryk.

Vorarlberg
Landsvlag Landswapen
Vorarlberg Vorarlberg
(Besonderhede) (Besonderhede)
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits
Hoofstad: Bregenz
Oppervlakte: 2 601,12 km² (8ste)
Bevolking: 394 297 (8ste) (31 Januarie 2019)
Bevolkingsdigtheid: 151,6 inwoners / km² (2de)
Buitelanders: 17,7% (2019)
Volkslied (Landeshymne): ’s Ländle, meine Heimat
ISO 3166-2: AT-8
Amptelike webwerf: www.vorarlberg.at
Politiek
Eerste minister: Markus Wallner (ÖVP)
(sedert 7 Desember 2011)
Regerende partye: ÖVP en Grüne
Setels in die parlement (Landtag)
(36 setels)
(2014: 36 setels):
ÖVP 17 (2014: 16)
Die Grünen – Die grüne Alternative 7 (6)
FPÖ 5 (9)
SPÖ 4 (3)
NEOS 3 (2)
Laaste verkiesing: 13 Oktober 2019
Volgende verkiesing: 2024
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 3
Kaart
Vorarlberg

Bregenz is die hoofstad met 27 726 inwoners, terwyl Dornbirn met 'n bevolking van 45 520 die grootste nedersetting in die deelstaat is.

Vorarlberg
Uitsig oor die Switserse Alpe anderkant die grens vanuit die bergpiek Oberfallenberg naby Dornbirn
Vorarlberg
'n Steil berghelling
Vorarlberg
Uitsig oor Stuben en die Arlbergpas teen skemertyd
Vorarlberg
Uitsig vanaf die Vorarlbergse bergpiek Sulzberg oor die Switserse Alpsteinreeks met die bergpiek Säntis (oor 'n afstand van 53 km in westelike rigting geleë), met digte mis oor die Rynvallei

Die gebied van die huidige deelstaat het sy eie streeksidentiteit eers relatief laat en nie voor die 19de eeu ontwikkel nie. Die landsnaam (waarvan die klemtoon in Oostenryk gewoonlik op die tweede, in Duitsland dikwels ook op die eerste sillabe val) is afgelei van die vroeër strategies belangrike Arlberg-bergpas. Vanuit die perspektief van die ou ryk en die Huis van Habsburg se stamkasteel in die Switserse kanton Aargau is die gebied "voor" die bergpiek Arlberg geleë. Die naam Vorarlberg word sedert die middel van die 18de eeu gebruik.

In kulturele opsig verskil Vorarlberg merkbaar van die ander Oostenrykse deelstate. So word hier Hoogalemanniese dialekte (Vorarlbergs) gepraat wat, behalwe vir kleiner taaleilande in Tirool, nie elders in Oostenryk voorkom nie en nou verwant is aan Hoogalemanniese dialekte in die suide van Suidwes-Duitsland en Switserland. Dit weerspieël die vestiging van Alemanniese setlaars in die gebied, terwyl die meerderheid Oostenrykers in die deelstate oos van Vorarlberg nasate van Middeleeuse Beierse koloniste is en Beiers-Oostenrykse dialekte praat. Geografies maak Vorarlberg deel uit van die Ryn se dreineringsgebied, terwyl die res van die land – met klein uitsonderings – deur die Donau gedreineer word.

Administratiewe distrikte

Distrikte
Distrikte Bevolking Oppervlakte (km²) Bevolkingsdigtheid
Distrik Dornbirn 80 438 172 468
Distrik Feldkirch 98 889 278 356
Distrik Bregenz 125 647 854 147
Distrik Bludenz 62 074 1 286 48
Vorarlberg 367 766 2 590 142

Verwysings

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansVorarlberg  Wiki Commons het meer media in die kategorie Vorarlberg.
  • (en) Toerisme-inligting oor Vorarlberg op Wikivoyage
  • (de) Amptelike webwerf
  • (de) Urlaub in Österreich Vorarlberg
  • (en) "Vorarlberg". Encyclopædia Britannica. Besoek op 31 Maart 2023.
Deelstate van Oostenryk Vorarlberg 

Vorarlberg  Burgenland | Vorarlberg  Karintië | Vorarlberg  Neder-Oostenryk | Vorarlberg  Opper-Oostenryk | Vorarlberg  Salzburg | Vorarlberg  Stiermarke | Vorarlberg  Tirol | Vorarlberg  Vorarlberg | Vorarlberg  Wene

Tags:

BregenzDornbirnHoofstadOostenryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RookgewoonteVlekvrye staalKlein vyf diereTennisFluoorNicola HanekomLika BerningBestuiwingApostelVerenigde State van AmerikaGalblaasVerfKunsSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieMetafoorGrootste rampe in Suid-AfrikaTrevor ManuelRugbyAkademiaWieg van die MensdomKaren MeiringSuid-Afrikaanse RugbyunieHennie MaasWêreld- Ekonomiese ForumOnderwys in Suid-AfrikaRenaissanceKlawers (speelkaarte)BorskankerSteve BikoKokketielPaarl GimnasiumFiksieHeuningbyMieliestronkBaälHemelvaartsdagWiki CommonsDulcie van den BerghVulkaanNatuurbewaringKonsentrasiekampAgtervoegselTekstielModeontwerpElektriese geleierFopnuusRob HersovVars waterVigsSeekoeiHoutKoperStilleweWielewaalMynbouByeboerderyPenisArmoedeverligtingKrugerwildtuinBTWVoorsetselTweede WêreldoorlogHeupHoërskool OuteniquaLeonardo da VinciSeeNetbalMaroela MediaPseudowetenskapAngssteuringVolstruisAardedagDonderstorm2024 Chinese Grand PrixHamburgerSoweto-opstand🡆 More