Canberrastadion

Die Canberrastadion (ook GIO-stadion Canberra weens borgskapredes) is 'n stadion in Canberra, Australië, wat vir rugby, rugby league en sokker aangewend word en is geleë reg langs die Australiese Instituut van Sport (AIS).

Die stadion is in die voorstad van Bruce wat genoem is na Stanley Bruce, voormalige Australiese eerste minister (1923–1929).

Canberrastadion
Canberrastadion
Die Canberrastadion tydens 'n rugbywedstryd in 2005

Volle naam GIO-stadion Canberra
Ligging Canberra, Australië
Koördinate 35°15′0″S 149°6′10″O / 35.25000°S 149.10278°O / -35.25000; 149.10278 149°6′10″O / 35.25000°S 149.10278°O / -35.25000; 149.10278
Eienaar Australiese Sportkommissie
Kapasiteit 25 011
Oppervlak Gras
Konstruksie
Geopen 1977
Renovasie 1990
Uitgebrei 1985, 1997
Boukoste A$268 miljoen
Argitek Phillip Cox en Vennote
Huurders
Canberra Raiders (NRL) (1990–huidig)
Canberra City SC (NSL) (1977–1986)
Canberra Cosmos (NRL) (1995–2001)
Canberra Bushrangers (ABL) (1993–1995)
Brumbies (Rugby) (1996–huidig)

Geskiedenis

Canberrastadion 
Sydney FC speel teen Newcastle United Jets in 2006
Canberrastadion 
Onthulling van die Canberrastadion se Gregan-Larkham-paviljoen op 28 April 2007

Die stadion is aanvanklik gebou met die oog op die Suidsee Spele in 1977. Daarna was dit ook die gasheer vir die 4de IAAF Atletiekwêreldbeker. Tydens die laasgenoemde byeenkoms is die wêreldrekord in die 400 m vir vroue deur die Oos-Duitser Marita Koch opgestel asook die 4x100 m aflos vir vroue. Hierdie rekords staan steeds.

In die laat 1980's is die atletiekbaan verwyder en geskuif na die opwarmstadion by die AIS. Met die nuwe reghoekige speelveld het die Canberra Raiders Rugby Leaguespan in 1990 hulle tuiswedstryde in Bruce begin speel nadat hulle meer sukses in die liga behaal het. Die verwydering van die atletiekbaan het ook meegebring dat Australiese Voetbal, meer spesifiek die Australiese Voetballiga (AFL), nou in die stadion gespeel kon word en in 1995 is die eerste AFL-wedstryd vir ligapunte tussen die Weskus Arende en Fitzroy gespeel. Daar is ook 'n aantal voorseisoenwedstryde van die AFL gespeel.

Ongeveer in hierdie tyd is ook geëksperimenteer met 'n krieketkolfblad in die middel van die speeloppervlak. Daar is 'n dag/aandwedstryd gespeel tussen twee plaaslike spanne voor 'n klein skare. Gereelde rugbywedstryde het egter nog nie plaasgevind nie.

Verdere verbeteringe is aangebring in 1997 met die oog op die Olimpiese Somerspele 2000. Die stadion het van die sokkerwedstryde aangebied wat tydens die Spele gespeel is. Hiermee is die speelveld in so 'n mate verklein dat AFL-wedstryde nie meer daar gespeel kon word nie. Die Olimpiese sokker het dus veroorsaak dat die speelveld van 'n ovaal oppervlak na 'n reghoekige oppervlak verander is. Die skare kon dus nou nader aan die aksie op die veld wees.

Eienaarskap

Die stadion word tans besit deur die Australiese regering deur die Australiese Sportkommissie. Dit word uitgehuur aan die regering van die Australiese Hoofstadgebied wat pogings aanwend om eienaarskap van die stadion oor te neem.

