Pelmeni

Pelmeni

Een van die nasionale geregte van Rusland en Oekraïne


Vlag van Litaue Litaue

Koldūnai


Vlag van Letland Letland

Pelmeņi

Pelmeni


Vlag van Estland Estland

Pelmeenid

Pelmeni (Russies: пельмени) is deegbolletjies met 'n vulsel van vleis wat in water of vleisaftreksel gekook word. Hulle word by 'n sop gevoeg of as hoofgereg geniet. Pelmeni het hulle oorsprong heel waarskynlik in die kookkuns van Tatarstan of Siberië en word lankal as een van die nasionale geregte van Rusland en Oekraïne beskou.

Nou verwante geregte in ander dele van Europa is Italiaanse ravioli en tortellini of Swabiese Maultaschen in Suidwes-Duitsland, maar ook Sjinese jiaozi en wan tan kan as soortgelyke geregte beskou word.

Bestanddele

Die deeg vir pelmeni word van meel, water en sout berei, soms word ook enkele eiers bygevoeg. Die deeg word glad geknie en met gemaalde vark-, bees-, lam-, bees- of kalkoenvleis, vis of sampioene gevul. Dikwels is die vulsel ook 'n mengsel van verskillende soorte vleis. Vir die tradisionele Oedmoertiese metode word 'n mengsel van 45 persent bees-, 35 persent skaap- en 20 persent varkvleis gebruik.

In Perm, 'n stad wes van die Oeralgebergte, word pelmeni dikwels met sampioene, uie, rape of suurkool in plaas van vleis gevul. By dié vulsels word dan 'n verskeidenheid speserye soos swart peper en uie gevoeg.

Oorsprong en geskiedenis

Pelmeni 
In Letland word gebraaide pelmeni met suurroom bedien

Die woord pelmeni is afgelei van pel'nyan' (пельнянь) – 'n term uit die Fins-Oegriese Komi-taal, Oedmoerties en Mansi wat letterlik "oorvormige brood" beteken.

Dit is nie bekend wanneer pelmeni 'n deel van die kookkuns van inheemse Siberiese volke geword het of wanneer die gereg deur die Russe oorgeneem is nie. Een hipotese is dat pelmeni, of gevulde deegbolletjies in die algemeen, hulle oorsprong in China het.

Dit verklaar dan ook die gebruik van vreemde speserye soos swart peper wat nie inheems aan Rusland is en in elk geval ingevoer moet word. Pelmeni is dan moontlik deur Mongole in Siberië en later ook in die Oeral-gebied bekend gemaak en het vervolgens ook in Oos-Europa gewild geraak.

Pelmeni was besonder gewild onder jagters aangesien hulle 'n ligte en voedsame kos is wat maklik berei kan word. Op lang jagtoere tydens die winter kon pelmeni in bevrore toestand saamgeneem word.

Pilmän - die Tataarse eweknie van pelmeni - is daarnaas ook 'n tradisionele gereg in die Tataarse kookkuns waar dit steeds met sop bedien word.

Deesdae word industrieel vervaardigde bevrore pelmeni in Russiese, Oos-Europese en Duitse supermarkte verkoop. In Rusland en Oekraïne word bevrore pelmeni as kitskos veral met die leefstyl en kookkuns van studente en vrygeselle vereenselwig.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Pelmeni BestanddelePelmeni Oorsprong en geskiedenisPelmeni VerwysingsPelmeni Eksterne skakelsPelmeni

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AkroniemLettergreepPeach van PletzenPersentasieGalileo GalileiSprokieOrgasmeMetafoorDataverwerkingEugenetikaSosiale mediaRegdgbsjBek-en-klouseerStadPolisieAbstraksie (rekenaarwetenskap)MangelontstekingNederlandJan van HunksAfrikaanse TaalmonumentKersfeesJagluiperdAfrikaanse taalleerIronieVisJust NuisanceBuffelTelevisieVoegwoordMaatskappyWet op Afsonderlike GerieweVoedselkettingMierLionel MessiVingerseksRolprentBlourokkeMilaan25 Aprilg8ftoBreinkaartBerilliumHartGawes van die Heilige GeesGestremdheidInfeksieSowjetunieVolksmoordKultuurLuiperdGemeenskapVaginale kankerStedelike hitte-eilandMuskietLieweheersbesieAlkoholismeNarsismeSiembambaWinnie Madikizela-MandelaBorskankerSuikersiekteSonVleilandErfenisAardbewingLugbesoedelingWillie JoubertXhosaMenslike skeletPatriotic AllianceOpenbare redevoeringJazzMoslemMarco PoloAfrikaanse Wikipedia🡆 More