Argentynse Nasionale Rugbyspan

Die Argentynse nasionale rugbyspan (Spaans: Selección nacional de rugby de Argentina) is die nasionale rugbyspan wat Argentinië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig.

Die span wat in hemelblou en wit truie speel, dra die bynaam los Pumas (Spaans vir: “die Poemas”) en hulle word as die beste rugbyspan in die Amerikas beskou. Rugby word in Argentinië geadministreer deur die Argentynse Rugbyunie (UAR, van Spaans: Unión Argentina de Rugby).

Argentinië
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Unie Argentynse Rugbyunie (UAR)
Bynaam(e) Los Pumas (“die Poemas”)
Embleem Poema
Stadion José Amalfitani-stadion, Buenos Aires
Kapasiteit 49 540
Afrigter(s) Vlag van Argentinië Felipe Contepomi (sedert 2024)
Kaptein(s) Julián Montoya
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Spankleure
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Argentynse Nasionale Rugbyspan
Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Agustín Creevy (108)
Meeste toetspunte Nicolás Sánchez (902)
Meeste drieë José Núñez Piossek (29)
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Argentinië Argentinië 3–28 Britse Leeus Vlag van Verenigde Koninkryk
(Buenos Aires, Argentinië; 12 Junie 1910)
Grootste oorwinning
Vlag van Paraguay Paraguay 0–152 Argentinië Vlag van Argentinië
(Mendoza, Argentinië; 1 Mei 2002)
Grootste nederlaag
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 93–8 Argentinië Vlag van Argentinië
(Wellington, Nieu-Seeland; 21 Junie 1997)
Wêreldbeker
Verskynings 10/10 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Derde in 2007
Amptelike webwerf
www.lospumas.com.ar
Unie webwerf
www.uar.com.ar

Aan die einde van die 19de eeu het emigrante van die Britse Eilande die rugbysport na Argentinië saamgebring. Argentinië se eerste internasionale rugbywedstryd was in 1910 teen die Britse keurspan Britse Leeus. Sy belangrikste internasionale verskyning het Argentinië tydens die vierjaarlikse rugbywêreldbekertoernooi wat sedert 1987 gehou word. Sedert die Rugbywêreldbeker in 1987 ingevoer is, het die span aan al tien toernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die derde plek tydens die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk.

Argentinië is onoorwonne ten opsigte van die meeste ander nasionale rugbyspanne van die Amerikaanse vasteland met uitsondering van Kanada, deur wie Argentinië drie keer verslaan is (die laaste keer was in 2005). Vervolgens het hulle ook die Suid-Amerikaanse en die Pan-Amerikaanse rugbykampioenskappe oorheers. Vir ’n lang tydperk was Argentinië die enigste vlak-een-span wat nie aan ’n jaarlikse toernooi deelgeneem het nie. Dit het in 2012 verander, toe die Drienasiesreeks met die opname van die Poemas die Rugbykampioenskap geword het. Sedertdien speel hulle jaarliks teen die All Blacks van Nieu-Seeland, die Springbokke van Suid-Afrika en die Wallabies van Australië om die titel as beste span van die Suidelike Halfrond. Vier voormalige Argentynse rugbyspelers is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem. Die beheerliggaam Wêreldrugby beskou Argentinië as ’n vlak-een rugbyland. Die Argentynse rugbyspan is tans (Oktober 2023) sewende op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Beheerliggaam

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
’n Kaart van die Argentynse plaaslike beheerliggame

Die beheerliggaam vir rugby in Argentinië is die Argentynse Rugbyunie (Unión Argentina de Rugby, UAR). Die UAR is op 10 April 1899 as River Plate Rugby Union gestig en het in 1987 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR, nou Wêreldrugby) aangesluit. Daarbenewens was die Argentynse beheerliggaam in 1988 ’n stigtingslid van CONSUR (nou Suid-Amerika Rugby). Die Argentynse Rugbyunie bestaan uit 25 plaaslike beheerliggame, wat grotendeels met die Argentynse provinsies ooreenstem. Die belangrikste rugbyliga in Argentinië is die Nacional de Clubes, waar die helfte van die spanne uit Buenos Aires en die ander helfte uit die provinsies afkomstig is. Van 2016 tot 2020 het met die Jaguares ’n Argentynse span deelgeneem aan die Superrugbytoernooi, die Suidelike Halfrond se internasionale rugbyliga. Sedert 2023 neem die twee Argentynse keurspanne Dogos en Pampas deel aan die professionele Superrugby Amerikas. Hieraan neem ook spanne uit Brasilië, Chili, Paraguay, Uruguay en die Verenigde State deel. Die meeste nasionale spelers is veral aktief by Europese klubs in Engeland of Frankryk.

Naas die amptelike nasionale span roep die Argentynse Rugbyunie ook ander keurspanne byeen. Die Pumitas is die o/20-nasionale span en hulle neem aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deel. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hul met hul afrigting. Die Argentina XV (XV verwys na die aantal spelers in rugby) is die tweede nasionale span van Argentinië. Vanaf 2010 het die keurspan Pampas XV bestaan, wat net uit Argentynse spelers saamgestel is, maar aan die Suid-Afrikaanse Vodacombeker (en aansluitend tot hul ontbinding aan die Wêreldrugby Pasifiekuitdaging) deelgeneem het.

Geskiedenis

Beginjare

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Die eerste Argentynse nasionale rugbyspan voor hul wedstryd teen die Britse Leeus in 1910

Soos in die geval van sokker het Britse emigrante, wat vir banke en spoorwegmaatskappye onder Britse beheer gewerk het, die rugbysport saam na Argentinië gebring. Die eerste rugbyspanne is ook deur Britte gestig en hulle het oor die eerste dekades heen veral onder mekaar verkeer. Die meeste klubs het inheemse spelers nie toegelaat nie en enkele Argentyne is net stadigaan en op uitsondering opgeneem. In 1873 is die eerste wedstryd op die Buenos Aires Krieket- en Rugbyklub met ’n mengsel aan rugby en sokker gespeel. Op 14 Mei 1874 het die eerste wedstryd volgens die Engelse Rugbyvoetbalunie (RFU) se reëls gevolg. In 1899 het ses spanne uit Buenos Aires en Rosario die beheerliggaam River Plate Rugby Union, die latere Argentynse Rugbyunie (UAR), gestig. Tot die ontstaan van die eerste suiwer Argentynse span sou dit ’n verdere vyf jaar neem. Onder sy lede was die lugvaartpionier Jorge Newbery.

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
R. Cooper, spankaptein in 1928

Ter geleentheid van die Meirewolusie se eeufees in 1910 het ’n aantal Engelse en Skotse spelers na Argentinië vertrek. Die Argentynse koerante het na die besoekende span as Combinado Británico (“Gekombineerde Britte”) verwys; vandag word dit beskou as ’n reserwespan van die Britse Leeus wat op dieselfde tydstip deur Suid-Afrika getoer het. Die span het al die ses wedstryde gewen, waaronder die eerste toetswedstryd teen ’n keurspan van die Argentynse beheerliggaam, wat op 12 Junie 1910 op die Sociedad Sportiva Argentina se grond plaasgevind en met ’n 28–3-oorwinning vir die besoekers geëindig het. Die Argentynse span het amper net uit nasate van Britse emigrante bestaan. Die enigste uitsondering was Barry Heatlie, wat voorheen vir Suid-Afrika uitgedraf en tydens die verderverspreiding van die rugbysport in Argentinië ’n leidende rol beklee het.

Op uitnodiging deur die River Plate Rugby Union het die Britse Leeus in Julie en Augustus 1927 vir die tweede keer Argentinië besoek. Die besoekers is deur James Baxter, die destydse RFU-president, aangevoer. Die Britte het in Buenos Aires nege wedstryde gespeel en onoorwonne gebly. Dit het vier toetswedstryde ingesluit wat Argentinië almal met meer as 30 punte verloor het. Ondanks die maklike oorheersing deur die gaste was die toer ’n groot finansiële sukses. Die Junior Bokke, die Suid-Afrikaanse jeugspan, het Argentinië in Julie 1932 besoek; hulle het in twee nieamptelike toetswedstryde gespeel en albei maklik gewen. In Augustus 1936 het die Britse Leeus Argentinië vir die derde (en tot dusver laaste) keer besoek en al die tien wedstryde gewen, insluitende ’n wedstryd teen die Argentynse nasionale span, wat ondanks dié toer se goedkeuring deur die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR) nie as ’n toetswedstryd erken is nie. ’n Maand later het die nasionale span sy eerste oorsese toer aangepak. Tydens dié toer het hulle in Valparaíso albei toetswedstryde teen Chili maklik gewen. In Augustus 1938 het die Chileense teenbesoek plaasgevind, waartydens Argentinië sy eerste tuisoorwinning aangeteken het.