Wedstryde

Rugbyunie

Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers Skeidsregter
22 September 1998 Australië Canberrastadion  74–0 Canberrastadion  Tonga Rugbywêreldbeker 1999-kwalifisering 14 176 Steve Walsh
22 September 1998 Fidji Canberrastadion  26–18 Canberrastadion  Samoa Rugbywêreldbeker 1999-kwalifisering 14 176 Steve Lander
24 Junie 2000 Australië Canberrastadion  32–25 Canberrastadion  Argentinië Argentynse rugbytoer deur Australië en Engeland 15 072 David McHugh
15 Oktober 2003 Italië Canberrastadion  36–12 Canberrastadion  Tonga Rugbywêreldbeker 2003 18 967 Steve Walsh
19 Oktober 2003 Wallis Canberrastadion  27–20 Canberrastadion  Tonga Rugbywêreldbeker 2003 19 806 Paul Honiss
21 Oktober 2003 Italië Canberrastadion  19–14 Canberrastadion  Kanada Rugbywêreldbeker 2003 20 515 Paddy O'Brien
25 Oktober 2003 Italië Canberrastadion  15–27 Canberrastadion  Wallis Rugbywêreldbeker 2003 22 641 Andrew Cole
13 Junie 2009 Australië Canberrastadion  31–8 Canberrastadion  Italië 2009 midjaarrugbytoetsreeks 22 468 Romain Poite
5 Junie 2010 Australië Canberrastadion  49–3 Canberrastadion  Fidji 2010 midjaarrugbytoetsreeks 15 438 Peter Fitzgibbon

Rugbyliga

Toets# Datum Uitslag Toeskouers Notas
1 26 Oktober 2008 Canberrastadion  Frankryk verslaan Canberrastadion  Skotland met 36–18 9 287 Rugbyligawêreldbeker 2008
2 19 April 2013 Canberrastadion  Australië verslaan Canberrastadion  Nieu-Seeland met 32–12 25 628 2013 ANZAC toets

AFC Asië-beker 2015

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
10 Januarie 2015 16:00 Canberrastadion  Suid-Korea 1–0 Canberrastadion  Oman Groep A 12 552
11 Januarie 2015 18:00 Canberrastadion  Verenigde Arabiese Emirate 4–1 Canberrastadion  Katar Groep C 5 513
13 Januarie 2015 18:00 Canberrastadion  Koeweit 0–1 Canberrastadion  Suid-Korea Groep A 8 795
15 Januarie 2015 18:00 Canberrastadion  Bahrein 1–2 Canberrastadion  Verenigde Arabiese Emirate Groep C 7 925
18 Januarie 2015 20:00 Canberrastadion  Volksrepubliek China 2–1 Canberrastadion  Noord-Korea Groep B 18 457
20 Januarie 2015 18:00 Canberrastadion  Irak 2–0 Canberrastadion  Palestynse Owerheid Groep D 10 235
23 Januarie 2015 17:30 Canberrastadion  Iran 3–3 (6–7 straf.) Canberrastadion  Irak Kwarteindronde 18 921

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018-kwalifisering

Datum Tyd Span 1 Telling Span 2 Toeskouers Skeidsregter
12 November 2018 20:00 Canberrastadion  Australië 3–0 Canberrastadion  Kirgisië 18 921 Kim Sang-woo (Suid-Korea)

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Canberrastadion GeskiedenisCanberrastadion EienaarskapCanberrastadion WedstrydeCanberrastadion VerwysingsCanberrastadion Eksterne skakelsCanberrastadionAustraliëCanberraRugbyRugby leagueSokkerStadion

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MiddelmisbruikPropagandaVigsPubliekWikimedia-stigtingNoord-Sotho (taal)DiskriminasieMynbouMangelontstekingJagluiperdFotoLys van Afrikaanse televisiereekseNierMenseregteKookpuntPlaattektoniekBronsAfrikaanse woordelys en spelreëlsMonopolyLys van Suid-Afrikaanse musikanteKoolstofFotosinteseCarles PuigdemontLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaErica BoyerMidde-OosteTopsy SmithJakobWeer (meteorologie)Verenigde State van AmerikaPriemgetalHerpes simplexWikiquoteKoos du PlessisHannes van WykViëtnamoorlogAvbobWolfC. Louis LeipoldtBreyten BreytenbachSportTrekarbeidJapie GreylingHoofstadHoenderVoornaamwoordXhosaWhatsAppLiefdeOutismeMeeueSuurstofAfrikaTweede VryheidsoorlogSuid-Afrikaanse InkomstediensCarike KeuzenkampHemelvaartMantisHeidelberg, GautengSinoniemMobutu Sese SekoMiskruierPiesangAborsie in Suid-AfrikaAtoomKalsiumKlimaatMieliestronkSiya KolisiOnse VaderToekoms van die AardeLien se lankstaanskoeneGalblaasElektrodeCorioliskragWinterFinale OplossingDie Gelofte🡆 More