Burmanbos-Natuurreservaat

Burmanbos-natuurreservaat is geleë in Morningside, Durban, sowat 8 km noord van die sentrale besigheidsdistrik.

Dit is 'n klein kuswoud wat ongeveer 55 hektaar beslaan, en deel uitmaak van Durban se Opelugstelsel (D'MOSS). Onder die reservaat se uitstaande woudboomsoorte tel die platkroon, boskoorsbessie en rooiboekenhout.

Burmanbos-natuurreservaat
'n Wandelpad in Burmanbos
'n Wandelpad in Burmanbos
Provinsie KwaZulu-Natal
Naaste dorp Morningside, Durban
Ligging van Burmanbos-natuurreservaat op 'n kaart (Suid-Afrika)
Burmanbos-natuurreservaat
Burmanbos-natuurreservaat
Koördinate: 29°49′03″S 31°01′01″O / 29.81750°S 31.01694°O / -29.81750; 31.01694 31°01′01″O / 29.81750°S 31.01694°O / -29.81750; 31.01694
Oppervlak 50 ha
Webblad Burman Bush Nature Reserve, durban.gov.za
Burmanbos-Natuurreservaat
'n Weswaartse blik oor Burmanbos-natuurreservaat en aanliggende woonstelgeboue

Dit bied drie wandelpaaie aan besoekers, die Pithi (500 m), Hadeda (1 km) en Bosolien (2 km) voetpaaie, wat deur die bos vleg om toegang tot die verskeie flora en fauna te bied. 'n Uitkykplatform aan die noordepunt van die buitenste voetpad bied 'n wye uitsig oor die Umgenirivier, vanaf Connaught-brug tot die Blue lagoon.

Die fauna is oorwegend skugtere spesies. Die reservaat bevat Durban se grootste bevolking blouduikers, benewens duikers, is daar ook gebande en swartkwasmuishonde, ystervarke en troppe blouapies. Die voëllewe is meer aktief in die oggendure en word maklikste vanaf die sentrale privaatpad besigtig. Dit sluit in rooibekkakelaars, mikstert- en kleinbyvangers, nataljanfrederik, geelborskleinjantjies en paradysvlieëvangers.

Verwysings

Eksterne skakel

Tags:

BoskoorsbessieDurbanPlatkroonRooiboekenhout

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Patriotic AllianceSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieSpringbokSendelingposisiePaarl GimnasiumDoopSwitserlandMikro-ekonomieProstaatklierKerngeneeskundeBelastingSkoenlapperDikdermLuiperdLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKommaStaatstoelaePretoriaDemi Lee MooreLys van Afrikaanse rolprenteKindermishandelingKweekhuisgasSpysverteringstelselLys van kinderspeletjiesLongontstekingBoeddhismeFranse RewolusieSpecial Air ServiceKommunikasieLidwoordSoweto-opstandMiskruierPeriodieke tabelPersentasieSekondêre sektor van die ekonomieMisdaadNatuurlike hulpbronKalahariAntisemitismeNiersteenMaanVoorvoegselDesmond TutuMusieksimboleJaco JacobsEnkelvoudige sinGroot DepressieVarkKarooVeelvuldige skleroseOlimpiese SomerspeleSeksRooibloedselRivierPankreasByvoeglike naamwoordWebwerfBerlynse MuurVingerseksBloemfonteinErfenisdag (Suid-Afrika)TuisbladVratAlliterasieFamilie (verwantskap)Ekonomiese VryheidsvegtersXenofobieKrugerwildtuinLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameJupiterPrimêre sektor van die ekonomieBlomg8ftoEierstokDirekte en Indirekte redeOorLyfstraf in skoleVenda (taal)Kilometer🡆 More