Patriotic Alliance

Die Patriotic Alliance (PA) is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in November 2013 gestig is deur, onder meer, die voormalige bankrower wat 'n motiveringspreker, skrywer en sakeman geword het, Gayton McKenzie en die voorheen veroordeelde bedrieër, later sakeman en sosiale bekende Kenny Kunene.

Kunene het die party in 2014 na die nasionale verkiesing verlaat.

Patriotic Alliance
Die party se logo

Op sy amptelike webwerf beskryf die party homself as 'n geloofwaardige alternatief vir beide die Demokratiese Alliansie (DA), wat die regerende party in die Wes-Kaap is, en die African National Congress (ANC), wat die res van die land regeer. Hierdie partye het elk die PA as 'n geloofwaardige bedreiging verwerp. Die party het relatief swak gevaar in sy eerste nasionale en provinsiale verkiesing, deur 0,07% van die nasionale stem te trek, met sy beste 0,4% in die Wes-Kaap.

Die PA het sy eerste verkose verteenwoordigers in die 2016 munisipale verkiesings bekom. Alhoewel die party slegs 0,06% van die nasionale stem ontvang het, het dit setels in die metropolitaanse munisipaliteite van Kaapstad, Nelson Mandelabaai, Johannesburg en Ekurhuleni verkry, gedeeltelik gehelp deur die lae drempel vir verteenwoordiging in hierdie rade. Dit het ook 'n setel in Tokologo Plaaslike Munisipaliteit bekom met 10% van die stemme.

Die party het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 deelgeneem, maar kon slegs 6 660 stemme bekom. In 2021 se munisipale verkiesing het die party effens beter gevaar, en kon daarmee die burgemeester vir Laingsburg aanwys.

Op 29 Junie 2023 het die PA se kandidaat Lois Simonse in 'n tussentydse verkiesing in Johannesburg se distrik 7 'n setel op die ANC verower. Simonse het 47% van die stemme gekry. Die DA het nie deelgeneem nie omdat hulle kandidaat Randell Markgraaff hom op 16 Junie teruggetrek het. Dit was te laat om nog 'n ander kandidaat aan te wys. Distrik 7 bevat Ennerdale en Finetown. Ennerdale is veral 'n kleurlingedistrik maar Finetown is veral swart en die PA het ook daar baie stemme gekry.

Verkiesingsuitslae

Nasionale verkiesings

Verkiesing Stemme % Setels
2014 13 263 0,07 0
2019 Patriotic Alliance  6 660 Patriotic Alliance  0,04 Patriotic Alliance  0

Munisipale verkiesings

Verkiesing Stemme %
2016 22 236 0,07%
2021 Patriotic Alliance  265 235 Patriotic Alliance  0,87%

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Patriotic Alliance VerkiesingsuitslaePatriotic Alliance VerwysingsPatriotic Alliance

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Dialoog in fiksieISimangaliso-vleilandparkSosiale mediaSeksKaapstadSitroensuurKontinentKookpuntKrokodilGordelroosEuropaWaterLys van Afrikaanse skrywersOrgasmeVulkaanVormVaginale kankerMeningsverskil oor aardverwarmingAnale kankerTamatieRenosterPad na jou hartToringVolhoubaarheidDubbelpuntVoëlgriepBosluisPythagoras se stellingPlastiekTweede Nuwe JaarDirekte en Indirekte redeAborsie in Suid-AfrikaCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaVermenslikingLimpopo (rivier)Onse VaderMarco PoloSokkerNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaInfrastruktuurKlereSarah Rose KarrTussenwerpselLuiperdWindAfvalbestuurDrinkwatervoorsieningLys van Afrikaanse rolprenteSublimasieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereGalblaasMenseregteLeeuAfrikaners is plesierigSeksposisiePussy RiotLeonardo da VinciSharpeville-slagtingKorrupsieMonumentJodiumNylsvley-natuurreservaatDeon MeyerCristiano RonaldoSinkNazi-DuitslandRymTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinRuhan du ToitAlvin BruindersZoeloeKhoikhoiVitamienWinnie Madikizela-MandelaMantisL🡆 More