Deelstaat Salzburg

Salzburg (Duits: , luister (hulp·inligting)) is 'n deelstaat van die land Oostenryk.

Salzburg
Landsvlag Landswapen
Deelstaat Salzburg Deelstaat Salzburg
(Besonderhede) (Besonderhede)
Basiese gegewens
Ampstaal: Duits
Hoofstad: Salzburg
Stigting: 1919
Oppervlakte: 7 154,56 km² (6de)
Bevolking: 568 346 (7de) (1 Januarie 2023)
Bevolkingsdigtheid: 79 inwoners / km² (5de)
Bruto binnelandse produk
 - Totaal (2018)
 - % per inwoner


29,05 miljard €
52 400 €
Werkloosheidsyfer: 4,0% (Junie 2021)
Buitelanders: 17,7% (1 Januarie 2020)
Volkslied (Landeshymne): Land uns’rer Väter
ISO 3166-2: AT-5
Amptelike webwerf: www.salzburg.gv.at
Politiek
Eerste minister: Wilfried Haslauer (ÖVP)
(sedert 19 Junie 2013)
Regerende partye: ÖVP en FPÖ
Setels in die parlement (Landtag)
(36 setels) (2018: 36 setels):
ÖVP 12 (2018: 15)
FPÖ 10 (7)
SPÖ 7 (8)
KPÖ 4 (–)
Grüne 3 (3)
Laaste verkiesing: 23 April 2023
Volgende verkiesing: 2028
Parlementêre verteenwoordiging
Stemme in die Federale Raad (Bundesrat): 4
Kaart
Deelstaat Salzburg

Dit beslaan 'n oppervlakte van 7 154,56 km² en het 'n bevolking van 568 346 in 2023 gehad. Die deelstaat Salzburg grens aan die deelstate Tirol in die weste, Opper-Oostenryk in die noordooste, Stiermarke in die ooste, Karintië in die suidooste en Oos-Tirol in die suide. In die suidweste grens dit aan Italië (Suid-Tirol) en in die noordweste aan Duitsland (Beiere). Salzburg is die hoofstad en met 'n bevolking van 153 377 (2017) die grootste stad van Salzburg.

Geskiedenis

Deelstaat Salzburg 
Herfstyd in Salzburg. Die magtige vesting Hohensalzburg bo-oor die hoofstad versinnebeeld nog steeds die gesag en rykdom van plaaslike aartsbiskoppe wat tussen 1328 en 1803 as geestelike ryksvorste oor die land geheers het
Deelstaat Salzburg 
Tipiese Alpynse landskap naby Sankt Koloman, Salzburg
Deelstaat Salzburg 
Chiemseehof, setel van die Salzburgse parlement

Die deelstaat, wat oor 'n lang tydperk in die politieke spanningsveld tussen Beiere en Oostenryk gestaan het, het sy oorsprong in die gelyknamige bisdom wat in 696 met die stigting van die Sint Pieter-klooster (Stift St. Peter) – tans die oudste bestaande abdy in die Duitse taalgebied – en die vroueklooster op die Nonnberg deur Sint Rupert van Salzburg (omstreeks 650–718) gevestig is. As aartsbisdom het Salzburg vanaf 798 tot die middelpunt van die Beierse kerkprovinsie ontwikkel.

Sowat 400 jaar later het aartsbiskop Eberhard II verskeie graaf- en voogdyskappe en jurisdiksies saamgesmelt tot 'n unitêre politieke entiteit. Salzburg se grense is in 1275 deur die Beierse hertog Heinrich XIII erken, en al was Salzburg in dié tyd nog onder Beierse gesag, is met dié erkenning die eerste stap geneem om Salzburg onafhanklik te maak van die aangrensende Hertogdom Beiere. Vanaf 1328 was Salzburg grotendeels selfregerend.

Die ontginning van en handel met sout en goud (so in die Rauriser- en Gasteiner-vallei) het bygedra tot die streek se ekonomiese welvaart, alhoewel naas adellikes en vors-aartsbiskoppe net stedelike elites daarin gedeel het. Die groot inkomsteverskille tussen dié heersende klas en die landelike bevolking het sosiale spanninge meegebring. Omstreeks 1500 het boere in opstand teen die owerheid gekom. Hierdie onluste het in die tyd van die Reformasie toenemend 'n godsdienstige ondertoon gekry. In 1711 is 20 000 Protestante op bevel van aartsbiskop Leopold Graf von Firmian uit Salzburg verdryf.

