New Horizons

New Horizons is 'n onbemande ruimtetuig wat op 19 Januarie 2006 gelanseer is met die doel om foto's van Pluto, sy mane en die Kuipergordel te neem.

Die sending is deel van Nasa se New Frontiers-program. Die tuig is gebou deur die Johns Hopkins University Applied Physics Laboratory (APL) en Southwest Research Institute (SwRI). Alan Stern het die bouprogram gelei.

New Horizons
’n Kunstenaarsvoorstelling van die New Horizons-sending.

Die ruimtetuig het in die eerste deel van sy sending geslaag toe foto's op 14 Julie 2015 op ’n afstand van 12 600 km van Pluto geneem is. Dit het vier uur en 25 minute geduur vir die data om die afstand van 4,7 miljard km na die aarde af te lê. In daardie stadium was die ruimtetuig se snelheid 14 km/s. Die data is deur ’n reuseskottelantenna in Madrid, Spanje, ontvang wat deel van Nasa se kommunikasienetwerk vorm.

Datatransmissie

New Horizons 
Heliosentriese posisies van die vyf interstellêre ruimtetuie (vierkante) en ander liggame (sirkels) tot 2020, met die datums van hul lanserings en verbyvlugte. Posisies op 1 Januarie elke jaar word aangedui, met elke vyfde jaar gemerk.
Aansig 1 is van die ekliptiese noordpool, volgens skaal; aansig 2 tot 4 is uit ander hoeke op ’n skaal van 20%.
Hou jou muis op die SVG-lêer oor ’n vlug- of wentelbaan om die baan en sy verwante lanserings en verbyvlugte uit te lig.

Die ruimtetuig beskik oor ’n sender van 12  watt. Dit beteken dit kan effektiewelik inligting met die krag van een LED-liggie amper 5 miljard km ver deur die Sonnestelsel stuur. Die sendspoed is pynlik stadig, gemiddeld 1 kbis per sekonde, wat tot 4 kbis kan styg in baie gunstige omstandighede. Teen dié slakkepas neem dit die tuig ongeveer drie uur om een swart-wit foto na die Aarde te stuur. Selfs as dit saamgepers word, sal dit steeds 20 minute neem om die aarde te bereik. Die hardeskyf aan boord van die tuig is vol inligting ná die besoek aan Pluto, maar dit het sowat 16 maande geduur om die Aarde te bereik.

New Horizons is steeds in die Kuipergordel, waar dit op 1 Januarie 2019 ’n verbyvlug van die voorwerp (486958) 2014 MU69 onderneem het.

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

19 Januarie2006Alan SternKuipergordelNasaNatuurlike satellietNew Frontiers-programPlutoRuimtetuig

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Steve BikoBeesKarakteriseringRacheltjie de BeerMagda van BiljonPenisverlengingVerenigde State van AmerikaEuropese RugbykampioenskapNazi-saluutHeupvervangingSwangerskapLys van kinderspeletjiesNederlandsTongWashington, D.C.NamibiëFredi NestCecil John RhodesOrgasmeGesinsdagAntieke EgipteTonnels van Củ ChiEuropese Suidelike SterrewagTandbederfGoudIdioomPesachSixtynse kapelLika BerningLys van lande volgens bevolkingSarah Rose KarrWikimaniaOrkaan GustavSkarlakenkoorsDemensieWes-KaapFritz HaberProstaatklierAuschwitz-konsentrasiekampPolisieGoogle TranslateLibiëWoordEthiopiëSlag van Cuito CuanavaleOutismeAkuutSesnasies-toernooiGeslagChristo WieseProstaatkankerOogproblemeEoraptorInfeksieVerkleurmannetjieBaarmoederSterrestelselPiet ByleveldEstlandNatuurlike satelliete van kleinplaneteVingerseksWynsteenRugbywêreldbeker 1991LongTuisbladInhoudMaroela Media🡆 More