Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Wiki lysartikel

Die Goewerneur-generaal van die Unie van Suid-Afrika (Engels: Governor-general of the Union of South Africa, Nederlands: Gouverneur-generaal van de Unie van Zuid-Afrika) was die verteenwoordiger van die Britse Kroon in Suid-Afrika tussen 31 Mei 1910 en 31 Mei 1961.

Die Unie van Suid-Afrika was 'n Gemenebes Koninkryk (Engels: Commonwealth Realm) waarin Koningin Elizabeth II die titel "Koningin van Suid-Afrika" gehad het al het sy die land nooit in die hoedanigheid besoek nie.

Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae
Die Tuynhuys, destydse setel van die goewerneur-generaal in Kaapstad

Sommige van die draers van die pos was lede van die Britse Koninklike Familie insluitend Prins Arthur van Connaught, tussen 1920 en 1923, en die Graaf van Athlone, wat tussen 1923 en 1930 gedien het voor hy die Goewerneur-generaal van Kanada geword het. Soos in ander Dominions, sou dit verander met slegs Suid-Afrikaanse burgers wat die amp in latere jare gedra het. In daardie jare was die ampsdraers natuurlik almal blankes.

Republikeinse strewe

Die Nasionale Party met sy hoofsaaklik Afrikanerbasis, wat in 1948 aan bewind gekom het, was uitgesproke republikeins en het Suid-Afrika se volgehoue bande met die Kroon as 'n oorblyfsel van Britse imperialisme beskou. Onder die Nasionale Party is die amp van goewerneur-generaal beklee deur afgetrede regeringsministers, wat geweier het om die tradisionele, "koloniale" Windsor-uniform te dra wat uit 'n blou militêre baadjie en 'n geveerde hoed bestaan het. In 1957 het God Save the Queen opgehou om gelyke status met Die Stem van Suid-Afrika as nasionale volkslied te hê, en het die Britse Union Jack op soortgelyke wyse gelyke status met die Suid-Afrikaanse vlag verloor.

In 1960 het die Eerste Minister van Suid-Afrika, Hendrik Verwoerd 'n referendum oor die republikeinse saak onder wit kiesers gehou. Besware is gemaak teen die vermindering van die stemouderdom na 18 en die insluiting van wit kiesers in Suidwes-Afrika, maar op 5 Oktober 1960 was 52% van die stemme ten gunste van die vraag: 'Steun u 'n republiek vir die Unie?'.

Charles Robberts Swart, die laaste goewerneur-generaal, het die offisier wat die regeringsadministreer (?) geword in April 1961 onder 'n tussentydse maatreël voor hy ingesweer is as die eerste Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika op 31 Mei daardie jaar.

Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961)

# Naam
(Geboorte–Dood)
Portret Ampsaanvaarding Amp verlaat Monarg Eerste Minister
1 Herbert John Gladstone
(1854–1930)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  31 Mei 1910 8 September 1914 George V Botha
2 Sydney Charles Buxton
(1853–1934)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  8 September 1914 17 November 1920
3 Arthur van Connaught
(1883–1938)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  17 November 1920 21 Januarie 1924 Smuts
4 Alexander Cambridge
(1874–1957)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  21 Januarie 1924 26 Januarie 1931
5 George Villiers
(1877–1955)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  26 Januarie 1931 5 April 1937 Hertzog
6 Patrick Duncan
(1870–1943)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  5 April 1937 17 Julie 1943 George VI
Nicolaas de Wet
(1873–1960)
(waarnemend)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  17 Julie 1943 1 Januarie 1946 Smuts
7 Gideon Brand van Zyl
(1873–1956)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  1 Januarie 1946 1 Januarie 1951
8 E.G. Jansen
(1881–1959)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  1 Januarie 1951 25 November 1959 Malan
Lucas Cornelius Steyn
(1903–1976)
(waarnemend)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  26 November 1959 11 Desember 1959 Elizabeth II Verwoerd
9 Charles Robberts Swart
(1894–1982)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  11 Desember 1959 30 April 1961
Lucas Cornelius Steyn
(1903–1976)
(waarnemend)
Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika: Republikeinse strewe, Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961), Vlae  30 April 1961 31 Mei 1961

Vlae

Sien ook

Tags:

Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika Republikeinse streweGoewerneur-Generaal Van Suid-Afrika Lys van goewerneurs-generaal van die Unie van Suid-Afrika (1910–1961)Goewerneur-Generaal Van Suid-Afrika VlaeGoewerneur-Generaal Van Suid-Afrika Sien ookGoewerneur-Generaal Van Suid-AfrikaElizabeth II van die Verenigde KoninkrykEngelsNederlandsSuid-AfrikaUnie van Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MusiekOogproblemeLionel MessiKunsmatige intelligensieSonsverduisteringNasionalismeBoer Soek 'n VrouPlantVierde Industriële RevolusieRMS TitanicNederlandsDataverwerkingCyril RamaphosaAt BothaKunsmatige algemene intelligensieMahatma GandhiEkonomieKolorektale kankerMensVraag en aanbodJohannes KerkorrelDrinkwatervoorsieningOlifantSatellietMorfeemVermenigvuldigingRoland GarrosRekenaarWiskundePieter DuvenageSwartrenosterLemoenduifBlourokkeGenesisHemelvaartPaarl GimnasiumBrandmondsindroomSkisofrenieVerenigde KoninkrykHoëveldKonsentrasiekampKaartNierversakingJan Willem JanssensSlag van Cuito CuanavaleDinosourusAbrahamDooie SeeHeupWaterKlein vyf diereJak de PriesterCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKwaZulu-NatalKorrupsieGevolge van aardverwarming op oseaneGoogleVaginale kankerVK (sosiale netwerk)Swart menseSoweto-opstandWikipediaPoesApostoliese KerkeQuebecPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPreseminale vloeistofLiewe HeksieAborsie in Suid-AfrikaChristendomKarwatsKaapstadLugbesoedelingJakobKlem-in-die-kaak🡆 More