Naoorlogse tydperk

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Die Argentynse span wat die eerste Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap in 1951 gewen het
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Wedstryd tussen Argentinië en Frankryk se rugbyspanne in 1954, voorblad van El grafico

As gevolg van die Tweede Wêreldoorlog is die internasionale spelbedryf vir elf jaar onderbreek. In Augustus en September 1949 was Frankryk die eerste Europese nasionale span wat Argentinië besoek het. Hulle het die twee toetswedstryde teen die Franse aan die einde van die nege wedstryde omvattende toer verloor, maar elkeen minder maklik as verwag. Die verdere ontwikkeling van die Argentynse rugby is veral deur sy geografiese isolasie teen opsigte van ander vername rugbyland gekniehalter. Hoewel daar ook in Chili, Uruguay en Brasilië rugby gespeel word, is die gehalte in Argentinië sedert die begin aansienlik hoër, waarvolgens die nasionale span in Suid-Amerika heeltemal oorheersend is. ’n Goeie voorbeeld is die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap wat in 1951 vir die eerste keer aangebied is, waartydens die Argentyne al die ander deelnemers heeltemal oorheers het. Tot hul laaste deelname in 2013 het hulle nie ’n enkele wedstryd verloor nie.

In Augustus en September 1952 het Ierland na Suid-Amerika getoer, maar dié toer het aanvanklik onseker gelyk. Kort ná die Iere se vertrek is die Argentynse presidentsvrou Eva Perón oorlede, waarvolgens Argentinië in nasionale rou verkeer het. Al die nege in Buenos Aires beplande wedstryde het nogtans plaasgevind, insluitende die twee wedstryde teen die Argentynse nasionale span. Hulle het in ’n gelykop en ’n oorwinning vir Ierland geëindig, maar aan hierdie wedstryde is geen toetsstatus toegeken nie. Nogtans het die Argentyne gewys dat hulle in staat is om met die Europese spanne mee te ding, wat die beheerliggaam bemoedig het. Twee jaar later het die Franse hul tweede besoek in Argentinië afgelê en albei toetswedstryde in Buenos Aires redelik maklik gewen.

Nadat ’n aantal mislukte pogings om die universiteite van Oxford en Cambridge vir ’n gesogte besoek aan Argentinië uit te nooi, het hulle in 1956 eindelik daarin geslaag. Die gemeensame keurspan van albei universiteite, wat ook verskeie Engelse nasionale spelers ingesluit het, het albei wedstryde teen die Argentynse nasionale span gewen en ook die ander wedstryde beklink. In September 1959 kon die Argentyne nog beter met die internasionale teenstanders meeding, toe die Junior Bokke ná ’n kwarteeu weer na Suid-Amerika getoer het. In albei wedstryde teen die Suid-Afrikaanse jeugspan het Argentinië net naelskraapse nederlae gely. In Julie en Augustus 1960 het die Franse nasionale span vir die derde keer Argentinië besoek. Tydens hul Suid-Amerikaanse toer het die gaste al die 13 wedstryde gewen, insluitende drie toetswedstryde. Nogtans was hulle van die gasheer se prestasies baie beïndruk.

Toenemende internasionale kontak

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Die Argentynse span wat in 1965 na Rhodesië en Suid-Afrika getoer het
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Die voorry van 1970: García Yáñez, Handley en Foster
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Marcelo Pascual se drie teen die Junior Springbokke in 1965
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Die voormalige speler Angel Guastella was die Argentynse afrigter gedurende die 1965-toer
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Die Poemas wat in 1979 Australië tuis in Buenos Aires geklop het

In 1964 het die Suid-Afrikaanse Rugbyunie die UAR vir ’n toer na Suid-Afrika en Rhodesië uitgenooi. Ter voorbereiding het die UAR met die Suid-Afrikaner Izak van Heerden die eerste buitelandse hoofafrigter aangestel. In Mei en Junie 1965 het hul eerste besoek oorkant die Atlantiese Oseaan plaasgevind en hulle het in 16 wedstryde gespeel. Hulle het egter geen toetswedstryde gespeel nie, maar die teenstanders was nogtans deurgaans ernstige keurspanne met ’n hoë spelvlak. Tydens hierdie toer het die bynaam “Poemas” vir die Argentyne gevestig. Ná twee aanvanklike nederlae (insluitende teen die Rhodesiese span) het hulle aan die omstandighede gewoon geraak en altesaam elf keer geseëvier. Veral hul 11–6-oorwinning teen die Junior Bokke op 19 Junie voor ’n skare van 40 000 op Ellispark in Johannesburg is noemenswaardig. Tydens hul terugkeer is die Poemas deur ’n groot skare verwelkom. Hierdie toer word as die begin van die moderne rugbytydperk in Argentinië beskou en dit het tot ’n toenemende groei in gewildheid gelei. Vervolgens het ook meer internasionale spanne daarin belanggestel om teen die Poemas te speel. Aansluitend het Argentinië tuis teen die besoekende Franse kampioen Section Paloise te staan gekom; dié wedstryd word veral vir die oproer en oortredings van albei spanne, maar nie die Argentynse oorwinning onthou nie. Die gebeurtenisvolle jaar 1965 is afgesluit met die besoek deur die gemeensame keurspan van die twee universiteite van Oxford en Cambridge; die drie wedstryde teen die nasionale span het in ’n oorwinning, ’n gelykop en ’n nederlaag geëindig.

In September 1968 het die Walliese nasionale span na Buenos Aires getoer en onder andere in twee wedstryde teen Argentinië gespeel, wat egter nie as toetswedstryde erken is nie. Die Walliesers het in die eerste wedstryd ’n verrassende nederlaag gely en in die tweede is hulle in ’n gelykopwedstryd vasgebind. Daarmee het die Poemas vir die eerste keer daarin geslaag om ’n reeks teen ’n gevestigde rugbyland te beklink. ’n Jaar later het die Skotte vir die eerste keer Argentinië besoek en ook in twee nieamptelike toetswedstryde teen die Poemas gespeel. Argentinië het die eerste maklik gewen, maar in die tweede ’n naelskraapse nederlaag gely, waardeur dié reeks gelykop geëindig het. Gedurende die 1970’s het Argentinië sy opkoms as ’n topspan voortgesit. Hugo Porta, wat vanaf 1971 tot 1990 vir die Poemas uitgedraf het, het ’n leidende rol ingeneem en was in hierdie tydperk een van die wêreld se beste spelers op losskakel. In Junie en Julie 1971 het Argentinië ’n verdere toer na Suid-Afrika onderneem en soos ses jaar tevore weer goeie resultate behaal. Hulle het onder andere teen die Gaselle, die Suid-Afrikaanse o/23-span, ’n oorwinning en ’n nederlaag aangeteken. Oorspronklik was ’n wedstryd ook in Rhodesië beplan, maar dié moes onder druk van die Argentynse regering afgelas word. In Oktober en November 1973 het die Poemas na Ierland en Skotland getoer en in agt wedstryde gespeel. Hulle het albei nieamptelike wedstryde teen die nasionale spanne verloor, maar teen Skotland met net één punt.

Hul onoorwonne lopie in amptelike toetswedstryde sedert 1961 het in Junie 1974 geëindig, nadat die Poemas teen die Franse twee naelskraapse nederlae gely het. In Oktober 1975 het twee verdere toetsnederlae tydens hul Franse toer gevolg, waar hulle in sewe wedstryde gespeel het. ’n Jaar later het die Argentyne Wallis en Engeland vir ses wedstryde besoek. In die nieamptelike wedstryd teen die Walliese span op 16 Oktober 1976 in Cardiff was die Poemas op die punt van ’n historiese oorwinning teen die destyds beste span van die Noordelike Halfrond. Net ’n strafskop deur Phil Bennett ná ’n oortreding deur Gabriel Travaglini in die doodsnikke van die wedstryd het die Walliesers die wedstryd met 20–19 laat beklink. ’n Maand later het die Poemas vir die eerste keer die All Blacks uit Nieu-Seeland vir twee nieamptelike tuiswedstryde verwelkom, maar albei swak verloor. Op 2 Julie 1977 het die Poemas tuis vir die eerste keer gelykop teen Frankryk gespeel. In September en Oktober 1978 het hulle weer deur Europa getoer en in nege wedstryde gespeel. Hul eerste ontmoeting met die Engelse nasionale span (sonder toetswedstrydstatus) het op 14 Oktober 1978 in ’n verrassende 13–13-gelykop geëindig. Tien dae later is hulle in die eerste toetswedstryd teen Italië met 19–6 verslaan.

Vestiging en erkenning

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Die Poemas kon op 2 November 1985 ’n 21–21-gelykop teen die All Blacks afdwing
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Hugo Porta het 19 jaar vir die Poemas gespeel en 590 punte aangeteken

In Augustus en September 1979 het die Poemas op uitnodiging deur die Nieu-Seelandse Rugbyvoetbalunie vir die eerste keer deur Nieu-Seeland getoer, waar hulle ses van sewe wedstryde teen plaaslike spanne gewen het. Hulle is egter in albei nieamptelike toetswedstryde deur die All Blacks naelskraap verslaan. Sowat twee maande later het Argentinië vir die eerste keer die Wallabies, die Australiese nasionale span, gehuisves. Die eerste toetswedstryd op 27 Oktober het die Poemas met 24–13 gewen en in die tweede op 3 November het die Wallabies wraak geneem en met 17–12 gewen. Sedertdien erken al die lede van die redelik eksklusiewe IRR elke wedstryd teen die Poemas as ’n toetswedstryd. Nes die ander leidende rugbylande was die Argentynse verhoudinge met die Suid-Afrika onder apartheid ambivalent. Ter omseiling van die regering se verbod op alle wedstryde teen Suid-Afrikaanse spanne is in 1980 die “skaduspan” Sudamérica XV gestig. Vir die span het spelers uit vyf Suid-Amerikaanse lande uitgedraf, maar die Argentyne het die meeste spelers beskikbaar gestel (insluitende baie nasionale spelers). Die span is nie deur die UAR amptelik erken nie, maar in die geheim geduld. Gedurende die volgende vier jaar het die Sudamérica XV agt keer teen die Springbokke gespeel, maar hulle kon net een wedstryd wen, op 3 April 1982 in Bloemfontein.

