Aswoensdag: Eerste dag van Lydenstyd in die Westerse Christelike en Katolieke kalender

Aswoensdag (Latyn: Feria quarta cinerum, letterlik: vierde dag (= Woensdag) van die as of Dies cinerum, dag van die as, ook Asdag genoem) is in die Rooms-Katolieke Kerk sedert die pontifikaat van Pous Gregorius I (590–604) die eerste dag van die 40 dae se vastyd, waarin Christene hulself vir Paasfees voorberei.

Die dag voor Aswoensdag word Vasaand of Vette Dinsdag genoem.

Aswoensdag: Geskiedenis, Datum, Verwysings
Skenking van die askruis op die voorkop
Aswoensdag: Geskiedenis, Datum, Verwysings
Simboliese verpersoonliking van die vastyd tydens Karnaval; 'n detail van 'n skildery deur Pieter Bruegel die Ouere, 1559
Aswoensdag: Geskiedenis, Datum, Verwysings
Soos op hierdie Poolse skildery kan die as ook in die vorm van 'n kruis op die kop verstrooi word, 1881
Aswoensdag: Geskiedenis, Datum, Verwysings
Aswoensdag, skildery deur Carl Spitzweg, 1855–1860
Aswoensdag: Geskiedenis, Datum, Verwysings
Versoeking van Jesus in die woestyn, skildery deur James Tissot, 1886–1894

Op Aswoensdag word tydens die kerkdiens die as van die verbrande palmtakke van verlede jaar gewy en op die voorkop van die gelowiges in die vorm van 'n kruis geteken. Die ontvangs van die askruis word as 'n teken met 'n helende effek, die sakramentaliëe, beskou.

Die vastyd sal aan die 40 dae, wat Jesus met vas en gebed in die woestyn deurgebring het (Matteus 4,2), herinner en die gelowiges op Paasfees voorberei. Omdat die vastyd in die Oosters-Ortodokse Kerk op Sondagaand van die sewende week voor Paasfees begin, is die tradisie van 'n Aswoensdag in die Oosterse liturgie onbekend.

Geskiedenis

Die besprinkeling met as as 'n teken van boete is al in die Ou Testament te vinde:

Daarom het ek my na die Here God gewend in gebed en smeking: ek het gevas, rouklere aangetrek en as oor my kop gegooi.


Die berig het ook by die koning van Nineve uitgekom. Hy het van sy troon af opgestaan en sy koningsklere uitgetrek, rouklere aangetrek en op 'n ashoop gaan sit.


Sedert die laat oudheid moes Christene, wat tot boetedoening veroordeel is, aan die begin van die vastyd 'n roukleed aantrek en hulle is met as besprinkel. In die Galliese kerk is hulle – nes Adam en Eva se verbanning uit die Tuin van Eden (Beresjiet/Genesis 3,23) – uit die kerk verban. Op Wit-Donderdag is hulle weer toegelaat om die Heilige Kommunie te ontvang. Terwyl hierdie tradisie aan die einde van die 10de eeu in onbruik verval het, het die besprinkeling van die gelowiges met as algemeen geword, nadat eers net enkeles uit solidariteit met die berouvolle hulself ook met as laat bestrooi het. Die eerste gebed ter seëning met as dateer uit die 11de eeu en die voorskrif, die as van die palmtakke van verlede jaar te gebruik, uit die 12de eeu. Tydens die sinode in Benevento (1091) het pous Urbanus II die tradisie van asbesprinkeling vir die hele kerk aanbeveel.

Afhangende van die plaaslike tradisie word die askruis óf in die vorm van 'n kruis op die hoof gestrooi óf op die voorkop geteken; die ontvangs van die as sittend of staande verskil ook van plek tot plek. Met die ontvangs van die askruis word die mens aan sy eie verganklikheid herinner en tot verandering (Grieks: μετάνοια, metánoia, letterlik: "heroorweging", "verandering van hart", omkeer van denke") aangemoedig.

Aswoensdag merk ook die einde van die vasnag. Die Bybel vergelyk die "vleeslik"-gesinde met die geestelik-gesinde mens (o. a. Brief aan die Romeine 8,5). Die afskeid van die vleis tydens die vastyd, wat deur onthouding en vas ook simbolies voltrek word, sal die gelowiges tydens hul fokusering op 'n geestelike lewe en op God self help. In die Rooms-Katolieke Kerk is die Aswoensdag 'n streng dag van vas en onthouding.

Datum

Die datum van Aswoensdag word, nes baie ander feeste en herdenkings van die liturgiese jaar, volgens die Paasfeesdatum bereken. Vervolgens word Aswoensdag op die 46ste dag vóór Paassondag gehou. Die vroegste moontlike termyn is 4 Februarie en die laaste moontlike is 10 Maart.

Data Aswoensdag 2000–2031
Jaar Datum
2000 8 Maart
2001 28 Februarie
2002 13 Februarie
2003 5 Maart
2004 25 Februarie
2005 9 Februarie
2006 1 Maart
2007 21 Februarie
Jaar Datum
2008 6 Februarie
2009 25 Februarie
2010 17 Februarie
2011 9 Maart
2012 22 Februarie
2013 13 Februarie
2014 5 Maart
2015 18 Februarie
Jaar Datum
2016 10 Februarie
2017 1 Maart
2018 14 Februarie
2019 6 Maart
2020 26 Februarie
2021 17 Februarie
2022 2 Maart
2023 22 Februarie
Jaar Datum
2024 14 Februarie
2025 5 Maart
2026 18 Februarie
2027 10 Februarie
2028 1 Maart
2029 14 Februarie
2030 6 Maart
2031 26 Februarie

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Aswoensdag GeskiedenisAswoensdag DatumAswoensdag VerwysingsAswoensdag Eksterne skakelsAswoensdagChristeneLatynPous Gregorius IRooms-Katolieke KerkVastydWoensdag

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GeelslangMaagsweerWes-KaapProstaatkankerSwart nasionalismeOrale seksWaterLys van Afrikaanse rolprenteKindersiektesMurraysburgArmoedeAnrich HerbstTswanaTuisbladBorsteRassisme in AfrikaBTWRegverdige handelSteenkool in Suid-AfrikaLettergreepDuitse maselsKnysnaNazi-DuitslandLiewe HeksieGeskiedenis van AfrikaansMag (sosiale wetenskappe)Lys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsTuberkuloseEllipstekenKlavierWerkersdagSomerOutismeTweede WêreldoorlogHidroulikaGreen PornoGriekwa-AfrikaansVioolCleopatra VIIRob HersovMaanOlimpiese SomerspeleMiljardNatuurbewaringAB de VilliersIsraelSonGroepsgebiedewetJagluiperdMenstruasieWetenskaplike klassifikasieVars waterPesachAfrikanernasionalismeHindoeïsmeSteenkoolEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaIrma SternSamestellende afleidingDokterKapitaal (ekonomie)Meningsverskil oor aardverwarmingThomas EdisonMiltVersoeningsdagGrondwet van Suid-AfrikaKoorsSeksuele opwekkingNetbalTremAluminiumKoppeltekenOnderwysAkuutKommunikasieTransatlantiese slawehandelNeo-Nazisme🡆 More