Adjunkpresident Van Suid-Afrika

Die Adjunkpresident van Suid-Afrika tree op as die waarnemende President van Suid-Afrika wanneer die President buite die landsgrense is, nie in staat is om die amp se pligte te onderneem nie, of wanneer die pos van President vakant is.

Adjunkpresident Van Suid-Afrika
Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Die Adjunkpresident is ook 'n lid van die Nasionale Vergadering en die Kabinet. Die Adjunkpresident word grondwetlik vereis om die President te ondersteun in die uitvoer van die regering se funksies en kan deur presidensiële proklamasie enige regeringsportefeulje toegeken word. Die adjunkpresident se ampswonings sluit in die Oliver Tambo-huis in Pretoria, Highstead in Kaapstad en die Dr John L Dube-huis in Durban.

Adjunkpresident Van Suid-Afrika
Die Uniegebou in Pretoria is die setel van die Suid-Afrikaanse Presidensie.

Die huidige Adjunkpresident van Suid-Afrika is Paul Mashatile, benoem deur die huidige President van Suid-Afrika, Cyril Ramaphosa.

Aanstelling en termyn

Die Adjunkpresident se ampstermyn word nie deur die wet bepaal nie. Die Adjunkpresident se termyn begin wanneer hy of sy deur die President vanuit die geledere van die Nasionale Vergadering aangestel word en lê dan die voorgeskrewe eed af.

Die Adjunkpresident se termyn word deur een van vier grondwetlike meganismes afgedank: afdanking deur die President, 'n suksesvolle "mosie van wantroue in die President" deur die Nasionale Vergadering, 'n suksesvolle "mosie van wantroue uitgesluit die President" deur die Nasionale Vergadering, of die ampsbetreding van 'n nuutverkose President. Daar word aangeneem dat 'n Adjunkpresident ook uit eie oorweging kan bedank.

Lys van Adjunkpresidente van Suid-Afrika (1994–)

    Partye

   Nasionale Party

   African National Congress


# Naam
(Geboorte–Dood)
Portret Ampsaanvaarding Amp verlaat President Party
1 Frederik Willem de Klerk
(1936–2021)
Adjunkpresident Van Suid-Afrika  10 Mei 1994 30 Junie 1996
(bedank)
Nelson Mandela Nasionale Party
2 Thabo Mbeki
(1942–)
Adjunkpresident Van Suid-Afrika  10 Mei 1994 16 Junie 1999
(word president)
African National Congress
3 Jacob Zuma
(1942–)
Adjunkpresident Van Suid-Afrika  16 Junie 1999 14 Junie 2005
(ontslaan)
Thabo Mbeki African National Congress
4 Phumzile Mlambo-Ngcuka
(1955–)
Adjunkpresident Van Suid-Afrika  14 Junie 2005 24 September 2008
(bedank)
African National Congress
5 Baleka Mbete
(1949–)
Adjunkpresident Van Suid-Afrika  24 September 2008 9 Mei 2009 Kgalema Motlanthe African National Congress
6 Kgalema Motlanthe
(1949–)
Adjunkpresident Van Suid-Afrika  9 Mei 2009 26 Mei 2014 Jacob Zuma African National Congress
7 Cyril Ramaphosa
(1952–)
Adjunkpresident Van Suid-Afrika  26 Mei 2014 15 Februarie 2018
(word president)
African National Congress
8 David Mabuza
(1960–)
Adjunkpresident Van Suid-Afrika  27 Februarie 2018 28 Februarie 2023 Cyril Ramaphosa African National Congress
9 Paul Mashatile
(1961–)
Adjunkpresident Van Suid-Afrika  7 Maart 2023 Ampsbekleër African National Congress

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Adjunkpresident Van Suid-Afrika Aanstelling en termynAdjunkpresident Van Suid-Afrika Lys van Adjunkpresidente van Suid-Afrika (1994–)Adjunkpresident Van Suid-Afrika Sien ookAdjunkpresident Van Suid-Afrika VerwysingsAdjunkpresident Van Suid-Afrika Eksterne skakelsAdjunkpresident Van Suid-AfrikaDurbanHighsteadKaapstadNasionale Vergadering van Suid-AfrikaOliver Tambo-huisPresident van Suid-AfrikaPretoria

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AtoomKompasEskomPiesangVratVraag en aanbodSmaakKrieketElektrisiteitSteve BikoNatuurVolhoubare ontwikkelingOmgewingskwessies in Suider-AfrikaVlieënde HollanderKongo-krisisWaterbesoedelingTremJohannes MeintjesBesproeiing24 AprilLeierJan-Willem BreureProstaatkankerAkademiaRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Groot GatHidroulikaAB de VilliersSwartrenosterKrugerwildtuinKlimaatsverandering in AfrikaAgtervoegselWortelWerkwoordNierversakingYslandDistrik SesPaarl GimnasiumLiewe HeksieAfrikaanse woordelys en spelreëlsVolhoubaarheidSpringbokkeJavaScriptVersamelnaamSwemMateriaalEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaVerkoueFotosinteseXhosasMangelontstekingAnglisismeCradock-4LandbouKorrupsieOseanografieOntbossingMiljardWeermagAfrikaanse taalleerBeaufortskaalKernkragAarverkalkingVrugbaarheidKameelperdWinnie Madikizela-MandelaBreinRosa ParksAfrikanernasionalismeKommaSwitserlandApostoliese GeloofsendingSokkerGalileo GalileiBosvarkLika BerningRuan PienaarHorlosie🡆 More