In November 1980 het die Poemas vir die eerste keer Fidji gehuisves en albei toetswedstryde gewen. In Mei en Junie 1981 het die Engelse vir die eerste keer Argentinië vir toetswedstryde besoek en die Poemas het in die eerste wedstryd gelykop gespeel. As gevolg van die Falklandoorlog sou die Poemas oor die volgende nege jaar in geen wedstryd teen die vier Britse Tuisnasies speel nie. Aangesien dié oorlog ná net twee en ’n half maande beëindig is en grootliks buite die rugbyseisoen besleg is, is die speelprogram min aangetas. Reeds in November 1982 het die Poemas weer deur Europa getoer; hulle het twee keer teen Frankryk en vir die eerste keer teen Spanje te staan gekom. Tydens hul toer na Australië in Julie en Augustus 1983 het die Poemas hul eerste wegoorwinning teen die Wallabies aangeteken. Die jaar 1985 word as een van die mees suksesvolle in die Argentynse rugbygeskiedenis beskou. Frankryk het na Suid-Amerika getoer en onder andere twee keer teen die Poemas gespeel. In die eerste toetswedstryd op 22 Junie het Argentinië sy eerste oorwinning teen dié span aangeteken. Vyf maande later het hulle die onoorwinlik blykende All Blacks gehuisves. In die eerste toetswedstryd is hulle soos verwag met 33–20 verslaan, maar die Poemas kon hiervan herstel en hulle in ’n 21–21-gelykop vasbind; selfs ’n oorwinning was glo moontlik. Die uitstekende Hugo Porta het al die punte van die Poemas aangeteken. Tot vandag toe word dié wedstryd as ’n mylpaal beskou. In 1986 het Argentinië Frankryk gehuisves en die eerste van die twee toetswedstryde gewen. In dieselfde jaar het hulle deur Australië getoer, maar die Poemas is in albei toetswedstryde deur die Wallabies verslaan.

In Mei 1985 het die IRR op invoering van die rugbywêreldbekertoernooi besluit. Aan die nuwe toernooi sou oorspronklik net lede kon deelneem, maar die Franse beheerliggaamspresident Albert Ferrasse het vir sy instemming geëis, dat ook nielede mag deelneem. Vervolgens is onder andere Argentinië vir die toernooi genooi. In 1987 het die Argentynse beheerliggaam ’n lid van die IRR geword. ’n Jaar later was die UAR een van die vastelandse beheerliggaam CONSUR (nou Suid-Amerika Rugby) se stigtingslede. Aan die begin van die eerste Rugbywêreldbeker 1987 in Australië en Nieu-Seeland was die Argentyne vol selfvertoue dat hulle ten minste die kwarteindstryd sou haal. In die eerste wedstryd het hulle egter ’n onverwagse 9–28-nederlaag teen Fidji gely. Aansluitend het hulle Italië met 25–16 verslaan en is soos verwag deur Nieu-Seeland geklop (met 15–46), waarvolgens Argentinië met die Fidjiane en die Italianers gelyk aan punte was en die laaste plek beklee het. In teenstelling met latere toernooie, waar die punteverskil beslissend is, was vir die kwarteindstrydkwalifisering die aantal gedrukte drieë belangrik; andersins sou Argentinië die tweede plek behaal en tot die uitklopfase gevorder het.

Tyd van oorgang

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Agustín Pichot het tussen 1995 en 2007 in vier rugbywêreldbekertoernooie vir die Poemas gespeel

In 1988 het Argentinië vier keer teen Frankryk gespeel (elk twee keer tuis en weg) en een tuisoorwinning aangeteken. In 1989 het die Poemas tuis vir die nederlaag tydens die rugbywêreldbekertoernooi teen Italië wraak geneem en aansluitend vir nege wedstryde na Nieu-Seeland getoer, maar hulle het die twee toetswedstryde teen die All Blacks swak verloor. Tydens die rugbywêreldbekerkwalifisering in 1989/90 het die Poemas gesukkel: Hulle het albei wedstryde teen die Verenigde State gewen, maar hulle is ook twee keer deur Kanada verslaan. In Julie en Augustus 1990 het Engeland Argentinië besoek. Dit was die eerste besoek deur ’n Britse span sedert die Falklandoorlog; vervolgens is dit deur struwelinge tussen die spelers en die toeskouers gekenmerk. Engeland het oor ’n oorwegend onervare span beskik en die Poemas het die tweede toetswedstryd naelskraap gewen. Die Poemas se toer na Groot-Brittanje in Oktober en November dieselfde jaar was minder suksesvol. Hulle het hul eerste amptelike toetswedstryd teen Ierland naelskraaps verloor. Die wedstryde teen Engeland (met 0–51) en die eerste ontmoeting met Skotland (3–49) het rampspoedig verloop.

Die All Blacks se toer na Argentinië in Julie 1991 het nie veel beter verloop nie, aangesien albei toetswedstryde in nederlae geëindig het. Hierdie swak fase aan die begin van die 1990’s was die gevolg van ’n grootskaalse verandering in die span, nadat baie sleutelspelers hul loopbane beëindig het. Vervolgens is baie spelers met min ondervinding vir die nasionale span gekies. Hiervan getuig veral die Rugbywêreldbeker 1991 in die destydse Vyfnasies. Argentinië is in al drie poelwedstryde deur Australië, Wallis en Wes-Samoa oorrompel en hulle is met die laaste plek uit die toernooi geskakel. Ná twee tuisnederlae teen Frankryk in Julie 1992 het die Poemas gedurende herfs deur Europa getoer. Hulle het Spanje twee keer en Roemenië een keer geklop. Hul noemenswaardigste prestasie was ’n 24–20-oorwinning teen Frankryk in Nantes, hul eerste wegoorwinning teen dié span. Die jaar 1993 het twee premières gesien: In Mei het hulle vir die eerste keer Japan gehuisves en in November het hulle in Buenos Aires hul eerste amptelike toetswedstryde teen Suid-Afrika gespeel, nadat die apartheidsboikot beëindig is. Terwyl hulle die Japannese twee keer verslaan het, is die Poemas twee keer deur die Springbokke geklop.

Tydens die rugbywêreldbekerkwalifisering in Mei 1994 het die Poemas die enigste plek van die Amerikas teen die Verenigde State beklink. ’n Maand later het Skotland Argentinië besoek en is in albei toetswedstryde verslaan. Daarteenoor het die Suid-Afrika-toer in Oktober in twee toetsnederlae teen die Springbokke geëindig, in April en Mei 1995 het hulle tydens hul toer na Australië twee verdere nederlae teen die Wallabies gely. Die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika het soos vier jaar tevore teleurstellend verloop. Die Poemas is deur Engeland, Wes-Samoa en Italië elk naelskraap met ses punte verslaan en hulle het weereens in die laaste plek geëindig. In Augustus 1995 het die Internasionale Rugbyvoetbalraad al die beperkinge rakende die spelers se betaling opgehef en daarmee die professionele tydperk van die rugbyspel ingelui. Nogtans bly rugby in Argentinië tot op hede veral ’n amateursport. Van die beste spelers wat ’n professionele loopbaan nastreef, sluit dus by oorsese klubs aan (veral in Engeland en Frankryk). In teenstelling met die meeste ander tradisionele rugbylande mag dié spelers vir die nasionale span uitdraf en hulle vorm die grootste deel van die span. Enkele spelers met ’n Italiaanse herkoms verkies die Italiaanse span bo die Argentynse s’n; bekende voorbeelde sluit in Martin Castrogiovanni, Diego Domínguez en Sergio Parisse.

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Gonzalo Quesada

Omdat die Argentynse beheerliggaam destyds nie ’n lid van die konsortium SANZAR was nie, het die Poemas aanvanklik nie aan die nuwe Drienasiereeks deelgeneem nie. Hulle was dus vir ’n lang tydperk die enigste vlak-een-span wat nie aan ’n jaarlikse toernooi deelgeneem het nie. Die Poemas het voortgegaan om aan die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap en die kortstondige Pan-Amerikaanse kampioenskap deel te neem. Hulle het ook in die Copa Latina gespeel (saam met Italië, Frankryk en Roemenië), maar dit is ná net twee seisoene weer geskrap. Gedurende die tradisionele toere was oorwinnings teen vlak-een-spanne skaars: Die Poemas het in 1997 Engeland en Australië tuis een keer elk verslaan en in 1999 Skotland weg. Die Pan-Amerikaanse Rugbykampioenskap in 1998 het deel gevorm van die rugbywêreldbekerkwalifisering. Tydens dié toernooi het Argentinië die Verenigde State, Kanada en Uruguay maklik verslaan. Tydens die Rugbywêreldbeker 1999 in die destydse Vyfnasies was Argentinië in teenstelling met vorige toernooie baie suksesvol. Ná hul naelskraapse nederlaag teen die nominelle gasheer Wallis het hulle Samoa en Japan verslaan. Met hul derde plek in die poel het die Poemas aan die uitspeelrondte deelgeneem en vir die eerste keer Ierland verslaan. In die daaropvolgende kwarteindstryd is hulle deur Frankryk uit die toernooi geskakel. Oor die hele toernooi heen was die losskakel Gonzalo Quesada die speler wat die meeste punte aangeteken het.

