Die Krieketwêreldbeker 1992 (Engels: 1992 Cricket World Cup) is van 22 Februarie tot 25 Maart 1992 in Australië en Nieu-Seeland beslis.
Dit was die vyfde krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in die Suidelike Halfrond. Anders as die gewone interval van vier jaar is dit by uitsteek vyf jaar ná die vorige Krieketwêreldbeker 1987 aangebied. Die Krieketwêreldbeker 1992 is deur die sigarethandelsmerk Benson & Hedges geborg en staan dus amptelik bekend as die Benson & Hedges Wêreldbeker 1992.
Kenteken van die Krieketwêreldbeker 1992 | |
Datums | 22 Februarie – 25 Maart |
---|---|
Bestuurder | Internasionale Krieketraad (IKR) |
Krieketformaat | Internasionale eendagkrieket (EDI) |
Toernooiformaat | Groep- en uitklopfase |
Gashere | Australië Nieu-Seeland |
Kampioen | Pakistan (1ste titel) |
Naaswenner | Engeland |
Deelnemers | 9 (26 kwalifiseer) |
Wedstryde gespeel | 39 |
Speler van die reeks | Martin Crowe |
Meeste lopies | Martin Crowe (456) |
Meeste paaltjies | Wasim Akram (18) |
← 1987 1996 → |
Nege nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1992 deelgeneem: Die destydse agt toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die IKK-trofee 1990-wenner Zimbabwe. Tydens die Krieketwêreldbeker 1992 is 39 wedstryde gespeel, waaronder 36 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Al die spanne het in een groep gespeel en elke span het een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan. ’n Soortgelyke formaat is later in die 2019-toernooi in Engeland aangewend en sal ook by die volgende Krieketwêreldbeker 2023 in Indië gebruik word.
Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Suid-Afrika en Pakistan het Nieu-Seeland geklop, voordat Pakistan die eindstryd op Melbourne-krieketveld in Melbourne teen Engeland met 22 lopies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm het. Die verdedigende kampioen en medegasheer Australië is reeds in die groepfase uitgeskakel en het daarmee die eerste gasheerland en verdedigende kampioen in die Krieketwêreldbekergeskiedenis geword wat nie tot die uitklopfase deurgedring het nie. Dit is die laaste keer tot in die 2019-toernooi wat twee spanne in die eindwedstryd ontmoet wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Nadat Suid-Afrika ná die einde van apartheid weer as toetsland by die Internasionale Krieketraad aangesluit het, het die Proteas vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbeker deelgeneem. Zimbabwe het vir ’n derde keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n vyfde keer verskyn het.
Die Krieketwêreldbeker 1992 was die eerste waartydens gekleurde spelertruie, wit krieketballe, sigskerms en spreiligte gebruik is. Die ingevoerde reënreël, wat die ou stelsel se probleme met reën sou oplos, is ná die toernooi as onsuksesvol beskou. Die hoofrede hiervoor was die halfeindstryd tussen Engeland en Suid-Afrika.
Die Krieketwêreldbeker 1992 is toegewys aan Australië en Nieu-Seeland, nadat die IKR die vorige Krieketwêreldbeker 1987 ondanks Engelse weerstand aan Indië en Pakistan toegeken en ná onderhandelinge ’n rotasiestelsel goedgekeur het.
Die volgende nege spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1992 gekwalifiseer: Australië (medegasheer), Engeland, Indië, Nieu-Seeland (medegasheer), Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1992 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKR-trofee 1990 teen Nederland te wen. Zimbabwe het ná dié toernooi ’n volle lid geword en hul eerste toetswedstryd later in 1992 gespeel. Vir die eerste keer het Suid-Afrika as die agtste volle lid van die IKR aan dié toernooi deelgeneem en hulle het hul eerste toetswedstryd ná 22 jaar teen Wes-Indië een maand ná die Krieketwêreldbeker 1992 gespeel.
Span | Kwalifiseringmetode | Verskynings by eindstryde | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Australië | Gashere | Vyfde | 1987 | Kampioen (1987) |
Nieu-Seeland | Vyfde | 1987 | Halfeindrondte (1975, 1979) | |
Engeland | Volle lede | Vyfde | 1987 | Naaswenner (1979, 1987) |
Indië | Vyfde | 1987 | Kampioen (1983) | |
Pakistan | Vyfde | 1987 | Halfeindrondte (1979, 1983, 1987) | |
Sri Lanka | Vyfde | 1987 | Groepfase (1975, 1979, 1983, 1987) | |
Suid-Afrika | Eerste | – | Debuut | |
Wes-Indië | Vyfde | 1987 | Kampioen (1975, 1979) | |
Zimbabwe | IKR-trofee 1990-wenner | Derde | 1987 | Groepfase (1983, 1987) |
Australië het 25 wedstryde op elf verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 14 wedstryde op sewe plekke aangebied het.
