Baleka Mbete

Baleka Mbete (gebore 24 September 1949), is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 21 Mei 2014 as Speaker van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika dien.

Sy was van 2008 tot 2009 die Adjunkpresident van Suid-Afrika. In 2007 is sy as die nasionale voorsitter van die African National Congress verkies en sy is in 2012 tot die posisie herverkies. Sy het hierdie amp tot op 18 Desember 2017 beklee en is deur Gwede Mantashe opgevolg.

Baleka Mbete
Baleka Mbete
Baleka Mbete in 2016

Ampstermyn
21 Mei 2014 – 22 Mei 2019
President J. ZumaC. Ramaphosa
Voorafgegaan deur Max Sisulu
Opgevolg deur Thandi Modise
Ampstermyn
23 April 2004 – 25 September 2008
President Thabo Mbeki
Kgalema Motlanthe
Voorafgegaan deur Frene Ginwala
Opgevolg deur Gwen Mahlangu-Nkabinde

Ampstermyn
25 September 2008 – 9 Mei 2009
President Kgalema Motlanthe
Voorafgegaan deur Phumzile Mlambo-Ngcuka
Opgevolg deur Kgalema Motlanthe

Voorsitter van die African National Congress
Ampstermyn
18 Desember 2007 – 18 Desember 2017
President Jacob Zuma
Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Kgalema Motlanthe
Opgevolg deur Gwede Mantashe

Persoonlike besonderhede
Gebore 24 September 1949 (1949-09-24) (74 jaar oud)
Transvaal, Unie van Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Keorapetse Kgositsile (1978–92)
Nape Khomo (2016–hede)
Alma mater Eshowe Training College
Lovedale Teacher Training College

Omstredenheid

Baleka Mbete 
Baleka Mbete ontmoet pres. Wladimir Poetin in 2006 gedurende sy besoek aan Suid-Afrika.

In April 1997 kom dit aan die lig dat Mbete 'n onbehoorlik-uitgereikte rybewys bekom het, maar is nie van enige oortreding aangekla nie. Dit volg nadat ondersoekbeamptes korrupsie in Mpumalanga se plaaslike toetssentrums ontbloot het, waar lisensies in ruil vir omkoopgeld uitgereik is. Mbete het gesê dat sy "te besig" was om in toue te staan​​.

In 2007 het Mbete die DA-lid Mike Waters geskors omdat hy probeer vra het wat aan die skandaal rondom Manto Tshabalala-Msimang gedoen word. Waters wou navraag doen oor die Minister van Gesondheid se beweerde skuldigbevinding aan diefstal terwyl sy 'n verpleegster in Botswana was.

Mbete was by die Travelgate-skandaal betrokke waartydens meer as 200 Suid-Afrikaanse parlementslede hulle gesubsidieerde reisvoordele misbruik het. Volgens berigte het sy die geld terugbetaal.

In 2006 huur Mbete 'n vliegtuig teen 'n koste van R471 900 (sowat VS$60 000) na Liberië vir die inhuldiging van pres. Ellen Johnson Sirleaf. Die enigste ander passasier op die vliegtuig was 'n lid van haar personeel. Thabo Mbeki en die buitelandse sake-minister Nkosazana Dlamini-Zuma is ook na die inhuldiging – Mbeki in sy privaatvliegtuig en Dlamini-Zuma per kommersiële vlug.

Sy is 'n stoere ondersteuner van Tony Yengeni, 'n voormalige ANC-hoofsweep in die parlement, wat aan bedrog skuldig bevind is. Na sy vonnisoplegging het Mbete selfs Yengeni na die Pollsmoor-gevangenis vergesel.

Mbete is later weer vir omkopery ondersoek. Ondersoekbeamptes van die aandelebeurs in die Verenigde State van Amerika glo dat die R25 miljoen aandeel wat sy na die toekenning van 'n lisensie aan die Goldfields mynmaatskappy ontvang het, omkoopgeld was.

Verwysings

Eksterne skakels

Voorafgegaan deur
Phumzile Mlambo-Ngcuka
Adjunkpresident van Suid-Afrika
2008–2009
Opgevolg deur
Kgalema Motlanthe

Tags:

194924 SeptemberAdjunkpresident van Suid-AfrikaAfrican National CongressGwede MantasheSpeaker van die Nasionale VergaderingSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Menslike skeletTussenwerpselGemeenskapsorganisasieBeurtkragIdioomBorskankerWet op Bantoe-onderwysPseudowetenskapKinderregteLaeveldTweede WêreldoorlogToestand van materieVolksrepubliek ChinaNarsismeKlitorisNic de JagerOmgewingskwessies in Suider-AfrikaRegverdige handelNazi-DuitslandVormAartappelLabia (geslagsdele)Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaLys van kinderspeletjiesSterKunsSanskritVaginale kankerMaatskappyRenaissanceMagnetismeKindersiektesRekeningkundePeriodieke tabelSlangHartGrondbesoedelingSowjetunieToekoms van die AardeKontinentEkonomiese sektorMusieksimboleHamburgerDoziJohn Brown (aktivis)AsiëVersamelnaamSikloonHernubare energieSlawernyKommunikasieMenseregteHokkieBeroerteKoorsblaarPersDepressie (gemoedstoestand)KaliumFrankrykKatherine JohnsonC.J. LangenhovenNaaldekokerSinoniemAvbobTrevor NasserDelft, KaapstadHartversakingSonSwitserlandHindoeïsmeJohann de LangeHondMaagsweerMaroela MediaNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaHaasKatoen🡆 More