Die nuwe millennium

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Die Poemas tydens hul oorwinning in November 2006 oor Engeland op Twickenham

In April 2000 is Marcelo Loffreda as die nuwe hoofafrigter aangestel; hy het die eerste geword wat die span vir meer as twee jaar afgerig het. Intussen het baie spelers in Europa kontrakte gesluit, waarvolgens hy die seisoenvoorbereiding vir die eerste keer in Frankryk gehou het. Onder sy leierskap het die Poemas noemenswaardige prestasies behaal. In November 2001 het hulle in Cardiff Wallis vir die eerste keer verslaan. ’n Maand later is hulle in Buenos Aires naelskraap deur die All Blacks met 24–20 geklop, nadat hulle tot net voor die eindfluitjie voor was. Tydens die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap in 2005 het die Poemas hul beste oorwinning behaal: 152–0 teen Paraguay. In 2002/03 het hulle drie opeenvolgende oorwinnings oor Frankryk aangeteken. Tydens die Rugbywêreldbeker 2003 in Australië het op die nederlaag in die eerste wedstryd teen die gasheer twee oorwinnings teen Namibië en Roemenië gevolg. Voor die laaste poelwedstryd in Adelaide het beide Argentinië en Ierland die kans gehad om tot die kwarteindrondte te vorder, maar die Poemas is naelskraap met 16–15 verslaan.

Ondanks hierdie teleurstelling het die Poemas hul goeie prestasies voortgesit. Onder andere het hulle in November 2004 die destyds leidende Sesnasies-span Frankryk in Marseille met 24–14 geklop, dit was die Franse se eerste nederlaag in dié stad. in Mei 2005 het die Britse en Ierse Leeus in voorbereiding op hul Nieu-Seeland-toer in Cardiff teen die Poemas gespeel. Aangesien baie sleutelspelers deur hul klubs nie vrygestel is nie, moes die Poemas tweede- en derdekeusespelers inspan. Die Leeus se lustelose houding het die Argentyne amper aan die rand van ’n verrassende oorwinning gebring. Net ’n strafskop deur Jonny Wilkinson in beseringstyd het dié wedstryd in ’n 25–25-gelykop laat eindig. In 2005/06 het die Poemas Italië en Skotland verslaan. Die 2006 midjaarrugbytoetsreeks was op verskeie maniere onvergeetlik, waartydens Argentinië die Walliesers gehuisves het. Die Poemas het vir die eerste keer daarin geslaag om ’n reeks van twee toetswedstryde teen dié span te beklink. Die eerste wedstryd op 11 Junie was ook die eerste toetswedstryd wat in Patagonië aangebied is. Die gaste is deur die bevolking in Puerto Madryn, een van die plekke waar gedurende die 1860’s ’n groter aantal Walliesers hulle gevestig het en waar die Walliese taal tot op hede gepraat word, warm verwelkom. ’n Week ná die tweede oorwinning oor Wallis het die Poemas die All Blacks in Buenos Aires amper weer oorrompel, maar het naelskraap met 19–25 verloor.

In Julie 2006 het die Poemas ná oorwinnings teen Chili en Uruguay maklik vir die volgende Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk gekwalifiseer. Tydens die 2006 eindjaarrugbytoetsreeks in November het hulle met hul eerste wegoorwinning oor Engeland ’n verdere mylpaal aangeteken. In Februarie 2007 het die Londense The Sunday Times berig, dat die IRR met die SANZAR-konsortium oor ’n moontlike aansluiting van Argentinië en vervolgens hul deelname aan die Drienasiesreeks vanaf 2008 onderhandel. Weens logistiese oorwegings (veral die groot afstand tussen Argentinië en Europa) het die Sesnasies-toernooi nie ingestem om Argentinië op te neem nie. Die IRR was derhalwe oortuig dat die Drienasies ’n geskikte toernooi vir ’n span van die Suidelike Halfrond sou wees en hulle is deur Suid-Afrika daarin ondersteun. Australië en Nieu-Seeland was blykbaar ook nie daarteen gekant nie. Aan die begin was die UAR self die grootste hindernis, aangesien baie beheerliggaamslede aan die Argentynse rugby se amateurstatus vasgeklou het.

Aansluiting by die wêreldklas

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Argentinië se Corleto op pad om ’n drie te druk in die openingswedstryd van die Rugbywêreldbeker 2007 waar die Argentynse span verras het met ’n oorwinning oor Frankryk
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Argentinië teen Ierland tydens die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk. Die Poemas het die wedstryd met 30–15 gewen.
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Die Poemas teen Engeland tydens die Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Opstote op Old Trafford, Manchester, voor ’n rugbywedstryd tussen Argentinië en Engeland in 2009
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Felipe Contepomi, die Argentynse kaptein tydens die Rugbywêreldbeker 2011

Die 2007 midjaarrugbytoetsreeks het as ’n voorbereiding op die volgende Rugbywêreldbeker in Frankryk gedien. In die twee tuiswedstryde teen Ierland het albei spanne nie met hul beste spelers uitgedraf nie; die gasheer het albei wedstryde gewen. Daarop het ’n tuisoorwinning teen Italië en ’n wegnederlaag teen Wallis gevolg. Voor die Rugbywêreldbeker 2007 is die Poemas in die sogenaamde “doodsgroep” met twee van die beste spanne op die wêreldranglys geloot: Ierland en Frankryk. Hulle het vir die derde keer in die openingswedstryd teen die gasheer te staan gekom. Teen alle verwagtinge het die Argentyne met 17–12 ’n verrassende oorwinning aangeteken. Aansluitend het hulle Georgië met 33–3 en Namibië met 63–3 verslaan. Met hul 30–15-oorwinning teen Ierland in Parys het hulle die eerste plek op die punteleër beklee. In die kwarteindstryd het die Poemas Skotland met 19–13 geklop. Hul wenreeks is eers in die halfendstryd deur die latere kampioen Suid-Afrika met 13–37 beëindig. In die wedstryd om die derde plek op die Paryse Parc des Princes het die Poemas weer Frankryk ontmoet en die gasheer met 34–10 maklik verslaan.

Die derde plek was tot dusver Argentinië se beste prestasie tydens ’n rugbywêreldbekertoernooi. Vir die eerste keer het ’n span wat aan nóg die Sesnasies-toernooi nóg die Drienasiesreeks deelneem die halfeindstryd gehaal. Die Poemas is deur die sokker-gekke Argentyne só sterk ondersteun, dat die Superclásico, die derby tussen die sokkerklubs Boca Juniors en River Plate herskeduleer is om nie met die Poemas se kwarteindstryd te bots nie. In die nasleep van die Argentynse prestasies tydens die Rugbywêreldbeker het die IRR tydens ’n vergadering op verskeie aktiwiteite ter wêreldwye bevordering van die rugbysport besluit. Onder andere sou die Poemas, wat destyds die derde plek op die wêreldranglys beklee het, se aantal jaarlikse toetswedstryde tot in 2010 van voorheen ses tot tien verhoog word. Eweneens sou in Argentinië tussen 2008 en 2010 ’n plaaslike professionele infrastruktuur implementeer word, waardeur die meeste Argentynse spelers tuis professionele rugby sou kon speel. Teen 2012 sou die Poemas “volledig in die Suidelike Halfrond se hoëklasstruktuur geïntegreer wees”.

In Maart 2008 het Marcelo Loffreda as hoofafrigter bedank en hy is deur Santiago Phelan opgevolg. Onder sy leiding het die span ’n lang swak fase ondergaan. Tydens die 2008 midjaarrugbytoetsreeks is die Poemas deur Skotland, Italië en Suid-Afrika verslaan, tydens die 2008 eindjaarrugbytoetsreeks ook deur Frankryk en Ierland. In Junie 2009 het die Britse pers berig, dat die UAR vir die Britse en Ierse Leeus gevra het om tydens hul beplande 2013-toer na Australië ook in Argentinië toetswedstryde en wedstryde teen plaaslike spanne te speel, wat egter nie gebeur het nie. In 2009 het die Poemas ondanks die IRR se voorneme net vyf toetswedstryde gespeel, waartydens hulle ’n oorwinning elk teen Engeland en Skotland aangeteken het. Vanaf die volgende jaar het hul aantal wedstryde teen spanne van die eerste vlak egter aansienlik toegeneem, maar die Poemas het gemengde resultate behaal. Tydens die 2010 midjaarrugbytoetsreeks het hulle twee opeenvolgende nederlae teen die Skotte gely, voordat hulle ’n uitstekende 41–13-oorwinning teen die destydse Sesnasies-kampioen Frankryk aangeteken het (hul hoogste teen dié span).

