Marikana is 'n dorpie in die Noordwes, Suid-Afrika.
Die dorpie is halfpad tussen Brits en Rustenburg en is geleë langs die hoofspoorlyn tussen die twee dorpe. Daar is verskeie platina-myne in die omgewing.
Marikana Rooikoppies | |
---|---|
Koördinate: 25°41′52″S 27°28′19″O / 25.69778°S 27.47194°O 27°28′19″O / 25.69778°S 27.47194°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distriksmunisipaliteit | Bojanala Platinum |
Plaaslike Munisipaliteit | Rustenburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 17,54 km2 (6,77 vk. myl) |
Hoogte | ,8,2 m (2,6 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 19 522 |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 0284 |
Skakelkodes | 014 |
Marikana is aangelê op die plaas Rooikoppies. Toe die spoorweg gebou is, het die verantwoordelike beampte na 'n naam vir die stasie gesoek. 'n Spruitjie nie ver van die stasie af nie heet Maretlani, 'n inheemse naam vir 'n struik wat in oorvloed groei. Die beampte kon nie dié naam korrek uitspreek nie en het dit vervorm tot "Marikani", wat later verander het in Marikana. Op 22 April 1944 het die Nederduitse Gereformeerde Kerk 'n gemeente hier gestig as Rustenburg-Oos, later Marikana genoem, wat 402 belydende lidmate gehad het in 2012. Die gemeente het intussen die bynaam Magaliesberg Gesinskerk gekry.
Verskeie mynwerkers van die AMCU-vakbond is op 16 Augustus 2012 by die Lonmin-myn deur die polisie doodgeskiet. Die polisie het probeer om geweldadige stakers wat op 'n heuwel saamgedrom het uitmekaar te jaag, waarna die skietery begin het. Vier-en-dertig betogers is in die voorval gedood. Volgens die Azanian People's Organization herinner die slagting aan die massamoord op 21 Maart 1960 in Sharpeville, op 16 Junie 1976 in Soweto en op 17 Junie 1992 in Boipatong.
Geslag | Bevolking | % |
---|---|---|
Manlik | 12 232 | 63 |
Vroulik | 7 290 | 37 |
Ras | Bevolking | % |
---|---|---|
Swart | 19 199 | 98.35 |
Blank | 167 | 0.86 |
Asiërs | 90 | 0.46 |
Ander | 39 | 0.20 |
Kleurlinge | 28 | 0.14 |
Eerste taal | Sprekers | % |
---|---|---|
Xhosa | 5 854 | 30 |
Tswana | 3 837 | 20 |
Tsonga | 3 526 | 18 |
Suid-Sotho | 2 813 | 14 |
Noord-Sotho | 822 | 4.2 |
Zoeloe | 821 | 4.2 |
Swazi | 389 | 2.0 |
Engels | 379 | 1.9 |
Afrikaans | 249 | 1.3 |
Ander | 470 | 2.4 |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Marikana, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.