Maan Styx: Natuurlike satelliet van Pluto

Styx is ’n klein natuurlike satelliet van Pluto waarvan die ontdekking op 11 Julie 2012 aangekondig is.

Dit is in Julie 2015 saam met Pluto en Charon, Pluto se grootste maan, afgeneem deur die ruimtetuig New Horizons. Foto's is nog nie van die tuig afgelaai nie, maar behoort resolusies van hoër as 2 km/beeldelement te hê.

Styx   
Maan Styx: Naam, Ontdekking, Fisiese eienskappe
Die Hubble-ruimteteleskoop se ontdekkingsfoto van Styx (omsirkel), met die buitenste mane se voorspelde wentelbane. Pluto en Charon is verdof relatief tot die ander mane.
Ontdekking
Ontdek deur Hubble-ruimteteleskoop
Mark R. Showalter e.a.
Datum 26 Junie 2012
Alternatiewe nameP5; S/2012 (134340) 1
Wentelbaaneienskappe
Halwe lengteas 42 656±3 km
Eksentrisiteit 0,005787±0,001144
Wentelperiode 20,16155±0,00027 d
Inklinasie 0,809±0,162 °
Satelliet van Pluto
Fisiese eienskappe
Skynmagnitude 27

Styx is die tweede maan van Pluto af en die vyfde een wat ontdek is – ’n jaar ná Kerberos. Styx het na raming ’n deursnee van tussen 10 en 25 km en ’n wentelperiode van 20,2 dae.

Naam

Toe die maan ontdek is, het dit die voorlopige naam S/2012 (134340) 1 of Pluto V gekry; Kerberos was S/2011 P 1 of Pluto IV. Om permanente name te kies, is ’n internetpeiling in 2013 gedoen waarin die publiek kon stem uit ’n lys name van mitologiese figure wat met die Romeinse god Pluto (Hades in die Griekse mitologie) verbind word, of hulle kon hul eie name voorstel. Ná die aanvanklike aankondiging het William Shatner, wat die rol van kaptein James T. Kirk in die Star Trek-franchise vertolk, die name Vulcan en Romulus voorgestel. Dit sou verwys na die vuurgod, ’n neef van Pluto, en die stigter van Rome, maar het ook gesinspeel op die fiktiewe planete Vulcan en Romulus in Star Trek. Romulus is verwerp omdat daar reeds so ’n maan van ’n asteroïde is, maar Vulcan het die peiling gewen nadat Shatner daaroor getwiet het. Kerberos (die hond wat Hades se onderwêreld oppas) het tweede gekom en Styx (die godin van die rivier in die onderwêreld met dieselfde naam) derde. Die wenname is aan die Internasionale Sterrekundevereniging (IAU) voorgelê. Die naam Vulcan was egter vir die IAU onaanvaarbaar omdat dit nie die naam van ’n onderwêreldse god was nie en dit reeds gebruik is vir ’n hipotetiese planeet in Mercurius se wentelbaan, asook vir die vukanoïede asteroïdes.

Op 2 Julie 2013 het die IAU aangekondig hulle het die name Styx vir Pluto V en Kerberos vir Pluto IV goedgekeur. Die ander mane (Charon, Nix en Hidra) het ook name gekry uit die Griekse mitologie wat met die onderwêreld verband hou.

Ontdekking

Styx is deur ’n span onder leiding van die sterrekundige Mark R. Showalter ontdek deur middel van 14 stelle foto's wat tussen 26 Junie en 9 Julie 2012 deur die Hubble-ruimteteleskoop geneem is. Die ontdekking is op 11 Julie 2012 aangekondig. Styx is omtrent die helfte so helder as die voorheen dofste bekende voorwerp in die stelsel, Kerberos, en omtrent ’n honderdduisendste so helder as Pluto.

Die studie wat tot die ontdekking van Styx gelei het, was ter voorbereiding vir die onbemande ruimtetuig New Horizons, wat op 14 Julie 2015 verby die Pluto-stelsel gevlieg het. Die ontdekking van nog ’n klein maan het gelei tot kommer dat dié gebied nog voorwerpe bevat wat te klein is om waar te neem en dat die tuig beskadig sou word deur ’n onbekende voorwerp of planetêre ring terwyl dit teen meer as 13 km/s beweeg. Die tuig het egter nie enige kleiner mane of ringe waargeneem nie en het veilig verby die Pluto-stelsel gevlieg.

Daar word vermoed die ingewikkelde maanstelsel om Pluto kon veroorsaak gewees het deur ’n botsing tussen Pluto en ’n ander groterige Kuiper-gordelvoorwerp. Pluto se mane kon oorgebly ná so ’n botsing, nes ons eie maan wat vermoedelik gevorm is ná ’n reusebotsing tussen die Aarde en ’n ander hipotetiese planeet.

Fisiese eienskappe

Styx het na raming ’n deursnee van tussen 10 en 25 km, en ’n onreëlmatige vorm vanweë sy klein grootte. Dit bestaan vermoedelik uit hoofsaaklik waterys.

Die maan wentel op ’n afstand van 42 656 km om die massamiddelpunt van die Pluto-stelsel, en dus tussen die wentelbane van Charon en Nix. Al die mane het vermoedelik feitlik sirkelvormige wentelbane. Styx is in ’n wentelresonansie van 11:6 met Hidra en van 11:9 met Nix (die verhoudings dui op die getal omwentelings per eenheidtyd).

Dit het ’n wentelperiode van 20,16155 dae.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Maan Styx NaamMaan Styx OntdekkingMaan Styx Fisiese eienskappeMaan Styx VerwysingsMaan Styx Eksterne skakelsMaan StyxCharon (maan)Natuurlike satellietNew HorizonsPluto (dwergplaneet)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameJo BlackDie Stem van Suid-AfrikaInternetGautengSendelingposisieTarentaleVleilandRenaissanceVratHemelvaartsdagSwartbewussynsbewegingHerfsSiya KolisiErektiele disfunksieMiddeloorontstekingE-posMahatma GandhiRymOranjerivierBurgerregteDermpoliepSonnetFotosinteseSint JorisdagWes-KaapByAardedagWerkwoordNoord-KaapErfenisHeelgetalFinale OplossingIsraelKnieSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieBloutongsiekte20ste eeuWater (molekuul)ToerismeNiersteenAborsie in Suid-AfrikaKlimaatsverandering in Suid-AfrikaBynierChapmanspiek-rylaanPoesLys van Afrika-landeInsekKonsentrasiekampDirekte en Indirekte redeVingerseksMielieOmtrek, oppervlakte en volume3D-rolprentGoudkus (streek)Apokriewe boekeLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)GeslagDikdermBedreigde spesieVolhoubaarheidSwartkwasmuishondMonopolieOos-KaapIndiëKurt-Lee ArendseGriepVerkragtingSlag van BloedrivierKoolstofArendBywoordVierde Industriële RevolusieGeweldMobutu Sese SekoDuitslandWayde van Niekerk🡆 More