Die Krieketwêreldbeker 1992 is oor 33 dae tussen nege verskillende spanne oor 39 wedstryde beslis. Dit het op 22 Februarie 1992 op Edenparkstadion in Auckland, Nieu-Seeland, met die openingswedstryd tussen die twee gashere Nieu-Seeland en Australië begin. Die toernooi het geëindig op Melbourne-krieketveld in Melbourne, Australië, op 25 Maart met die eindstryd tussen Pakistan en Engeland, waartydens Pakistan die Benson & Hedges Wêreldbeker ingepalm het.
Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1992 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
Groepfase Februarie/Maart | Sa 22 | So 23 | Ma 24 | Di 25 | Wo 26 | Do 27 | Vr 28 | Sa 29 | So 1 | Ma 2 | Di 3 | Wo 4 | Do 5 | Vr 6 | Sa 7 | So 8 | Ma 9 | Di 10 | Wo 11 | Do 12 | Vr 13 | Sa 14 | So 15 | Ma 16 | Di 17 | Wo 18 |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Seremonies | OS | |||||||||||||||||||||||||
Groepfase | 2 | 2 | 1 | 1 | 2 | 1 | 2 | 2 | 1 | 1 | 1 | 2 | 2 | 2 | 1 | 2 | 1 | 2 | 1 | 1 | 3 | 3 | ||||
Uitklopfase Maart | Do 19 | Vr 20 | Sa 21 | So 22 | Ma 23 | Di 24 | Wo 25 | |||||||||||||||||||
Uitklopfase | 1 | 1 | 1 |
Verklaring | |
Seremonies | |
Groepwedstryde | |
Uitklopfase | |
Eindstryd |
Die Krieketwêreldbeker 1992 is deur nege nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die nege deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span agt wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring.
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
’n Paneel van elf skeidsregters en twee wedstrydbeamptes is vir die toernooi ingespan.
|
|
Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Kwalifiseer vir die uitklopfase. |
Uit die toernooi geskakel. |
Nege spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Span | Wed | Wen | Ver | Onb | Gel | NLT | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Nieu-Seeland | 8 | 7 | 1 | 0 | 0 | +0.59 | +4.76 | 14 |
Engeland | 8 | 5 | 2 | 1 | 0 | +0.47 | +4.36 | 11 |
Suid-Afrika | 8 | 5 | 3 | 0 | 0 | +0.14 | +4.36 | 10 |
Pakistan | 8 | 4 | 3 | 1 | 0 | +0.17 | +4.33 | 9 |
Australië | 8 | 4 | 4 | 0 | 0 | +0.20 | +4.22 | 8 |
Wes-Indië | 8 | 4 | 4 | 0 | 0 | +0.07 | +4.14 | 8 |
Indië | 8 | 2 | 5 | 1 | 0 | +0.14 | +4.95 | 5 |
Sri Lanka | 8 | 2 | 5 | 1 | 0 | −0.68 | +4.21 | 5 |
Zimbabwe | 8 | 1 | 7 | 0 | 0 | −1.14 | +4.03 | 2 |
t | ||
Martin Crowe 100* (134) Craig McDermott 2/43 (10 boulbeurte) | David Boon 100 (133) Gavin Larsen 3/30 (10 boulbeurte) |
t | ||
Robin Smith 91 (108) Manoj Prabhakar 2/34 (10 boulbeurte) | Ravi Shastri 57 (112) Dermot Reeve 3/38 (6 boulbeurte) |
t | ||
Andy Flower 115* (152) Pramodya Wickramasinghe 2/50 (10 boulbeurte) | Arjuna Ranatunga 88* (61) Eddo Brandes 3/70 (10 boulbeurte) |
t | ||
Rameez Raja 102* (158) Roger Harper 1/33 (10 boulbeurte) | Desmond Haynes 93* (144) Wasim Akram 0/37 (10 boulbeurte) |
t | ||
Roshan Mahanama 80 (131) Willie Watson 3/37 (10 boulbeurte) | Ken Rutherford 65* (71) Ruwan Kalpage 2/33 (10 boulbeurte) |
t | ||
David Boon 27 (32) Allan Donald 3/34 (10 boulbeurte) | Kepler Wessels 81* (148) Peter Taylor 1/32 (10 boulbeurte) |
t | ||
