Maan Kerberos

Kerberos is 'n klein natuurlike satelliet (maan) van die dwergplaneet Pluto.

Die ontdekking van Kerberos deur M.R. Showalter (wat op 20 Julie 2011 aangekondig is), volg op die ontdekking van Charon in 1978, Nix en Hidra in 2005, en maak dit die vierde bekende maan van Pluto.

Kerberos   
Maan Kerberos
Kerberos soos op 14 Julie 2015 afgeneem deur New Horizons op 'n afstand van 396 100 km.
Ontdekking
Ontdek deur Mark R. Showalter et al.
Datum 28 Junie 2011
Alternatiewe nameS/2011 P 1, P4
Etimologie Kerberos
Wentelbaaneienskappe
Wentelperiode 32,1±0,3 d
Baanhelling ≈ 0
Satelliet van Pluto
Fisiese eienskappe
Gem. radius 6 km x 2 km
Skynmagnitude 26,1±0,3

Die maan is genoem na Kerberos, die bewaker van die onderwêreld in die Griekse mitologie. Die ander mane van Pluto (Charon, Styx, Nix en Hidra) het ook name uit die Griekse mitologie gekry wat met die onderwêreld verband hou.

Fisiese eienskappe

Kerberos het ’n tweelobbige vorm en is sowat 11,9 km op sy breedste en 4,5 km op sy smalste. Dit het ’n albedo soortgelyk aan die ander drie kleiner mane. Tot met die verbyvlug van New Horizons is geglo Kerberos is groter en donkerder.

Nes die ander klein mane het Kerberos nie ’n sinchroniese rotasie nie; sy rotasieperiode was sowat 5,33 dae met die New Horizons-verbyvlug, hoewel dit vinnig oor geologiese tydskale wissel.

Wentelbaan

Animasie van Pluto-mane om die dwergplaneet se barisentrum

Van bo af
Van die kant af
██ Pluto ██ Charon ██ Styx ██ Nix ██ Kerberos ██ Hidra

Waarnemings dui op ’n ronde, ekwatoriale wentelbaan met ’n radius van sowat 58 000 km. Kerberos draai tussen Nix en Hidra om Pluto en voltooi rofweg elke 32,1 dae ’n omwenteling. Dit is naby ’n 1:5-resonansie met Charon, met ’n tydsafwyking van omtrent 0,7%.

Nes met die naby-resonansies tussen Nix of Hidra en Charon (onderskeidelik 1:4 en 1:6), sal nog inligting oor Kerberos se wentelbaan nodig wees om te bepaal hoe naby hierdie verhouding aan ’n ware resonansie is.

Oorsprong

Nes met Pluto se ander mane word vermoed Kerberos is saamgestel uit ruimteafval ná ’n groot botsing tussen Pluto en ’n ander voorwerp in die Kuipergordel. ’n Soortgelyke groot impak het volgens die "botsinghipotese" die Maan gevorm.

Verkenning

Die New Horizons-ruimtetuig het foto's van Kerberos geneem tydens sy verbyvlug van die Pluto-stelsel op 14 Julie 2015. Die eerste foto van die maan is drie maande later, op 22 Oktober, gepubliseer. Dit is die laaste maan van Pluto waarvan ’n foto uitgereik is.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Maan Kerberos Fisiese eienskappeMaan Kerberos WentelbaanMaan Kerberos OorsprongMaan Kerberos VerkenningMaan Kerberos Sien ookMaan Kerberos VerwysingsMaan KerberosCharon (maan)DwergplaneetHidra (maan)Natuurlike satellietNix (maan)Pluto (dwergplaneet)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VryheidsmanifesProteïenVaalrivierTienie HollowayLetsiteleKlimaatveranderingPesachKlitorisMaagReënspinnekopBeeldspraakSwartbewussynsbewegingKinderregteWes-KaapLikkewaanDokterRooibloedselKoerantWeermagStedelike gebiedKernoorlogKrampAarverkalkingPrimêre sektor van die ekonomieElektroniese of digitale mediaGoudBaljuMagnetismeResensieGautengLuiperdBysteekBloeddrukGloeilampCradock-4OutismeSwangerskapPad na jou hartMahatma GandhiKommaNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHector PietersonGasArmoedeverligtingSpysverteringstelselBruin menseKarpaletonnelsindroomJode in Suid-AfrikaJan van RiebeeckRina HugoAprilRookgewoonteMorfologie (taalkunde)SteenkoolRenteHartHage GeingobVlieënde HollanderJohn Brown (aktivis)KolitisStollingsgesteenteLys van myne in Suid-AfrikaKewerNieuwoudtvilleDesmond TutuAnneli van RooyenEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaJohan VorsterKamoefleringVioolRugbyKindersiektesKatherine JohnsonAgtervoegsel🡆 More