William Humphreys-Kunsgalery: Kunsmuseum

Die William Humphreys-kunsgalery in Kimberley is een van die belangrikste kunsmuseums in Suid-Afrika.

Sedert sy opening in 1952 het dit tot 'n kultuursentrum vir die Noord-Kaap ontwikkel.

William Humphreys-kunsgalery
Stad of dorp Kimberley
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Openingsjaar 1952
Tipe kunsgalery Staatsgefinansierde nasionale erfenis met 'n kunsversameling wat wissel van 17de-eeuse Nederlandse meesters en Europese kunswerke tot kontemporêre Suid-Afrikaanse kuns
Webtuiste William Humphreys Art Gallery, Kimberley

Gebou

Hierdie museum is genoem na die vernaamste skenker van die kunswerke in die museum. Dit vorm deel van die Burgersentrum in Cullinansingel in Kimberley, is op 5 Desember 1952 deur Harry Oppenheimer geopen en sedertdien is die museumgebou enkele kere vergroot weens die toename in die versameling. Aan die noordekant van die gebou staan 'n standbeeld van koningin Victoria.

Skenkers

In 1944 het die politikus en kunsversamelaar William Humphreys 'n groot deel van sy persoonlike versameling van skilderye deur Hollandse en Vlaamse meesters sowel as skilderye deur Britte en Franse, antieke meubels en ander kunsitems aan die stad Kimberley geskenk. Dit is saamgevoeg met die kunsversameling van die Kimberley Athenaeum. Later is die versameling vergroot met die toevoeging van die Max Greenberg-bemaking, Humphreys-leenversameling, Meyer-versameling, Lawson-versameling en die Timlin-versameling. Verder was daar verskeie kleiner skenkings deur enkelinge, soos Harry Oppenheimer.

Vlaamse en Hollandse skool

Alhoewel die galery bekend is vir sy versameling Suid-Afrikaanse skilderye, lê sy werklike aantrekkingskrag by kunskenners wêreldwyd in die goeie versameling skilderye van die 16de en 17de eeuse meesters. Dit vergelyk goed met die Michaelis-versameling. Van die vroegste werke is landskappe deur Jan Breughel (1568–1625). Ook is daar landskap skilderye deur Antonie Waterloo (1610–76), Jan Wijnants (1615-c1679), Jan Both (1618–52) en Philip Wouwerman (1619–68). Veral Karel du Jardin (1622–78) se “Beeste en 'n ruïne in 'n landskap” en 'n rivier toneel deur Jan van Goyen (1596–1656) is bekend. Onder die stillewes staan die skilderye van Cornelis de Heem (1631–95), Jan van Zoon (1650–1723) en Jan van Huysum (1682–1749) uit. Ander bekende skilderye is “Die houtkappers” deur Adam Pijnacker (1622–73), “Vegtende katte” deur Frans Snijders (1579–1657), “Interieur” deur Egbert van der Poel (1621–1664), “Portret van 'n man” deur Caeser van Everdingen (1606–78), “Portret van 'n vrou” deur Gonzales Coques (1614–84), “Vryers in 'n tuin” deur Dirk Hals (1591–1656), “Vrou te perd” deur Eglor van der Neer (1635–1703) en “Ruspouse tydens die vlugtog na Egipte” deur Gerard Dou (1613–75).

Franse skool

Hierdie versameling is beperk. Dit sluit werke in van Jean-Baptiste Greuze (1725–1805) en Gaspard Poussin (1594–1665). Die skildery “Wrak van die driemaster” is deur Eugène Isabey (1767–1855).

Italiaanse skilders

Die bekendste kunstenaars in die groep is Andrea del Sarto (1486–1530), Emma Ciardi (1879–1933) en Salvator Rosa (1615–73).

Britse skilders

Skilderye in die afdeling is “Mrs Irvine” deur Henry Raeburn (1756–1823), “Lord Eldin” deur Andrew Geddes (1783–1844), “Baba word gebad” deur William Orpen (1878–1931) en 'n selfportret van David Wilkie (1785–1841). Verder is hier werke te sien van Peter Lely (1618–80), William Etty (1675–1734), William Hogarth (1697–1764) en George Romney (1734–1802).