Ná gemengde resultate tydens hul voorbereiding op die Rugbywêreldbeker 2011 in Nieu-Seeland met wedstryde teen keurspanne en Ierland was die Poemas nie een van die gunstelinge tydens dié toernooi nie. Die Poemas het hul poelfase met ’n 9–13-nederlaag teen Engeland begin, hoewel hulle 60 minute lang voor was. Ná hul 43–8-oorwinning teen Roemenië was die derde poelwedstryd teen Skotland vir albei spanne beslissend. ’n Laat drie deur die plaasvervanger Agsteman Lucas González Amorosino en die doelskop het die Poemas dié wedstryd met 13–12 laat beklink. Met ’n 25–9-oorwinning teen Georgië het die Poemas die tweede plek behaal. In die kwarteindstryd teen die gasheer en latere kampioen het die Poemas ná 30 minuut verrassend met 7–6 voorgeloop. Maar die All Blacks het die wedstryd begin oorheers en eindelik met 33–10 gewen. Ondanks hierdie nederlaag is die Poemas se toernooi as ’n sukses beskou, nadat hulle vir die tweede opeenvolgende keer tot die uitklopfase gevorder het.

Opname in die Rugbykampioenskap

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Wedstryd tussen Italië en Argentinië in Rome, 2013
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Die Poemas teen die All Blacks op Wembley tydens die Rugbywêreldbeker 2015

In November 2011 het die SANZAR-konsortium aangekondig, dat die Argentynse beheerliggaam aangesluit het en die Poemas vanaf die volgende jaar aan die Suidelike Halfrond se toernooi sou kon deelneem (saam met Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika). Dié toernooi se naam sou van Drienasiesreeks na die Rugbykampioenskap verander. Dit het vir die Poemas die moontlikheid gebied om vanaf nou jaarliks teen internasionale topspanne te speel. Op 18 August 2012 het Argentinië in Kaapstad teen Suid-Afrika sy eerste wedstryd tydens die 2012-Rugbykampioenskapreeks gespeel. Hulle het met 6–27 verloor, maar een week later kon die Poemas die Springbokke in Mendoza in ’n gelykop vasbind. Argentinië was ook in staat om teen die Wallabies mee te ding en hulle is in albei wedstryde net naelskraap verslaan, terwyl die nederlae teen die All Blacks swak was. Ondanks hul laaste plek het die Poemas gewys dat hulle mededingend is.

In April en Mai 2013 het Argentinië vir die laaste keer aan ’n Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem en weer onoorwonne gebly. Andersins was dié jaar minder suksesvol. Op twee swak nederlae teen Engeland tydens die 2013 midjaarrugbytoetsreeks het in Johannesburg in die eerste wedstryd tydens die 2013-Rugbykampioenskapreeks met 13–73 hul ergste nederlaag teen Suid-Afrika gevolg. In die ander wedstryde tydens dié toernooi het die Poemas ook sonder ’n oorwinning gebly. In die laaste wedstryd in Rosario het hulle teen die Wallabies met 17–54 nog ’n rekordnederlaag gely. In Oktober 2013 het Santiago Phelan weens die reeks swak nederlae as hoofafrigter bedank. ’n Week later het die UAR hom met Daniel Hourcade vervang. Hy het aanvanklik ook nie daarin geslaag om die Poemas se afwaartse neiging om te keer nie. Onder hom het die Poemas binne ses maande teen al die vier Tuisunies verloor. Tydens die 2014-Rugbykampioenskapreeks het die Poemas weer beter gevaar en net drie naelskraapse nederlae gely. Aansluitend het hulle in Mendoza die Wallabies verslaan, hul eerste oorwinning in dié toernooi en hul eerste teen dié span sedert 1997.

Tydens die 2014 eindjaarrugbytoetsreeks het die Poemas hul opwaartse neiging onderstreep en beide Italië en Frankryk weg verslaan. In hul laaste wedstryd tydens die 2015-Rugbykampioenskapreeks het hulle in Durban Suid-Afrika met 37–25 geklop, hul eerste oorwinning teen dié span. Hulle het ook vir die eerste keer nie op die laaste plek geëindig nie. Tydens die daaropvolgende Rugbywêreldbeker 2015 in Engeland het Argentinië ook oortuig. In hul eerste poelwedstryd teen Nieu-Seeland het die Poemas taai geveg en was teen halftyd met 13–12 voor, maar hulle het eindelik met 16–26 verloor. Aansluitend het hulle Georgië (met 54–9), Tonga (met 45–16) en Namibië (met 64–19) verslaan. Die Poemas het die tweede plek agter Nieu-Seeland gehaal en tot die uitklopfase gevorder. Hul speel was deur ’n vloeiende, vermaaklike en aggressiewe styl gekenmerk, waardeur hulle altesaam 22 drieë in die vier poelwedstryde gedruk het. In die kwarteindstryd teen Ierland was Argentinië op een stip met 17–0 voor. Die Iere was aan die begin van die tweede helfte op 20–17, maar die Poemas het weer die leisels oorgeneem en die wedstryd met 43–20 beklink. In die halfeindstryd het hulle teen Australië te staan gekom, maar teen die Wallabies se verdediging gesukkel en met 15–29 verloor. In die wedstryd om die derde plek is die Poemas deur Suid-Afrika met 13–24 verslaan. Nogtans was die vierde plek hul naasbeste prestasie tydens ’n rugbywêreldbekertoernooi.

In 2016 het hulle drie tuisoorwinnings teen Italië, Frankryk en Suid-Afrika aangeteken, maar gedurende die volgende jare was daar min suksesse. Die Poemas is drie opeenvolgende keer deur Engeland verslaan en tydens die 2017-Rugbykampioenskapreeks het hulle nie ’n oorwinning aangeteken nie. Ná verdere nederlae teen al die vier Britse Tuisunies het Daniel Hourcade in Junie 2018 as hoofafrigter bedank. Hy is aan die begin van Augustus deur die voormalige nasionale speler Mario Ledesma opgevolg. Tydens die daaropvolgende 2017-Rugbykampioenskapreeks het die Poemas beide Australië en Suid-Afrika verslaan, waardeur hulle vir die eerste keer twee oorwinnings tydens dié toernooi aangeteken het. Tydens die Rugbywêreldbeker 2019 in Japan is Argentinië saam met Engeland en Frankryk in ’n “doodsgroep” geplaas. Hulle is in die eerste groepwedstryd deur die Franse naelskraap met 21–23 verslaan. Aansluitend het hulle Tonga met 28–12 verslaan. Nadat hul mededinger Frankryk ook goed presteer het, het hul toernooiverloop op die derde groepwedstryd teen Engeland neergekom. ’n Rooi kaart teen Tomás Lavanini in die 17de minuut het alle hoop laat vaar en die Engelse het die wedstryd maklik met 39–10 beklink. Die Poemas het die laaste wedstryd teen die Verenigde State maklik met 47–17 gewen, maar hulle het net op die derde plek geëindig en is vervolgens uit die toernooi geskakel, maar hulle het hul regstreekse kwalifisering vir die volgende Rugbywêreldbeker 2023 in Frankryk verseker.

Onlangse ontwikkeling

Weens die wêreldwye Covid-19-pandemie en die daarmee gepaardgaande reisbeperkings het Argentinië in 2020 net vier toetswedstryde gespeel. Nadat Suid-Afrika homself aan die jaarlikse toernooi onttrek het, is dit as die 2020-Drienasiesreeks beslis. Al die wedstryde is etlike maande later in Australië aangebied en ’n tweeweekse kwarantyn het die Poemas se voorbereiding erg ontwrig. Nogtans het hulle reeds in die eerste wedstryd ’n groot verrassing behaal, nadat hulle Nieu-Seeland met 25–15 verslaan en hul eerste oorwinning teen dié span aangeteken het. Aansluitend het hulle die Wallabies in twee taai gelykopwedstryde vasgebind en teen Nieu-Seeland verloor, waardeur Argentinië die tweede plek beklee het. As gevolg van hul onverwagse sukses onder hierdie ongunstige omstandighede is die Poemas vir die Laureus se toekenning as “beste span” genomineer.

Diego Maradona se afsterwe het die Poemas se sukses in Australië oorskadu. In die tweede wedstryd teen Nieu-Seeland op 28 November het die Argentynse rugbyspelers aan hul truie ’n skaars sigbare swart band gedra, wat deur die publiek as onvoldoende beskou is. Twee dae later het die kaptein Pablo Matera vir die “halfhartige huldeblyk” om verskoning gevra. Gelyktydig het in sosiale netwerke en in die media dosyne boodskappe die rondte gedoen, waarin Matera en twee ander spelers rassistiese, seksistiese en verregse menings uitgedruk het. Ná baie ontstoke reaksies en afdankingseise het die beheerliggaam die drie betrokke spelers dadelik geskors, maar dié sanksies weens druk deur Argentynse rugbyklubs en persoonlikhede reeds op 1 Desember weer opgehef.

