Thandi Modise

Thandi Modise (* 25 Desember 1959, Vryburg) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en tans die Minister van Verdediging en Militêre Veterane.

Sy was die Speaker van die Nasionale Vergadering voor die aanstelling. Sy het as voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies gedien van 2014 tot 2019. Voor dit was sy die Premier van Noordwes (2010 tot 2014) en word in hierdie hoedanigheid deur Supra Mahumapelo (ANC) opgevolg, na die algemene verkiesing van 2014.

Thandi Modise
Thandi Modise

Ampstermyn
22 Mei 2019 – 8 Augustus 2021
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Baleka Mbete

Ampstermyn
21 Mei 2014 – 22 Mei 2019
President J. ZumaC. Ramaphosa
Voorafgegaan deur Johannes Mahlangu
Opgevolg deur Amos Masondo

4de Premier van Noordwes
Ampstermyn
19 November 2010 – 21 Mei 2014
Voorafgegaan deur Maureen Modiselle
Opgevolg deur Supra Mahumapelo

Persoonlike besonderhede
Gebore 25 Desember 1959 (1959-12-25) (64 jaar oud)
Vryburg, Kaapprovinsie
Politieke party African National Congress

Apartheidsjare

Sy verlaat Suid-Afrika in 1976 om by die verbanne African National Congress (ANC) aan te sluit en ontvang opleiding in Angola. Sy keer in 1978 terug na Suid-Afrika as 'n werknemer van die militêre vleuel van die ANC, Umkhonto we Sizwe (MK). In 1979 word sy in hegtenis geneem en gevangenisstraf opgelê, wat haar die eerste vrou maak om in Suid-Afrika vir aktiwiteite verbonde aan MK tronk toe gestuur te word.

Aanklagte van dieremishandeling op haar plaas

In Julie 2014 ontdek die NDBV 'n aantal dooie diere, insluitend hoenders, varke, bokke en ganse, op 'n plaas wat Modise in Modderfontein, buite Potchefstroom, in die Noordwes-provinsie besit. Dit was duidelik dat die diere langer as 'n week sonder kos en water gegaan het, en 85 oorblywende varke op die plaas het hulsef daarop gewend het om 58 dooie varke te kannibaliseer. Geen werkers was op die perseel te vinde nie. Die Noordwes-polisie het op 7 Julie bevestig dat sy teregstaan op aanklagte van dieremishandeling in stryd met die Wet op Dierebeskerming. Sy het op die bewerings gereageer deur te verklaar dat sy leer hoe om te boer, en dat sy 'n plaasbestuurder aangestel het, maar dat hy sy pligte versaak het weens 'n gesinsaangeleentheid. Ongeveer vier maande later is gerapporteer dat die omstandighede op die plaas verbeter het, dat Modise se vee voldoende voedsel ontvang het en in 'n "aanvaarbare toestand" was.

Bronne

Tags:

Minister van Verdediging en Militêre Veterane (Suid-Afrika)Nasionale Raad van ProvinsiesNoordwes provinsiale wetgewerSpeaker van die Nasionale VergaderingSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2014Supra MahumapeloVryburg

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HartaanvalGroepsdrukTobie CronjéMonopolieLVulkaanPornografiese subgenresGeskiedenis van die BoererepubliekeRutenium(III)chloriedSpelerposisies in rugbyKoos BekkerAllan BoesakErfenisdag (Suid-Afrika)NommertekenViëtnamGraatjiemeerkatErdwurmKoppeltekenHeuningAustraliëBloeddrukSuikersiekteHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalPlae van EgipteLys van medisinale kruieKakiebosYsterJagluiperdTelwoordRookgewoonteRooms-Katolieke KerkGeldLianie MayOnomatopeeSelfoonOos-KaapFilosofieAfrikanersKaliforniese KanaaleilandeTegnologieIvan ZimmermannMusiekHerpes simplexSlag van Cuito CuanavaleSendelingposisieAtoomKoggelmanderKrokodilSirkusKondensasieSeksKlein-KarooNaboomWikiquoteLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandFiksieVerkoueLongMondWaarheid-en-versoeningskommissieSeksuele penetrasieLeeuPêrelAt BothaLys van bekende Suid-AfrikanersHoofpynBeurtkragLeah van NiekerkLys van politieke partye in Suid-AfrikaLiewe HeksieRolprentHeelgetalAngolese Oorlog vir Onafhanklikheid🡆 More