Suid-Afrikaanse skilders

Al die bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars is in die galery verteenwoordig. Die belangrikste werk is van Alexis Preller (1911–75). Irma Stern (1894–1966) het drie portrette en 'n stillewe in die galery. Van die oudste kunstenaars wie se werk hier voorkom, is Thomas Bowler (1812–69) en Frederick T. I'Ons (1802–1887). Van Bowler is te sien “Tafelberg en Tafelbaai”. Onder Frans Oerder (1867–1944) se sewe skilderye is daar “Lesende meisie” en “ 'n Seun”. “Hoëveld, Transvaal” is deur Pierneef (1886–1957). Ander bekende skilderye is “De Beers-myn (Groot Gat)” deur Gwelo Goodman (1871–1939), “Bak met 'n bos gemengde blomme” deur Wolf Kibel (1903–38), “Die terugkeer van die Rajah” en “Die boodskapper van die dood” deur J.H. Amschewitz, “Skip in Durban se hawe” deur Clement Senèque, “Ou kerk, Tulbagh” en Victoria-waterval” deur Gwelo Goodman, “Poel in die Komatirivier” deur Rosamund Everard-Steenkamp (1907–1945) en “Rotslandskap” deur Stefan Ampenberger (1908–83).

Ander kunswerke

Die omstrede naakbeelde deur Moses Kottler (1896–1977) word hier gehuisves. Ook beelde deur Anton van Wouw (1862–1945) is te sien. 'n Moderne beeld is Sydney Kumalo se “Sittende vrou”. 'n Opvallende moderne keramiekwerk is “Tamfuti” deur Bonnie Ntshalintshali. Ander interessanthede is Franse meubels uit die 18de eeu, voorbeelde van Suid-Afrikaanse meubels in stink- en geelhout, Dresden- en Meissenporselein en Kaapse silwer uit die 19de eeu deur Johannes Casparus Lotter. Teenswoordig lê die museum klem in die opbou van sy versameling op skilderye, beelde, grafiese kuns, keramiek en tradisionele kuns deur Suid-Afrikaanse kunstenaars. 'n Besondere omvangryke biblioteek van kunsboeke is hier beskikbaar.

Bibliografie

  • Fransen, Hans: Guide to the museums of Southern Africa. Kaapstad: Southern African Museum Association, 19788.
  • Holloway, Rosemary: A short history of the William Humphreys Art Gallery. Lantern,tydskrif vir kennis en kultuur, jaargang 33, nr. 3, Julie 1984.
  • Kros, Neville: The William Humphreys Art Gallery Kimberley. Lantern, tydskrif vir kennis en kultur, jaargang 10, nr. 1, September 1960.

24°46′08″O / 28.74361°S 24.76889°O / -28.74361; 24.76889

Tags:

William Humphreys-Kunsgalery GebouWilliam Humphreys-Kunsgalery SkenkersWilliam Humphreys-Kunsgalery Vlaamse en Hollandse skoolWilliam Humphreys-Kunsgalery Franse skoolWilliam Humphreys-Kunsgalery Italiaanse skildersWilliam Humphreys-Kunsgalery Britse skildersWilliam Humphreys-Kunsgalery Suid-Afrikaanse skildersWilliam Humphreys-Kunsgalery Ander kunswerkeWilliam Humphreys-Kunsgalery BibliografieWilliam Humphreys-KunsgaleryKimberleyNoord-KaapSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Predikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGesonde dieetDeon MeyerKoraalrifLys van bekende Suid-AfrikanersPretoriaRooms-Katolieke KerkPresident van Suid-AfrikaJakobAuschwitz-konsentrasiekampVaste stofKonsentrasiekampJodeLys van Suider-Afrikaanse soogdiereTsoenamiOogproblemeKanadaGoogleJan CombrinkOntwerpNagmaalLys van Suid-Afrikaanse musikanteInvloed van vigs op die ekonomieGawes van die Heilige GeesPuberteitRugbyNoag se arkBergen-Belsen-konsentrasiekampPenisverlengingWikimedia-stigtingVoedselkettingChris HaniWoordeboek van die Afrikaanse TaalLangste woordBloedvergiftigingKaapstadBoelieryHoopFrankrykWikipediaSonsverduistering20ste eeuTsongaKinderregteJan-Willem BreureSebraVoortrekkermonumentHartversakingDiatomiese molekuulAt BothaPornLys van Suid-Afrikaanse kunstenaars2024NederlandBosluisbytkoorsLetterkundeNederlandsGeografie van Suid-AfrikaEmfiseemSteve HofmeyrPlantSteenkool in Suid-AfrikaBrandmondsindroomKarooSirkelAfrikaanse Protestantse KerkRoemeensPampoentjiesKlein-KarooMad BuddiesRefentse MorakePreseminale vloeistofPinksterPussy RiotBuffelFanie Viljoen🡆 More