Aamer Sohail 114 (136) Iain Butchart 3/57 (10 boulbeurte) | Andy Waller 44 (36) Wasim Akram 3/21 (10 boulbeurte) |
t | ||
Keith Arthurton 54 (101) Chris Lewis 3/30 (8.2 boulbeurte) | Graham Gooch 65 (101) Winston Benjamin 2/22 (9.5 boulbeurte) |
t | ||
Kris Srikkanth 1* (2) Champaka Ramanayake 0/1 (0.2 boulbeurte) |
t | ||
Peter Kirsten 90 (129) Willie Watson 2/30 (10 boulbeurte) | Mark Greatbatch 68 (60) Peter Kirsten 1/22 (7 boulbeurte) |
t | ||
Brian Lara 72 (71) Eddo Brandes 3/45 (10 boulbeurte) | Ali Shah 60* (87) Winston Benjamin 3/27 (10 boulbeurte) |
t | ||
Dean Jones 90 (108) Kapil Dev 3/41 (10 boulbeurte) | Mohammad Azharuddin 93 (102) Tom Moody 3/56 (9 boulbeurte) |
t | ||
Saleem Malik 17 (20) Derek Pringle 3/8 (8.2 boulbeurte) | Ian Botham 6* (22) Wasim Akram 1/7 (3 boulbeurte) |
t | ||
Peter Kirsten 47 (81) Don Anurasiri 3/41 (10 boulbeurte) | Roshan Mahanama 68 (121) Allan Donald 3/42 (9.5 boulbeurte) |
t | ||
Martin Crowe 74* (43) Kevin Duers 1/17 (6 boulbeurte) | Andy Flower 30 (28) Chris Harris 3/15 (4 boulbeurte) |
t | ||
Sachin Tendulkar 54* (62) Mushtaq Ahmed 3/59 (10 boulbeurte) | Aamer Sohail 62 (95) Manoj Prabhakar 2/22 (10 boulbeurte) |
t | ||
Peter Kirsten 56 (91) Malcolm Marshall 2/26 (10 boulbeurte) | Gus Logie 61 (69) Meyrick Pringle 4/11 (8 boulbeurte) |
t | ||
Tom Moody 51 (88) Ian Botham 4/31 (10 boulbeurte) | Graham Gooch 58 (112) Mike Whitney 1/28 (10 boulbeurte) |
t | ||
Sachin Tendulkar 81 (77) John Traicos 3/35 (6 boulbeurte) | Andy Flower 43* (56) Sachin Tendulkar 1/35 (6 boulbeurte) |
t | ||
Aravinda de Silva 62 (83) Peter Taylor 2/34 (10 boulbeurte) | Geoff Marsh 60 (113) Pramodya Wickramasinghe 2/29 (10 boulbeurte) |
t | ||
Brian Lara 52 (81) Gavin Larsen 2/41 (10 boulbeurte) | Martin Crowe 81* (81) Winston Benjamin 2/34 (9.3 boulbeurte) |
t | ||
Andrew Hudson 54 (77) Imran Khan 2/34 (10 boulbeurte) | Inzamam-ul-Haq 48 (44) Adrian Kuiper 3/40 (6 boulbeurte) |
t | ||
Neil Fairbrother 63 (70) Asanka Gurusinha 2/67 (10 boulbeurte) | Arjuna Ranatunga 36 (51) Chris Lewis 4/30 (8 boulbeurte) |
t | ||
Mohammad Azharuddin 61 (84) Anderson Cummins 4/33 (10 boulbeurte) | Keith Arthurton 58* (99) Javagal Srinath 2/23 (9 boulbeurte) |
t | ||
Eddo Brandes 20 (28) Peter Kirsten 3/31 (5 boulbeurte) | Kepler Wessels 70 (137) Malcolm Jarvis 1/23 (9 boulbeurte) |
t | ||
Aamer Sohail 76 (104) Steve Waugh 3/36 (10 boulbeurte) | Dean Jones 47 (79) Aaqib Javed 3/21 (8 boulbeurte) |
t | ||
Sachin Tendulkar 84 (107) Chris Harris 3/55 (9 boulbeurte) | Mark Greatbatch 73 (77) Manoj Prabhakar 3/46 (10 boulbeurte) |
t | ||
Kepler Wessels 85 (126) Graeme Hick 2/44 (8.2 boulbeurte) | Alec Stewart 77 (88) Richard Snell 3/42 (7.5 boulbeurte) |
t | ||
Phil Simmons 110 (125) Chandika Hathurusingha 4/57 (8 boulbeurte) | Athula Samarasekera 40 (41) Carl Hooper 2/19 (10 boulbeurte) |
t | ||
Mark Waugh 66* (39) John Traicos 1/30 (10 boulbeurte) | Eddo Brandes 23 (28) Peter Taylor 2/14 (3.4 boulbeurte) |
t | ||
Graeme Hick 56 (70) Dipak Patel 2/26 (10 boulbeurte) | Andrew Jones 78 (113) Ian Botham 1/19 (4 boulbeurte) |
t | ||