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Halfeindstryd tussen die Poemas en die All Blacks tydens die Rugbywêreldbeker 2023

In Julie 2021 kon Argentinië hul hoogste wegoorwinning nog teen Wallis aanteken. Die daaropvolgende 2021-Rugbykampioenskapreeks het die Argentyne egter sonder ’n oorwinning in die laaste plek afgesluit. Tydens die 2022 midjaarrugbytoetsreeks het Argentinië sy tuisreeks teen Skotland beklink. Tydens die daaropvolgende 2022-Rugbykampioenskapreeks het die Poemas hul hoogste oorwinning nog teen Australië aangeteken (met 48–17) en hul eerste oorwinning teen die All Blacks in Nieu-Seeland. Nogtans het hulle dié toernooi ná twee oorwinnings en vier nederlae in die laaste plek beëindig. In November 2022 het hulle Engeland geklop, maar teen Wallis en Skotland verloor. Nadat die Argentyne tydens die verkorte 2023-Rugbykampioenskapreeks hul tweede agtereenvolgende oorwinning teen die Australiërs aangeteken het, het hulle vir die eerste keer die Poematrofee gewen, maar ná nederlae teen Nieu-Seeland en Suid-Afrika die derde plek beklee. Tydens die Rugbywêreldbeker 2023 in Frankryk het die Poemas hul eerste groepwedstryd teen Engeland met 10–27 verloor, hoewel hulle vanweë ’n rooikaart vir ’n Engelse speler van die derde minuut af een speler meer op die veld gehad het. Daarop het oorwinnings teen Samoa (met 19–10), Chili (met 59–5) en Japan (met 27–39) gevolg. Die wedstryd teen Chili was die eerste Suid-Amerikaanse ontmoeting tydens ’n rugbywêreldbekertoernooi nog. Daarna kon hulle in die kwarteindstryd hul eerste oorwinning teen Wallis tydens ’n rugbywêreldbekerwedstryd aanteken (met 29–17), maar in die halfeindstryd is hulle deur die All Blacks oorrompel (met 6–44). In die bronseindstryd het hulle vir die tweede keer Engeland ontmoet en dié keer naelskraap met 23–26 verloor.

Kleure, embleem en bynaam

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Die span wat teen die Britse Leeus gespeel het, het vir die eerste keer op 31 Julie 1927 in die hemelblou en wit trui uitgedraf
Die jaguar, inheems aan die noordoostelike Argentinië, het in 1941 die embleem van die span geword
Die Argentynse nasionale rugbyspan is na die poema genoem, inheems aan die grootste deel van Argentinië
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Argentynse rugbyspelers en ’n grenadier met die wegtrui vir die Rugbywêreldbeker 2023

Argentinië het gedurende sy eerste toetswedstryde in 1910 afwisselend blou en wit truie gedra. In 1927 het Abelardo Gutiérrez van die klub Gimnasia y Esgrima de Buenos Aires voorgestel dat Argentinië in ’n gestreepte hemelblou en wit trui teen die Britse Leeus moet speel. Die beheerliggaam het dié voorstel aanvaar en Argentinië het vir die eerste keer in sy rugbygeskiedenis in die gestreepte trui gespeel.

Die Poemas speel sedertdien hul toetswedstryde in ’n trui met die landsvlag se kleure (en sportkleure) hemelblou en wit, wit broeke en sokkies in hemelblou en wit. In 2011 onderteken die UAR ’n kontrak met Nike wat die eksklusiewe vervaardiger van al die nasionale senior- en juniorspanne se truie word, insluitende die keurspan Pampas XV s’n. Die eerste deur dié Amerikaanse maatskappy vervaardigde trui het met die tradisionele horisontaal-gestreepte trui weggedoen, en is net hemelblou met wit skouers, die Poemas het egter aangekondig dat hulle tydens die 2012-Rugbykampioenskapreeks weer hul tradisionele trui sou dra.

In September 1941 het Abelardo Gutiérrez (wie 14 jaar gelede die hemelblou en wit trui vir die span voorgestel het) ’n wapen met ’n leeu as kenteken voorgestel. Die kleur van die kenteken was blou (soos by die Buenos Aires Krieket- en Rugbyklub, waar die eerste rugbywedstryd in Argentinië gespeel is). ’n Rukkie later wou die Argentynse beheerliggaam egter ’n aan Argentinië inheemse dier hê en die jaguar is weens sy “behendigheid en moed” gekies. Interessant genoeg was die rugbyspan wat Argentinië van 2016 tot 2020 in Superrugby verteenwoordig, die Jaguares, na die inheemse jaguar genoem.

Die Poemas-bynaam het ontstaan deur ’n fout van Carl Köhler, ’n joernalis van die destydse Suid-Afrikaanse koerant Die Transvaler, wat die Argentynse span tydens hul eerste oorsese toer na Suider-Afrika in 1965 dopgehou het. Hy het probeer om ’n ewe pakkende bynaam, soortgelyk aan die All Blacks, Springbokke en Wallabies, te kry. Hy het vir Isak van Heerden, die destydse afrigter van die Natalse rugbyspan, wat deur die SARR opdrag gegee is om die toer te begelei, vir voorstelle gevra. Hulle het ’n prent van ’n soort leeu met kolle op die UAR-kenteken gesien. Köhler was bewus daarvan dat jaguars en poemas inheems is aan die Amerikas, en omdat hy onder druk was om sy artikel in te dien, het hy ’n raaiskoot gemaak en hulle die Poemas genoem, pleks van die eintlike jaguar. Die foutiewe bynaam het vasgebrand en is later deur die Argentyne self oorgeneem. Die Argentynse speler Agustín Silvera onthou ’n effens ander staaltjie:

Argentynse Nasionale Rugbyspan  Veníamos caminando tras bajar del avión y un periodista se me acerca a preguntarme por el yaguareté. Como yo no hablaba muy bien inglés, le dije que era un puma.
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Nadat ons uit die vliegtuig geklim en geloop het, het ’n joernalis (wat Carl Köhler was) my oor die jaguar ondervra. Omdat ek nie vlot Engels kon praat nie, het ek vir hom gesê dié dier is ’n poema.
Argentynse Nasionale Rugbyspan 

In April 2023 het die Argentynse Rugbyunie sy nuwe visuele identiteit bekendgestel wat ’n verandering van die embleme van die beheerliggaam en die nasionale spanne behels, insluitende die sewesrugby- en jeugspanne. Dié proses sluit in die verwydering van die jaguarembleem se kenmerkende kolle en die terugkeer na die embleem wat gedurende die 1965-toer na Rhodesië en Suid-Afrika gebruik is. In dieselfde jaar het die Argentynse beheerliggaam die Poemas se nuwe wegtrui bekendgestel, wat beïnvloed is deur die uniforms van die Berede Grenadiersregiment en die presidensiële erewag wat in 1812 gestig is. Die wegtrui sal tydens die Rugbywêreldbeker 2023 gedra word.

Truiverskaffers en -borge

Sedert 1978 het die volgende truiverskaffers en -borge verskyn:

Tydperk Verskaffer Borg
1978–1998 Adidas Geen truiborg
1999–2000 Visa
2000–2003 Topper
2004–2011 Adidas
2012–hede Nike

Tuisstadions

Sociedad Sportiva Argentina (bo) was Argentinië se eerste tuisstadion in 1910. José Amalfitani-stadion (onder), een van die huidige stadions van die Poemas in Buenos Aires

Nes ander vername rugbylande soos Australië, Frankryk, Nieu-Seeland en Suid-Afrika beskik Argentinië oor geen amptelike tuisstadion vir sy nasionale span nie. Die Poemas span vir hul toetse eerder ’n verskeidenheid stadions dwarsdeur Argentinië in. Een van die mees gebruikte stadion vir toetse is die José Amalfitani-stadion, tuiste van Club Atlético Vélez Sarsfield en geleë in Buenos Aires. Toe die Britse Leeus in 1910 na Argentinië getoer het, het die nasionale span teen hulle op Sociedad Sportiva Argentina in die voorstad Palermo gespeel. Dié toets was ook die eerste Argentynse wedstryd.

Toe die Britte in 1927 na Argentinië teruggekeer het, het die nasionale span begin om beide die GEBA en Buenos Aires Krieket- en Rugbyklub as hul tuistes te gebruik, albei is in Palermo geleë. Die GEBA was gedurende die volgende dekades ’n gereelde tuiste, maar dit het ná die 1960’s net drie wedstryde gehuisves (met die laaste in 1993), nadat die Poemas begin het om groter stadions in te span. Die Buenos Aires Krieket- en Rugbyklub is ook vir ’n groter aantal wedstryde gebruik, tot dit in 1948 deur ’n brand vernietig is. Gedurende die 1970’s en 1980’s het die Poemas die Estadio Ferro Carril Oeste in die voorstad Caballito gereeld vir toetswedstryde gebruik, onder andere teen Ierland, Nieu-Seeland, Frankryk en Australië. In 1997 is Argentinië se eerste suiwer rugbystadion deur BACRC in Los Polvorines, Groter Buenos Aires, ingewy. Altesaam nege toetswedstryde is op dié stadion gespeel, totdat die stadion in 2005 verkoop is.

