Maan Hidra: Natuurlike satelliet van Pluto

Hidra is die verste natuurlike satelliet van Pluto.

Dit is in Junie 2005 saam met die maan Nix ontdek en is in Julie 2015 saam met Pluto besoek deur die ruimtetuig New Horizons. Hidra se oppervlak is waarskynlik bedek met waterys, die soort ys wat die meeste in die heelal voorkom. In die maan se helder streke is donkerder, ronde strukture waargeneem met ’n deursnee van sowat 10 km. Die persentasie lig wat van Hidra se oppervlak weerkaats word, is tussen dié van Pluto en Charon se oppervlak.

Hidra   
Maan Hidra: Ontdekking, Naam, Wentelbaan
’n Foto van Hydra wat op 14 Julie 2005 deur die New Horizons geneem is.
Ontdekking
Ontdek deur Hubble-ruimteteleskoop
Pluto-metgeselsoekspan
Datum Junie 2005
Alternatiewe name(134 340) Pluto III
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 64 738±3 km
Eksentrisiteit 0,005862±0,000025
Wentelperiode 38,20177±0,00003 d
Inklinasie 0,242±0,005 °
Satelliet van Pluto
Fisiese eienskappe
Afmetings 43 × 33 km ± ?
Massa 4,2×1017 kg
Rotasieperiode Chaoties
Aksiale neiging Veranderlik
0,20-0,45
Temperatuur 33–55 K
Skynmagnitude 22,9–23,3 (gemeet)

Ontdekking

Hidra is ontdek deur die Hubble-ruimteteleskoop se Pluto-metgeselsoekspan met onder andere Alan Stern. Die ontdekkingsfoto's is op 15 en 18 Mei 2005 geneem; Nix en Hidra is onafhanklik deur Max J. Mutchler (op 15 Junie 2005) en Andrew J. Steffl (op 15 Augustus 2005) ontdek. Die ontdekkings is op 31 Oktober 2005 aangekondig. Die mane is voorlopig S/2005 P 1 (Hidra) en S/2005 P 2 (Nix) genoem.

Naam

Maan Hidra: Ontdekking, Naam, Wentelbaan 
Foto van Pluto wat uitgereik is met die aankondiging van die mane se name.

Die naam Hidra is op 21 Junie 2006 deur die Internasionale Sterrekundevereniging aangekondig, saam met die amptelike naam, Pluto III. Dit verwys na Hidra, die negekoppige slang uit die Griekse mitologie waarteen Herakles geveg het. Die nege koppe van Hidra verwys na Pluto se destydse status as die negende planeet van ons Sonnestelsel; die aanvangsletter, H, verwys na die Hubble-ruimteteleskoop wat Hidra ontdek het en die New Horizons-sending wat die motivering vir die neem van die foto's was.

Die ander mane van Pluto (Charon, Styx, Nix en Kerberos) het ook name gekry uit die Griekse mitologie wat met die onderwêreld verband hou.

Wentelbaan

Die maan wentel om die massamiddelpunt van die Pluto-stelsel op dieselfde vlak as Charon en Nix, op ’n afstand van sowat 65 000 km. Die eksentrisiteit van sy wentelbaan is 0,0059 en dus klein, maar die grootste van Pluto se klein mane.

Hidra is in ’n baanresonansie van 2:3 met Nix en van 6:11 met Styx (die verhoudings dui op die getal omwentelings per eenheidtyd).

Sy wentelperiode is 38,2 dae en sy wenteling is chaoties; dit tuimel soos Nix en Saturnus se maan Huperion.

Fisiese eienskappe

Maan Hidra: Ontdekking, Naam, Wentelbaan 
'n Bewerkte foto van Hidra.

Hidra is onreëlmatig gevorm. Sy spektrum is neutraal en dit bestaan hoofsaaklik uit waterys.

Verkenning

Die enigste gedetailleerde nabyfoto van die maan is vanaf sowat 640 000 km deur die tuig New Horizons geneem tydens die tuig se verbyvlug van die Pluto-Charon-stelsel op 14 Julie 2015. Die tuig het ook Hidra se oppervlaksamestelling, weerkaatsing en ander basiese fisiese eienskappe bestudeer.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Maan Hidra OntdekkingMaan Hidra NaamMaan Hidra WentelbaanMaan Hidra Fisiese eienskappeMaan Hidra VerkenningMaan Hidra VerwysingsMaan Hidra Eksterne skakelsMaan Hidra2005Charon (maan)HeelalNatuurlike satellietNew HorizonsNix (maan)Pluto (dwergplaneet)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Morfologie (taalkunde)Sonja HerholdtMierHidroulikaJohannes MeintjesGemeenskapsorganisasieNatriumNeo-NazismeSmaakPornografiese subgenresDesmond TutuOseanografieWerkersdagBelastingDigitale en analogiese tydBybelHeuningbyTienie HollowayDeelwoord19de eeuSteenkoolBloemfonteinWaterKolonisasieWerkwoordKonsentrasiekampVoedselkettingMonumentMenslike seksuele gedragProteïenSeksueel oordraagbare infeksieBronsSamestellende afleidingBevolkingWapen van Suid-AfrikaHerfsBeesvleisJuraMaagsweerNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyMobutu Sese SekoAnrich HerbstReënspinnekopSeksismeHartKarakteriseringBesproeiingByung-Chul HanKriekViëtnamoorlogOorstromingMiltDuitslandTuisbladNiemetaalAfleiding (taalkunde)Wikimedia-stigtingZack du PlessisBloedsomloopstelselPotchefstroomWet op NaturellengrondGeslagsgelykheidFabelEreksieHoofpynMangelontstekingKinderregteKoorsWiskundeSlag van BloedrivierVoëlHematurieLewerSwaziEngelsLimpopo (rivier)Bernice West🡆 More