Wellington, Nieu-Seeland

Wellington (Māori: Te Whanga-nui-a-Tara) is die hoofstad van Nieu-Seeland en is die tweede grootste stedelike gebied in die land asook die mees bevolkte nasionale hoofstad in Oseanië en die mees suidelike ter wêreld.

    Hierdie artikel handel oor die hoofstad van Nieu-Seeland. Vir plekke elders met dieselfde naam, sien die dubbelsinnigheidsblad by Wellington.

Die stad is geleë in die Wellington-streek aan die suidelike punt van die Noordeiland, naby die geografiese middelpunt van die land.

Wellington
Te Whanga-nui-a-Tara
Panorama von Wellington
Panorama von Wellington
Ligging
Wellington, Nieu-Seeland
Wapen
Wellington, Nieu-Seeland
Algemene feite
Stigting: 1839
Inwoners: 389 700 (Junie 2010)
Oppervlakte: 444 km²
Bevolkingsdigtheid: 877,7 Inwoners/km²
Gemiddelde inkomste: NZ$ 23.900 (2001)
Geografiese ligging: 41°17′S 174°46′O / 41.283°S 174.767°O / -41.283; 174.767
Amptelike webwerf: wellingtonnz.com
Administratiewe verdeling
Land: Nieu-Seeland
Streek: Greater Wellington
Distrikte:
  • Wellington City
  • Porirua
  • Upper Hutt
  • Lower Hutt

Soos baie ander stede, strek die gebied wat die stad in beslag neem verder as die grense van die plaaslike munisipaliteit. Greater Wellington of die Wellington-streek word gebruik om na die hele stedelike gebied te verwys, asook die landelike dele van die stad, die Kapiti-kus en verby die Rimutaka Range tot by Wairarapa.

Naam

Die stad Wellington is vernoem na Arthur Wellesley, die eerste Hertog van Wellington en die oorwinnaar in die Slag van Waterloo. Die hertog se titel is afkomstig van die dorp Wellington in die Engelse graafskap Somerset.

In die taal van die Māori's, die inheemse nasie van Nieu-Seeland, het die stad drie name: Te Whanganui-a-Tara verwys na die hawe van Wellingtong en beteken "die groot hawe van Tara"; Pōneke is 'n transliterasie van "Port Nick" (kort vir "Port Nicholson") en Te Upoko-o-te-Ika-a-Māui (soms verkort na Te Upoko-o-te-Ika), wat beteken "die kop van die vis van Māui"). Die laaste naam is meer tradisioneel en verwys na die legende waarin die Noordeiland uitgevis is deur die demigod, Māui Tikitiki-a-Taranga.

Sport

Wellington was een van die Nieu-Seelandse gasheerstede tydens die Rugbywêreldbeker 1987, Krieketwêreldbeker 1992, Rugbywêreldbeker 2011 en Krieketwêreldbeker 2015.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Wellington, Nieu-Seeland NaamWellington, Nieu-Seeland SportWellington, Nieu-Seeland VerwysingsWellington, Nieu-Seeland Eksterne skakelsWellington, Nieu-SeelandHoofstadMaori (taal)Nieu-SeelandNoordeilandOseaniëStedelike gebied

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HartversakingLys van Griekse mitologiese figureLika BerningNagapieTegnologieMetaalLyfstraf in skoleAardkorsPizzaBTWToekoms van die AardeC. Louis LeipoldtVier temperamenteLettergreepNapoleon BonaparteLatynMorfeemKolorektale kankerMineraalPrimêre sektor van die ekonomieVioolNag van die lang messeDuitsGeslagsgelykheidParysAborsie in Suid-AfrikaGezina, PretoriaTrekarbeidGalblaasCorioliskragRob HersovSonkragApokriewe boekeDesimale breukeSatellietOogproblemeRugbyMosesSeilvaartRugbywêreldbeker 2023MenseregteNederlandsKlavierSlangElon MuskBritse en Amerikaanse maateenhedeAngolese BurgeroorlogNierGesonde dieetParlement van Suid-AfrikaSebraDuitslandVryheidsdagBysteekDooie SeeGrondwet van Suid-AfrikaNatriumsuperoksiedVerlede tydMaanWinterGreen PornoGestremdheidEjakulasieWêreld- Ekonomiese ForumLabia (geslagsdele)EkonomieHemelvaartsdagSilwerIranse aanval op Israel in 2024Piet ByleveldBrugKaaps-Hollandse stylAdolf Hitler🡆 More