Die eerste tuiswedstryde buite die hoofstadgebied is eers tydens die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap in 1977 gespeel. Destyds het Argentinië op die Estadio Monumental José Fierro in San Miguel de Tucumán teen Brasilië, Uruguay, Paraguay en Chili te staan gekom. Sedert die middel-1990’s let die UAR daarop, dat die nasionale span se toetswedstryde gelyk tussen die streke verdeel en nie net in die hoofstadgebied gehuisves word nie. Naas San Miguel de Tucumán het ook die Estadio Malvinas Argentinas in Mendoza, die Estadio Padre Ernesto Martearena in Salta, die Estadio Mario Alberto Kempes in Córdoba en die Estadio del Bicentenario in San Juan gewilde stadions (met meer as vyf toetswedstryde) geword.

Nes Italië is Argentinië die enigste vlak-een-rugbyland wat tot dusver nog nie ’n wedstryd tydens ’n rugbywêreldbekertoernooi gehuisves het nie, alhoewel hulle vir die Rugbywêreldbeker 2027 aansoek gedoen, maar dié bod ter ondersteuning van die Australiese s’n laat vaar het.

Toetswedstryde

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Argentinië se plek op Wêreldrugby se ranglys vanaf 10 Oktober 2003 tot op hede

Argentinië het 217 van sy 437 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 49,66%. Argentinië se statistieke in toetswedstryde teen al die lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek in Oktober 2023):

Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Australië 39 8 28 3 20,51
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Brasilië 10 10 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Britse en Ierse Leeus 7 0 6 1 0,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Chili 32 32 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Engeland 27 5 21 1 18,52
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Fidji 4 3 1 0 75,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Frankryk 53 14 38 1 26,41
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Georgië 5 5 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan   Ierland 19 6 13 0 31,58
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Italië 23 17 5 1 73,91
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Japan 7 6 1 0 85,71
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Kanada 9 6 3 0 66,67
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Namibië 3 3 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Nieu-Seeland 37 2 34 1 5,41
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Paraguay 17 17 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Peru 1 1 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Roemenië 9 9 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Samoa 5 2 3 0 40,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Skotland 22 11 11 0 50,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Spanje 5 5 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Suid-Afrika 36 3 32 1 8,33
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Tonga 2 2 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Uruguay 33 33 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Venezuela 1 1 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Verenigde State 9 9 0 0 100,00
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Wallis 22 7 14 1 31,82
Algeheel 437 217 210 10 49,66

Omdat die Argentynse Rugbyunie (UAR) ’n lang tyd nie ’n lid van die Internasionale Rugbyvoetbalraad was nie, het hul lede die wedstryde teen Argentinië nie as amptelike toetswedstryde erken nie. Eweneens word hul enigste wedstryd teen Rhodesië nie as ’n toetswedstryd erken nie, aangesien dié land nie internasionaal erken is nie. In teenstelling met baie ander beheerliggame erken die UAR die wedstryde teen die Barbarians nie as toetswedstryde nie.

Rekords

Wêreldbekerrekord

Argentinië het tot dusver aan elke rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem en tydens drie toernooie tot die halfeindstryd gevorder, maar hulle is onderskeidelik deur Suid-Afrika (in 2007), Australië (in 2015) en Nieu-Seeland (in 2023) verslaan. Tydens die 2007-toernooi het die Poemas die wedstryd om die derde plek teen die gasheer Frankryk gewen. Daarmee is Argentinië naas die drie veelvuldige wêreldkampioene Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika die mees suksesvolle span van die Suidelike Halfrond. Daarbenewens het Argentinië twee keer die kwarteindstryd gehaal, maar teen Frankryk (in 1999) en Nieu-Seeland (in 2011) verloor. Tydens al die ander rugbywêreldbekertoernooie is die Poemas reeds in die poelfase uitgeskakel.

Jaar Uitslag
1987 Groepfase
1991 Groepfase
1995 Groepfase
1999 Kwarteindrondte
2003 Groepfase
2007 Derde plek
2011 Kwarteindrondte
2015 Vierde plek
2019 Groepfase
2023 Vierde plek
2027 gekwalifiseer
2031 N.v.t.

Die Rugbykampioenskap (sedert 2012)

Argentinië se enigste jaarlikse toernooi is die Rugbykampioenskap, waaraan hulle sedert 2012 deelneem en teen drie ander lande van die Suidelike Halfrond speel: Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika. Voor die Poemas se opname in 2012 het dié toernooi as Drienasiesreeks bekend gestaan. Die Argentyne het tot dusver nog geen toernooi gewen nie. As deel van die Rugbykampioenskap ding die Poemas met die Wallabies om die Poematrofee (sedert 2000) mee. In 2020 het die toernooi vir een jaar na die ou formaat teruggekeer, nadat Suid-Afrika vanweë die wêreldwye Covid-19-pandemie nie daaraan deelgeneem het nie.

Nasie Wedstryde Punte Bonus-
punte
Tabel-
punte
Kampioen-
skappe
gespeel gewen gelykop verloor     vir         teen       verskil  
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Nieu-Seeland 76 52 0 24 2054 1449 +605 35 243 11
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Australië 76 30 3 43 1591 1817 –226 34 160 3
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Suid-Afrika 72 28 1 43 1480 1831 –351 24 138 3
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Argentinië 4 1 2 1 56 84 –28 0 8 0

Bron: espnscrum.com(besoek op 8 Oktober 2018, statistiek dus op datum.)

Nasie Wedstryde Punte Bonus-
punte
Tabel-
punte
Kampioen-
skappe
gespeel gewen gelykop verloor     vir         teen         verskil    
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Nieu-Seeland 57 48 2 7 1979 1059 +920 36 233 9
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Suid-Afrika 57 28 4 25 1449 1289 +160 26 146 1
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Australië 57 25 3 29 1304 1560 –256 13 127 1
Argentynse Nasionale Rugbyspan  Argentinië 57 8 1 48 1036 1868 –832 12 43 0

Bygewerk op 30 Julie 2023
Bron: espnscrum.com (besoek op 30 Julie 2023)


Punte word soos volg toegeken: 4 punte vir ’n oorwinning, 2 punte vir ’n gelykopuitslag, 0 punte vir ’n nederlaag (saam met moontlike bonuspunte), 1 bonuspunt vir ten minste drie drieë meer as die opponent, 1 bonuspunt vir ’n nederlaag met minder as sewe punte.

Ander toetswedstryde en toernooie

Gedurende die amateurtydperk het die Poemas maandelange oorsese toere onderneem, waartydens hulle teen ander nasionale spanne, plaaslike saamgestelde spanne en klubspanne gespeel het. Eweneens het oorsese spanne na Argentinië getoer. Teen die jaar 2000 het die oorsese toere volgens die ou tradisie tot ’n einde gekom, aangesien die professionalisering van die rugbyspel te min tyd vir toere oorlaat (’n uitsondering is die Britse en Ierse Leeus se vierjaarlikse toere). Deesdae is toetswedstryde teen die spanne van die Noordelike Halfrond tweekeer per jaar moontlik. Gedurende Juniemaand se midjaarrugbytoetsreeks vertrek Europese spanne na Argentinië en gedurende Novembermaand se eindjaarrugbytoetsreeks reis die Poemas na Europa. As deel daarvan ding Argentinië sedert 2012 met Ierland mee om die Admiral Brown-trofee (genoem na die Iers-gebore admiral William Brown wat die Argentynse Vloot gestig het).

Vanaf 1951 tot in 2013 het Argentinië aan die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap deelgeneem. Van die 35 toernooie gedurende dié tydperk het die Poemas 34 beklink, waartydens hulle elke wedstryd gewen het. Net in 1981, toe die Poemas hulle aan die toernooi onttrek het, het met Uruguay ’n ander span die titel ingepalm. Sedert 2014 neem die Poemas nie meer aan dié toernooi deel nie en Argentinië word deur die reserwespan Argentina XV verteenwoordig.

  • Toernooititels (34): in 1951, 1958, 1961, 1964, 1967, 1969, 1971, 1973, 1975, 1977, 1979, 1983, 1985, 1987, 1989, 1991, 1993, 1995, 1997, 1998, 2000, 2001, 2002, 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008, 2009, 2010, 2011, 2012 en 2013

Die Poemas het vanaf 1995 tot in 2003 aan al die vyf Pan-Amerikaanse Rugbykampioenskappe deelgeneem en elke toernooi beklink.

  • Toernooititels (5): in 1995, 1996, 1998, 2001 en 2003

Daarbenewens neem die Argentynse reserwespanne sedert 2009 aan die Amerikas se Rugbykampioenskap deel (nieamptelik as die “Amerikas se Sesnasies-toernooi” bekend) en hulle speel tydens dié toernooi teen ander spanne van Noord- en Suid-Amerika. Van tot dusver nege toernooie het hulle sewe gewen; net in 2017 en 2018 het die Verenigde State met die titel weggestap.

