Australiese Hoofstadgebied

Die Australiese Hoofstadgebied (Engels: Australian Capital Territory; afgekort: ACT) is 'n klein, selfbesturende gebied in Australië wat die hoofstad Canberra en die gebied direk daarom insluit.

Australian Capital Territory
Australiese Hoofstadgebied
Vlag Landswapen
(Vlag van Australiese Hoofstadgebied) (Landswapen van Australiese Hoofstadgebied)
Bynaam : The Nation's Capital
Leuse : For the Queen, the Law and the People
Australiese Hoofstadgebied
Ander deelstate en gebiede van Australië
Land Australiese Hoofstadgebied Australië
Hoofstad Canberra
35°18′29″S 149°7′28″O / 35.30806°S 149.12444°O / -35.30806; 149.12444
Grootste stad Canberra
Goewerneur
Premier Andrew Barr (ALP)
Oppervlakte 2 358 km²
 - Land 2 280 vk km
 - Water 77,6 vk km (3,29%)
Bevolking (2014)
 - Totaal 385 600 inw.
 - Digtheid 160 inw./vk km
Poskode ACT
Tydsone UTC +10 (AOST)
UTC+11 (AODT)
Webwerf www.act.gov.au

Dit is in die suidelike deel van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis, tussen Sydney en Melbourne geleë.

Die ACT administreer ook 'n afsonderlike enklawe, die Jervisbaaigebied, aan die suidkus van Nieu-Suid-Wallis. Die Australiese grondwet (geskryf voor die ACT se grondvesting) bepaal dat die ligging van die nasionale hoofstad geheel binne Nieu-Suid-Wallis moet wees.

Geskiedenis

Op 1 Januarie 1901 het die Gemenebes van Australië as 'n dominium (vrygewes) van die Britse Ryk tot stand gekom. Die federale hoofstad se ligging is in 1908 as 'n soort geografiese kompromis tussen die twee grootste stede van die land, Sydney en Melbourne, gekies. In 1911 is die Federale Hoofstadgebied gevorm vir die bou van die nuwe hoofstad, Canberra. Dit is later na die Australiese Hoofstadgebied (Australian Capital Territory) hernoem.

Die Australiese parlement kon egter eers in 1927 na 'n tydelike gebou in Canberra verskuif. Melbourne het tot dan as die tydelike federale hoofstad ingestaan, waar die federale parlement die parlementsgebou van die voormalige kolonie Victoria gebruik het. Dit het tot na die Tweede Wêreldoorlog geneem om al die departemente na Canberra te verskuif.

Verwysings

Eksterne skakels


Australiese Hoofstadgebied  Australië Australiese Hoofstadgebied 
Deelstate:Nieu-Suid-WallisQueenslandSuid-AustraliëTasmaniëVictoriaWes-Australië
Interne gebiede:Australiese Hoofstadgebied • Jervisbaaigebied • Noordelike Gebied
Eksterne gebiede:Ashmore- en CartiereilandeAustralies-Antarktiese GebiedHeard- en McDonaldeilandeKerseilandKokoseilandeKoraalsee-eilandeNorfolkeiland

Tags:

AustraliëCanberraEngelsMelbourneNieu-Suid-WallisSydney

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Peach van PletzenMeervoudArgaïsmeX-straalFotosinteseLandgraafKookpuntSuiwelprodukWolfMasjienVlag van Suid-AfrikaBasisinkomsteNasionalismeVerstedelikingVoedingLiefdeSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieIdioomHaasAluminiumSharpeville-slagtingParoniemLys van Afrikaanse televisiereekseBlaarFanie ViljoenXhosasChemiese reaksieDroogteAfrikaanse TaalmonumentSnaarinstrumentDigvormLys van Afrikaanse rolprenteProvinsies van Suid-AfrikaBoomSimboolDarwinismeVennootskapVerkoueWinnie Madikizela-MandelaSendelingposisieKoolstofMaatskaplike verantwoordelikheidLimfvatstelselKlimaatsverandering in Suid-AfrikaBeaufortskaalModeontwerpInflasieBeroerteEpilepsieBesoedelingHeuningbyDonkieArendDiarreePornografiese akteurHomofoonHibernasieKoolhidraatDroomBuffelMenseregtedagVliegtuigBloeddrukSokkerJeugdagSnotkopNarsismeIslamitiese mitologieTeater van Suid-AfrikaOseaanbesoedelingRuslandBreingewasAfkortingBrandstofDataverwerking🡆 More