Rosamund Everard-Steenkamp: Suid-Afrikaanse vlieënier en kunstenares (eerste vrou wat 'n straalvliegtuig gevlieg het)

Rosamund King Everard en later Rosamund King Everard-Steenkamp (1907 - 19 Maart 1946), was 'n Suid-Afrikaanse vlieënier en visuele kunstenares.

Vroeë lewe

Rosamund is in 1907 op die plaas Bonnefoi naby Carolina gebore. Sy was die dogter van Charles Joseph Everard en Amy Bertha Everard (neé King). Sy het in die destydse Oos-Transvaal (nou Mpumalanga) grootgeword en by Hoërskool Eunice in Bloemfontein in 1919 skoolgegaan. In die 1920's het sy saam met haar moeder en suster na Kaapstad en later Engeland en die Europese vasteland gereis. Daar het sy klavier studeer, sowel as viool onder Jacques Thibaud. Sy het geen formele kunsonderrig ontvang nie. Sy het egter saam met haar ma en suster begin skilder toe hulle na Frankryk en Italië gereis het.

In 1926 keer Rosamund terug na die familieplaas in die destydse Oos-Transvaal en fokus op die boerdery, waarmee sy baie suksesvol word. Sy word 'n gekwalifiseerde bees- en wolbeoordelaar. Sy kon baie goed perdry en skiet, en het ook Frans en Swazi gepraat.

Lugvaartloopbaan

In 1935 begin Rosamund met haar loopbaan as vlieënier. Sy kwalifiseer in Engeland as vlieënier en werk tussen 1939 en 1940 as 'n vlieginstrukteur in die Oos-Transvaal. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het sy by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit en later die Hulpdienste vir Lugvervoer, waar sy vlugte tussen Suid-Afrika en Egipte onderneem het. Sy ontmoet Hermanus Nicolaas Fourie Steenkamp in 1940 en dieselfde jaar trou hulle by St Martin's in the Field in Rosebank, Johannesburg. Steenkamp is in 1942 oorlede. Rosamund het voortgegaan om te vlieg en was die eerste vrou ter wêreld wat 'n straalvliegtuig gevlieg het en wel 'n Gloster Meteor. Sy was ook die eerste vrou wat 'n Spitfire-vliegtuig gevlieg het.

Dood

Op 19 Maart 1946 sterf Rosamund in 'n vliegongeluk terwyl sy in beheer was van 'n Spitfire wat in Button Oak, Upper Arley, Worcestershire neergestort het. Die oorsaak van die ongeluk is nooit vasgestel nie.

Sy is begrawe in All Saints-begraafplaas in Maidenhead.

Kunsnalatenskap

Rosamund het meestal landskappe en stillewes met olieverf geskilder. Haar skilderstyl was onkonvensioneel, spontaan en uitbundig. Haar werk weerspieël haar aangetrokkenheid tot dekoratiewe patrone en ontwerp. Haar kleurgebruik was sterk, gedefinieer en beheer deur bepaalde ritmiese buitelyne. Sy was nie so produktief soos die ander skilders in haar familie nie. Haar werk was deel van die Everard Groep-uitstallings van 1931 en 1935 en was te sien in die retrospektiewe uitstallings by die Tatham-kunsgalery in 1982 en die Standard Bank-geborgde uitstalling van 2000 onder die titel The Everard Phenomenon.

Haar skildery getiteld Kamei-Doorn in Winter het kritiese kommentaar ontvang van die kunskritikus Bernard Lewis, wat dit as 'n "plakkaat" afgemaak het wat deur "geen mate van toegeneentheid 'n skildery genoem kan word nie". Flowers on a Window Sill (1930), met sy afgeplatte kleurgebiede, het 'n soortgelyke reaksie ontlok. Lewis se kritiek het egter die destydse konserwatiewe kunssmaak weerspieël.

Kunsuitstallings

Haar kunswerke was by die volgende kunsuitstellings vertoon:

  • (1931 – 1944) Everard-group uitstallings
  • (1936) Empire Exhibition, Johannesburg
  • (1967) The Everard Group prestige retrospective art exhibition, Pretoriase Kunsmuseum
  • (2000) Standard Bank-geborgde uitstalling van 2000 met die titel The Everard Phenomenon

Openbare kunsversamelings

Van haar kunswerke word in die volgende openbare kunsversamelings vertoon:

Sien ook

Verwysings

Bronne

  • Berman, E. 1994. Art & Artists of South Africa. Southern Book Publishers.

Eksterne skakels

Tags:

Rosamund Everard-Steenkamp Vroeë leweRosamund Everard-Steenkamp LugvaartloopbaanRosamund Everard-Steenkamp DoodRosamund Everard-Steenkamp KunsnalatenskapRosamund Everard-Steenkamp KunsuitstallingsRosamund Everard-Steenkamp Openbare kunsversamelingsRosamund Everard-Steenkamp Sien ookRosamund Everard-Steenkamp VerwysingsRosamund Everard-Steenkamp BronneRosamund Everard-Steenkamp Eksterne skakelsRosamund Everard-Steenkamp19 Maart19071946Vlieënier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VaalrivierEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSpysverteringstelselOogproblemeWerkwoordSmaakSamestellende afleidingTrevor NasserSkaapGeskiedenis (vakgebied)Afrikaanse naguilYslandSteve HofmeyrKewerGrondwet van Suid-AfrikaTussenwerpselVulkanismeBesoedelingLys van kinderspeletjiesMarsBrongitisSinsbouDemi Lee MooreJohan VorsterAngolese BurgeroorlogPuntDolfynVleilandWaterkringloopDubbelpuntNierversakingSamestellingDonderstormKlereBolandse aardbewing van 1969GemeenskapPussy RiotVersoeningsdagGroot GatTemperatuurLien se lankstaanskoeneGroot vyfSonkragKamoefleringFotosinteseC.J. LangenhovenSwartbewussynsbewegingWêreld- Ekonomiese ForumVoedselkettingAborsie in Suid-AfrikaHipoteseWiskundeGeskiedenis van AfrikaansJohnny RapidKinderregteTandbederfGoogleSelfmoordDieregeluideJohannes MeintjesNeurenberg-verhoreBraaiTransatlantiese slawehandelKriekAkkedisSomerStereotipeOu Apostoliese KerkKongo-krisisKaapstadBesproeiingInfeksieSlimfoonDepressie (gemoedstoestand)MiddeloorontstekingSport🡆 More