Staatspresident Van Suid-Afrika

Vanaf 1961 tot 1994 was Suid-Afrika se staatshoof bekend as die Staatspresident.

Dié amp is geskep tydens republiekwording in 1961, waar koningin Elizabeth II as staatshoof vervang en die amp van Goewerneur-generaal van Suid-Afrika ooreenkomstig afgeskaf is.

Seremoniële pos

Staatspresident Van Suid-Afrika 
Standaard van die Suid-Afrikaanse Staatspresident (1961–1984)
Staatspresident Van Suid-Afrika 
Standaard van die Suid-Afrikaanse Staatspresident (1984–1994)

Die Republiek van Suid-Afrika is uitgeroep op 31 Mei 1961. Charles Robberts Swart, die laaste Goewerneur-generaal, is beëdig as die eerste Staatspresident. Soos Paul Kruger en presidente van die Boererepublieke het die Staatspresident 'n ampsserp met die Republiek se wapenskild gedra, en meestal seremoniële pligte uitgevoer. Die regerende Nasionale Party het besluit teen 'n uitvoerende presidentskap, en het pleks daarvan 'n minimalistiese benadering gevolg as 'n versoenende gebaar teenoor Engelssprekende blanke Suid-Afrikaners wat teen 'n Republiek gekant was. Soos Goewerneurs-generaal voor hulle was alle staatspresidente afgetrede Nasionale Party-ministers, en daarom blank, Afrikaans en manlik.

Uitvoerende pos

Na grondwetlike hervorming in 1984 word die amp van Staatspresident 'n uitvoerende pos, soos in die Verenigde State van Amerika, en die amp van Eerste Minister van Suid-Afrika word afgeskaf. P.W. Botha word die nuwe Staatspresident, tot sy uittrede in 1989, waarna hy deur Frederik Willem de Klerk vervang is wat die oorgang na meerderheidsregering in 1994 bewerkstellig het.

Einde van blanke minderheidsregering

Onder Suid-Afrika se eerste nie-rassige Grondwet, wat in 1994 aanvaar is, staan die staatshoof (en regeringshoof) eenvoudig bekend as die president. Die eerste sodanige president, Nelson Mandela, destyds leier van die ANC, is as die land se president beëdig op 11 Mei 1994.

Lys van Staatspresidente van Suid-Afrika (1961–1994)

    Partye

██ Nasionale Party

# Naam
(Geboorte–Dood)
Portret Ampsaanvaarding Amp verlaat Gekies
(Parlement)
Party
Staatspresidente as staatshoofde (seremonieël, 1961–1984)
1 Charles Robberts Swart
(1894–1982)
Staatspresident Van Suid-Afrika  31 Mei 1961 31 Mei 1967 Nasionale Party
Theophilus Ebenhaezer Dönges
(1898–1968)
Staatspresident Van Suid-Afrika  Verkies, maar het nie die amp aanvaar nie weens siekte Nasionale Party
Tom Naudé
(1889–1969)
(waarnemend)
Staatspresident Van Suid-Afrika  1 Junie 1967 10 April 1968 Nasionale Party
2 Jim Fouché
(1898–1980)
Staatspresident Van Suid-Afrika  10 April 1968 9 April 1975 Nasionale Party
Jan de Klerk
(1903–1979)
(waarnemend)
Staatspresident Van Suid-Afrika  9 April 1975 19 April 1975 Nasionale Party
3 Nicolaas Johannes Diederichs
(1903–1978)
Staatspresident Van Suid-Afrika  19 April 1975 21 Augustus 1978
(oorlede in amp)
Nasionale Party
Marais Viljoen
(1915–2007)
(waarnemend)
Staatspresident Van Suid-Afrika  21 Augustus 1978 10 Oktober 1978 Nasionale Party
4 John Vorster
(1915–1983)
Staatspresident Van Suid-Afrika  10 Oktober 1978 4 Junie 1979
(bedank)
Nasionale Party
5 Marais Viljoen
(1915–2007)
Staatspresident Van Suid-Afrika  19 Junie 1979
waarnemend sedert 4 Junie 1979
3 September 1984 Nasionale Party
Staatspresidente as staatshoofde en regeringshoofde (uitvoerend, 1984–1994)
1 Pieter Willem Botha
(1916–2006)
Staatspresident Van Suid-Afrika  14 September 1984
waarnemend sedert 3 September 1984
15 Augustus 1989
(bedank)
1987 (20) Nasionale Party
2 Frederik Willem de Klerk
(1936–2021)
Staatspresident Van Suid-Afrika  20 September 1989
waarnemend sedert 15 Augustus 1989
10 Mei 1994 1989 (21) Nasionale Party

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Staatspresident Van Suid-Afrika Seremoniële posStaatspresident Van Suid-Afrika Uitvoerende posStaatspresident Van Suid-Afrika Einde van blanke minderheidsregeringStaatspresident Van Suid-Afrika Lys van Staatspresidente van Suid-Afrika (1961–1994)Staatspresident Van Suid-Afrika Sien ookStaatspresident Van Suid-Afrika Eksterne skakelsStaatspresident Van Suid-AfrikaElizabeth II van die Verenigde KoninkrykGoewerneur-generaal van Suid-AfrikaRepubliekStaatshoofSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerkleurmannetjieHokkieCounter-Strike 2CalviniaNoag se arkHeupvervangingWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaMuishondMona LisaFranse RewolusieDaggaKoolhidraatJodePresident van Suid-AfrikaNazi-DuitslandVerbondsarkBevolkingVormMarsKankerSelfstandige naamwoordMenslike skeletRuslandAarde se atmosfeerOlifantSirkelKrampEjakulasieOranjerivierVrymesselarySosiale mediaMark (ekonomie)Kolorektale kankerAfrikaanse woordelys en spelreëlsSwartPlae van EgipteBeesNag van die lang messeDiatomiese molekuulBeeldspraakGroot vyfHulpwerkwoordGoudWoordeskatRob HersovArabies-Israeliese konflikGrondwetFinansiële staatMeeueVoegwoordSenuweestelselNierSuiwelprodukSatellietfotoMaanMisdaadromanBlomSwart menseMetafoorKommunikasieSeekatDuitse maselsLionel PetersonSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024LTreinLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierDroomMangelDruiweKlem-in-die-kaakSwartkwasmuishondInfeksieReg tot ‘n gesonde omgewingWikipediaKolonoskopieMaagsweer🡆 More