Spelers

Huidige span

Die volgende spelers het die Argentynse span gevorm tydens die Rugbywêreldbeker 2023:

Agterspelers (zagueros)
Speler Posisie Klub Toetswedstryde
Lautaro Bazán Skrumskakel Rugby Rovigo 05
Gonzalo Bertranou Skrumskakel Dragons 52
Tomás Cubelli Skrumskakel Biarritz Olympique 88
Santiago Carreras Losskakel Gloucester Rugby 34
Nicolás Sánchez Losskakel Stade Français 97
Santiago Chocobares Senter Stade Toulousain 12
Lucio Cinti Senter Saracens 15
Jerónimo de la Fuente Senter USA Perpignan 75
Matías Moroni Senter Newcastle Falcons 72
Emiliano Boffelli Vleuel Edinburgh Rugby 52
Mateo Carreras Vleuel Newcastle Falcons 10
Juan Imhoff Vleuel Racing 92 42
Rodrigo Isgro Vleuel Argentina Sevens 01
Martín Bogado Heelagter Highlanders 00
Juan Cruz Mallía Heelagter Stade Toulousain 25
Voorspelers (delanteros)
Speler Posisie Klub Toetswedstryde
Agustín Creevy Haker Sale Sharks 100
Julián Montoya Argentynse Nasionale Rugbyspan  Haker Leicester Tigers 088
Ignacio Ruiz Haker USA Perpignan 005
Eduardo Bello Stut Newcastle Falcons 012
Thomas Gallo Stut Benetton Rugby Treviso 016
Francisco Gómez Kodela Stut Lyon Olympique Universitaire 030
Joel Sclavi Stut Stade Rochelais 010
Nahuel Tetaz Chaparro Stut Benetton Rugby Treviso 078
Matías Alemanno Slot Gloucester Rugby 086
Tomás Lavanini Slot ASM Clermont Auvergne 081
Guido Petti Slot Union Bordeaux Bègles 073
Pedro Rubiolo Slot Newcastle Falcons 003
Juan Martín González Losvoorspeler Saracens 023
Santiago Grondona Losvoorspeler Bristol Bears 013
Marcos Kremer Losvoorspeler ASM Clermont Auvergne 056
Pablo Matera Losvoorspeler Mie Honda Heat 094
Rodrigo Bruni Agsteman Aviron Bayonnais 020
Facundo Isa Agsteman RC Toulon 045

Bekende spelers

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Hugo Porta (2007)
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Agustín Pichot (2007)
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Felipe Contepomi (2012)
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Juan Martín Hernández (2012)

Vier voormalige Argentynse spelers is vir hul uitstekende prestasies in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem:

Speler Posisie Inskrywing
Felipe Contepomi Losskakel, Senter 2017
Juan Martín Hernández Losskakel, Heelagter 2023
Agustín Pichot Skrumskakel 2011
Hugo Porta Losskakel 2008

Drie rugbyspeler is as Argentynse sportlui van die jaar aangewys en met die Olimpia de Oro vereer: Bernardo Otaño (in 1965), Hugo Porta (in 1985) en Gonzalo Quesada (in 1999).

Spelerstatistieke

Vervolgens die belangrikste statistieke van Argentinië se spelers. Die spelers wat met * gekenmerk is, is nog aktief en kan hul statistieke verbeter.

(Korrek teen Oktober 2023)

Meeste toetswedstryde
Rang Naam Tydperk Toetswedstryde
01 Agustín Creevy 2005–2023 108
02 Nicolás Sánchez 2010–2023 104
03 Pablo Matera * 2013–2023 098
04 Julián Montoya * 2014–2023 095
05 Matías Alemanno * 2014–2023 094
06 Tomás Cubelli * 2010–2023 093
07 Felipe Contepomi 1998–2013 087
08 Juan Manuel Leguizamón 2005–2019 087
09 Tomas Lavanini * 2012–2023 086
10 Rolando Martín 1994–2003 086
Meeste toetswedstryde as kaptein
Rang Naam Tydperk Toetswedstryde
01 Agustín Creevy 2014–2018 51
02 Lisandro Arbizu 1992–2003 48
03 Hugo Porta 1977–1990 38
04 Julián Montoya * 2021–2023 31
05 Agustín Pichot 2000–2007 30
06 Felipe Contepomi 2007–2013 25
07 J. M. Fernández Lobbe 2008–2014 20
08 Pedro Sporleder 1996–1999 20
09 Pablo Matera 2018–2022 16
10 Héctor Silva 1967–1971 15
Meeste punte aangeteken
Rang Naam Tydperk Punte
01 Nicolás Sánchez 2010–2023 902
02 Felipe Contepomi 1998–2013 651
03 Hugo Porta 1971–1990 590
04 Gonzalo Quesada 1996–2003 486
05 Santiago Mesón 1987–1997 365
06 Emiliano Boffelli * 2017–2023 340
07 Federico Todeschini 1998–2008 256
08 Lisandro Arbizu 1990–2005 188
09 Juan Martín Hernández 2003–2017 176
10 Juan Fernández Miranda 1997–2007 158
Meeste drieë gedruk
Rang Naam Tydperk Drieë
01 José Núñez Piossek 2001–2008 29
02 Diego Cuesta Silva 1983–1995 28
03 Gustavo Jorge 1989–1994 24
04 Rolando Martín 1994–2003 18
05 Facundo Soler 1996–2002 18
06 Joaquín Tuculet 2012–2019 18
07 Juan Imhoff * 2009–2023 17
08 Hernán Senillosa 2002–2007 17
09 Lisandro Arbizu 1990–2005 16
10 Felipe Contepomi 1998–2013 16

Afrigters

Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Hector Silva (1978)
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Mario Ledesma (2009)
Argentynse Nasionale Rugbyspan 
Michael Cheika (2017)

Die Poemas het in die verlede die volgende hoofafrigters gehad:

Tydperk Naam
1932 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Edmundo Stanfield
1936 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Luis Cilley, Argentynse Nasionale Rugbyspan  Carlos Huntley-Robertson, Argentynse Nasionale Rugbyspan  Edmundo Stanfield
1954 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Juan C. Wells
1956 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Dermot Cavanagh, Argentynse Nasionale Rugbyspan  Horacio Savino
1959 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Jorge Merelle
1960 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Robert Galarga
1960 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Saturnino Racimo
1965 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Izak Van Heerden
1965–1973 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Ángel Guastella
1974 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Carlos Villegas
1975 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Eduardo Poggi
1976–1977 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Carlos Villegas
1978 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Ángel Guastella
1978–1980 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Aitor Otaño
1980–1983 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Rodolfo O’Reilly
1983–1987 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Héctor Silva
1987–1990 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Rodolfo O’Reilly
1990–1993 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Luis Gradín
1993–1994 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Héctor Méndez
1994–1995 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Alejandro Petra
1995 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Alex Wyllie, Argentynse Nasionale Rugbyspan  Héctor Méndez
1995–1999 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Alex Wyllie
1999–2007 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Marcelo Loffreda
2007–2013 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Santiago Phelan
2013–2018 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Daniel Hourcade
2018–2022 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Mario Ledesma
2022–2023 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Michael Cheika
sedert 2024 Argentynse Nasionale Rugbyspan  Felipe Contepomi

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (es) Horacio J. Spinetto (1992). Ciento veinte años de rugby argentino (XXV uitg.). Buenos Aires: Todo es Historia. ISSN 0040-8611.
  • (fr) Henri Garcia (2011). La fabuleuse histoire du rugby. Parys: Éditions de La Martinière. ISBN 978-2-7324-4528-1.

Eksterne skakels

Tags:

Argentynse Nasionale Rugbyspan BeheerliggaamArgentynse Nasionale Rugbyspan GeskiedenisArgentynse Nasionale Rugbyspan Kleure, embleem en bynaamArgentynse Nasionale Rugbyspan Truiverskaffers en -borgeArgentynse Nasionale Rugbyspan TuisstadionsArgentynse Nasionale Rugbyspan ToetswedstrydeArgentynse Nasionale Rugbyspan RekordsArgentynse Nasionale Rugbyspan SpelersArgentynse Nasionale Rugbyspan AfrigtersArgentynse Nasionale Rugbyspan Sien ookArgentynse Nasionale Rugbyspan VerwysingsArgentynse Nasionale Rugbyspan Verdere leesstofArgentynse Nasionale Rugbyspan Eksterne skakelsArgentynse Nasionale RugbyspanAmerikasArgentiniëArgentynse RugbyunieHemelblouPoemaRugbySpaansTruiWit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nuwe TestamentLongontstekingNagmaalRob HersovBynierWeeluisMarita NapierDepressie (gemoedstoestand)LandbouJan van RiebeeckPerdMuskeljaatkatGodLuiperdSkoonma-se-tongLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVleesbaaiTropiese huisgeitjieVoorhuidOogproblemeOrgaanPtolemeusCristiano RonaldoRenteBorsklierHannes van WykLiefdeSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989JeuksiekteTeologieSteve HofmeyrLiesbreukDiarreeBoet TroskieEmfiseemHolocaustEuropese RugbykampioenskapWortelMenslike penisgrootteVermaakJerusalemKompasAfrikaSlaapapneeAkira ToriyamaGeografie van Suid-AfrikaNederlandsMorfologie (taalkunde)KoorsblaarGeorgiëVarkgriepEmily HobhouseEkologieKunsmatige intelligensieTrappe van vergelykingPornografiese akteurGeelsugVrouOosters-Ortodokse KerkOrganometaalchemieKleinkolmuskeljaatkatVaginale kankerGebande muishondVerenigde State van AmerikaSuid-KoreaVergelykings (taalkunde)PaasfeesMaselsLugbesoedelingE-regeringAfrikaans🡆 More