Suid-Afrikaanse Munisipale Verkiesing Van 2016

Die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesings van 2016 is op 3 Augustus 2016 in alle distrikte en Plaaslike Munisipaliteite van al 9 Suid-Afrikaanse provinsies gehou.

Suid-Afrikaanse Munisipale Verkiesing Van 2016
Suid-Afrikaanse politiek
Parlement van Suid-Afrika
Nasionale Vergadering
Nasionale Raad van Provinsies
President
Adjunkpresident
Ministers
Speaker van die Nasionale Vergadering
Opposisieleier
Politici
Politieke partye
Konstitusionele Hof
Hoogste Hof van Appèl
Hooggeregshof
Verkiesings

Dit is op 6 April 2016 amptelik aangekondig.

Munisipale verkiesings word elke vyf jaar gehou, die vorige munisipale verkiesing is in 2011 gehou en die volgende een in 2021.

Die munisipale verkiesings van 2016 het die lede van die distriks-, metropolitaanse en plaaslike munisipale rade verkies, wat op hulle beurt die burgemeesters van die munisipaliteite verkies het.

Munisipale afbakening

Suid-Afrika se Munisipale Afbakeningsraad het veranderinge aangekondig aan sekere wyksafbakenings en munisipale grense, na aanleiding van die vorige minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake Pravin Gordhan se voorstel oor die herindeling van munisipaliteite om hulle meer volhoubaar en finansieel lewensvatbaar te maak. Daarvolgens was daar 34 gevalle wat 90 munisipaliteite geraak het. Die Demokratiese Alliansie het sterk kapsie gemaak teen hierdie besluit, met LP James Selfe wat aangekondig het dat die DA die Raad hof toe sal neem oor wat dit sê duidelik partygemotiveerde en irrasionele grensafbakenings was.

Resultate

Suid-Afrikaanse Munisipale Verkiesing Van 2016 
██ African National Congress (ANC) meerderheid ██ Geen meerderheid, ANC grootste party ██ Demokratiese Alliansie (DA) meerderheid ██ Geen meerderheid, DA grootste party ██ Inkatha Freedom Party (IFP) meerderheid ██ Geen meerderheid, IFP grootste party ██ Geen meerderheid, ICOSA grootste party ██ Geen meerderheid, ANC en DA gelyk ██ Geen meerderheid, ANC en IFP gelyk

Die regerende ANC was die grootste party en het 53,91% van die stemme op nasionale vlak behaal. Dit is 'n daling van die 62,93% wat die party in 2011 behaal het. Die DA was die tweede grootste met 26,90% wat hoër was as die 24,1% in 2011. Die Economic Freedom Fighters (EFF) het 8.19% in hul eerste munisipale verkiesing behaal.

Die afname in ANC-ondersteuning was die belangrikste in stedelike gebiede, met die ANC wat vir die eerste keer sedert 1994 sy volstrekte meerderheid in 4 van die land se 8 metropolitaanse munisipaliteite verloor. Die ANC het Buffalo City, Mangaung en eThekwini behou, maar met verminderde meerderhede in Buffalo City en eThekwini. In die Stad Johannesburg en Ekurhuleni het die ANC sy meerderheid verloor, maar 'n pluraliteit behou. Die DA het sy meerderheid in die Stad Kaapstad verhoog en het 'n pluraliteit in Tshwane- en Nelson Mandelabaai behaal, die eerste in metropolitaanse munisipaliteite buite die Wes-Kaap. Van die 4 metropolitaanse munisipaliteite met geen meerderheid, het die ANC Ekurhuleni deur 'n koalisie behou, terwyl die DA deur 'n koalisie beheer oor Nelson Mandelabaai verkry het en minderheidsregerings in Johannesburg en Tshwane gevorm het.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.


Tags:

Suid-Afrikaanse Munisipale Verkiesing Van 2016 Munisipale afbakeningSuid-Afrikaanse Munisipale Verkiesing Van 2016 ResultateSuid-Afrikaanse Munisipale Verkiesing Van 2016 VerwysingsSuid-Afrikaanse Munisipale Verkiesing Van 2016 Eksterne skakelsSuid-Afrikaanse Munisipale Verkiesing Van 2016

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EwenaarGeslagsgelykheidWinterKaren MeiringWinnie Madikizela-MandelaAustraliëKhoikhoiVigsLys van nedersettings in Suid-AfrikaSkildklierChemiese verbindingLettergreepMiskruierOnderwerp (taalkunde)Lys van Afrikaanse skrywersGeestesgesondheidWilna SnymanHennie MaasLika BerningEpilepsieKrimpvarkieVeeartsMenseregteSwangerskapMantisStres in hoërskoolDonderstormWayde van NiekerkOrgasmeMeningsverskil oor aardverwarmingViëtnamWaterBTWMenseregtedagSportReddingskakeNkosi Sikelel' iAfrikaPersoonlikheidIvan ZimmermannSuiwelprodukTierAlliterasieAnneli van RooyenSowjetunieMaselsVolhoubare ontwikkelingGodHarry KerrAssonansieKoringByeboerderyVakbondVoedingBonné de BodChloorDramaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyGrondwet van Suid-AfrikaNamakwalandElektrisiteitsvoorsieningBurgerregteMieliestronkMagnesiumMadison IvyMetafoorMierPikkewynHulpwerkwoordVlinderFrankrykTrevor NasserGrootste rampe in Suid-AfrikaYsterOvulasieEugenetikaJesus van Nasaret🡆 More