Vermensliking

Vermensliking (ook personifikasie of die minder gebruikte antropomorfisme) verwys na enige toekenning van menslike eienskappe (of karaktereienskappe wat aangeneem word slegs aan mense toegeskryf kan word) aan nie-menslike diere, nie-lewende dinge, verskynsels, voorwerpe of ontasbare voorstellings (soos geeste of godhede).

Diere en plante asook natuurkragte soos wind, reën of die son kan as skepsels met menslike beredeneringsvermoë of spraak uitgebeeld word.

Vermensliking
'n Vermenslikte vos.

Personifikasie toon 'n sterk ooreenkoms met die vergelyking, maar veral met die metafoor. Personifikasie is eintlik maar 'n vorm van die metafoor, maar met die bykomende eienskap dat wat ook al gemetaforiseer word, eintlik vermenslik word.

Voorbeelde

Enkele voorbeelde van vermensliking:

  • Die tyd stap aan.
  • Tyd wag vir niemand nie.
  • Die wind huil om die hoeke.
  • Die lente trek haar bruidskleed aan.
  • Liewe Heksie met Blommie Kabouter, Matewis (die kat) en Griet (haar perd).
  • Die storie van Rooikappie, waar die wolf kan praat.
  • Die Drie Klein Varkies, waar die wolf en varke soos mense optree en ook gesels.
  • Pinokio, 'n houtpop wat lewendig word.
  • Bennie Boekwurm in Wielie-Walie wat stories lees.

Sien ook

Tags:

DierMensPlantReënSonWind

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HemelvaartsdagAnale seksKameelperdOlimpiese SpeleEkonomiese sektorStedelike gebiedEierstokAfrikaanse TaalmonumentGewone breukeIndustriële RevolusieHerfsGemeenskapLys van medisinale kruieCeresHulpwerkwoordDialoog in fiksieHoofstadJohn Brown (aktivis)YslandSeisoenEreksieLien se lankstaanskoeneGoogle MapsPretoriaMiddeloorontstekingAbstraksie (rekenaarwetenskap)Jo BlackDigitale en analogiese tydSeksualiteitDurbanKoos du PlessisKoolhidraatWeermagAkkedisUniondaleWoordsoortKatherine JohnsonKolitisVulkaanKoorsblaarPaarl GimnasiumPuberteitStaatstoelaeSikloonSpringbokkeInflasiePampoentjiesKalenderMenslike seksuele gedragSelfmoordVraag en aanbodSoweto-opstandAanhalingstekensSwartrenosterSeekoeiRenteSlag van BloedrivierVaginale kankerHomoniemOnderwerp (taalkunde)Struktuur van die AardeWoestynSlag van Cuito CuanavaleKunsmatige algemene intelligensieSelfieE-posAdolf HitlerJaco JacobsTikTokBrandmondsindroomRooms-Katolieke KerkDierMartin Luther King jr.Lys van Kaapstad se voorstedeAtoomConsolidated B-24 Liberator🡆 More