In 1805 is Salzburg by die Oostenrykse Keiserryk ingesluit. Ná 'n kortstondige periode onder Beierse gesag vanaf 1810, toe die streek Salzachkreis genoem is, het die gebied volgens besluite, wat tydens die Kongres van Wene geneem is, in 1816 weer Oostenryks geword. Nog tot in die middel van die 19de eeu het dit as Salzburgkreis deel uitgemaak van Österreich ob der Enns (Opper-Oostenryk), terwyl ander gebiede in die weste soos die voormalige vors-prosdy Berchtesgaden Beiers gebly en die Ziller-vallei en Windischmatrei by Tirol ingesluit is. In 1850 het Salzburg 'n selfstandige Oostenrykse Kroonland geword, tien jaar later het die eerste Salzburgse parlement (Landtag) vergader.

In Oktober 1918 is Salzburg ná die ontbinding van die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie by Duits-Oostenryk en in die volgende jaar by die nuutgestigte Republiek Oostenryk ingesluit. In die tyd van die Nasionaalsosialistiese diktatuur en die aansluiting by die sogenaamde Groot-Duitse Ryk (tussen 1938 en 1945) was Salzburg naas Karintië die enigste Oostenrykse deelstaat wat as sogenaamde Reichsgau Salzburg in sy vroeëre grense voortbestaan het. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die land tussen 1945 en 1955 saam met Opper-Oostenryk suid van die Donau en 'n sektor van Wene deel uitgemaak van die Amerikaanse besettingsone voordat Oostenryk sy soewereiniteit as onafhanklike republiek herwin het.

Administratiewe distrikte

Deelstaat Salzburg 
Kaart van Salzburg se administratiewe distrikte
  • Salzburg-Umgebung (Flachgau)
  • Salzburg-Stadt (Landeshauptstadt)
  • Hallein (Tennengau)
  • Zell am See (Pinzgau)
  • St. Johann im Pongau (Pongau)
  • Tamsweg (Lungau)

Stede

  • Salzburg (148 521)
  • Hallein (20 022)
  • Saalfelden am Steinernen Meer (16 046)
  • Sankt Johann im Pongau (10 740)
  • Bischofshofen (10 352)
  • Seekirchen am Wallersee (9 945)
  • Zell am See (9 583)
  • Neumarkt am Wallersee (5 846)
  • Oberndorf bei Salzburg (5 600)
  • Mittersill (5 443)
  • Radstadt (4 864)

Verwysings

Eksterne skakels

Deelstate van Oostenryk Deelstaat Salzburg 

Deelstaat Salzburg  Burgenland | Deelstaat Salzburg  Karintië | Deelstaat Salzburg  Neder-Oostenryk | Deelstaat Salzburg  Opper-Oostenryk | Deelstaat Salzburg  Salzburg | Deelstaat Salzburg  Stiermarke | Deelstaat Salzburg  Tirol | Deelstaat Salzburg  Vorarlberg | Deelstaat Salzburg  Wene

Tags:

Deelstaat Salzburg GeskiedenisDeelstaat Salzburg Administratiewe distrikteDeelstaat Salzburg StedeDeelstaat Salzburg VerwysingsDeelstaat Salzburg Eksterne skakelsDeelstaat SalzburgBeiereDeelstate van OostenrykDuitsDuitslandHoofstadItaliëKarintiëLêer:Salzburg.oggOostenrykOpper-OostenrykSalzburgSalzburg.oggStiermarkeSuid-TirolTirolWikipedia:Mediahulp

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van elemente volgens simboolPriemgetalTrekarbeidMielieWitbloedselInternet1913Bek-en-klouseerGroepsgebiedewetItaliëAborsieAfrikanersLongHefboomKolorektale kankerAntoniemMensHorlosieHondBateVrymesselaryTatoeëermerkSkaakSenuweestelselDiamantPresident van Suid-AfrikaDaggaEuropaWaterkringloopKasteel die Goeie HoopVeelvoudige sinLys van bekende Suid-AfrikanersGeelhoutBrandmondsindroomBesoedelingJaarVolhoubare ontwikkelingInsekKaartSelfstandige naamwoordWoordBreinkaartPoësieKlimaatveranderingSimboolSuid-Afrika-WetNasionale VrouedagLVerkleurmannetjieSwangerskapHigiëneTandbederfThe CranberriesMiljardGriekwa-AfrikaansAtmosfeerSelfoonSuiwelprodukUnie van Suid-AfrikaVierkantswortelSomerOos-KaapSoutsuurVerantwoordelikheidFilosofieKonsentrasiekampBybelWaterbesoedelingKaapse VlakteHomoniemIngrid JonkerSendelingposisieInnes en Franna BenadéAluminiumWet op Bantoe-onderwys🡆 More