Mohammad Azharuddin 79 (77) Adrian Kuiper 2/28 (6 boulbeurte) | Peter Kirsten 84 (86) Manoj Prabhakar 1/33 (5.1 boulbeurte) |
t | ||
Aravinda de Silva 43 (56) Mushtaq Ahmed 2/43 (10 boulbeurte) | Javed Miandad 57 (84) Champaka Ramanayake 2/37 (10 boulbeurte) |
t | ||
Mark Greatbatch 42 (67) Wasim Akram 4/32 (9.2 boulbeurte) | Rameez Raja 119* (155) Danny Morrison 3/42 (10 boulbeurte) |
t | ||
David Houghton 29 (74) Ian Botham 3/23 (10 boulbeurte) | Alec Stewart 29 (96) Eddo Brandes 4/21 (10 boulbeurte) |
t | ||
David Boon 100 (147) Andy Cummins 3/38 (10 boulbeurte) | Brian Lara 70 (97) Mike Whitney 4/34 (10 boulbeurte) |
Halfeindrondte | Eindrondte | |||||
21 Maart – Auckland | ||||||
Nieu-Seeland | 262/7 | |||||
Pakistan | 264/6 | 25 Maart – Melbourne | ||||
Pakistan | 249/6 | |||||
22 Maart – Sydney | Engeland | 227 | ||||
Engeland | 252/6 | |||||
Suid-Afrika | 232/6 |
t | ||
Martin Crowe 91 (83) Wasim Akram 2/40 (10 boulbeurte) Mushtaq Ahmed 2/40 (10 boulbeurte) | Inzamam-ul-Haq 60 (37) Willie Watson 2/39 (10 boulbeurte) |
t | ||
Graeme Hick 83 (90) Meyrick Pringle 2/36 (9 boulbeurte) | Andrew Hudson 46 (52) Richard Illingworth 2/46 (10 boulbeurte) |
t | ||
Imran Khan 72 (110) Derek Pringle 3/22 (10 boulbeurte) | Neil Fairbrother 62 (70) Mushtaq Ahmed 3/41 (10 boulbeurte) |
Krieketwêreldkampioen 1992 |
---|
Pakistan |
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al nege deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1992.
Rang | Span | Groep | Wed | Wen | Onb | Ver | LV | LT | +/– | LT | Pte |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Finaliste | |||||||||||
1 | Pakistan | – | 10 | 6 | 1 | 3 | 2010 | 1912 | +98 | 13 | |
2 | Engeland | – | 10 | 6 | 1 | 3 | 1903 | 1855 | +48 | 13 | |
In die halfeindrondte uitgeskakel | |||||||||||
3 | Nieu-Seeland | – | 9 | 7 | 0 | 2 | 1877 | 1776 | +101 | 14 | |
4 | Suid-Afrika | – | 9 | 5 | 0 | 4 | 1780 | 1689 | +91 | 10 | |
In die groepfase uitgeskakel | |||||||||||
5 | Australië | – | 8 | 4 | 0 | 4 | 1680 | 1531 | +149 | +4.22 | 8 |
6 | Wes-Indië | – | 8 | 4 | 0 | 4 | 1603 | 1565 | +38 | +4.14 | 8 |
7 | Indië | – | 8 | 2 | 1 | 5 | 1488 | 1357 | +131 | +4.95 | 5 |
8 | Sri Lanka | – | 8 | 2 | 1 | 5 | 1469 | 1672 | –203 | +4.21 | 5 |
9 | Zimbabwe | – | 8 | 1 | 0 | 7 | 1345 | 1750 | –405 | +4.03 | 2 |
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link){{cite book}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)Wiki Commons bevat media in verband met Krieketwêreldbeker 1992. |
Krieketwêreldbeker | |
---|---|
Engeland 1975 • Engeland 1979 • Engeland / Wallis 1983 • Indië / Pakistan 1987 • Australië / Nieu-Seeland 1992 • Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996 • Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999 • Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003 • Wes-Indië 2007 • Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011 • Australië / Nieu-Seeland 2015 • Engeland / Wallis 2019 • Indië 2023 • Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027 • Indië / Bangladesj 2031 |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Krieketwêreldbeker 1992, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.